text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Booker-prys Die Man Booker-prys (Engels: Man Booker Prize) word jaarliks vir 'n boek wat deur 'n inwoner van die Britse Statebond of Ierland geskryf is toegeken.[1] Die prys is in 1968 deur Booker Plc ingestel. Om die kwaliteit van die prys te waarborg word die beoordelaars onder kritici, skrywers en akademici uitgesoek. Sedert 2002 staan die prys as die "Man Booker Prize for Fiction" bekend, na aanleiding van 'n borgskap deur die maatskappy Man Group plc. Toegeken vir | Beste oorspronklike roman, geskryf in die Engelse taal, en gepubliseer in die Verenigde Koninkryk | | Borg | Man Group | | Land | Verenigde Koninkryk | | Datum | Jaarliks rondom Oktober | | Vorige naam | Booker-McConnell-prys | | Eerste toekenning | 1969 | | Webtuiste | themanbookerprize.com | Van die begin af het slegs burgers van die Britse Statebond, Ierland en Suid-Afrika (en later Zimbabwe) in aanmerking gekom om die prys te ontvang. Maar in 2014 is hierdie geskiktheid uitgebrei na enige Engelstalige roman.[2] Inhoud WennersWysig Jaar | Outeur | Titel | Genre | Land | ---|---|---|---|---| 2018 | Anna Burns | Milkman | Roman | Verenigde Koninkryk | 2017 | George Saunders | Lincoln in the Bardo | Histories/eksperimentele roman | Verenigde State | 2016 | Paul Beatty | The Sellout | Satiriese roman | Verenigde State | 2015 | Marlon James | A Brief History of Seven Killings | Histories/eksperimentele roman | Jamaika | 2014 | Richard Flanagan | The Narrow Road to the Deep North | Historiese roman | Australië | 2013 | Eleanor Catton | The Luminaries | Historiese roman | Nieu-Seeland | 2012 | Hilary Mantel | Bring Up the Bodies | Historiese roman | Verenigde Koninkryk | 2011 | Julian Barnes | The Sense of an Ending | Roman | Verenigde Koninkryk | 2010 | Howard Jacobson | The Finkler Question | Kortverhaalroman | Verenigde Koninkryk | 2009 | Hilary Mantel | Wolf Hall | Historiese roman | Verenigde Koninkryk | 2008 | Aravind Adiga | The White Tiger | Roman | Indië | 2007 | Anne Enright | The Gathering | Roman | Ierland | 2006 | Kiran Desai | The Inheritance of Loss | Roman | Indië | 2005 | John Banville | The Sea | Roman | Ierland | 2004 | Alan Hollinghurst | The Line of Beauty | Historiese roman | Verenigde Koninkryk | 2003 | D.B.C. Pierre | Vernon God Little | Swart komedie | Australië | 2002 | Yann Martel | Life of Pi | Fantasie en avontuurroman | Kanada | 2001 | Peter Carey | True History of the Kelly Gang | Historiese roman | Australië | 2000 | Margaret Atwood | The Blind Assassin | Historiese roman | Kanada | 1999 | J.M. Coetzee | Disgrace | Roman | Suid-Afrika | 1998 | Ian McEwan | Amsterdam | Roman | Verenigde Koninkryk | 1997 | Arundhati Roy | The God of Small Things | Roman | Indië | 1996 | Graham Swift | Last Orders | Roman | Verenigde Koninkryk | 1995 | Pat Barker | The Ghost Road | Oorlogsroman | Verenigde Koninkryk | 1994 | James Kelman | How Late It Was How Late | Bewussynstroom | Verenigde Koninkryk | 1993 | Roddy Doyle | Paddy Clarke Ha Ha Ha | Roman | Ierland | 1992 | Michael Ondaatje | The English Patient | Historiografiese metafiksie | Kanada | Barry Unsworth | Sacred Hunger | Historiese roman | Verenigde Koninkryk | | 1991 | Ben Okri | The Famished Road | Geheimsinnige roman | Nigerië | 1990 | A.S. Byatt | Possession | Historiese roman | Verenigde Koninkryk | 1989 | Kazuo Ishiguro | The Remains of the Day | Historiese roman | Verenigde Koninkryk | 1988 | Peter Carey | Oscar and Lucinda | Historiese roman | Australië | 1987 | Penelope Lively | Moon Tiger | Roman | Verenigde Koninkryk | 1986 | Kingsley Amis | The Old Devils | Kortverhaalroman | Verenigde Koninkryk | 1985 | Keri Hulme | The Bone People | Geheimsinnige roman | Nieu-Seeland | 1984 | Anita Brookner | Hotel du Lac | Roman | Verenigde Koninkryk | 1983 | J.M. Coetzee | Life and Times of Michael K | Roman | Suid-Afrika | 1982 | Thomas Keneally | Schindler's Ark | Biografiese roman | Australië | 1981 | Salman Rushdie | Midnight's Children | Magiese realisme | Verenigde Koninkryk | 1980 | William Golding | Rites of Passage | Roman | Verenigde Koninkryk | 1979 | Penelope Fitzgerald | Offshore | Roman | Verenigde Koninkryk | 1978 | Iris Murdoch | The Sea the Sea | Filosofiese roman | Ierland Verenigde Koninkryk | 1977 | Paul Scott | Staying On | Roman | Verenigde Koninkryk | 1976 | David Storey | Saville | Roman | Verenigde Koninkryk | 1975 | Ruth Prawer Jhabvala | Heat and Dust | Historiese roman | Verenigde Koninkryk Duitsland | 1974 | Nadine Gordimer | The Conservationist | Roman | Suid-Afrika | Stanley Middleton | Holiday | Roman | Verenigde Koninkryk | | 1973 | James Gordon Farrell | The Siege of Krishnapur | Roman | Verenigde Koninkryk Ierland | 1972 | John Berger | G | Eksperimentele roman | Verenigde Koninkryk | 1971 | V.S. Naipaul | In a Free State | Roman | Verenigde Koninkryk Trinidad en Tobago | 1970 (terugwerkende toekenning) | J.G. Farrell | Troubles | Roman | Verenigde Koninkryk Ierland | 1970 | Bernice Rubens | The Elected Member | Roman | Verenigde Koninkryk | 1969 | Percy Howard Newby | Something to Answer For | Roman | Verenigde Koninkryk |
<urn:uuid:961591d2-2760-466f-a95d-9e6d8a6736ce>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Booker-prys
2019-07-19T09:54:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00256.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984339
false
994 Jump to navigation Jump to search 994 | ◄ | 9de eeu | ◄10de eeu► | 11de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:994 | Kalenders | | Die jaar 994 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 94ste jaar van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - Koning Ethelred II van Engeland doop die Noorse leier Olav Trygvasson.
<urn:uuid:ad69a8f3-018d-4629-b6de-4412a571bedd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/994
2019-07-19T10:27:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00256.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99985
false
Charl Wynand Malan Charl Wynand Marais (Charlie) Malan (*Leeuwenjacht, Agter-Paarl, 9 Augustus 1883 – †Kaapstad, 6 Februarie 1933) was ’n Suid-Afrikaanse politikus en leidende figuur in die Kaapse politiek in die eerste derde van die 20ste eeu. Hy is op 9 Augustus 1883 in die Paarl gebore. Hy was die negende seun van D.G. Malan, wat in die Kaapse politiek ’n belangrike rol gespeel het as voorsitter van die Paarlse tak van die Afrikanerbond. Nog ’n seun, sen. F.S. Malan, het ’n leidende rol in die Afrikanerbond en die Suid-Afrikaanse Party voor en ná Uniewording gespeel. Hy het opleiding in die regte aan die Victoria-kollege op Stellenbosch ontvang. Hy was een van die stigterslede van die Kaaplandse Nasionale Party. In 1915 is hy verkies tot lid van die Volksraad vir Humansdorp, waar hy as prokureur gepraktiseer het, en verteenwoordig dié kiesafdeling tot en met sy dood. Hy was organiserende sekretaris van die Kaaplandse Nasionale Party van 1919 tot 1924. In daardie jaar word hy minister van spoorweë en hawens in genl. J.B.M. Hertzog se eerste kabinet, ’n pos wat hy tot sy dood beklee. Bronne[wysig | wysig bron] - Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
<urn:uuid:24c67dd0-92d2-4561-b5cb-0b0f4654a221>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Charles_Wynand_Malan
2019-07-23T05:35:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00176.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999958
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:97da425d-779a-4d62-b7d7-d76fbf1cc91a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=I
2019-07-16T23:24:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Kanuri Kanuri | || ---|---|---| Gepraat in: | Kameroen Niger Nigerië Tsjad | | Gebied: | Tsjadmeer | | Totale sprekers: | 7 862 500[1] | | Taalfamilie: | Nilo-Saharies Saharies Wes-Saharies Kanuri | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet | | Taalkodes | || ISO 639-1: | kr | | ISO 639-2: | kau | | ISO 639-3: | onderskeidelik: knc – Sentraal-Kanuri kby – Manga-Kanuri krt – Tumari-Kanuri bms – Bilma-Kanuri kbl – Kanembu | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Kanuri is 'n Nilo-Sahariese taal wat deur sowat 7,9 miljoen mense rondom die Tsjadmeer gepraat word. Nes Luo behoort Kanuri tot die mees gebruikte Nilo-Sahariese tale, 'n aparte taalfamilie in Afrika. Kanuri word veral in die lande Kameroen, Niger, Nigerië en Tsjad gebesig. Die basiese woordorde van Kanuri-sinne is onderwerp-voorwerp-werkwoord. Kanuri is tradisioneel 'n plaaslike lingua franca, maar die gebruik daarvan het oor die afgelope dekades afgeneem. Die meeste moedertaalsprekers praat Hausa of Arabies as 'n tweede taal. Die min vreemde woorde in Kanuri is meestal van Arabiese oorsprong. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kanuri". Ethnologue. Besoek op 12 April 2019.
<urn:uuid:56d1333a-e3fc-43c5-9036-ddf9c7c627ee>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kanuri
2019-07-19T10:46:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00280.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998848
true
Seeluiperd Seeluiperd[1] Tydperk: 5–0 m. jaar gelede Vroeë Plioseen – Onlangs | |||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||||| Hydrurga leptonyx (Blainville, 1820) | |||||||||||||||||| Verspreiding Sinonieme | |||||||||||||||||| ’n Seeluiperd of luiperdrob (Hydrurga leptonyx) is 'n soogdier wat aan die familie van robbe behoort en in die Antarktiese see leef. Naas die noordelike olifantrobbe, is die seeluiperd die grootste robspesie. Hierdie diere kom algemeen in die Suidelike Halfrond langs die kus van Antarktika en op die meeste sub-Antarktiese eilande voor. In Suider-Afrika word hulle gereeld by die Dyer- en Malgas-eiland naby Kaapstad gesien, waar hulle onder seevoëls jag. Hulle word egter soms so ver noord as Walvisbaai opgemerk. Verwysings[wysig | wysig bron] - Wozencraft, W. Christopher (16 November 2005). "Order Carnivora (pp. 532-628)". In Wilson, Don E., en Reeder, DeeAnn M., eds. [http://google.com/books?id=JgAMbNSt8ikC&pg=PA532 Mammal Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference] (3de uitg.). Baltimore: Johns Hopkins University Press, 2 vols. (2142 pp.). ISBN 978-0-8018-8221-0. OCLC 62265494. External link in |title= (help) - Southwell, C. (2008). Hydrurga leptonyx. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 28 Januarie 2009.
<urn:uuid:d0c893e7-91d5-470d-9c4e-d9e24f06ced5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Seeluiperd
2019-07-19T10:25:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00280.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990418
false
Alle bladsye (voorvoegselindeks) Jump to navigation Jump to search Alle bladsye (voorvoegselindeks) Wys bladsye wat begin met: Naamruimte: (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Versteek aansture Hide the prefix in results Wys Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:VoorvoegselIndeks/Sjabloon:Cmbox/ " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Spesiale bladsy Variante Weergawes Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:a94eec15-2d6e-4ebe-a7bb-d22f37a94ad7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:VoorvoegselIndeks/Sjabloon:Cmbox/
2019-07-19T11:03:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00280.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990024
false
eekhoring Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| eekhoring | eekhorings | Verkleiningsvorm | | Enkelvoud | Meervoud | eekhorinkie | eekhoringkies | - eek•ho•ring - Die eekhoring is geneig om neute te bêre. Vertalings: | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor eekhoring.
<urn:uuid:46a77798-4a7b-484c-861c-9bf991c0fa2d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/eekhoring
2019-07-21T23:01:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00040.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991055
false
27 November Jump to navigation Jump to search << | November 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | 2 | 3 | |||| 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | | Al die dae | Gebeure[wysig | wysig bron] - 399 – Pous Anastasius I volg Pous Siricius op. - 1237 – Slag van Cortenuova: Keiser Frederik II verslaan die Lombardiese Liga. - 1444 – Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V) word aangestel as biskop van Bologna. - 1923 - Die Centovalli-spoorlyn in Switserland skakel oor van stoom na elektrisiteit. - 1988 – In Harare maak die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Desmond Tutu, bekend dat kerkverteenwoordigers die “kategoriese uitspraak” van die ANC aanvaar dat hy voortaan geen sagte teikens sal aanval nie. - 1996 – Pres. Nelson Mandela kondig aan dat Suid-Afrika sy diplomatieke bande met die Republiek van China (Taiwan) verbreek ten gunste van betrekkinge met die Volksrepubliek van China (Rooi China). Geboortes[wysig | wysig bron] - 1820 – John Thomas Baines, was 'n Engelse kunstenaar en ontdekkingsreisiger van die Britse kolonies van Suider-Afrika en Australië († 1875). - 1831 – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat († 1890). - 1858 – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog († 1930). - 1887 – Dr. Colin Steyn, Suid-Afrikaanse regsgeleerde, kabinetsminister en laaste Vrystaatse Volksraadslid van die Verenigde Party († 1959). - 1915 – Hendrik van Blerk, Afrikaanse skrywer en digter († 2010). - 1916 – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer († 1997). - 1940 – Bruce Lee, Chinese vegkunstenaar, vegkunsinstrukteur en vegkunsakteur († 1973). - 1942 – Jimi Hendrix, popster († 1970) - 1953 – Steve Bannon, Amerikaanse mediasakeman. - 1973 – Sharlto Copley, Suid-Afrikaanse akteur. - 1976 – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Sterftes[wysig | wysig bron] - 602 – Mauricius, keiser van Bisantium (* 539) - 1852 – Ada Lovelace, Britse wiskundige en skryfster (* 1815) - 1899 – Frans Lion Cachet, stigter van die dorp Ermelo (* 1835). Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 November. |
<urn:uuid:1621ee0c-a0ab-4bf6-9398-e16146c94c29>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/27_November
2019-07-23T05:26:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00200.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996589
false
Mahem Mahem | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Balearica regulorum Bennett, 1834 | Die mahem is 'n redelik algemene standvoël. Hierdie spesie is die enigste kraanvoëls wat in bome kan broei, want hulle kan met die agterste toon om takke vasklou. Om hierdie rede, en 'n paar ander, word geglo dat hierdie relatiewe klein Balearica-kraanvoël die verteenwoordigers is van hulle Gruidae-voorouers. Inhoud Identifikasie[wysig | wysig bron] Die mahem is 116 cm hoog en weeg 3,5 kg. Die lyfvere is hoofsaaklik grys. Die vlerke is ook oorwegend wit, maar bevat ook vere met 'n verskeidenheid kleure. Die kop het 'n kroon van stywe goudkleurige vere. Die wange is wit en dit het 'n helderrooi opblaasbare keelsak. Die bek is relatief kort en die bene swart. Die geslagte lyk eenders, hoewel sommige mannetjies effens groter as ander is. Jonges lyk bruiner en hul kuiwe en lelle is swakker ontwikkel. Die mahem se hofmakery in die broeiseisoen bestaan uit danse, spronge en 'n gebuig, terwyl hy die rooi keelsak opblaas en 'n harde geroep laat hoor. Dit maak ook 'n geluid wat baie verskil van die trompetter van ander kraanvoëlspesies. Habitat[wysig | wysig bron] Hulle hou in swerms op grasveld, landerye en naby vleie en soortgelyke gebiede in hoogliggende streke asook langs die kus. Hul oornag op eilande langs die kus, in rietplate by riviermondings en in bome. Swerf rond wanneer hulle nie nes maak nie. Soos alle kraanvoëls vreet hulle insekte, klein reptiele en ander kleinerige diere. Die nes bestaan uit 'n platform van gras en ander plantmateriaal in hoë vleiland plantegroei. Die mahem lê 2 tot 5 eiers en albei geslagte maak beurte om dit uit te broei. Die proses duur tussen 28 en 31 dae, en die kleintjies verlaat die nes binne 56 tot 100 dae. Hoewel die mahem steeds algemeen voorkom in baie van sy gebiede, staar dit bedreiging in die gesig, as gevolg van die uitwissing van sy habitat deur die dreinering en oorbeweiding, asook gifbesoedeling. Verspreiding[wysig | wysig bron] Daar is twee subspesies. Die Oos-Afrikaanse B. r. gibbericeps kom voor in 'n gebied wat strek vanaf die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo deur Uganda en Kenia na die oostelike deel van Suid-Afrika. Dit het 'n groter kaal, rooi gesigvel bokant die wit kol op die wang as die ander, B. r. regulorum , wat vanaf die suide van Angola tot in Suid-Afrika voorkom. Die mahem is die nasionale voël van Uganda en word op hulle nasionale vlag uitgebeeld. Geluid[wysig | wysig bron] Sy tweenoot-getrompetter klink soos "ma-hem", vandaar sy naam. Ander name[wysig | wysig bron] - Engelse naam: "Grey-Crowned Crane" - Wetenskaplike naam: Balearica regulorum Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls - Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) - Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
<urn:uuid:71adc1f9-24ed-4954-8e8f-81e772275b62>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Mahem
2019-07-23T05:48:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00200.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999989
false
1691 jaar 1691 | ◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1691 | Kalenders | | Die jaar 1691 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 91ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig - Stigting van Batavia (Djakarta) in Oos-Indië (die huidige Indonesië). - 12 Julie – Pous Innocentius XII volg Pous Alexander VIII op as pous van die Rooms Katolieke kerk. - 15 Julie – Pous Innocentius XII word gekroon deur kardinaal Urbano Saccetti. - 14 Augustus – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word referendaris van die Tibunaal van die Apostoliese Signatura vir Geregtigheid en Genade. - 17 Augustus – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word goewerneur van Ascoli.
<urn:uuid:d44b8ca0-e205-4a27-b1f7-a5815fa7200c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1691
2019-07-15T18:38:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999817
false
Lepelaar 'n Lepelaar (Platalea leucorodia) is 'n voëls in die familie van ibisse en lepelaars (Threskiornithidae). Hierdie voëls is heeltemal wit en word ongeveer 80 tot 93 cm lank. Die verlengde kopvere vorm 'n bosagtige kuif. Hulle kan aan hulle swart, spatelvormige snawels met die geel voorpunt uitgeken word. Lepelaar | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| 'n Lepelaar in die Neurenberg-dieretuin. | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Platalea leucorodia Linnaeus, 1758 | |||||||||||||||| Verspreiding van die lepelaar in Europa. Lepelaars is betreklike groot waadvoëls met lang pote en lang snawels wat in ʼn spatelvormige punt eindig. Van die 6 spesies van die subfamilie, wat wêreldwyd in warm dele aangetref word, kom een, Platalea alba, in Suider-Afrika by binnelandse damme en riviere voor. Inhoud Indeling en bouWysig Wat voorkoms en gedrag betref, toon lepelaars baie ooreenkomste met ibisse (familie Threskiornithidae). Hoewel daar ornitoloë is wat lepelaars in 'n eie familie (Plataleidae) indeel, beskou die meeste wetenskaplikes lepelaars as 'n subfamilie (Plataleidae) van ibisse omdat die belangrikste verskil, die spatelvormige snawel, nie by lepelaarkuikens voorkom nie. Kuikens wat pas uitgebroei is, het ibisagtige snawels. Ander verskille is dat lepelaars se pote langer is as die van ibisse en dat die meeste soorte spierwit is. Van die 6 verskillende spesies kom 1 in Eurasië en Noord-Afrika voor, 1 in Oos-Asië, 2 in Australië, 1 in Amerika en 1 in Suider-Afrika. Die Amerikaanse spesie (Ajaia ajaja) verskil van die ander deurdat sy algemene kleur nie wit is nie, maar helderpienk. Die Suider-Afrikaanse lepelaar (Platalea alba) is sowat 90 cm lank en spierwit met 'n kuif op die agterkop. Die snawel en pote is rooierig. GedragWysig Die Suider-Afrikaanse lepelaar word oral in die gebied, behalwe in baie droë streke, by binnelandse damme en riviere aangetref. Hulle wei gewoonlik in klein groepe in vlak water. Die stapelkos is klein waterdiertjies en dit word verkry deur water met die snawel te skep en dan te sif deur die koppe ritmies heen en weer te beweeg. Wanneer lepelaars slaap, staan hulle op een been met die kop tussen die skouervere. Hulle vlieg in formasie met uitgestrekte nekke en pote. Lepelaars broei saam met ibisse en ander waadvoëls in kolonies, maar hou hulle eenkant. Ander nameWysig - Engelse naam: Common Spoonbill - Wetenskaplike naam: Platalea Leucorodia FotogaleryWysig 'n Ei van die lepelaar. Video van 'n lepelaar in goudlig teen sononder.
<urn:uuid:94698e85-4c7e-4295-8842-a6a24a4cd31f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Platalea_alba
2019-07-15T18:38:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999811
false
The Elder Scrolls The Elder Scrolls (verkort as TES) is 'n rol-vertolking video speletjie reeks wat deur Bethesda Game Studios ontwikkel is en was gepubliseer deur Bethesda Softworks. The Elder Scrolls | | ---|---| Genres | Rol-Vertolking | Ontwikkelaars | Bethesda Game Studios | Platform | MS-DOS, Microsoft Windows, Xbox, Xbox 360, PlayStation 3 | Eerste keer vrygestel | The Elder Scrolls: Arena 1994 | Nuutste weergawe | The Elder Scrolls V: Skyrim November 11 , 2011 | Webwerf | [1] www.elderscrolls.com | The Elder Scrolls Tydlyn | | ---|---| 1994 | The Elder Scrolls: Arena | 1996 | The Elder Scrolls II: Daggerfall | 1998 | An Elder Scrolls Legend: Battlespire | 2002 | The Elder Scrolls III: Morrowind The Elder Scrolls III: Tribunal | 2003 | The Elder Scrolls III: Bloodmoon The Elder Scrolls Travels: Stormhold | 2004 | The Elder Scrolls Travels: Shadowkey The Elder Scrolls Travels: Dawnstar | 2006 | The Elder Scrolls IV: Oblivion The Elder Scrolls IV: Knights of the Nine | 2007 | The Elder Scrolls IV: Shivering Isles | GeskiedenisWysig Die eerste produk The Elder Scrolls: Arena was vrygestel in 1994 vir DOS rekenaar sisteme. Die speletjie was bedoel vir spelers om die rol van 'n arena vegter aan te neem , maar ontwikkeling het die speletjie in n rol-vertolking speletjie ( RPG ) verander. The Elder Scrolls II: Daggerfall was gepubliseer in 1996. Aan gevier deur die beskeie sukses van The Elder Scrolls: Arena was The Elder Scrolls II: Daggerfall selfs meer ambisieus as sy voorganger. Na die vrystelling van The Elder Scrolls II: Daggerfall het Bethesda Softworks ontwikkeling van die reeks tot 2002 geëindig om in die tussentyd Elder Scrolls Legend: Battlespire en die Elder Scrolls Adventures: Redguard te ontwikkel wat vrygestel was in 1997 en 1998 onderskeidelik. Die vrystelling van The Elder Scrolls III: Morrowind in 2002 het terug gekeer na die ou manier van uitgestrekte en nie-lineêre spel patrone en n verwisseling teenoor individueel breedvoerige landskappe en items. Dit was vrygestel op rekenaar en was later oorgedra na die Xbox. Die speletjie bereik kommersieel sukses en verkoop oor die vier miljoen eenhede teen die middel van 2005. Twee uitbreidings was vrygestel tussen laat 2002 en vroeë 2003 (The Elder Scrolls III: Tribunal and The Elder Scrolls III: Bloodmoon). n Speletjie van die jaar uitgawe bevat die oorspronklike speletjie plus beide uitbreidings pakke sowel as die nuutste laslap en modifikasie gereedskap was later eksklusief vrygestel vir die rekenaar. Ontwikkeling van The Elder Scrolls IV: Oblivion het begin in 2002 en het op artifisiële intelligensie ( AI ) verbeteringe gefokus wat dinamies inwerk met die speletjie wêreld. Die speletjie was op rekenaar en Xbox 360 vrygestel in vroeë 2006 en vir PlayStation 3 in vroeë 2007. Bethesda Softworks het een inhoud kolleksie en uitbreiding pak in laat 2006 en vroeë 2007 vrygestel (The Elder Scrolls IV: Knights of the Nine en The Elder Scrolls IV: Shivering Isles). n Speletjie van die jaar uitgawe was later vrygestel met die oorspronklike speletjie plus alle uitbreiding pakke en bywerkings vir al drie platforms, die rekenaar uitgawe het eksklusiewe mod gereedskap en ander bonuse gekry. Die Elder Scrolls V: Skyrim was aangekondig op 11 December 2010 op die Spike Video Game toekennings 2010. Die speletjie is nie n direkte opvolg tot sy voorganger Oblivion nie ,maar neem plaas 200 jare later ,in die land wat Skyrim genoem word in Tamriel. Skyrim maak ook gebruik van 'n heeltemal nuwe grafieka enjin. Skyrim was op 11 November 2011 vrygestel. Die wêreldWysig Die wêreld van The Elder Scrolls is bekend vir sy aandag vir detail, realisme en die groot getal van name, datums en plekke wat sy geskiedenis en die intergekonnekteerde struktuur van sy verskeie gemeenskappe, kulture en gelowe saamstel. Die Elder Scrolls speletjies neem plaas op die fantasy wêreld van Nirn op die kontinent van Tamriel, n groot landmass verdeel in nege provinsies in. Die uitsonderings is The Elder Scrolls Legends: Battlespire en dele van The Elder Scrolls IV: Oblivion wat plaasneem tussen die koninkryk van Oblivion (een van verskeie alternatiewe dimensies het bepaal deur onsterflik God agtige wesens bekend as Daedra Princes) en die mens koninkryk van Mundus.Daar is ander kontinente buiten Tamriel op Nirn ( soos Akavir of Yokuda ) , maar daar is nog nie n offisieël speletjie wat op een van hulle plaasneem nie. Tamriel self is n gebied verdeel in nege provinsies in, elk met sy eie aangebore ras. Daardie provinsies is as volg: Cyrodiil, Morrowind, High Rock, die Summerset Isles, Hammerfell, Black Marsh, Skyrim, Valenwood en Elsweyr. Die aangebore rasse van die provinsies is as volg : Imperials in Cyrodiil , Dunmer (ook bekend as Dark Elves) in Morrowind , Bretons en Orsimer (ook bekend as Orcs) in High Rock , Altmer (ook bekend as High Elves) in die Summerset Isles , Redguards in Hammerfell , Argonians in Black Marsh , Nords in Skyrim , Bosmer (ook bekend as Wood Elves) in Valenwood en Khajiit in Elsweyr. Die keiser woon in die hoofstad provinsie van Cyrodiil. Die regerende dinastie deur die derde era het heeltemal uit die afstammelinge van Tiber Septim bestaan. Sy lyn wat herhaaldelik die Dragonborn het geëindig op die gevolgtrekking van die derde era met die dood van Martin Septim die laaste lewende opvolger van Uriel Septim. Verskeie jare later het n Colovian veldheer wat Titus Mede genoem was die troon van die ryk geneem wat deur tot minste die eerste veertig jare van die vierde era regeer het. Die Elder ScrollsWysig Die fisiese Elder Scrolls speel n baie beperkte rol in die storielyn van die reeks en dien net as raamwerk vir die storie. The Elder Scrolls hulself word skaars na verwys in die speletjie of selfs in die speletjie literatuur . The Elder Scrolls IV: Oblivion was die eerste eintlike voorkoms van die scrolls en was gemerk as n MacGuffin in die finale deel van die diewe gulde storielyn.
<urn:uuid:60496242-1505-4074-a3a9-80dce3178647>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/The_Elder_Scrolls
2019-07-15T18:30:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999687
false
Witmalgas Die witmalgas (Morus capensis) is 'n seevoël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Witmalgas | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Kolonie witmalgasse op Voëleiland te Lambertsbaai. | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Morus capensis (Lichtenstein, 1823) | Inhoud VoorkomsWysig Habitat en gewoontesWysig Die voël vang vis aflandig in dieper water en broei in groot kolonies op eilande naby die kus. Dit sweefhang in die lug en duik van groot hoogtes bo die water af om die vis te vang. Groot swerms volg die sardientjieloop. Sistematiese klassifikasieWysig Sulidae (malgasse) | Sien ookWysig BronWysig - Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0 VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Morus capensis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:11795fc0-7a43-44c3-b0fe-51bfab120b45>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Witmalgas
2019-07-15T17:55:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.979541
false
Molekuul 'n Molekuul (ook molekule; meervoud: molekule of molekules) is die kleinste partikel van 'n suiwer chemiese verbinding wat steeds sy chemiese samestelling en eienskappe kan behou. 'n Molekuul bestaan uit meer as een atoom wat aanmekaar gebind is deur gedeelde elektrone in 'n kovalente verbinding. Dit kan bestaan uit atome van dieselfde chemiese element, soos in suurstofgas (O2), of uit atome van verskillende elemente, soos in water (H2O). 'n Stof wat uit molekule bestaan word 'n molekulêre stof genoem. 'n Eienskap van molekule is die heelgetalverhouding van die elemente wat die verbinding uitmaak, ook genoem die empiriese formule. As voorbeeld bestaan water altyd uit 'n 2:1 verhouding van waterstof tot suurstof, en etielalkohol of etanol altyd uit koolstof, waterstof en suurstof in 'n 2:6:1 verhouding. Die verhouding bepaal egter nie die uniekheid van die molekuul nie – dimetieleter het byvoorbeeld dieselfde elementverhouding as etanol. Molekule met dieselfde aantal atome in verskillende rangskikkings word isomere genoem. Die chemiese formule reflekteer die presiese aantal atome waaruit 'n molekuul bestaan. Die molêre massa word bereken vanuit die chemiese formule en word volgens konvensie uitgedruk in eenhede wat gelykstaande is aan 'n 1/12 van die massa van die 12C isotoop atoom. Molekule het vaste meetkundige ewewigte – verbindinglengtes en hoeke – wat bepaal word deur die wette van kwantummeganika. 'n Suiwer stof bestaan uit molekule met dieselfde meetkundige struktuur. Die chemiese formule en die struktuur van 'n molekuul is die twee belangrike faktore wat sy eienskappe bepaal, veral sy reaktiwiteit. Isomere het dieselfde chemiese formule maar het verskillende eienskappe vanweë hulle verskillende strukture. Stereo-isomere is besondere soort isomere waarvan die fisiese en chemiese eienskappe baie met mekaar kan ooreenstem maar ook baie kan verskil ten opsigte van hul biochemiese aktiwiteite. Verwante artikels[wysig | wysig bron] - Lewisteorie - molekulêre meetkunde - molekulêre orbitaal - kovalente verbinding - polêre molekules - nie-polêre molekules
<urn:uuid:391865d6-e943-4af5-9bf5-f9b2fd5d6fac>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Molekuul
2019-07-16T23:30:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00544.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
haarself Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | |||||| ---|---|---|---|---|---|---| Persoon | 1ste | 2de vertroulik | 2de beleef | 3de m | 3de v | 3de o | Verplig | my | jou | u | hom | haar | dit | Toevallig | myself | jouself | uself | homself | haarself | ditself | Meervoud | |||||| 1ste | 2de vertroulik | 2de beleef | 3de | ||| Verplig | ons | julle | u | hulle | || Toevallig | onsself | julleself julself | uself | hulleself hulself | - haar•self - Verwys na die vroulike persoon wat reeds genoem is. - Ondanks verset van haar familie, het Florence Nightingale daarin geslaag om haarself as 'n verpleegster op te lei. - Haarself word net met toevallig-wederkerende werkwoorde gebruik. Vertalings: haarself | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:9aa43f8a-b9cd-44cb-92c6-ec17c492b245>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/haarself
2019-07-18T05:25:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00144.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999841
false
Bleiburg-slagting Die term Bleiburg-slagting verwys na 'n reeks oorlogsmisdade wat in 1945 deur die Joegoslawiese "Volksbevrydingsleër" teen Kroatiese magte van die Onafhanklike Staat Kroasië, Serwiese en Montenegrynse Tsjetniks en lede van die Sloweense Domobranci gepleeg is wat hulself met die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Ryk en die fascistiese Italië geallieer het. Die naam vir die massamoorde is afgelei van Bleiburg, 'n nedersetting in die Oostenrykse deelstaat Karintië. Die bogenoemde magte, wat ook na 8 en 9 Mei 1945 aan oorlogshandelinge teen die Joegoslawiese "Volksbevrydingsleër" deelgeneem het, is ná hulle kapitulasie en ontwapening sonder 'n geregtelike ondersoek doodgeskiet of in doodsmarse gedwing. Ook burgerlikes en Duitse krygsgevangenes is vermoor. In Slowenië is na die slagting as die "Tragedie van Viktring" verwys, terwyl dit in Kroatiese bronne die "Tragedie van Bleiburg" genoem word. In die Serwies-oorheerste Joegoslawië is na die gebeure eufemisties as "beleëringslagte", "finale militêre operasies" of "die groot finaal in Karintië" verwys.
<urn:uuid:661b568f-30c7-4f79-b7af-36869b6031c2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bleiburg-slagting
2019-07-19T10:26:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00304.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000005
false
Sjabloon:Lang-hu in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Lang-hu&oldid=1818257 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Аҧсшәа Alemannisch العربية Asturianu Авар Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Boarisch Беларуская Беларуская (тарашкевіца) भोजपुरी বাংলা Bosanski Català Нохчийн Словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ Чӑвашла Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Galego Gaelg 客家語/Hak-kâ-ngî Hawaiʻi Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Bahasa Indonesia Ilokano Italiano 日本語 Jawa ქართული Адыгэбзэ Қазақша Къарачай-малкъар Коми Кыргызча Лезги Lietuvių Latviešu Мокшень Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь नेपाली Livvinkarjala Ирон ਪੰਜਾਬੀ Português Română Русский Русиньскый Саха тыла Scots Srpskohrvatski / српскохрватски සිංහල Simple English Slovenščina Српски / srpski Basa Sunda Svenska தமிழ் ไทย Türkmençe Tagalog Удмурт Українська Oʻzbekcha/ўзбекча Vepsän kel’ Tiếng Việt Хальмг მარგალური 中文 Bân-lâm-gú 粵語 Wysig skakels Die bladsy is laas op 17 September 2018 om 09:54 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:a8b3e0a0-d48c-4f02-8ef9-ff67fbbbdfc3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Lang-hu
2019-07-19T10:28:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00304.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.8945
false
Constand Viljoen Constand Laubscher Viljoen | | Leier van die Vryheidsfront Plus Ampstermyn 1 Maart 1994 – 26 Junie 2001 | | Opgevolg deur | Pieter Mulder | ---|---| Lid van die Parlement Ampstermyn 1994 – 2001 | | Persoonlike besonderhede Gebore | 28 Oktober 1933 Standerton, Transvaal, Unie van Suid-Afrika | Politieke party | Vryheidsfront Plus | Eggenoot/eggenote | Christina Heckroodt | Kind(ers) | 5 | Alma mater | Universiteit van Pretoria | Religie | Nederduits Gereformeerde Kerk | Militêre Diens Lojaliteit | Suid-Afrika | Diens/Tak | Suid-Afrikaanse Weermag | Jare in diens | 1956-1985 | Rang | Generaal | Eenheid | Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag | Oorloë/Veldslae | Suid-Afrikaanse Grensoorlog | Toekennings | Orde van die Ster van Suid-Afrika Suiderkruis-dekorasie Suid-Afrikaanse Polisiediens Ster vir Uitstaande Diens Suiderkruis-medalje | Constand Viljoen is gebore op 28 Oktober 1933 en ontvang sy skoolopleiding aan die Laerskool Perdekop en Hoërskool Standerton. Hy sluit daarna aan by die Suid-Afrikaanse Weermag, en behaal die graad B.Sc (B.Mil) aan die Universiteit van Pretoria in 1955.[1] Viljoen word bevorder tot Luitenant-Generaal in 1976 en Generaal in 1980. In 1977 word hy Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër en in 1980 die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. Hy tree af by die weermag in 1985 om voltyds te boer in die Ohrigstad omgewing. In 1993 tree Viljoen toe tot die politiek saam met nog drie ander oud-generaals en help met die stigting van die Afrikaner Volksfront. Kórt voor die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 stig Viljoen die Vryheidsfront as politieke party vir die Afrikaners. Dié party beywer hom vir die daarstel van ʼn Afrikanervolkstaat. Die Vryheidsfront wen 640 000 stemme met Viljoen as leier. In 2001 tree Viljoen uit die aktiewe politiek en as leier van die Vryheidsfront, en spits hom op sy boerdery toe. Bron[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Viljoen, Constand Laubscher - The O'Malley Archives". omalley.nelsonmandela.org. Besoek op 27 Augustus 2018.
<urn:uuid:4c1f71ba-22a8-4e58-b5c4-95df92a95b96>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Constand_Viljoen
2019-07-21T23:29:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999723
false
Kategorie:Woorde in Swazi Jump to navigation Jump to search Index | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie. S Bladsye in kategorie "Woorde in Swazi" Die volgende 72 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 72.
<urn:uuid:31b239d4-ccbd-4f6f-8574-0eb8bba08b22>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Kategorie:Woorde_in_Swazi
2019-07-21T23:33:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997509
false
bedrieg Jump to navigation Jump to search Inhoud Tydvorm | Persoon | Woordvorm | ---|---|---| Teenwoordige Tyd | ek | bedrieg | Verlede Tyd | ek | het bedrieg | Verdere vervoegings: bedrieg (vervoeging) | - Kul, fop, mislei, bedrog pleeg. Vertalings: bedrieg | ||| ---|---|---|---| - eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van bedriegen - (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van bedriegen - gebiedende wys van bedriegen - 1.: Ik bedrieg. - 2.: Bedrieg je? - 3.: Bedrieg!
<urn:uuid:1b080f20-8068-4ab5-b3de-beb6c02b76e2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/bedrieg
2019-07-21T23:03:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984009
false
koejawel Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| koejawel | koejawels | - كُویَاڤِلْ , meervoud: كُویَاڤِلْسْ Vertalings: koejawel | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor koejawel.
<urn:uuid:dc7763b4-70cb-4de2-ae00-06c01c92230a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/koejawel
2019-07-21T23:09:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.89334
false
رده:User af-N پرش به ناوبری پرش به جستجو در ویکیانبار پروندههایی دربارهٔ User af-N موجود است. | Kies 'n ander vlak / Choose another level[ویرایش] 'n Gebruiker op hierdie vlak is 'n moedertaalspreker van Afrikaans / A user at this level speaks Afrikaans as their mother tongue. - Beter vlak van taalvaardigheid / Next better level: Geen / None - Laer vlak van taalvaardigheid / Next worse level: Afrikaans op moedertaalvlak (maar nie moedertaalspreker)
<urn:uuid:aa0e8235-c4cf-4f3f-bf80-a283690e2d75>
CC-MAIN-2019-30
https://fa.wikipedia.org/wiki/%D8%B1%D8%AF%D9%87:User_af-N
2019-07-21T23:09:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.970986
false
Sint-Gillis (Aangestuur vanaf Saint-Gilles) Jump to navigation Jump to search Sint-Gillis ( of Saint-Gilles ) ( is 'n munisipaliteit en plek in die ) Brusselse Hoofstedelike Gewes. Sint-Gillis ( of Saint-Gilles ) ( is 'n munisipaliteit en plek in die ) Brusselse Hoofstedelike Gewes.
<urn:uuid:def5a899-ad60-415c-ad43-8cc9da943587>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Saint-Gilles
2019-07-23T05:21:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00224.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984721
false
New Orleans Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Verenigde State | Deelstaat | Louisiana | Parish (parogie) | Orleans | Koördinate | | Gestig op | 7 Mei 1718 | Geïnkorporeer op | 17 Februarie 1805 | Oppervlakte: | | - Totaal | 907 vk km | Hoogte bo seevlak | -2-6 m | Bevolking: | | - Totaal (Stad en county 2013) | 378 715 | - Bevolkingsdigtheid | 417,5/vk km | - Metropolitaanse gebied (2013) | 1 240 977 | Tydsone | CST (UTC -6) Somertyd: CDT (UTC -5) | Klimaat | | - Tipe | Subtropiese klimaat | - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 11 °C | - Gem. temp. Januarie/Julie | 17 / 28 °C | - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1629,7 mm | Burgemeester | Mitch Landrieu | Amptelike Webwerf | nola.gov | New Orleans (Frans: La Nouvelle-Orléans [la nuvɛlɔʁleɑ̃]) is die grootste stad in die VSA-deelstaat Louisiana met 'n bevolking van 378 715 in die stadsgebied en meer as 1,2 miljoen in die metropolitaanse gebied. New Orleans het 'n ryk en kleurvolle geskiedenis wat onlosmaaklik verbind is met sy unieke en strategies belangrike ligging net sowat 100 myl van die Mississippirivier se monding in die Golf van Meksiko. Sy hawe is al drie eeue lank die besigste aan die Amerikaanse Golfkus en het die belangstelling van Wes-Europa se groot seevarende moondhede – Spanje, Frankryk en Groot-Brittanje – gewek wat almal hul spore in New Orleans se kultuur en leefwyse gelaat het. Vandag word New Orleans nie soseer as 'n smeltkroes beskou nie, maar eerder as 'n Amerikaanse stad wat sy eie unieke kultuur en samelewing ontwikkel het. Dikwels word na die stad vanweë sy ontspanne leefstyl as Big Easy of, vanweë sy ligging aan die oosoewer van die Mississippi se wye rivierdraai, as Crescent City verwys. Jean-Baptiste Le Moyne, die goewerneur van Frans-Louisiana, het aan die stad sy oorspronklike Franse naam Nouvelle Orléans of "Nieu-Orléans" gegee, ter ere van Philippe II, hertog van Orléans, wat tussen 1715 en 1723 as Franse regent namens Lodewyk XV geregeer het. Alhoewel al vroeg 'n reeks ekspedisies na die binneland onderneem is, is die huidige stadsgebied voor die goewerneur se amptelike stadstigting in 1718 byna uitsluitlik deur inheemse Indiane bewoon. Ná enkele dekades van ononderbroke heerskappy oor die gebied het Frankryk die seehawe in 'n reeks ooreenkomste aan Spanje afgestaan. Veertig jaar van Spaanse bewind het van New Orleans 'n florerende seehawe en handelspos tussen Meksiko en Kuba gemaak waartydens ook vrye burgers van nie-Europese afkoms hulle in die stad kon vestig. Nadat 'n reeks verwoestende brande in die gebied gewoed het, het Spanje sy besitting in 1803 aan die Franse stigters terugverkoop wat dit op hulle beurt slegs twintig dae later met die sogenaamde Louisiana Purchase aan die jong Verenigde State oorhandig het. Gedurende die eerste helfte van die 19de eeu was New Orleans die welvarendste stad in Amerika en die belangrikste uitvoerhawe vir Amerikaanse goedere wat hier na Europa, Suid-Amerika en die Karibiese Seegebied verskeep is. Selfs onder Amerikaanse administrasie was Frans nog tot in die 1830's die huistaal van die oorgrote meerderheid van die stadsbevolking. New Orleans se strategiese ligging en florerende ekonomie het in die vroeë 19de eeu Britse begeertes gewek en was die aanleiding vir die Brits-Amerikaanse Oorlog wat in 1812 uitgebreek het. Die Britse aanvallers is drie jaar later deur die Amerikaanse generaal Andrew Jackson verslaan. In die volgende vier dekades het New Orleans tot Amerika se vernaamste uitvoerhawe vir katoen gegroei. Steeds meer stoombote het die plaaslike hawe aangedoen en reeds in 1835 'n jaarlikse omset van $35 miljoen verseker. Slegs vyf jaar later was New Orleans die vierde besigste seehawe ter wêreld. Die tweede helfte van die 19de eeu is deur ongekende tegnologiese en ekonomiese vooruitgang gekenmerk. 'n Moderne openbare vervoerstelsel met tremlyne het ontstaan, en danksy nuwe pomptegnologie kon uitgestrekte gebiede, wat benede seevlak geleë was, drooggelê en as woonbuurte vir die snel groeiende bevolking ontsluit word. Natuurrampe soos orkane was 'n konstante bedreiging vir die Golfmetropool, maar kon sy groei nie noemenswaardig belemmer nie. Terwyl ander Amerikaanse metropole New Orleans gaandeweg as ekonomiese en finansiële spilpunte verbygesteek het, het die plaaslike kultuur 'n bloeitydperk beleef waarvan New Orleansse jazzmusiek een glanspunt geword het. Hierdie musiekstyl, wat in plaaslike kroeë en danssale gebore is, het sy oorsprong in die tradisionele musiek van slawe uit Afrika suid van die Sahara gehad. Hoe meer Europese klanke en Afrika-ritmes met mekaar versmelt het, hoe makliker het jazzmusiek uit sy oorspronklike ghetto van slawevergaderings en swart kerkmusiek uitgebreek om eers die Amerikaanse en later die internasionale musieklewe te verower. Vandag is New Orleans 'n belangrike kulturele en nywerheidsentrum en 'n gesogte toeristebestemming. Sy hawe, wat die Mississippirivier met die Golf van Meksiko verbind, is die belangrikste uitvoerhawe van die suidelike VSA-state. Die grootskaalse oorstromings, wat die stad as gevolg van die orkaan Katrina op 29 Augustus 2005 getref het, het 'n groot gedeelte van New Orleans verwoes en talle menselewens geëis. Inhoud GeografieWysig Die stad lê in die rivierdelta van die Mississippi en het 'n oppervlak van 907,0 vierkante kilometer (waarvan 439,4 vierkante kilometer of 48,3 persent water). Die land van die delta is oor 'n tydperk van 2 500 jaar deur afsaksel van die Mississippi gevorm en bestaan hoofsaaklik uit 'n moeras, wat enkele honderd meter diep is. Die moeras verdig soveel dat dit deur sy eie neerdrukkende gewig benede die seevlak begin sink, tensy daar nie nuwe afsaksel bykom nie. Tydens die stigting van New Orleans het die Franse setlaars die eerste geboue in 'n gebied opgerig wat effens hoër geleë was as die omgewing (die "French Quarter" of "Franse buurt"). In 1718 het New Orleans se seehawe ontstaan. Sowel die stadsgebied asook die hawe is deur middel van oewerwalle, sogenaamde levée's met 'n hoogte van sowat nege meter in die suide en vyf tot ses meter in die noorde, teen die watermassa's van die Mississippi en die Pontchartrainmeer beskerm. Weens die gebrek aan nuwe afsaksel sink New Orleans en sy omgewing nou jaarliks ag millimeter en word steeds meer land deur die see verswelg. Tans lê sewentig persent van die stad sowat twee meter benede die seevlak. Toe orkaan Katrina die kusgebied van New Orleans getref het, is een oewerwal – dié van die Sewende Straat-kanaal – oorstroom. Groot hoeveelhede water het in die laagliggende stadsgebied ingestroom en vier vyfdes van New Orleans oorstroom. A. Baldwin Wood het in 1910 'n stelsel van pompe opgerig wat New Orleans droog gelê en nuwe landwinning moontlik gemaak het. Die huidige stadsgebied het die vorm van 'n sekel sodat na New Orleans dikwels as die "Sekelstad" verwys word. KlimaatWysig New Orleans het 'n vogtige subtropiese klimaat met kort en in die algemeen gematigde winters, en baie warm en bedompige somers. Die gemiddelde maandelikse dagtemperature wissel van 11,9 °C in Januarie tot 28,5 °C in Julie en Augustus. Die laagste temperatuur, wat ooit aangeteken is, was -14 °C op 13 Februarie 1899, die hoogste 40 °C op 24 Junie 2009. Opvallend is die relatief hoë doupunte in die somermaande wat tussen 21,7 °C en 23,0 °C beloop. Die kwil styg op 'n gemiddeld van 77 dae per jaar bo 32 °C en styg op 8,1 winterdae nie hoër as 10 °C nie. Op 'n gemiddeld van 8 dae daal die kwik snags benede vriespunt. In 'n tipiese jaar word in die koudste nag temperature van -1 °C gemeet. Maar oor die algemeen styg die kwik nouliks bo 38 °C of daal temperature benede -4 °C. Nogtans val die somermaande vir die toerismebedryf weens die baie warm temperature en hoë vlakke van humiditeit buite die hoofseisoen. Daarnaas sak swaar donderbuie byna daagliks oor die stad uit. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 1 590 mm. Gewoonlik is die somermaande die natste maande van die jaar, terwyl Oktober die droogste maand is. In die winter sak reënbuie gewoonlik neer wanneer kouefronte suidwaarts beweeg. New Orleans lê in die orkaansone van die Verenigde State. Orkane ontstaan gereeld in die maande tussen Mei en Oktober oor die Atlantiese Oseaan. Hierdie kragtige en dikwels vernietigende stormstelsels hou 'n besondere bedreiging vir New Orleans in vanweë sy laagliggende terrein en sy langsaam dalende kusgebied. Die stad word daarnaas in die noorde, ooste en suide deur waterliggame omring. So word New Orleans deur die Federale Rampbeheeragentskap (Federal Emergency Management Agency) as die Verenigde State se kwesbaarste stad vir orkaanskade geklassifiseer. Dele van Groter New Orleans is verskeie kere oorstroom – soos byvoorbeeld deur die Grand Isle-orkaan in 1909, die New Orleans-orkaan in 1915, die Fort Lauderdale-orkaan in 1947, orkaan Flossy in 1956, orkaan Betsy in 1965, orkaan Georges in 1998, die orkane Katrina en Rita in 2005 en orkaan Gustav in 2008. Die oorstromings, wat deur Betsy veroorsaak is, is in sommige woonbuurte as ernstig gekategoriseer, terwyl Katrina gepaard gegaan het met vernietigende oorstromings in die meeste stadsdele van New Orleans. Die geweldige orkaan Katrina, wat die deelstate Louisiana, Mississippi en Alabama op 29 Augustus 2005 getref het, het in New Orleans met oorstromings dood en verwoesting gesaai en die ontruiming van hele stadsdele noodsaaklik gemaak. GeskiedenisWysig Smeltkroes van kultureWysig New Orleans, wat by 'n rivierdraai van die Mississippi sowat 100 km van sy monding af geleë is, is reeds sedert die vroeë 18de eeu die grootste stad in Louisiana en die besigste noordelike seehawe in die Golf van Mexiko. Die stad se wisselvallige geskiedenis as 'n oorspronklik Franse nedersetting wat in die tweede helfte van die 18de eeu vier dekades lank deur Spanje geadministreer en daarna in 1803 aan die Verenigde State verkoop is, het van New Orleans 'n unieke smeltkroes van kulture gemaak. Toe die Amerikaanse regering Louisiana met die sogenaamde Louisiana Purchase van 1803 van Frankryk oorgeneem het, het sy bewoners reeds in 'n mengelmoes van tale geleef. Die nuwe deelstaat, wat in 1812 tot die Unie toegelaat is, en meer nog New Orleans as die by verre grootste nedersetting in dié Suidstaat, is deur 'n ingewikkelde kultuur en leefstyl gekenmerk waarin sowel Afrika deur duisende van slawe, wat na die gebied vervoer is, asook Frankryk en Spanje met hul Kreoolse bevolking diep spore gelaat het. Dié spore laat New Orleans steeds merkbaar verskil van ander Amerikaanse stede. In 1812 het een skrywer na New Orleans verwys as die "markplein van al die rykdomme in die Westerse wêreld".[1] Op dié tydstip was New Orleans reeds die spilpunt van kommunikasielyne en handelstrome wat die Mississippi-waterskeiding, die Golfkus, die Atlantiese kusstreke, die Karibiese Seegebied, Wes-Europa (en hier veral Frankryk en Spanje) en verskeie gebiede van Wes- en Sentraal-Afrika met mekaar verbind het.[2] New Orleans was, binne 'n relatief kort tydperk in sy geskiedenis, blootgestel aan drie verskillende koloniale regerings wat almal hul eie Europese taal, kultuur, tradisies en regstelsel saamgebring het. Dit was die raamwerk waarin die blanke Kreoolse – en later Anglo-Amerikaanse – bevolking moes beweeg. Vir die meeste swart Louisianers was daar 'n alternatiewe, en in elk geval vernederende, geskiedenis as al drie bewindhebbers hul eie stelsel van slawerny geïnstalleer, maar ook nuwe golwe van swart etniese groepe uit Wes- en Sentraal-Afrika saamgebring het. Bambara, Bakongo en ander opeenvolgende swart etniese groepe het deel geword en versmelt met New Orleans se kosmopolitiese swart kultuur en beskawing. Gedurende die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 en die Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865) is beslissende slagte om New Orleans gevoer. Vanaf die vroeë 20ste eeu het die stadsregering en bewoners 'n voortdurende stryd teen sosiale wantoestande soos armoede en rassegeskille en meedoënlose natuurgeweld (orkane, oorstromings en New Orleans se langsaam, maar seker dalende landmassa) gevoer. Franse kolonieWysig Aan die beginpunt van die moderne geskiedenis van Louisiana, en so ook dié van New Orleans, staan die aanvanklik ambisieuse, maar uiteindelik halfhartige en kortstondige projek van 'n Franse kolonie teen die Mississippi-monding. New Orleans is op 7 Mei 1718 deur Jean Baptiste LeMoyne, Sieur de Bienville, onder die Franse naam La Nouvelle-Orléans gestig ('n verwysing na die stad Orléans in Frankryk). Vier jaar later het dit die administratiewe setel van Louisiana se koloniale administrasie geword. Spaanse bewindWysig Die kolonie het in 1763 volgens die Verdrag van San Ildefonso onder Spaanse bewind gekom, alhoewel die Spanjaarde aanvanklik drie jaar lank geen goewerneur benoem het nie. Die Spanjaarde se koloniale bwind was van relatief kort duur – net twee generasies lank was die gebied onder Spaanse beheer: teoreties en volgens politieke ooreenkomste tussen 1762 en 1800, in werklikheid tussen 1769 en 1803. Die Spanjaarde het die kolonie in 'n tyd van groot politieke omwentelinge geadministreer. Drie rewolusies – die Amerikaanse, Franse en Haïtiaanse Rewolusie val in dié historiese tydperk. New Orleans se grootste omwenteling in dié periode was ekonomies van aard. Vir die eerste keer in sy geskiedenis het sy seehawe groot strategiese betekenis gekry weens die handelsbetrekkinge met Kuba. Die seeroete na en vanaf die Kubaanse hoofstad Havana anderkant die Golf van Meksiko sou sowat 190 jaar lank 'n sentrale rol in New Orleans se ekonomiese lewe speel. Ironies genoeg was die algehele embargo, wat president John F. Kennedy in 1962 op die handel met die rewolusionêre Kuba onder Fidel Castro geplaas het, effektief ook 'n handelsboikot teen New Orleans wat die stad van sy belangrikste handelsvennoot ontneem en die plaaslike ekonomie, net soos dié van die hele Amerikaanse Golfkus, nadelig geraak het.[3] Ondanks sy kort duur was die Spaanse bewind, waartydens die Spaanse goewerneur van Louisiana direk verantwoordelik was aan die Spaanse kaptein-generaal in Havana, 'n beslissende periode vir die ontwikkeling van Louisiana se Afro-Amerikaanse kultuur en leefstyl. Al het ook die Spanjaarde hul slawe in die algemeen sleg behandel, het die oorname van Spaanse reëlings ten opsigte van slawe ook enkele nuwe vryhede beteken. Aan slawe in die kolonie is 'n reg toegestaan waarvan hul lotgenote in die Verenigde State nie eens durf droom het nie – die reg om hulself vry te koop. In elk geval was daar in dié tyd al 'n relatief groot aantal vrye swart inwoners. In 1795 het Spanje die "Reg op vestiging" aan burgers van die Verenigde State verleen, en die Amerikaners is ook toegestaan om die hawe te gebruik. Frankryk het Louisiana in 1801 met Napoléon Bonaparte se verowering van Spanje herwin, tog het hy Louisiana slegs twee jaar later teen 15 miljoen dollar aan die VSA verkoop. New Orleans se bevolking is in hierdie tydperk op sowat 10 000 beraam. Amerikaanse bewindWysig Die bevolking verdubbel in die dertiger- en veertigerjare van die 19de eeu, en New Orleans groei tot die grootste stad in die Amerikaanse suide buite die Atlantiese seekus. Tot 1842 en in die tydperk tussen 1865 en 1882 dien dit as die hoofstad van Louisiana. Die hawe is veral belangrik vir die slawehandel, alhoewel New Orleans destyds gelyktydig die grootste swart bevolking van alle Amerikaanse stede het. Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog verower federale troepe die stad sonder geveg, die historiese geboue van New Orleans bly dus bewaar tot vandag. Die boustyl getuig nog steeds van die 19de eeuse rykdom. Aan die begin van die 20ste eeu word New Orleans met die Kreoolse en voodoo-kultuur vereenselwig, in die twintigerjare is dit die bakermat van die jazz-musiek. Die sterk invloede van die Frans-Spaanse kultuur en die katolisisme staan in kontras met die vervelende puritaanse leefwyse in ander dele van die VSA en skep 'n lewendige kultuur wat vermaak, dans en musiek bevorder. In die laat 20ste eeu word die Franse buurt die belangrikste besienswaardigheid van die stad. Die orkane "Betsy" en "Katrina" verwoes in 1965 en 2005 groot dele van New Orleans. Selfs een jaar ná die ramp het net sowat die helfte van die bewoners na New Orleans teruggekeer, aangesien die vloedskade in baie stadswyke nog steeds nie herstel is nie. DemografieWysig As gevolg van die orkaan "Katrina" is in Augustus en September 2005 meer as 400 000 inwoners uit die stad ontruim. Weens die grootskaalse verwoesting is die stad se toekoms onseker. Die bevolkingsdigtheid voor die oorstromings het 989 inwoners per vierkante kilometer beloop. Van die bevolking is 28 persent blankes, 67,3 persent Afro-Amerikaners, 3,1 persent Latyns-Amerikaners, 2,3 persent Asiate en 0,2 persent lede van die Eerste Nasies. Die oorspronklike Franse taal word vandag nog nouliks gepraat, en net 'n klein aantal ou mense is nog steeds die inheemse Cajun-Frans magtig. Desondanks speel die Franse taal en kultuur 'n groot rol by die bemarking van die plaaslike toerismebedryf. EkonomieWysig New Orleans is 'n belangrike handel-, vervoer- en nywerheidsentrum en danksy die groot voorkoms van ru-olie in die Golf van Meksiko huisves die stad net soos Houston, Texas die hoofkwartiere van talle oliemaatskappye soos BP, Chevron, Conoco Phillips en Royal Dutch Shell. Die Hawe van Suid-Louisiana (Port of South Louisiana), wat New Orleans se hawefasiliteite insluit, is volgens tonnemaat die vierde grootste ter wêreld. Dit is een van die belangrikste invoerhawens vir koffiebone, wat in groot nywerhede in die omgewing gerooster en verder verwerk word. Ook die federale regering en militêre instellings, by name NASA en die Amerikaanse Vloot, is belangrike werkverskaffers in die metropolitaanse gebied van New Orleans. Michoud het 'n monteerplaas in die oostelike deel van die parogie opgerig, terwyl Lockheed-Martin eksterne tenks vir ruimtependeltuie hier vervaardig. Openbare vervoerWysig TremnetwerkWysig Trems vorm al sedert die eerste helfte van die 19de eeu 'n integrae bestanddeel van New Orleans se openbare vervoernetwerk. Die langste tremlyn, St. Charles Avenue-lyn, is die oudste tremroete ter wêreld wat steeds in bedryf is (al is dit tydelik ontwrig deur die skade wat orkaan Katrina in Augustus 2005 berokken het). Tremlyne word tans deur New Orleans se openbare vervoeronderneming, New Orleans Regional Transit Authority (RTA), bedryf. Naas dié op St. Charles Avenue is daar tans nog drie ander tremlyne: Riverfront Line, Canal Street Line en Loyola Avenue Line. Alle ander lyne is in die tydperk tussen die laat 1940's en die vroeë 1960's deur busroetes vervang. Bewaringsvoorstanders het destyds nie daarin geslaag om die tremlyn op Canal Street te red nie, maar kon die stadsregering uiteindelik oorreed om historiese monumentstatus aan die St. Charles Avenue-lyn toe te ken en dit sodoende te bewaar. In die laat 20ste eeu het spoorvervoer 'n herlewing ervaar. 'n Verkorte Riverfront-tremdiens is in 1988 herstel, en in 2004 is tremvervoer ook op Canal Street hervat – vier dekades nadat dit gestaak is. VerwysingsWysig - Ned Sublette: The World That Made New Orleans. From Spanish Silver To Congo Square. Chicago: Lawrence Hill Books 2008, bl. 4 - Sublette (2008), bl. 4 - Sublette (2008), bl. 4-5
<urn:uuid:4fe8648a-433e-4582-8c43-a8561e6e1da4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/New_Orleans
2019-07-15T18:36:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00408.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999967
false
Robbeneiland Robbeneiland, voorheen Eyland Cornelia,[2] is 'n eiland in Tafelbaai, 12 kilometer vanaf die kus van Kaapstad, Suid-Afrika. Die eiland het 'n tipiese Karooklimaat ten spyte daarvan dat dit so naby aan Kaapstad, wat 'n Mediterreense klimaat het, geleë is. Die koue Benguela-stroom is daarvoor verantwoordelik. Robbeneiland | | Dorpie op Robbeneiland | | Robbeneiland se ligging in Wes-Kaap Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Wes-Kaap | Munisipaliteit | Stad Kaapstad | Oppervlak[1] | | - Dorp | 5,18 km² (2 vk m) | Hoogte | 30 m (98 vt) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 116 | - Digtheid | 22/km² (57/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 13,8% | • Kleurling | 23,3% | • Swart | 60,3% | • Ander | 2,6% | Taal (2011)[1] | | • Xhosa | 37,9% | • Afrikaans | 35,3% | • Zoeloe | 15,5% | • Engels | 7,8% | • Ander | 3,4% | Poskode (strate) | 7400 | Dit is duisende jare gelede die eerste keer bewoon toe die waterkanaal wat dit tans van die land skei, bo seevlak was. Van die einde van die 17de eeu af is Robbeneiland gebruik om sekere individue af te sonder, grootliks as 'n tronk, en onder sy eerste permanente inwoners was politieke leiers van verskeie Nederlandse kolonies, nie net van Suid-Afrika nie, maar ook uit Indonesië. Van 1836 tot 1931 is dit as 'n melaatsekolonie gebruik en in die 20ste eeu het dit bekend geword as 'n tronk vir politieke gevangenes, onder wie die bekendste Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Robert Sobukwe, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma was. Die hele eiland word deur die staat besit, met die uitsondering van die kerk. Vandag is die eiland 'n gewilde toeristebestemming en is in 1999 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar. Dit kan per veerboot van die Victoria & Alfred Waterfront af bereik word, en is die hele jaar lank oop, afhangende van die weer. Inhoud Kulturele ErfenisWysig Robbeneiland is in 1997 deur die Minister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie verklaar as 'n nasionale monument en word vandag beskerm as 'n nasionale erfenisterrein in gevolge van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).[3]
<urn:uuid:b8ac7942-66bf-46e2-8eb1-c2f676e55dba>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Robbeneiland
2019-07-15T17:58:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00408.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999733
false
Kappietrui Jump to navigation Jump to search 'n Kappietrui (ook genoem 'n hoodie) is 'n sweetpakbaadjie met 'n kappie. Hoodies sluit dikwels sakke in, toegewerk op die laer voorkant, en (gewoonlik) 'n trekkoord om die kappie mee toe te trek. Verwante kleredrag[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met kappietrui. | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:75619660-8880-4b8e-aa87-e6ded07bd7cb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kappietrui
2019-07-23T05:24:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00248.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999817
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:51aca393-f2c2-49bf-b561-b29aa8ddadaa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Of
2019-07-23T05:24:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00248.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Arabiese Demokratiese Republiek Sahara Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (Arabies: الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية, Al-Jumhūrīyya Al-`Arabīyya Aṣ-Ṣaḥrāwīyya Ad-Dīmuqrāṭīyya, Spaans: República Árabe Saharaui Democrática) is 'n land wat voorheen as Spaanse kolonie Spaans-Sahara bekend gestaan en op 14 November 1975 van Spanje onafhanklik geword het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en Algerië asook noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan. Die SADR is op 27 Februarie 1976 deur die Polisario in die gebied Wes-Sahara geproklameer.[4] Nasionale leuse: حرية ديمقراطية وحدة (Arabies) Libertad, Democracia, Unidad (Spaans) (Afrikaans: "Vryheid, Demokrasie, Eenheid") | ||||| Volkslied: Yā Banīy As-Saharā (Arabies) ¡O hijos del Sáhara! (Spaans) (Afrikaans: "O seuns van die Sahara") | ||||| Hoofstad | Laâyounea (El Aaiún) (geproklameer) Tifariti (de facto) | |||| Grootste stad | Laâyoune (El Aaiún) | |||| Amptelike tale | Arabies en Spaans[1] | |||| Regering | Een-party semi-presidensiële republiek[2]b Brahim Ghali Mohamed Wali Akeik | |||| Onafhanklikheid | 14 November 1975 27 Februarie 1976 20% tot 25%e | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 266 000c km2 (83ste) 102 703 myl2 feitlik niks | |||| Bevolking - 2010-skatting - Digtheid | 100 000 of 502 585d (182ste) 1,9 / km2 (236ste) 4,9 / myl2 | |||| Geldeenheid | Sahariese peseta, Marokkaanse dirham (de jure) Algeriese dinar, Mauritaanse ouguiya (de facto) ( - ) Tydsone - Somertyd | GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | |||| Internet-TLD | .ehf | |||| Skakelkode | + | |||| a. Volgens grondwet van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara. b. tot beplande onafhanklikheid. c. Oppervlakte van die hele gebied van Wes-Sahara soos geëis deur SADR. d. 500 000 is die geskatte bevolking volgens bevolkingsgroei in die gebied Wes-Sahara. e. 80% van die gebied geëis onder Marokkaanse administrasie. f. Geassosieer met Wes-Sahara, maar nog nie aan enige eiser toegestaan.[3] | In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van sowat 267 405 gehad. Die oppervlak van die land is ongeveer 266 000 vierkante kilometer. Dit is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in Suid-Afrika. Inhoud BevolkingWysig Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend Sahrawis, letterlik bewoner van die Sahara of woestynbewoner ('n mengsel van Arabiere en gearabiseerde Imazighen (Berbers)) en Arabiere uit Marokko, wat formeel gesien koloniste is. Sahara (Arabiese uitspraak: Sachara) beteken "woestyn" in Arabies. Byna die hele bevolking van Wes-Sahara is Moslems. PolitiekWysig Alhoewel Marokko aanspraak maak op die land, erken meer as 70 lande, waaronder Suid-Afrika, die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek (SADR) as soewereine owerheid van die land en is die republiek selfs 'n lid van die Organisasie vir Afrika-eenheid en die opvolgende Afrika-unie. Marokko was nie lid van albei organisasies nie, omdat dié land Wes-Sahara nie erken as onafhanklike land nie. Op 30 Januarie 2017 het Marokko egter lid van die Afrika-unie geword, hoewel die Wes-Sahara-konflik nie opgelos is nie.[5] Die setel van die SADR is tans in Algerië. Geen enkele staat ter wêreld erken die anneksasie van Wes-Sahara deur Marokko na die land se onafhanklikheid van Spanje nie, maar sommige lande, soos Frankryk en Nederland, erken ook nie Wes-Sahara as 'n onafhanklike land nie.[6] Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder hulle mag (in die suidooste), die res word deur Marokko bestuur. Die grens tussen die twee lande vorm die Marokkaanse Muur. Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en sedertdien vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing veg. Die Verenigde Nasies beplan 'n referendum oor die toekoms, terwyl Marokko net outonomie aanbied. VerwysingsWysig - ( ) "«Como saharauis queremos conservar el español»". Lavozdegalicia.es. 13 Maart 2008. Besoek op 7 Februarie 2018. - ( SADR. ) "Constitution of the SADR". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2007. Besoek op 8 Augustus 2014. - ( ) "Preliminary Report for Special Meeting of the ICANN Board of Directors". ICANN.org. 16 Oktober 2007. Besoek op 7 Februarie 2018. - ( ) Carta de Proclamación de la Independencia de la República Arabe Saharaui Democrática, Bir Lehlu, 27 Februarie 1976 by ARSO - ( ) "Morocco to rejoin African Union despite Western Sahara dispute". BBC. 30 Januarie 2017. Besoek op 7 Februarie 2018. - ( ) worldstatesmen.org: SADR relations
<urn:uuid:6ff6995a-5bce-4b59-81e3-4d4959dd136f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Arabiese_Demokratiese_Republiek_Sahara
2019-07-15T18:02:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00432.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998161
false
Gerrit Dekker Gerrit Dekker (Pretoria, Transvaal, 11 November 1897 – Klerksdorp, Suid-Afrika, 10 April 1973) was professor, letterkundige adviseur en vertaler. Sommige van sy publikasies sluit in Van Deyssel as skilder, Oordeel en besinning en Die Afrikaanse Psalmberyming. Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Herkoms en vroeë lewe[wysig | wysig bron] Sy ouers was Nederlanders wat vroeg in die negentigerjare van die 19de eeu na Suid-Afrika geïmmigreer het, waar sy pa as boumeester werk. Hy gaan skool aan die Oosteindskool, waar hy in 1915 matrikuleer en studeer dan vanaf 1916 verder aan die Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria. In 1918 behaal hy die B.A.-graad en in 1919 die M.A.-graad in Nederlands. Vir nege maande in 1920 neem hy tydelik waar as dosent aan die Transvaalse Universiteitskollege in die plek van prof. T.H. le Roux. Aan die einde van daardie jaar gaan hy dan na Amsterdam waar hy verder studeer aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam.[1] Hier promoveer hy in 1926 met onderskeiding met ’n proefskrif oor Die invloed van Keats en Shelley in Nederland gedurende die negentiende eeu. Terwyl hy in Europa is neem hy die geleentheid waar om baie te reis en hy bestudeer ook die beeldende kunste, waaroor hy later artikels en ook ’n boek skryf. Loopbaan[wysig | wysig bron] Hy word in 1925 aangestel as dosent in Nederlands en Afrikaans aan die Potchefstroomse Universiteitskollege, in 1927 as senior lektor en hy word dan in 1931 bevorder tot professor in Nederlandse en Afrikaanse Taal en Lettere. Sedert 1940 is hy gelyktydig ook professor in Kunsgeskiedenis. Hy beklee hierdie twee professorate totdat hy aan die einde van 1962 aftree. Later word hy ook aangestel as lid van die Universiteitsraad. Hy dien in tallose liggame en rade en speel ’n belangrike rol met die totstandkoming van die letterkundige tydskrif Die Nuwe Brandwag, waarvan hy vanaf 1929 tot 1934 saam met H.G. Viljoen die mederedakteur is. As letterkundige adviseur is hy betrokke by die Afrikaanse Psalmboek en die Afrikaanse Bybelvertaling. Na sy aftrede as voltydse professor stel die Minister van Binnelandse Sake hom aan as die eerste Voorsitter van die Raad van Beheer oor Publikasies, ’n amp wat hy van 1963 tot 1968 beklee. Hy neem hierna in tydelike hoedanigheid steeds gereeld as lektor waar aan die Potchefstroomse Universiteit en is ook vir vyf maande tydelik verbonde aan die Universiteit van Kaapstad. Hy word twee keer deur die Kultuurverdrag Nederland-Suid-Afrika uitgenooi om as gasdosent in Nederland op te tree. Verder is hy per geleentheid uitruildosent aan die Vrye Universiteit van Amsterdam en hy gee ook op uitnodiging lesings in België. By verskeie geleenthede dien hy op keurkomitees wat letterkundige pryse toeken en hy is ook lid van die advieskomitees vir die Hertzogmonument en van die Vrystaatse provinsiale geboue. As jarelange lid van die Matrikulasieraad en die Transvaalse Raad vir Moderatore lewer hy belangrike diens aan die onderwys. Die verenigings waarvan hy lid is sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde in Leiden en die Suid-Nederlandse Maatschappij voor Taal en Literatuur. Hy lewer in 1972 die N.P. Van Wyk Louw-gedenklesing onder die titel N.P. van Wyk Louw as Dertiger. Persoonlike lewe en sterfte[wysig | wysig bron] In 1928 trou hy met Hendrina Gezina Huetinck en uit hierdie huwelik word twee dogters (Trixie en Rikie) en ’n seun (Leendert) gebore. Trix was getroud met die Gereformeerde predikant ds. J.H. van der Walt, wat die bediening in 1987 verlaat het. Skryfwerk[wysig | wysig bron] Letterkundige skryfwerk[wysig | wysig bron] Hy lewer sedert 1920 gereelde kritiek oor die Afrikaanse letterkunde in tydskrifte soos Die Banier, Die Huisgenoot, Die Nuwe Brandwag, Ons Eie Boek, Koers en later ook Standpunte. ’n Baanbreker in skerpsinnige letterkundige kritiek het in hierdie vroeë stadium van die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde ’n ondankbare taak. Ten einde ’n meer gesonde letterkundige smaak en insig by lesers te ontwikkel, moet die kritikus noodgedwonge die letterkundige tekortkomings van geliefde skrywers uitwys, wat hom soms baie gramskap op die hals haal. Hy win egter die agting in van skrywers en ander literatore met sy suiwer oordeel en is van die gevestigde literatore byvoorbeeld die eerste om die belangrikheid van die Dertigers se werk in te sien en dit na waarde te skat. Sy eerste publikasie is Die impressionisme in die Nederlandse letterkunde. In 1934 word hy die eerste literator wat die gehele ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde vanaf 1652 in een bundel skets, wanneer die eerste uitgawe van sy Afrikaanse Literatuurgeskiedenis[3] verskyn. Hierdie boek beleef tot 1972 verskeie hersienings en heruitgawes en word gereeld aan universiteite voorgeskryf. Hy bundel van sy letterkundige artikels en resensies in die bundels Causerie en kritiek en Oordeel en besinning. Verder lewer hy verslag oor Die Afrikaanse Psalmberyming. Sy artikels en resensies verskyn in tydskrifte soos Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Jaarboek van die Suid-Afrikaanse Akademie, Standpunte, Die Huisgenoot, De Nieuwe Taalgids, Die Nuwe Brandwag, Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring, Die Ruiter, Die Banier en Koers. Samesteller[wysig | wysig bron] Saam met professor T.H. le Roux stel hy die bloemlesing Uit die poësie van die Nederlandse goue eeu saam, en saam met T.T. Cloete versorg hy die soortgelyke bloemlesing uit die Nederlandse poësie, Van Bilderdijk tot Gorter. Vertalings van hom sluit in die oud-Noorse Die Saga van Grettir die Sterke, Die sterwende aarde uit die Frans van René Bazin en Verhale uit die Frans van Guy de Maupassant, terwyl sy vertaling van De Maupassant se Pierrot in Tydskrif vir Letterkunde van Desember 1954 verskyn. Saam met T.H. le Roux is hy redakteur van die reeks Uit die Dietse boord (uitgawes van Nederlandse verhale) en hy versorg verskeie van die werke in hierdie reeks van ’n inleiding en verklarende aantekeninge. Eerbewyse[wysig | wysig bron] By geleentheid van sy sestigste verjaarsdag in 1957 word die huldigingsbundel Beskouings oor poësie,[4] met essays deur kollegas en ander prominente skrywers en literatore, aan hom oorhandig. Die Universiteit van Pretoria asook die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys ken in 1969 eredoktorsgrade (D.Litt. (honoris causa) in die Lettere en Wysbegeerte aan hom toe. In 1969 word erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken. Hy is die enigste literator vir wie die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein ’n kamer inrig, waar van sy persoonlike besittings en memorabilia uitgestal word. Publikasies[wysig | wysig bron] Algemeen[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1926 | Die invloed van Keats en Shelley in Nederland gedurende die negentiende eeu | 1933 | Die impressionisme in die Nederlandse letterkunde | 1934 | Afrikaanse Literatuurgeskiedenis Causerie en kritiek | 1938 | Die Afrikaanse Psalmberyming | 1950 | Van Deyssel as skilder | 1964 | Oordeel en besinning | Vertalings[wysig | wysig bron] Jaar | Vertaling | ---|---| 1931 | Die Saga van Grettir die Sterke | 1948 | Die sterwende aarde – René Bazin | 1954 | Verhale – Guy de Maupassant | Verwysings[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk. Derde hersiene uitgawe. Tweede druk, 1964. - Antonissen, Rob. Kern en tooi. Nasou Beperk. Eerste uitgawe. Eerste druk. Elsiesrivier, 1963. - Antonissen, Rob. Verkenning en kritiek. H.A.U.M. Pretoria. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1979. - Cloete, T.T. (red.) Die Afrikaanse literatuur sedert sestig. Nasou Beperk. Eerste uitgawe, 1980. - Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk. Kaapstad. Elfde druk, 1970. - Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk. Vyfde uitgawe. Eerste druk, 1988. - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica. Pretoria en Kaapstad. Tweede druk, 1984. - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica. Pretoria, Kaapstad en Johannesburg. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1983. - Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 2005. - Louw, N.P. van Wyk. Weegskaal. Human & Rousseau. Kaapstad, Pretoria en Johannesburg. Eerste uitgawe, 1982. - Nasionale Pers Beperk. Ons skrywers en hul werke: ’n Plate-album. Nasionale Pers Bpk. Kaapstad, 1936. - Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Tweede hersiene uitgawe, 1963. - Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Derde hersiene uitgawe, 1969. - Opperman, D.J. Digters van Dertig. Nasou Beperk. Kaapstad. Eerste druk, 1953. - Schoonees, P.C. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad, 1939 (derde druk). Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron] - Dekker, Leendert. Bibliografie prof. Dr. Gerrit Dekker Deel I. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 17 no. 1, April 1977. - Van Aardt, C.P. Toon van den Heever en G. Dekker. Standpunte. Nuwe reeks 111, Februarie 1974. - Vogel, Rialette. G. Dekker as kritikus. Standpunte. Nuwe reeks 30, Augustus 1960. Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron] - Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Dekker, prof. dr. Gerrit. Biografie. Ander verwysings[wysig | wysig bron] - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Dekker,_Gerrit - Anoniem. Bekende geleerde sterf na operasie. Die Nuus, 13 April 1973. - Antonissen, Rob. Verkenning en kritiek. H.A.U.M. Pretoria. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1979. - Antonissen, Rob. Kern en tooi. Nasou Beperk. Eerste uitgawe. Eerste druk. Elsiesrivier, 1963.
<urn:uuid:1fa972ea-4498-40ef-9630-737a0a72a83a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gerrit_Dekker
2019-07-17T00:51:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00032.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999932
false
Desimale graad Die desimale graad, gradiaan of gon is 'n hoekmetingseenheid waarin die hoek van 'n volle sirkel 400 gradiaan is. 'n Regtehoek is dus 100 gradiane. Die gon of gradiaan word in 100 desimale minute verdeel wat weer elkeen in 100 desimale sekondes verdeel word. Die woord gon is afkomstig van die Griekse woord gonia wat hoek beteken. Hoeke in gon word soms aangedui met 'n g boskrif, die regte hoek is byvoorbeeld 100g Die potensiële voordeel van die gon in navigasie is dat aangesien die afstand van die pole na die ewenaar van die aarde ongeveer 10 000 km is, 1 km op die oppervlak van die aarde een centigon of desimale minuut onderspan by die middel van die aarde. Die gon word egter selde gebruik en gewoonlik hoofsaaklik in aardmeetkunde.[1] Geskiedenis[wysig | wysig bron] Tydens die metrisering wat in die 1790's in Frankryk begin het is daar gesoek na 'n presiese grademeting. Die Peru-Lapland-Metings van 1735-1740 wat ter wille van die definisie van 'n lengtemaat wat presies 10 000 000 Meter van die ewenaar tot die pool sou lewer het nie die gewenste resultaat gelewer nie; hoewel dit die afplatting van die aarde by die pole bewys het. Jacques Cassini en Jean Dominique Comte de Cassini het in ongeveer 1793 die Nouvelle Triangulation de la France deurgevoer en die eerste oermeter is in 1795 as die tienmiljoenste deel van 'n aardmeridiaankwadrant gedefinieer. Ter selfde tyd is 'n nuwe graderooster (Duits: Gradnetz) ontwikkel sodat 'n volhoek bestaan het uit 400 eenhede van die grade nouvelle (nuwe graad), wat in Duits as Neugrad bekend gestaan het) met 'n eenheid ( 1gr) wat by die ewenaar presies 100 kilometer sou meet. Die aanduiding as nuwe graad is gebruik om dit te onderskei van die graad wat van toe af ougraad genoem is. In Frans staan die gon ook as grade bekend en in Engels as grad. Dié terme veroorsaak egter verwarring baie tale, soos Afrikaans, waar dit nie van die graad onderskei kan word nie. Die ISO 31-1 standaardnaam gon verwyder die verwarring en maak die ougraad en nuwegraad benamings oorbodig. Vir 'n tydlank is daar gepoog om die gon as 'n algemene hoekmaat in tegnologie te vestig. Die voordele van die desimale kwadrante was egter nie van veel belang in ander velde nie en die planne is nie deurgevoer nie. Die gon word vandag selde gebruik en gewoonlik hoofsaaklik in aardmeetkunde.[1] Verwysings[wysig | wysig bron] - Bureau International des Poids et Mesures, The International System of Units (SI), bladsy 124, afgelaai op 1 Maart 2008
<urn:uuid:d4397b7d-04eb-4743-9f27-3bb640c98685>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Desimale_grade
2019-07-18T05:35:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00192.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
Helene de Villiers Helene de Villiers | | Naam | Helene Oostuysen | ---|---| Geboorte | 31 Augustus 1921 Brakpan, Transvaal | Beroep | Vertaler | Alma Mater | Universiteit van Stellenbosch Universiteit van Genève Universiteit van Zürich | Bekendste werke | Sprokies uit Pondoland | Eggenoot/eggenote | Jan de Villiers | Helene de Villiers (*30 Augustus 1921, Brakpan) is bekend as vertaler en kenner op die gebied van kinderverhale, spesifiek sprokies. Sy het nie net inheemse sprokies aangeteken en oorvertel nie, sy het ook verskeie wêreldbekende sprokies in Afrikaans vertaal. Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Helene Oosthuysen is op 30 Augustus 1921 te Brakpan gebore. Toe sy elf jaar oud is, word haar vader ’n sendeling in die platteland van die Transkei, met Umtata die naaste dorp. Sy matrikuleer aan die Oranje Meisieskool in Bloemfontein. Vanaf 1939 studeer sy verder in Antropologie en Engels aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal ’n Sekondêre Onderwysdiploma en dan die M.A.-graad in Engels met ’n vergelykende studie oor die verhale van Grimm en die verhale van die Xhosas.[1] In haar studiejare dien sy op die Studenteraad en is ook die heel eerste vroulike redakteur van die studentetydskrif Stellenbosse Student.[2]Vir verdere studie gaan sy oorsee na die Universiteite van Genève en Zürich in Switserland. Sy trou met Jan de Villiers wat professor is aan die Teologiese Kweekskool in Stellenbosch en die egpaar het vier kinders. Op ’n deeltydse basis is sy lektrise in poësie by die Kaapse Euritmiekskool. Haar man is op 10 Mei 2009 oorlede. Sy woon in Azaleahof in Stellenbosch.[1][3] Skryfwerk[wysig | wysig bron] Sy verwerk en vertel sprokies in Afrikaans, waaronder “Sprokies uit Pondoland”, “Johannes die Koningseun”, wat sprokies uit Rusland bevat, en “Die sprokiesboom en ander verhale uit Midde-Afrika”. Hennie Aucamp neem “’n Xhosa-sprokie” op in die streekboek “Op die Stormberge” en “Die meisie wat net in die maanlig geloop het” in “Wys my waar is Timboektoe”. Verder vertaal sy die “Versamelde Sprokies van Grimm”, “Die leeu, die heks en die hangkas” van C.S. Lewis en “Koning Arthur en sy dapper swaardvegters” van Fritz Habeck in Afrikaans, en sy vertel ook die Bybel vir kinders.[1][3] Publikasies[wysig | wysig bron] - 1947 Sprokies uit Pondoland - 1967 Johannes die Koningseun - 1969 Die Bybel vir ons kinders - 1970 Die Sprokiesboom en ander verhale uit Midde-Afrika[1] Vertalings[wysig | wysig bron] - 1962–1964 Versamelde sprokies van Grimm (6 dele) - 1967 Die leeu, die heks en die hangkas – C.S. Lewis - 1969 Koning Arthur en sy dapper swaardvegters – Fritz Habeck[1] Verwysings[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - HAUM “Stellenbosse Galery” HAUM-Uitgewers Kaapstad en Pretoria 1974
<urn:uuid:547e4474-d5ec-4153-9731-8a843b640aec>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Helene_de_Villiers
2019-07-19T10:33:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00352.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999922
false
Nissan Vanette Tweewieldryf- sowel as vierwieldryfmodelle is geproduseer, met handrat, outomaties, vloer- en kolomskuifopsies wat beskikbaar was. Nadat dit nie meer vir die Japannese mark geproduseer is nie, was dit steeds beskikbaar in ander markte oor die wêreld, bv. Maleisië. Toe produksie finaal gestaak is in 2010, is dit vervang deur die Nissan NV200. Huidige modelle in Europa: Cube · Datsun Go · GT-R · Juke · Leaf · Micra · Murano · Navara · Note · NV200 · NV400 · Pathfinder · Pixo · Primastar · Qashqai · X-Trail | Wysig hierdie sjabloon |
<urn:uuid:de1e3d3b-c111-451b-a07b-cdbdf92a53fe>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Nissan_Vanette
2019-07-23T05:23:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00272.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998932
false
Tweede nywerheidsomwenteling Die Tweede nywerheidsomwenteling, ook bekend as die Tegnologiese omwenteling,[1] was 'n fase van die Nywerheidsomwenteling tussen die middel van die 19de eeu en die Eerste Wêreldoorlog wat deur vinnige ekonomiese groei en tegnologiese vooruitgang gekenmerk is. As tegnologiese uitgangspunt word die invoering van Bessemer-staal in die 1860's beskou, en in die volgende dekades het die tegnologiese vooruitgang sy hoogtepunt met die vroeë elektrifisering van fabrieke, die oorgang tot massavervaardiging en die invoering van produksielyne bereik. Die Tweede nywerheidsomwenteling is deur die massiewe uitbou van spoornetwerke, die begin van grootskaalse yster- en staalvervaardiging, die wye gebruik van masjiene in die vervaardigingsproses, die wye toepassing van stoomkrag in die nywerheids- en vervoerwese, en die begin van elektriese kommunikasie gekenmerk. Die tweede industriële rewolusie het gepaard gegaan met 'n massiewe uitbreiding van die nywerheidsektor en snelle industriële groei in lande soos die Verenigde Koninkryk, Duitsland en die Verenigde State, maar ook in Frankryk, die huidige Benelux-lande en Japan. Dit het op die Eerste Industriële Rewolusie gevolg wat in die laat 18de eeu in die Verenigde Koninkryk begin en later ook Wes-Europa en Noord-Amerika geraak het. Historiese konsep en definisie[wysig | wysig bron] As historiese konsep is die Tweede nywerheidsomwenteling reeds deur Patrick Geddes in sy werk Cities in Evolution ingevoer wat in 1910 gepubliseer is. Maar eers toe David Landes die vakterm in 1966 in een van sy essays en in 1972 ook in sy werk The Unbound Prometheus gebruik het, is dit op 'n wetenskaplike manier gestandaardiseer. Dit word vandag veral met die Amerikaanse geskiedkundige Alfred D. Chandler (1918–2007) verbind wat dit met sy werke bekend gemaak het. Nogtans is daar ook wetenskaplikes wat die wye toepassing van die konsep en term krities beoordeel.[2] Landes beklemtoon die belangrikheid van nuwe tegnologieë, veral elektrisiteit, die binnebrandenjin, nuwe werkstowwe (waaronder legerings en chemikalieë) en kommunikasietegnologieë soos die telegraaf, telefoon en radio. Terwyl die eerste industriële rewolusie sy uitgangspunt in die tekstiel-, yster- en staalbedryf geneem het, het die tweede nywerheidsomwenteling op staalvervaardiging, die spoorwegbedryf, elektrisiteit en die chemiebedryf gebaseer. Vaclav Smill het na die periode tussen 1867 en 1914 as "Die tydperk van sinergie" verwys waartydens die meeste belangrike tegnologiese innovasies ontwikkel is. Anders as gedurende die industriële rewolusie het die uitvindings en vernuwings van hierdie tydperk uit wetenskaplike navorsing en die toepassing van wetenskaplike kennis voortgespruit.[3] Verwysings[wysig | wysig bron] - www.education.com: Stephanie Muntone: Second Industrial Revolution - James Hull: The Second Industrial Revolution. The History of a Concept. In: Storia Della Storiografia, nommer 36, 1999, bl. 81-90 - Vaclav Smil: Creating the Twentieth Century: Technical Innovations of 1867–1914 and Their Lasting Impact. Oxford en New York: Oxford University Press 2005
<urn:uuid:bcc547dc-bfa7-45f0-8b69-b72d2d7e39c6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_nywerheidsomwenteling
2019-07-23T05:14:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00272.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999823
false
Benghazi Jump to navigation Jump to search Benghazi بنغازي (Bengasi) | Uitsig oor Benghazi | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Libië | ---|---| Bevolking (2006-sensus) | | - Dorp | 670 797 | Benghazi (Arabies: بنغازي, Italiaans: Bengasi) is, met sowat 760,000 inwoners, die tweede grootste stad van die Noord-Afrika land Libië. Volgens die 2006-sensus het die stad 'n bevolking van 670 797 gehad.
<urn:uuid:da226b68-6801-419d-b13f-0401f2b08e6f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Benghazi
2019-07-17T00:40:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00056.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.969061
false
Kris Wu Kris Wu | | Geboortenaam | Li Jiaheng (李嘉恒) | ---|---| Geboorte | 6 November 1990 | Nasionaliteit | Kanadees | Beroep(e) | Akteur en skrywer | Aktiewe jare | 2012–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Kris Wu (gebore 6 November 1990) is 'n Kanadese akteur en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Make Your Move (2013), Somewhere Only We Know (2015), Valerian and the City of a Thousand Planets (2017), en xXx: Return of Xander Cage (2017). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2013: Make Your Move - 2015: Somewhere Only We Know - 2015: Mr. Six - 2016: Sweet Sixteen - 2016: L.O.R.D: Legend of Ravaging Dynasties - 2016: So Young 2: So You're Still Here - 2017: Valerian and the City of a Thousand Planets - 2017: xXx: Return of Xander Cage - 2017: Journey to the West: The Demons Strike Back - 2018: Europe Raiders - Blossoms Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1997: Happy Camp - 2008: Day Day Up - 2009: Let's Go Dream Team - 2013: Showtime - 2015: Talking to Hollywood with Betty Zhou - 2015: Challenger's Alliance Video's[wysig | wysig bron] - 2015: Kris Wu: Bad Girl - 2016: Kris Wu: July - 2017: Kris Wu: UjoFan - 2018: The Rap of China
<urn:uuid:9c758b57-4967-40f6-a3df-28661173946c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kris_Wu
2019-07-17T00:45:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00056.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.898704
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:08c94dc7-e46a-4df4-8815-c6b0bce78e00>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/978-0-299-03944-8
2019-07-17T00:40:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00056.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
David Ramsey Jump to navigation Jump to search David Ramsey | | Geboorte | 17 November 1971 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Akteur | Aktiewe jare | 1987–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | David Ramsey (gebore 17 November 1971) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Pay It Forward (2000) en Draft Day (2014), en in die televisiereekse Dexter (2006) en Arrow (2012). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1987: Scared Stiff - 2000: Pay It Forward - 2001: Mr. Bones - 2004: Hair Show - 2005: Resurrection: The J.R. Richard Story - 2014: Draft Day - 2017: Illicit Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1997: The Good News - 2006: Dexter - 2008: Hollywood Residential - 2010: Outlaw - 2012: Arrow Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1999: Mutiny - 2000: Ali: An American Hero - 2002: Romeo Fire - 2003: The Flannerys - 2006: Hello Sister, Goodbye Life Video's[wysig | wysig bron] - 2014: Arrow: How Did They Do That? The Visual Effects of Arrow - 2016: Superhero Fight Club 2.0
<urn:uuid:e207c6d7-e2b7-4fb1-8a87-8e115c7a2db7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/David_Ramsey
2019-07-18T05:16:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00216.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.932739
false
Apollo 5 (ook bekend as missie AS-204) was die eerste onbemande ruimtevaart van die Apollo-maanmodule wat op later vaarte gebruik sou word om op die Maan te land. Apollo 5 is op 22 Januarie 1968 met 'n Saturn IB-vuurpyl gelanseer. Saadjie Hierdie lugvaartartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei. | Voorafgegaan deur Apollo 4 | Apollo-program | Opgevolg deur Apollo 6 |
<urn:uuid:c22a7c2d-8dad-49c7-a9fd-fa309141b114>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Apollo_5
2019-07-21T23:27:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00136.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999938
false
Schalk Burger Teen Samoa in 2007 | ||||| Volle naam | Schalk Willem Petrus Burger | |||| ---|---|---|---|---|---| Bynaam | Schalla | |||| Geboortedatum | 13 April 1983 | |||| Geboorteplek | Port Elizabeth, Suid-Afrika | |||| Lengte | 1,93 m | |||| Gewig | 114 kg | |||| Skool | Paarl Gimnasium | |||| Vername familie | Schalk Burger sr. | |||| Beroep | Professionele rugbyspeler | |||| Rugbyloopbaan | ||||| Loopbaan as speler | ||||| Posisie(s) | Flank, Agsteman | |||| Springbokno. | 754 | |||| Professionele / senior klubs | ||||| Jare | Klub / span | Weds | (pte) | || 2014–2016 2016–2018 | Suntory Sungoliath Saracens | 19 39 | (25) (5) | || korrek soos op 30 Desember 2017. | ||||| Provinsiale- / Staatspanne | ||||| Jare | Klub / span | Weds | (pte) | || 2004- | Westelike Provinsie | 37 | (35) | || korrek soos op 30 Desember 2017. | ||||| Superrugby | ||||| Jare | Klub / span | Weds | (pte) | || 2004- | Stormers | 123 | (50) | || korrek soos op 30 Desember 2017. | ||||| Nasionale span(ne) | ||||| Jare | Land | Weds | (pte) | || 2003 2003- 2004–2013 2005 | Junior Bokke o/21 Suid-Afrika Barbarians Suidelike Halfrond XV | 8 86 4 1 | (20) (80) (0) (5) | || korrek soos op 30 Desember 2017. | Sy vader, ook genaamd Schalk Burger, was 'n internasionale slot wat in die 1980's vir Suid-Afrika gespeel het. Burger het by die Paarl Gimnasium skool gegaan, waar hy suksesvol aan baie sportsoorte deelgeneem het, wat ook krieket ingesluit het. Selfs sy vader het verwag dat hy eerder 'n krieketloopbaan sou volg as wat hy vir die Springbokke sou speel. Nadat hy vir die onder-21 Junior Bokke gespeel het wat die o/21 Rugbywêreldbeker in 2002 gewen het en in 2003 kaptein van die span was, is hy vir die Springbokspan gekies. Hy het sy debuut gemaak teen Georgië in 2003 by die Rugby Wêreldbeker en het sedertdien homself bewys as een van die beste flanke ter wêreld met goeie vertonings in die Super 12, Drie-Nasies en Curriebeker. Burger het vir die Stormers en Westelike Provinsie gespeel. Burger is merkwaardig fiks, en hy word selde gerus tydens die Stormers se Superrugbyveldtogte, Suid-Afrikaanse toetswedstryde of die Curriebeker. Hy speel 'n groot rol onder die voorspelers en word selde voor die eindfluitjie blaas, vervang. Hy het wel gesukkel met geelkaarte en strafskoppe wat van tyd tot tyd teen hom toegeken is. In 2004 is Burger gekies as 'n lid van 'n nuwe Springbokspan onder die nuwe afrigter Jake White, wat voortgegaan het om die Drie-nasies vir die eerste keer sedert Nick Mallett se span dit in 1998 reggekry het te wen. Hy is ook vereer met die Internasionale Rugbyraad se "Speler van die Jaar"-toekenning in 2004 en die 2004 "Absa SA Rugbyspeler van die jaar"-toekenning. Na 'n middelmatige 2006 Super 14-seisoen waarin Burger net nou-en-dan oomblike van briljantheid getoon het sou hy weer in sy gunsteling nommer 6 posisie vir die Springbokke speel in die Drie-Nasiesreeks teen Australië en Nieu-Seeland. Hy het egter 'n nekbesering opgedoen in 'n toets teen Skotland en moes vir die besering geopereer word.[1] Die besering en operasie was so ernstig dat White die media meegedeel het dat daar 'n moontlikheid was dat Burger nie weer rugby sou speel nie.[2] Op die dag van die operasie het die Suid-Afrikaanse Rugbyraad 'n verklaring uitgereik waarin hulle gesê het dat die operasie suksesvol was en dat Burger ses tot agt maande sou nodig hê om te herstel voor hy weer rugby kon speel.[3] Burger het na die Stormers teruggekeer op 13 Januarie 2007 waar hy 55 minute lank gespeel het in 'n wedstryd wat die Stormers teen die Bulls verloor het. Na 'n swakkerige begin het Burger die Stormers gehelp om hulle eerste Super 14 oorwinning te behaal teen die Chiefs in 'n taai 21–16 oorwinning op Nuweland. Hy is gekies vir die Springbokke se 2007 Rugbywêreldbekerspan. In die Springbokke se eerste wedstryd in die 2007 Wêreldbeker teen Samoa, is Burger aangekla van 'n hoogvat op Junior Polu, en op 11 September is hy vir vier wedstryde geskors wat hom uit die span sou hou tot in die halfeindstryd. Die skorsing is egter op apel verkort na twee wedstryde.[4] Verwysings[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Schalk Burger by SARugby.co.za - Schalk Burger by www.genslin.us/bokke - Schalk Burger by itsrugby.co.uk Voorafgegaan deur Jean de Villiers | Springbokkaptein 2015 | Opgevolg deur Fourie du Preez |
<urn:uuid:0d68bd8c-7c30-4d99-b832-fa23caf47d2f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Schalk_Burger
2019-07-21T23:32:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00136.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999987
false
Tasmaniese duiwel Die Tasmaniese duiwel (Sarcophilus harrisii) is 'n karnivoriese buideldier wat in die natuur in Tasmanië, 'n eilandstaat van Australië, voorkom. Dit is die enigste oorgeblewe lid van die genus Sarcophilus en is so groot soos 'n klein hond, dog stewig gebou. Sedert die uitsterwing van die buidelwolf in 1936 is die Tasmaniese duiwel die grootste karnivoriese buideldier in die wêreld. Die dier word gekenmerk aan sy swart pels, onaangename reuk wanneer gespanne, uiters harde skreeu en verwoede vreetsessies. Tasmaniese duiwels jag hulle eie prooi, maar is ook 'n aasdier. Alhoewel dit hoofsaaklik 'n alleenlopende dier is, sal hy soms ook saam met ander duiwels vreet. Tasmaniese duiwel | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| 'n Mannetjiesduiwel | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Sarcophilus harrisii (Boitard, 1841) | Tasmaniese duiwels is reeds 400 jaar voor die Europese setlaars se aankoms in Australië op dié kontinent uitgeroei. Op die eiland Tasmanië is hulle tot 1941 gejag, as 'n bedreiging vir vee, maar is toe tot 'n beskermde spesie verklaar. Die diere worstel sedert laat in die 1990's met 'n gesigsgewas wat hulle getalle só verminder het dat die Australiese regering hulle in Mei 2008 tot 'n bedreigde spesie verklaar het. VerwysingsWysig - Hawkins, C.E., McCallum, H., Mooney, N., Jones, M. & Holdsworth, M. (2008). Sarcophilus harrisii. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 12 Oktober 2008. Gelys as "bedreigd"(EN A2be+3e v3.1)
<urn:uuid:bb693bdb-fe84-437f-b482-869ccf868082>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Tasmaniese_duiwel
2019-07-15T18:56:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00480.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999816
false
Boesmanland (bantoestan) Boesmanland was 'n vorige tuisland (Bantoestan) in die noordooste van Suidwes-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 23 927 vierkante kilometer beslaan. Die hoofstad was Tsumkwe. Die tuisland was geskep vir die Sanprekende mense te huisves en in 1964 het dit meer as 12 000 inwoners gehad. Die tuisland was nooit volledig onafhanklik nie. Volgens die voorbereiding van die Namibiese onafhanklikheid van Suid-Afrika, is die tuisland by Suidwes-Afrika heringedeel, en wel as deel van Otjozondjoepa.
<urn:uuid:af629424-1584-4500-83c3-98375be47e7a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Boesmanland_(bantoestan)
2019-07-18T04:38:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00240.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999493
false
Gevlekte speg Die Gevlekte speg (Campethera cailliautii) is 'n skaars tot algemene standvoël van woudrand, rivierbos, breëblaarboomveld en ruigtes. Die voël is 15 – 18 cm groot en weeg 35 - 46 gram. In Engels staan die voël bekend as die Green-backed Woodpecker. Gevlekte speg | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Campethera cailliautii (Malherbe, 1849) | Sien ookWysig BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Campethera cailliautii". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:b466b41f-21b9-4d6b-93f5-741936aca47a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gevlekte_speg
2019-07-18T04:54:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00240.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984683
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Sri Jayawardenepura (wysig) Wysiging soos op 12:02, 22 Julie 2010 67 grepe bygevoeg , 8 jaar gelede k robot Bygevoeg: hi:श्री जयवर्धनेपुरा कोट [[fr:Sri Jayawardenapura]] [[gd:Sri Jayawardenapura]] [[hi:श्री जयवर्धनेपुरा कोट]] [[hif:Sri Jayawardenapura-Kotte]] [[hr:Sri Jayawardenepura Kotte]] Luckas-bot Robotte 44 460 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/652125 "
<urn:uuid:40f124c7-1502-4364-b3ef-229cf07ff353>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/652125
2019-07-18T05:09:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00240.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.876303
false
Hulp Bladsye wat na "Wikipedia:Uitgebreide beeldsintaks" skakel ← Wikipedia:Uitgebreide beeldsintaks Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Wikipedia:Uitgebreide beeldsintaks : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Wikipedia:Redigeringsinstruksies ( ← skakels wysig ) MediaWiki:Uploadtext ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Hulp ( ← skakels wysig ) Sjabloon:All system messages ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Geselshoekie/Argief2007 ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Beelde ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Gebruik van beelde ( ← skakels wysig ) Bespreking:Johann Heinrich Lutz ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Leviel/Sandput ( ← skakels wysig ) Wikipediabespreking:Hulp ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Anrie/Effektiewe tekste kontrolelys ( ← skakels wysig ) Gebruikerbespreking:Adriaan/Argief 2008 08 13 ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Anrie/Bydraes ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/General ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Wikipedia:Uitgebreide_beeldsintaks " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Projekblad Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:2f2a952c-decf-4f25-af2f-7bcec052b8d8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Wikipedia:Uitgebreide_beeldsintaks
2019-07-19T10:45:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00400.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991571
false
Nishapur Jump to navigation Jump to search Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Iran | Provinsie | Razavi Khorasan | Koördinate | | Stigting | 3de eeu | Oppervlakte: | | - Totaal | vk km | Hoogte bo seevlak | 1 250 m | Bevolking: | | - Totaal (2006) | 205 972 | - Bevolkingsdigtheid | /vk km | Tydsone | IRST / UTC +3:30 | - Somertyd | IRDT / UTC +4:30 | Burgemeester | | Amptelike webwerf | Nishapor of Nishapur (Persies ook Neyshabur,نیشابور) is 'n stad in die provinsie Khorasan (Noordoos-Iran) met meer as 200 000 inwoners.
<urn:uuid:a4c04c4d-4c91-47ec-8feb-a58918d9f19d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Nishapur
2019-07-20T18:54:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00000.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.864079
false
29 Januarie 2017 Pinelands Prediker: Dr Tiana Bosman Eendag lank, lank gelede het die mense aan die einde van die week ontspan en rondom die braaivleisvure dikwels die afgelope week se lot by mekaar bekla, gemurmer oor die daaglikse geswoeg en gesweet wat nooit tot ‘n einde kom nie. ‘n Priester is ook genooi en kla nog harder as die res – “Julle dink julle werk hard. My week kom nooit tot ‘n einde nie, want ek moet nog voorberei vir môre se diens!” ‘n Student wil sy rabbi beïndruk en gooi ‘n bietjie Skrif in die gesprek in: “Die Prediker berei ons mos hierop voor – ‘alles kom tot niks, alles kom tot niks…’” Een van die oudstes om die vuur maak keelskoon en vertel die volgende legende wat uit Mesopotamië kom, die streek wat hier aan die weste van hulle lê (Sumerië, Akkadië, Assirië, Babilonië): “Aan die begin was daar net gode en godinne op die aarde gewees. Hulle moes die lande bewerk, water aanlê na leidamme, gereeld onkruid uittrek, swoeg en sweet om ‘n bestaan te voer. Hulle het mettertyd begin murmer en mor oor hul alewige werkery en onderling gepraat oor wat hulle te doen staan. Hulle gaan soek toe advies by die god Enki, die Sumeriese skeppergod wat besig was om te slaap in sy onderwatertuiste. Enki stel voor dat hy skepsels – mense – sal maak met die doel om die gode te dien en die harde arbeid oor te neem. Dan sou die lewensgehalte van die gode en godinne aansienlik verbeter. Enki neem toe klei uit die omgewing van sy onderwatertuiste, maak mensefigure daarvan, en blaas lewensasem in elke figuur, maar hy het die lengte van die mense se lewens beperk. Net die gode sou vir ewig lewe. Die mense is onmiddellik in die werk gesteek. As die gode se dienaars moes hulle die lande bewerk, watervore aanlê en kos vir die gode voorberei en bedien. Met hulle harde werk het hulle lewe na die land gebring, en die gode en godinne, wat lewe aan die mense gegee het, was gelukkig.” Na afloop van die storie is daar ‘n lang stilte om die vuur. Eindelaas sê een van die manne moedeloos: “Ons het so gehoop dat ons God, Yahweh, anders sou wees as die ander volke se gode, anders as Enki en Baäl en Astarte en noem maar op. Maar op die ou-end is hulle almal dieselfde. Alle mense is slawe van hul eie god/gode. Moses het gesê dat God ons sal red uit die mag en slawe-arbeid van die Egiptenare, maar kyk net waardeur het Hy ons alles gesit, kyk hoe het Hy ons deur die eeue afgesloof. Ons is nie vry nie, ons onderdrukker se naam het verander. Hy help ons nie eens meer om ons eie land te behou nie – die Mesopotamiërs is besig om ons van alle kante af in te val en oor te neem!” Die aand kan die profeet Miga nie slaap nie. Hy rol rond in sy bed en dink na oor die gesprek rondom die vuur. In sy geestesoog sien hy ‘n hofgeding en die twee partye wat teenoor mekaar staan is ewe bekend aan hom: In die beskuldigde bank sit sy volk Israel, en die aanklaër is niemand anders nie as Yahweh. Yahweh het ‘n appeltjie te skil met sy volk. Die Engelse “a bone to pick” klink eintlik soveel beter. Die berge en die heuwels word as getuies opgeroep because they have seen it all – hulle is getuies van die verhouding tussen God en sy volk deur die eeue heen. 6:1 Luister asseblief wat die Hére sê: “Staan op, stel jou saak vir die berge, laat die heuwels jou stem hoor.” 2 Luister, berge, na die saak van die Here, en die onverganklike fondamente van die aarde; want die Here het ‘n saak teen sy volk, en teen Israel sal Hy in ‘n strydgesprek tree. God: 3 “My volk, wat het Ek aan jou gedoen? En hoe het Ek jou moeg gemaak? Antwoord vir My! 4 Het Ek jou dan nie uitgebring vanuit die land van Egipte nie; het Ek jou dan nie vanuit die huis van slawe verlos nie? Ek het vir Moses en Aäron en Miriam voor jou uit gestuur. 5 My volk, onthou asb wat Balak, koning van Moab, beplan het (sy bose planne), en wat Bileam, seun van Beor, hom geantwoord het. Vanaf Sittim na Gilgal, dit alles sodat julle die geregtigheid van die Here sal ken!” Ons hele geskiedenis getuig van my bemoeienis met julle! Hoe kan julle My beskuldig? Hoe kan julle My vergelyk met die heidense heersers en afgode? As reaksie op God se moedelose kreet lyk dit dan asof die volk tot insig kom, besef dat hulle nie die historiese feite van God se heilsdade kan betwis nie, en hulle vra hoe hulle die saak met die Here kan regstel. In daardie tyd, wanneer ‘n onderhorige koning of onderdane na ‘n rebellie teen sy opperheer tot oorgawe gedwing is, moes hy ‘n swaar prys betaal om die vorige verhouding reg te stel. Mens kon iedergeval nie in die teenwoordigheid van die heerser kom sonder ‘n geskenk in jou hand nie. Wat sal dit kos om hulle los te koop, om die boete te betaal sodat hulle nie tronk toe hoef te gaan nie? Die volk: 6 “Met wat sal ek kom staan voor die Here, sal ek myself buig tot die God van die hoogtes? Sal ek kom staan voor Hom met brandoffers, met jaaroud kalwers? 7 Sal die Here gelukkig wees met ‘n duisend ramme, met tienduisende strome van olie? Moet ek Hom gee my eersgeborene vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?” En deur die aanbied van offers word God nogmaals gelyksgestel aan die heidense gode. En word die gedagte versterk dat die volk iets moet gee, iets moet betaal, hoe groter hoe beter, om hulself los te koop uit hul skuld. Miga: 8 “Hy het bekend gemaak vir jou, Mens (Adam), wat goed is. En wat anders is dit wat die Here van jou soek as om te doen wat reg is (bevorder geregtigheid), en om hesed (kindness to people) lief te hê en om nederig (of dalk aandagtig) te loop/wandel met jou God. (Niks anders nie as dit.)” Miga weet dat God, anders as die heidense gode van die OT, nie kyk wat in ons hande is wanneer ons kerk toe kom of in ons kamers voor Hom stil word nie. Hy kyk wat in ons harte is en hoe dit in ons lewens tot uitdrukking kom. God vra nie in die eerste plek besittings en geld nie, Hy vra mense. En dit beteken dat Hy vra dat ons verhoudinge reg moet wees – ter wille van onsself en ons eie lewensvreugde en moontlikhede, ook ter wille van ons medemense. Daarom, wanneer die volk moedeloos wil weet “wat sal ons dan saamvat na die Here toe?,” dan lees ons in vers 8: “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is.” Dws “Jy weet alte goed wat vir My belangrik is. Julle is verhoudingswesens. Leef so dat jou verhoudinge gesond is.” - Bevorder geregtigheid. Dit beteken om in te tree vir diegene wat te na gekom word, om op te staan vir die waarop neergesien word. Jy mag net afkyk op iemand anders as jy besig is om hom/haar op te trek. Die Amerikaanse filosoof en politieke aktivis Cornel West: “Never forget that justice is what love looks like in public.” - Wees lief vir hesed, die liefde wat nie grense stel nie, ‘n liefde wat nie van mense (ontvangers) gevangenes of slawe maak nie, maar wat hul vry maak, ‘n liefde wat die beeld van God uitstraal, maar ook in ander na vore bring. Die Engelse woord “kindness” (the quality of being gentle and considerate, of caring for others; synonyms: kind-hearted, warm-hearted, tender-hearted). Dalai Lama: “My religion is very simple. My religion is Kindness.” - Wandel>lewe in nederigheid (en aandagtig) saam met jou God. Die afgelope naweek het die braaivleisvure weer hoog gebrand. Rondom die meeste daarvan is daar geen woord oor die gode, God of godsdiens gerep nie. Maar by sommige het die gesprek tog in daardie rigting geloop. Sommige NG predikante in die Wes-Kaap sou vir hulle vriende vertel van die brief uit die moderatuur wat ons die week ontvang het: “Die moderatuur van die Sinode van Wes-Kaapland versoek alle gemeentes in die sinodale gebied om Sondag 5 Februarie as ‘n dag van verootmoediging in te rig – met spesifieke verwysing na die buitengewone toestande in die natuur. Die versoek is om in al die gemeentes te bid vir reën in die droogte geteisterde dele van ons land, maar terselfdertyd ook die Here te dank vir die wyd verspreide reëns wat onlangs op verskeie plekke geval en selfs droogtes gebreek het. Verder word ook gevra dat gebid word vir die brandgeteisterde dele van ons streek, asook dele waar die brandrisiko hoog is.” Ander sou dalk inhardloop en Ivor Price se artikel in Vrydag (27 Jan 2017) se Burger gaan haal om voor te lees: Opskrif: Kom kerk toe, bring net jou bankkaart: “As ’n predikantskind was ek nog altyd gefassineer deur die sielkunde agter die kollektebord in Sondageredienste. Vroeër jare, toe ek meer gereeld op die kerkbanke was, kon ek my verkyk aan al die mense wat bereid is om hul laaste vir die kerk te gee – hoopvol dat die poorte van die hemel ook eendag vir hulle oopgemaak sal word. In my grootwordkerk was die gebruik dat gemeentelede vorentoe loop om hul offerande in die kollektebord te gaan gooi. Dit was meestal ’n gewyde oomblik, óf uit dankbaarheid vir al die seëninge wat reeds ontvang is óf in smeking en gebed dat daar uitkoms vir ’n benarde finansiële posisie sou wees. Diegene wat niks gehad het om te gee nie, het maar aardig in die banke bly sit terwyl die res een vir een vorentoe geloop het om hul offerande te bring. ’n Keer of wat was dit my werk om die kollektebord vas te hou, en toe kon ek sien hoe die rykes dikwels ’n paar muntstukke in die bord gooi terwyl dié wat ’n sukkelbestaan voer, selde gehuiwer het om ’n volle tiende na die voorraadkamers te bring. Onlangs beland ek vir ’n doopplegtigheid in ’n megakerk in Johannesburg. Dis so anders as die kerke uit my kinderjare; so ongelooflik groot, en die erediens is so perfek uitgevoer dat dit netsowel ’n pryswenner-teaterproduksie kon wees. Die diens is in nie minder nie as drie tale gehou. Al die gesange en lofliedere se woorde is op ’n PowerPoint-skerm vertoon, en rondom my het mense sommer die skriflesing op hul selfone “ge-Google”. Ek’s so tipies Kraaifontein, het ek stilletjies vir myself gelag. Ook niks gewoond nie, nè? Dis egter met die offerandes dat my mond oopgehang het. ’n Kollektesakkie – so ontwerp dat nie eens ’n vinger daarin kan glip nie – is sommer so in die banke rondgeskuif, en verreweg die meeste mense het sommer van die kaartmasjiene gebruik gemaak. Terwyl die koor sing, is dié masjien van mens tot mens en bankkaart tot bankkaart rondgeskuif. Elkeen het sy eie bedrag en pin-kode ingetik, biddend dat hul geldsake, ondernemings, gesinsverhoudinge en gesondheid geseën sal word. Is dit nou hoe ’n mens ’n megakerk bou? het ek agterna gedink. Waar lidmate en besoekers tipies net ’n paar rand (of, as die nood druk, ’n paar muntstukke!) in die kollektebord sou gooi, het die meeste nou ’n bietjie meer gegee. Van hulle het letterlik die beste uit hul oes gegee, wagtend op die Bybelse belofte dat hul skure oorvol sal wees. Self het ek nie ’n probleem met die opneem van ’n kollekte nie. Ek besef maar al te goed dat ’n kerk sekere verpligtinge het wat nagekom moet word. Die ironie is egter dat die kerk hom daarop roem dat almal welkom is. Toegang is dus gratis, maar jy beter jou bankkaart saambring want ’n kollekte word opgeneem.” Iets ontbreek vir my in die versoek van die moderatuur. Ongedurigheid toe ek dit lees. Hoe belangrik die natuur ook al is, kan ons mos nie net dae van verootmoediging uitroep wanneer reën, droogte en brande die land verdrink, verdroog of verteer nie?! Waar was die dag van verootmoediging na die afgelope Buitengewone Algemene Sinode toe ons as kerk daarin misluk het om in kindness die hand uit te reik na die kroon van God se skepping, na mense wat na sy beeld geskep is en na wie toe ons die geleentheid gehad het om die hand uit te steek en hulle in te trek, maar toe het die kerk gekies om eerder daardie hand te gebruik om klappe uit te deel… Hoe kan ons offers van verootmoediging bring as ons nalaat om geregtigheid te bevorder en liefde uit te leef? God soek nie offers nie. Hy soek nie mense wat neerbuig as hulle nie ook bereid is om saam te loop nie. Net so soek God nie ‘n gemeente waar die dienste so ingerig word dat mense in die verleentheid gestel word as hulle nie ‘n geldelike offer in hulle sak het nie. God en sy guns is nie te koop nie. Nie eens teen die hoogste prys nie. Nou wat is dit dan wat Hy van ons wil hê!?! Mens, Hy het vir jou bekend gemaak wat goed is. En wat anders is dit wat die Here van jou soek as om te doen wat reg is (bevorder geregtigheid), en om hesed (kindness to people) lief te hê en om nederig te loop/wandel met jou God. (Nederig sluit in die wete dat jy nie beter is as ander mense nie, ook nie beter is omdat jy anders is as ander mense nie.) Kopiereg: Hierdie werk deur Dr Tiana Bosman word gelisensieer onder ‘n “Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.5 South Africa License”.
<urn:uuid:7bdbc9d2-099d-49e7-bba1-778d3bfc83cc>
CC-MAIN-2019-30
http://www.pinelandsngkerk.org/2017/01/
2019-07-23T04:53:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00320.warc.gz
by-nc-nd
2.5
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd" ], "in_footer": [ false, false, false, false, false, false, false, false ], "in_head": [ false, false, false, false, false, false, false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "2.5", "2.5", "2.5", "2.5", "2.5", "2.5", "2.5", "2.5" ] }
false
false
Latn
afr
1.000008
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Gekoördineerde Universele Tyd (wysig) Wysiging soos op 04:16, 23 Desember 2009 8 grepe verwyder , 9 jaar gelede k robot Verander: ru:Всемирное координированное время [[pt:Tempo Universal Coordenado]] [[ro:Ora universală coordonată]] [[ru: Универсальное Всемирное координированное время]] [[sah:UTC]] [[scn:UTC]] Dinamik-bot 2 006 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/555262 "
<urn:uuid:215b1ed5-9aad-49ad-9783-6fdda33571f7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/555262
2019-07-18T04:59:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00264.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.912412
false
Twee Wêreldoorloë en Een Wêreldbeker Twee Wêreldoorloë en Een Wêreldbeker (Engelse: Two World Wars and One World Cup) is 'n sokkerlied geskep deur die ondersteuners van die Engelse nasionale sokkerspan. Dit verwys na Engeland se oorwinnings in die wêreldoorloë en die eindstryd van die 1996-sokkerwêreldbeker.[1]
<urn:uuid:cae48ee9-0e00-4009-ab5c-e4f83ffadc43>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Twee_W%C3%AAreldoorlo%C3%AB_en_Een_W%C3%AAreldbeker
2019-07-21T23:00:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00184.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000005
false
Alle openbare logboeke Jump to navigation Jump to search Vertoon 'n samestelling van alle boekstawings van Wikipedia. U kan die resultate vernou deur 'n boekstaaftipe, gebruikersnaam (kas-sensitief) of spesifieke blad (ook kas-sensitief) te kies. (nuutste | oudste) Wys (nuwer 50 | ouer 50) (20 | 50 | 100 | 250 | 500).- 19:55, 15 Julie 2019 PixelVulpix created page Knieë (Stuur aan na Knie) Etikette: Nuwe aanstuur, PHP7 - 11:33, 6 Julie 2019 PixelVulpix created page Saffraankrokus (Stuur aan na Saffraan) Etikette: Nuwe aanstuur, Visuele wysiging: Oorgeskakel, PHP7 - 09:30, 6 Julie 2019 PixelVulpix created page Souse (Stuur aan na Sous) Etikette: Nuwe aanstuur, PHP7 - 09:00, 6 Julie 2019 PixelVulpix created page Jakkalse (Stuur aan na Jakkals) Etikette: Nuwe aanstuur, PHP7 - 07:39, 6 Julie 2019 PixelVulpix created page Beeste (Stuur aan na Bees) Etikette: Nuwe aanstuur, PHP7 - 15:48, 5 Julie 2019 PixelVulpix created page Walvisse (Stuur aan na Walvis) Etikette: Nuwe aanstuur, PHP7 - 15:08, 4 Julie 2019 PixelVulpix created page Krokodille (Stuur aan na Krokodil) Etikette: Nuwe aanstuur, PHP7 - 13:08, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Vere (Stuur aan na Veer (voël)) Etiket: Nuwe aanstuur - 12:24, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Paddas (Stuur aan na Padda) Etiket: Nuwe aanstuur - 10:07, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Eiers (Stuur aan na Eier (biologie)) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:18, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Pynappels (Stuur aan na Pynappel) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:18, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Vampiere (Stuur aan na Vampier) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:17, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Vampiers (Stuur aan na Vampier) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:17, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Berge (Stuur aan na Berg) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:16, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Slange (Stuur aan na Slang) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:14, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Gronde (Stuur aan na Grond) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:13, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Perde (Stuur aan na Perd) Etiket: Nuwe aanstuur - 09:13, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Honde (Stuur aan na Hond) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:44, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Wolvin (Stuur aan na Wolf) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:39, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Baaie (Stuur aan na Landhoofde en baaie) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:38, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Tande (Stuur aan na Tand) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:35, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Breuk (Stuur aan na Gewone breuke) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:31, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Maande (Stuur aan na Maand) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:30, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Reële getalle (Stuur aan na Reële getal) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:29, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Esters (Stuur aan na Ester) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:27, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Wildplase (Stuur aan na Wildplaas) Etiket: Nuwe aanstuur - 08:25, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Neutrons (Stuur aan na Neutron) Etiket: Nuwe aanstuur - 07:41, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Dominees (Stuur aan na Dominee) Etiket: Nuwe aanstuur - 06:55, 5 Maart 2019 PixelVulpix created page Parasiete (Stuur aan na Parasiet) Etiket: Nuwe aanstuur - 21:30, 4 Maart 2019 PixelVulpix created page Virusse (Stuur aan na Virus) Etiket: Nuwe aanstuur - 19:29, 4 Maart 2019 PixelVulpix created page Aalwees (Stuur aan na Aalwyn) Etiket: Nuwe aanstuur - 19:21, 4 Maart 2019 PixelVulpix created page Naglopers (Stuur aan na Nagwolf) Etiket: Nuwe aanstuur - 19:18, 4 Maart 2019 PixelVulpix created page Naguile (Stuur aan na Nagwolf) Etiket: Nuwe aanstuur - 19:15, 4 Maart 2019 PixelVulpix created page Nagwolwe (Stuur aan na Nagwolf) Etiket: Nuwe aanstuur - 13:10, 28 Februarie 2019 PixelVulpix created page Eekhorings (Stuur aan na Eekhoring) Etiket: Nuwe aanstuur - 13:00, 28 Februarie 2019 PixelVulpix created page Dolfyne (Stuur aan na Dolfyn) Etiket: Nuwe aanstuur - 11:25, 28 Februarie 2019 PixelVulpix created page Suurlemoene (Stuur aan na Suurlemoen) Etiket: Nuwe aanstuur - 11:23, 28 Februarie 2019 PixelVulpix created page Lemoene (Stuur aan na Lemoen) Etiket: Nuwe aanstuur - 11:21, 28 Februarie 2019 PixelVulpix created page Kwepers (Stuur aan na Kweper) Etiket: Nuwe aanstuur - 12:21, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Zulu's (Stuur aan na Zulu) Etiket: Nuwe aanstuur - 12:16, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Wildplase (Stuur aan na Wildplaas) Etiket: Nuwe aanstuur - 12:12, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Neutrons (Stuur aan na Neutron) Etiket: Nuwe aanstuur - 11:32, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Molaliteite (Stuur aan na Molaliteit) Etiket: Nuwe aanstuur - 11:30, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Esters (Stuur aan na Ester) Etiket: Nuwe aanstuur - 11:14, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Reële getalle (Stuur aan na Reële getal) Etiket: Nuwe aanstuur - 11:03, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Rasionale getalle (Stuur aan na Rasionale getal) Etiket: Nuwe aanstuur - 10:24, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Kwadrate (Stuur aan na Kwadraat) Etiket: Nuwe aanstuur - 10:20, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Syfers (Stuur aan na Syfer) Etiket: Nuwe aanstuur - 10:17, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Logaritmes (Stuur aan na Logaritme) Etiket: Nuwe aanstuur - 10:06, 25 Februarie 2019 PixelVulpix created page Maande (Stuur aan na Maand) Etiket: Nuwe aanstuur
<urn:uuid:0adc9b91-ea8a-4b53-9423-207bc3a8b3d0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Logboek/PixelVulpix
2019-07-21T23:27:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00184.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.916776
false
26 Julie 2015 Pinelands (Koninkrykstyd) Prediker: Dr Tiana Bosman Die arme koning Dawid, ‘n man van die Here, wat so deur Batseba se tentoonstelling van haar naakte liggaam verlei is dat hy nie anders kon as om by haar te slaap nie. Wat het sy aangevang!? Die uiteinde van haar verleiding was haar man se dood. Ai Batseba. Hoeveel gelowiges is daar nie wat hierdie teks so lees nie? Ek woon eenkeer ‘n bybelstudie by wat deur ‘n man gelei word. Die tema van sy dagstukkie was “Take care,” en die hele stuk gaan daaroor dat hy vrouens waarsku om tog nie so aan te trek dat mans nie ‘n ander opsie het as om hulle te verkrag nie. Moenie noupassende klere dra nie, moenie rompies dra wat bo die knie sit nie, moenie moulose rokke dra nie, want dan soek jy om verkrag te word. Soos Batseba. Sy wou mos in die oopte bad… Dawid was ‘n goeie koning gewees. Tot hiertoe lees ons van sy politieke en militêre suksesse. 2 Sam 8:14-15: “Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het. Dawid was koning oor die hele Israel en hy het sy hele volk met reg en billikheid geregeer.” Maar op ‘n dag het daar ‘n draaipunt gekom en ‘n ander kant van Dawid se karakter het deurgeskemer. Dit was lente en al die manskappe het opgetrek om te gaan oorlog voer. Maar hierdie keer gaan Dawid nie saam nie. Plaas het hy maar gegaan… Op hierdie stadium was Dawid 6 vrouens ryk, 7 as ons vir Mikal bytel, maar die twee se verhouding het erge spanning verduur. Feit is, hy het nie ‘n tekort aan vrouens gehad nie. Maar eendag na sy middagslapie gaan hy uit op die dak van die paleis en hy stap daar rond. Daar anderkant sien hy ‘n vrou bad – sy was waarskynlik ook op haar dak wat laër was, met haar diensmeisies wat haar help om te was nadat haar menstruasiesiklus verby was. Vrouens was tydens hul maandstonde kulties onrein gewees, en hulle moes daarna ‘n reinigingsbad hê. Hierdie tyd van die maand is egter ook ‘n vrou se mees vrugbare tyd, met die grootste kans op swangerskap, en dit is waarskynlik waarom die skrywer hier vir ons noem dat dit haar reiningingsbad was. Om in ‘n binnehof op bo-op jou dak te bad, was ook nie ‘n ongewonde ding om te doen nie. Verál nie in die lig van die feit dat al die mans weg was om te gaan oorlog voer nie. Wel, die keer almal behalwe een… Die vrou was vir Dawid baie mooi, en hy het oor haar laat navraag gedoen, wat vir ons aandui dat hy haar nie vooraf geken het nie. “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.” ‘n Baie uitgebreide bekendstelling. Gewoonlik word ‘n vrou net bekendgestel deur haar te verbind aan haar man, maar hier hoor ons ook wie haar pa was. Dit sê vir ons dat Batseba nie sommer enige vrou was nie, sy was nie van laë stand of ‘n diensmeisie nie, sy kom uit ‘n goeie familie. Nie adellik soos koning Dawid nou is nie, maar nietemin goeie stoffering. Haar man se naam, Urija, beteken “Yahweh is my lig”. Hy was een van Dawid se beste soldate. Dit is insiggewend dat Batseba se naam net een keer genoem word in die verhaal, en dit is wanneer Dawid se amptenare vir hom sê wie die mooi vrou is wat hy gesien het. Van hier af verloor sy haar identiteit en word daar bloot na haar verwys as “die vrou” of “Urija se vrou”. Dat sy haar eie naam het maak nie meer saak nie – Dawid het net haar naam nodig gehad sodat hy die regte vrou kon laat haal. Urija was een van sy soldate, maar Dawid is die een in die magsposisie, en daarom dink hy hy kan vat wat hy wil, al behoort “dit” nie aan hom nie. Hy vat die vrou dan ook en kry klaar met haar – alles in een kort vers (4): Hy het sy amptenare gestuur en hy het haar gevat en sy het gegaan en hy het by haar gelê (geslaap) en sy het teruggegaan huistoe. In 1 Sam 8: 11-18, toe die volk so vir ‘n koning smeek, het Samuel hulle al gewaarsku met die woorde: “Julle koning sal vat wat aan julle behoort – julle dogters, julle lande, julle slawe en slavinne, julle jong manne…” Hierdie werkwoord (לקח) dra binne die konteks die betekenis van magsvergrype. In die verhaal van Dawid se “vat van Batseba” is geen sprake van ‘n aanloop tot die daad nie, geen verhouding tussen hulle wat oor tyd heen ontwikkel het nie, geen liefde nie, slegs maar Dawid se oë wat lus geraak het vir wat hy gesien het. Hy kon of wou homself nie beteuel nie. Hy hoef ook nie te nie, of so het hy klaarblyklik geredeneer, want hy is die koning. Dawid het vir Batseba verkrag, en sy was in geen posisie om hom teë te staan nie. Soos later in die verhaal duidelik word, maar wat Batseba nou alreeds weet, is dat koning Dawid die mag het om oor haar man se lot/lewe te beskik. Wie weet wat sal met Urija gebeur as sy die koning teëgaan? Soos wat dit dikwels is met ‘n persoon wat sy mag misbruik, kry Dawid wat hy wou hê. Maar daar kom ‘n kinkel in die verhaal. Die vrou wat tot nou toe nie ‘n woord gesê het nie, moet verdere vernedering smaak deur vir Dawid te laat weet, dws sy moet deur boodskappers werk om die nuus by hom uit te kry: “Ek is swanger.” Wat ‘n weerlose uitspraak vir ‘n vrou, veral in haar situasie – die konteks waarbinne sy geleef het, en haar man weg op die oorlogsveld. Al waaraan sy kan dink is om vir Dawid te laat weet – hy het haar misbruik en verkrag, maar hy is ook die enigste een wat hierdie situasie kan beredder. Wie weet, dalk is hy eerlik en erken hy wat hy gedoen het. Natuurlik sal daar skande oor hom kom, maar as koning is dit baie onwaarskynlik dat hy ‘n swaar straf sal moet dra. Ander konings en leiers het al met soortgelyke dade weggekom (vandag nog), net omdat hulle magsposisie hulle beskerm het… Waar Dawid die geleentheid het om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat hy aangevang het, maak hy dit nou eerder erger en erger. Hy het ‘n goeie kop op sy skouers en hy besef: As hy net vir Urija vinnig genoeg by sy vrou kan uitkry om by haar te slaap, dan kan die baba wat gebore word deurgaan as Urija se kind. Dawid stuur ‘n boodskap na sy bevelvoerder Joab om vir Urija na hom toe te stuur onder die voorwendsel dat hy by hom wil uitvind hoe dit op die oorlogsfront gaan. Hierna stuur hy vir Urija huistoe om bietjie te gaan rus. In die Hebr sê Dawid vir hom: “Gaan af huistoe en gaan was jou voete.” Nou ja, voete was kan dood eenvoudig voete was beteken, MAAR in die OT konteks was die uitdrukking “om jou voete te was” ook ‘n eufemisme vir seks gewees. So, “Urija, dankie vir die nuus van die front af. Gaan nou maar huistoe en gaan was jou voete, wink wink.” En om seker te maak dat Urija Dawid se groothartigheid verstaan om aan hom ‘n nag saam met sy vrou te gee, stuur hy ‘n geskenk ook agterna. Maar Urija gaan nie huistoe nie. Hy gaan slaap eerder daardie nag saam met die slawe van die koning by die paleisdeur. Want hy is ‘n soldaat wat sy sout werd is. Hy is eerbaar en lojaal. Soldate het tydens oorlogtyd nie seks gehad nie. Dit was een van die regulasies gewees. Vir Urija om af te gaan huistoe en die kat in die donker te knyp, selfs al het Dawid dit in soveel woorde aangemoedig, sou ‘n ernstige oortreding wees – selfs strafbaar indien dit aan die lig kom. En as Dawid se plan gewerk het, sou dit natuurlik aan die lig kom, want hoe anders het die vrou dan swanger geword? Haar man natuurlik! Urija is egter te lojaal aan sy koning en aan sy medesoldate om van hierdie plesiertjie gebruik te maak terwyl hulle ontbering beleef. Toe Dawid hom die volgende dag uitvra waarom hy nie huistoe is nie, kan ons duidelik vanuit Urija se antwoord hoor dat hy Dawid se eufemistiese gebruik van die “voete was” reg verstaan het, want hier antwoord Urija nou op die man af: “Sou ek huistoe gaan om te eet en fees te vier en by my vrou te slaap, terwyl die ark en Israel saam met Juda in hutte woon en my aanvoerder Joab sowel as u soldate in die oop veld kamp opslaan? Dit sal ek beslis nooit doen nie!” Dawid gee nog nie moed op nie. “Bly nog ‘n dag oor jy teruggaan,” sê hy vir Urija. Daai aand maak hy hom dronk in die hoop dat Urija in sy dronkenskap sy vrou tussen die lakens sal gaan opsoek. Maar Urija in sy dronkenskap het steeds ‘n beter karakter as Dawid toe hy sober was, en weereens gaan slaap hy by die slawe. Dawid se brein werk oortyd, en een daad lei na ‘n volgende. Nou is daar vir hom net een oplossing. Smee ‘n komplot met Joab om vir Urija so te stasioneer met die volgende aanval, dat hy in die oorlog sal sterf. Dan is hy dood en almal sal dink dat hy wel in sy wegbreuktyd by sy vrou geslaap het en verantwoordelik is vir haar swangerskap. Sý gaan tog vir niemand die waarheid vertel nie. En Dawid se boodskappers by die paleis weet ook van beter as om hul monde verby te praat. Buitendien, as Urija eers dood is en sy vrou klaar oor hom getreur het, onderneem Dawid, sal hy ‘n baie eerbare ding doen en hy sal met die swanger weduwee trou – net maar nog ‘n vrou op sy kerfstok. Joab was reeds ‘n moordenaar – in 2 Sam 3 het hy vir Abner om persoonlike redes doodgemaak. ‘n Daad waarvoor Dawid vir hom baie kwaad was! En nou daal Dawid tot die vlak van die moordenaar. En Joab is bereid om sy samewerking te gee. Dawid maak van hom ‘n medepligtige want hy is in die skuld by Dawid. Die grootste ironie van alles hier aan die einde van die verhaal is dat Dawid sy brief met die opdrag aan Joab in Urija se hand stop toe hy teruggaan na die oorlogsveld toe. Urija is onwetend die draer van sy eie doodsvonnis. Nadat alles uitgespeel het volgens Dawid se uiteindelike verskriklike plan, het meer as een persoon sy lewe in die proses verloor. Dis gewoonlik so – een persoon se verkeerde besluite en dade het ‘n rippel-effek, wat op die ou-end kan veroorsaak dat baie onskuldige mense skade ly. Toe Urija se vrou (nog steeds gebruik die verteller nie haar naam nie) hoor dat haar man dood is, het sy oor hom getreur – Hebr “geween, geweeklaag, hard geskree oor haar heer”. Hoor net daar – sy het nie vir Urija beskou bloot as haar man (ish), neutrale woord, nie, maar as “haar heer”. Sy het vir hom respek gehad. Sy hét hóm liefgehad, en haar hart het gebreek. Nêrens in die verhaal kies die verteller eksplisiet kant of spreek hy ‘n oordeel uit nie. Tot reg aan die einde. Dan sluit hy hierdie gebeurtenis af met: “Wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here.” Let op – nie wat Dawid en Batseba gedoen het nie, maar wat Dawid gedoen het. Koning Dawid is die skuldige persoon in hierdie verhaal. Twee hoofstukke later herhaal die geskiedenis homself in ‘n ander gedaante. Dawid se seun Amnon verkrag sy halfsuster Tamar. Toe Dawid daarvan hoor was hy woedend, maar hy het niks aan die saak gedoen nie. Hoe kon hy vir Amnon tot verantwoording roep as hy dieselfde sonde gepleeg het? Sy ander seun Absalom was ook woedend en besluit om reg eie hande te neem as sy pa dan nie gaan optree nie. En Absalom vermoor vir Amnon. Sien julle hoe stoomroller een verkeerde daad wat handuitgeruk het omdat Dawid nie die onreg gestop het en verantwoordelikheid wou neem vir sy sonde nie? En nog is dit die einde nie… Waar is God in dit alles? Midde die verhaal van magsvergrype en verkragting lees ons nie een keer die naam van God nie. Daar word nooit na Hom verwys nie. Behalwe in die laaste sin: Dawid het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. In die volgende hfst kom sy sonde op die lappe en word hy tot verantwoording geroep. Maar daarvan lees ons eers volgende Sondag. (Dit is amper soos ‘n riller – op die hoogtepunt van die spanning verskyn daar op die skerm “to be continued…”). Wat ons tot dusver samevattend kan sê: – Persepsies is gevaarlik want dit is meestal verkeerd. Ons sê so maklik: Maar ek het gedink dis so en so…, en dan dink ons die feit dat ons die kat aan die stert beetgehad het, verskoon ons van ons oordele. Vir eeue het baie predikante en gelowiges en kunstenaars en skrywers en rolprentmakers die persepsie gehad dat Batseba die skuldige of ten minste medepligtig was, in die verhaal wat ons vandag gelees het. Dit terwyl sy geen aandeel gehad het daarin nie. As jy in ander se lewens en stories belangstel, sorg dat jy jou storie oor hulle reg agtermekaar het, voordat jy jou eie feite begin opdis. – Magsmisbruik, ook onder goeie, godsvresende mense, is altyd baie gevaarlik. – Ons moet pasop om een verkeerde daad met ‘n volgende verkeerde daad te probeer toesmeer. In ons eie lewens, selfs al het ons gesondig, staan ons áltyd weer voor die keuse: hoe nou vorentoe? Ons het altyd ‘n kans om weer die regte besluite te begin neem, ten spyte daarvan dat dit implikasies vir ons lewens sal hê. Alles wat ons doen het implikasies vir ons en andere se lewens. Sommige besluite se implikasies is net veel erger as ander s’n. Ons word dus opgeroep om verantwoordelikheid te neem vir ons besluite en ons dade, om dit in die oë te kyk en aan te spreek. As ons vandag se verhaal hier ophou lees, dan is dit ‘n tragedie. Dit is in elk geval ‘n tragedie. Daar is geen wenners nie. Dawid dink tans nog hy kom ongeskonde daar uit, maar dit is ook nie waar nie. Waar was God toe dit alles gebeur het? Hoe moet ons sy betrokkenheid of afwesigheid verstaan? Waarom het Hy nie ingegryp nie? Ek weet nie. Ek vra myself hierdie vrae baie dikwels af, en loop myself altyd vas teen ‘n muur sonder antwoorde. Wat ek wel raaksien is dat die mens die vermoë het om besluite te neem en deur te voer wat direk teen God se wil is. Ons eie sondige wil kan die geskiedenis ‘n ander verloop laat neem as wat God sou wou hê. En dikwels meng God nie in nie, Hy keer ons nie, Hy laat ons begaan. Ons is nie marionette wat deur die Meester se toutjies-trek bestuur word nie. Soos William Ernest Henley dig: “I am the master of my fate, the captain of my soul.” En tog die onderliggende troos in die laaste sin: “Wat Dawid gedoen het was verkeerd in die oë van die Here.” Wat beteken: Die Here weet. Hy het gesien. Hy is bewus van die verkeerd en die onreg en die onskuldige lewens wat daaronder gely het. Hy trek Hom dit aan, dit ontroer Hom. Hy roep ons tot verantwoording, maar Hy laat ons nooit gaan nie. Hy verlaat ons nie, maak nie saak wat ons gedoen het nie. Is dit nie dalk meer van ‘n troos om te weet dat die Here ten minste weet van ons sonde en nietemin die pad verder saam met ons stap en op manier ons saggies weer in die regte rigting druk (nudge), as dat Hy glad nie weet nie omdat Hy nie omgee nie… Hy gee soveel om dat Hy Homself vir ons kom gee het. Sy genade is so groot dat ons selfs met moord kan wegkom. Ook Hy het dit aan sy eie lyf gevoel… Twee aangrypende skilderye van Batseba: Rembrandt van Rijn (Hollandse skilder, 17e eeu) en Artemisia Gentileschi (Italiaanse vrou, 17e eeu, sy was self verkrag en het die daad openbaar gemaak sodat die verkragter vervolg kon word – haar dapper optrede was baie ongewoon vir die tyd waarbinne sy geleef het. Haar twee skilderye van Batseba beeld duidelik die weerloosheid op haar gelaat uit.) Kopiereg: Hierdie werk deur Dr Tiana Bosman word gelisensieer onder ‘n “Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.5 South Africa License”.
<urn:uuid:3b8f941b-a20d-4240-9815-b7fed73bb52e>
CC-MAIN-2019-30
http://www.pinelandsngkerk.org/2015/07/
2019-07-23T05:10:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00344.warc.gz
by-nc-nd
2.5
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd" ], "in_footer": [ false, false, false, false ], "in_head": [ false, false, false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "2.5", "2.5", "2.5", "2.5" ] }
false
false
Latn
afr
1.000009
false
Hulp Bladsye wat na "Guppie" skakel ← Guppie Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Guppie : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Alfabetiese lys van visse ( ← skakels wysig ) Geslagsdimorfie ( ← skakels wysig ) Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name ( ← skakels wysig ) Ovovivipariteit ( ← skakels wysig ) Poecilia reticulata (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name ( ← skakels wysig ) Bespreking:Guppie ( ← skakels wysig ) Guppy (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Poeciliidae ( ← skakels wysig ) Otjikotomeer ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Guppie " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:7f5c574e-f60e-4889-bff1-5bf7196e35a9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Guppie
2019-07-23T05:58:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00344.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997737
false
Hulp Bladsye wat na "Wêreldhandelsentrum" skakel ← Wêreldhandelsentrum Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Wêreldhandelsentrum : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 1975 ( ← skakels wysig ) 26 Februarie ( ← skakels wysig ) Verenigde State van Amerika ( ← skakels wysig ) Apartheid ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Februarie ( ← skakels wysig ) Wêreldhandelssentrum (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) 11 September ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/September ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/11 September ( ← skakels wysig ) Santiago Calatrava ( ← skakels wysig ) Wolkekrabber ( ← skakels wysig ) New York Stad ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Februarie ( ← skakels wysig ) Bespreking:Wêreldhandelsentrum ( ← skakels wysig ) World Trade Center (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) September ( ← skakels wysig ) Empire State-gebou ( ← skakels wysig ) Bespreking:Wêreldhandelsentrum ( ← skakels wysig ) Tribune Tower ( ← skakels wysig ) Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika ( ← skakels wysig ) Joan Hambidge ( ← skakels wysig ) Aanvalle op 11 September 2001 ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Wêreldhandelsentrum " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:d513a027-3a05-4e1a-b108-09253f8bd63c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/W%C3%AAreldhandelsentrum
2019-07-23T05:19:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00344.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998899
false
Gemenebes Die term Gemenebes (Engels: Commonwealth) kan verwys ná: - Die Britse Statebond of Gemenebes van Nasies, 'n vrywillige vereniging van onafhanklike, soewereine state, meestal bestaande uit die Verenigde Koninkryk en sy vorige kolonies. - Die Gemenebes van Engeland, die Engelse Republiek tussen 1649 en 1660 onder Oliver Cromwell en Richard Cromwell. Deel van amptelike benamings: - Australië (Gemenebes van Australië) - Deelstate van die Verenigde State van Amerika: Kentucky, Massachusetts, Pennsilvanië en Virginië. - Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika: Noordelike Mariana-eilande, Puerto Rico en die voormalige Gemenebes van die Filippyne. - Die Gemenebes van Onafhanklike State, opvolger van die Sowjetunie. - Die historiese Pools-Litause Gemenebes.
<urn:uuid:78edf236-84fe-4c36-a6c3-79e4a8766b00>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gemenebes
2019-07-15T18:23:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00528.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999413
false
Mens Die moderne mens is ’n primaat van die soogdiergenus Homo, die spesie Homo sapiens en die subspesie Homo sapiens sapiens. Homo sapiens is ’n Latynse frase wat beteken "verstandige mens" of "wyse mens".[1] Mens Tydperk: 0.195–0 m. jaar gelede Middel-Pleistoseen – tans | |||||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Die beeld van ’n man en vrou op die Pioneer-plaat, wat as deel van die Pioneer 11-sending die ruimte ingestuur is. | |||||||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||||||| Mense is die enigste oorblywende lede van die subtribus Hominina, ’n tak van die tribus Hominini wat tot die familie groot ape behoort. Hulle het ’n hoogs ontwikkelde brein wat tot abstrakte denke, taal, selfondersoek en ’n gemeenskapslewe in staat is.[2][3] Hierdie vermoë, tesame met ’n regop postuur wat die boonste ledemate vry laat om voorwerpe te kan manipuleer, het die spesie meer as enige ander in staat gestel om gereedskap te gebruik. Vroeë Hominini – veral die Australopithecina, wie se brein en anatomie in baie opsigte meer ooreenstem met dié van niemenslike voorouer-ape – word minder dikwels "mense" genoem as die Hominini van die genus Homo.[4] Verskeie van laasgenoemde Hominini het vuur gemaak en ’n groot deel van Eurasië beset, en was sowat 315 000 jaar gelede die voorouers van die anatomies moderne Homo sapiens in Afrika.[5][6] Hulle het sowat 50 000 jaar gelede tekens van moderne gedrag begin toon. In verskeie migrasiegolwe het anatomies moderne mense uit Afrika migreer en die grootste deel van die wêreld bevolk.[7] Die verspreiding van mense en hul groot en groeiende getalle het wêreldwyd ’n enorme impak op groot dele van die omgewing en miljoene plaaslike spesies gehad. Voordele wat hierdie evolusionêre sukses verduidelik, sluit in hul groter brein, wat ook probleemoplossing, redenasie, sosialisering en ’n sosiale leërvermoë moontlik gemaak het. Benewens die gereedskap wat hulle gebruik het, is hulle sover bekend die enigste bestaande spesie wat vuur maak en hul kos kook, klere dra en verskeie ander tegnologieë en kuns skep. Mense is besonder goed met die gebruik van simboliese kommunikasiestelsels (soos taal en kuns) om hulself uit te druk en idees uit te ruil, en om hulself in nuttige groepe te organiseer. Hulle skep ingewikkelde sosiale strukture wat uit baie samewerkende en mededingende groepe bestaan, van families tot politieke state. Sosiale interaksie tussen mense het gelei tot die ontstaan van ’n uiters groot verskeidenheid waardes,[8] sosiale norme en rituele, wat saam die grondslag van die menslike gemeenskap vorm. Nuuskierigheid en die begeerte om te verstaan en die omgewing te beïnvloed, en om verskynsels (of gebeure) te verduidelik en manipuleer, was die grondslag vir die ontwikkeling van wetenskap, filosofie, mitologie, godsdiens, antropologie en talle ander kennisterreine. Hoewel die menslike bestaan grootliks bevorder is deur die jag-en-versamel-praktyk in samelewings met noue bande,[9] het al hoe meer menslike bevolkings hulle sowat 10 000 jaar gelede begin vestig, landbou beoefen[10] en diere getem, en so het die beskawing begin ontstaan. Hierdie gemeenskappe het algaande gegroei en oor die wêreld heen regeringsvorme, godsdiens en kultuur gevestig. Dit het mense in streke verenig om state en ryke te stig. Die vinnige ontwikkeling van wetenskaplike en mediese tegnieke in die 19de en 20ste eeu het gelei tot die ontwikkeling van brandstofgedrewe tegnologieë en langer lewens, en dit het veroorsaak dat die menslike bevolking eksponensieel gegroei het. Vandag raam die Verenigde Nasies die wêreldwye menslike bevolking op amper 7,6 miljard.[11] Inhoud Etimologie en definisieWysig Die algemene gebruik van die woord "mens" is vir die enigste oorlewende spesie van die genus Homo, die moderne Homo sapiens wat anatomie en gedrag betref. In wetenskaplike terme het die betekenis van "hominied" en "hominien" in die afgelope dekades verander met die toenemende ontdekking en bestudering van die fossiele voorouers van die moderne mens. Die voorheen duidelike onderskeid tussen mens en aap het vervaag, en dit het gelei tot die begrip dat hominiede verskeie spesies insluit, maar dat Homo en nabye verwante sedert die skeiding van die sjimpansee die enigste hominiene is. Daar is ook ’n onderskeid tussen "anatomies moderne" en "argaïese" mense. Laasgenoemde sluit die vroegste fossiele lede van die spesie in. Die woord "mens" (Nederlands mens, Duits Mensch, Sweeds människa, Deens menneske) is ’n variant van "man" (Duits Mann, Engels man), wat uiteindelik sou teruggaan op ’n Indo-Europese stam *man-: "dink" of *ma-: "meet". Hierdie stam word in Latyn aangetref mens, mentis: "gees, verstand" (vergelyk Engels mind), memoria: "geheue, herinnering", Grieks menos: "gees: "geheue", Sanskrit man-: "dink, gees", Russies mnit' "meen, dink". In Oudindies bestaan ook Manu: "(oer-)mens", moderne Hindi manusha: "mens, man". Van hier af kom die wetenskaplike naam Homo sapiens (Latyn: "verstandige mens" of "wyse mens"). GeskiedenisWysig Evolusie en omvangWysig Die genus Homo het ontwikkel en begin verskil van ander hominiene in Afrika nadat die menslike klade afgesplits het van die sjimpanseelyn van die hominiedtak (groot ape) van die primate. Moderne mense, wat gedefinieer word as die spesie Homo sapiens, of spesifiek die enigste oorlewende subspesie, Homo sapiens sapiens, het mettertyd al die kontinente en groter eilande beset en 125 000 tot 60 000 jaar gelede in Eurasië aangekom,[13][14] sowat 40 000 jaar gelede in Australië en 15 000 jaar gelede in die Amerikas, en tussen die jare 300 en 1280 op afgeleë eilande soos Hawaii, Paaseiland, Madagaskar en Nieu-Seeland.[15][16] Getuienis van molekulêre biologieWysig Die naaste bestaande verwante van die mens is die sjimpansee en gorilla.[17] Met die volgordebepaling van die mens en sjimpansee se genome word tans geraam die ooreenkoms tussen hul DNS is tussen 95% en 99%.[17][18][19] Deur ’n metode genaamd molekulêre klok te gebruik, kan die benaderde tyd bereken word toe twee lyne gesplits het. Die gibbons (familie Hylobatidae) en orang-oetangs (genus Pongo) was die eerste groep wat gesplits het van die lyn wat tot die mens gelei het, daarna die gorillas (genus Gorilla), gevolg deur die sjimpansees (genus Pan). Die splitsing tussen die mens en sjimpansee het sowat 4-8 miljoen jaar gelede plaasgevind tydens die epog bekend as die Mioseen.[20][21] Tydens dié splitsing is chromosoom 2 gevorm van twee ander chromosome, en dit het die mens gelaat met net 23 paar chromosome in vergelyking met die 24 paar van die ander ape.[22][23] Getuienis van die fossielrekordWysig Daar is min fossiele getuienis vir die splitsing tussen die gorilla-, sjimpansee- en hominienlyn.[24][25] Die vroegste fossiele wat na bewering lede van die hominienlyn is, is Sahelanthropus tchadensis van 7 miljoen jaar gelede, Orrorin tugenensis van sowat 5,7 miljoen jaar gelede en Ardipithecus kadabba van sowat 5,6 miljoen jaar gelede. Daar is al gesê elk van hierdie spesies het op twee voete geloop en was voorouers van latere hominiene, maar al dié bewerings word betwis. Dit is ook moontlik dat enigeen van die drie ’n voorouer van ’n ander tak van die Afrika-ape is, of ’n gesamentlike voorouer van hominiene en ander Afrika-ape. Die kwessie is steeds onopgelos. Uit hierdie vroeë spesies het die Australopithecina sowat 4 miljoen jaar gelede gesplits in robuuste en delikate takke,[26] waarvan een (soos Australopithecus garhi, van 2,5 miljoen jaar gelede) waarskynlik ’n direkte voorouer van die genus Homo is.[27] Die vroegste lede van die genus Homo is Homo habilis, wat sowat 2,8 miljoen jaar gelede ontwikkel het.[28] Homo habilis word beskou as die eerste spesie wat volgens getuienis steengereedskap gebruik het. Onlangs, in 2015, is steengereedskap van voor die tyd van Homo habilis egter in Noordwes-Kenia ontdek wat na raming 3,3 miljoen jaar oud is.[29] Homo habilis se brein was omtrent dieselfde grootte as dié van ’n sjimpansee, en hul grootste aanpassing was om op twee voete te leer loop omdat hulle op die grond gewoon het. In die volgende miljoen jaar was daar ’n vergroting van die brein se massa in vergelyking met die liggaamsmassa, en met die aankoms van Homo erectus in die fossielrekord was daar ’n verdubbeling in die grootte van die brein. Homo erectus was die eerste hominienspesie wat Afrika verlaat het, en dié spesie het tussen 1,3 en 1,8 miljoen jaar gelede deur Afrika, Asië en Europa versprei. Een deel van Homo erectus, wat ook soms as ’n aparte spesie, Homo ergaster, geklassifiseer word, het in Afrika agtergebly en in Homo sapiens ontwikkel. Daar word geglo hierdie spesie het die eerste keer vuur en ingewikkelde gereedskap gebruik. Die eerste oorgangsfossiele tussen Homo ergaster/erectus en argaïese mense is uit Afrika, soos Homo rhodesiensis, maar oënskynlike oorgangspesies is ook al in Dmanisi, Georgië, ontdek. Hierdie afstammelinge van Afrika se Homo erectus het van sowat 500 000 jaar gelede af deur Eurasië versprei en in Homo antecessor, Homo heidelbergensis en Homo neanderthalensis ontwikkel. Die eerste fossiele van anatomies moderne mense is uit die Middel-Paleolitikum, sowat 200 000 jaar gelede, soos die Omo-oorblyfsels van Ethiopië en die fossiele van Herto, wat soms geklassifiseer word as Homo sapiens idaltu.[30] Latere fossiele van argaïese Homo sapiens van Skhul in Israel en Suid-Europa begin sowat 90 000 jaar gelede.[31] Anatomiese aanpassingsWysig Menslike evolusie word gekenmerk deur ’n aantal morfologiese, ontwikkelings-, fisiologiese en gedragsveranderings wat plaasgevind het sedert die splitsing tussen mense en sjimpansees. Die belangrikste van hierdie aanpassings is tweevoetigheid, ’n groter brein, verlengde swangerskappe en kinderjare en kleiner geslagsdimorfie. Die verhouding tussen al hierdie veranderings word steeds druk bespreek.[32] Ander belangrike morfologiese veranderings sluit in ’n beter greep, ’n verandering wat die eerste keer by Homo erectus voorgekom het.[33] Tweevoetigheid is die basiese aanpassing van die hominienlyn, en dit word beskou as die belangrikste oorsaak van ’n klomp skeletveranderings wat by alle tweevoetige hominiene voorkom. Die eerste tweevoetige hominien is vermoedelik óf Sahelanthropus[34] óf Orrorin. Ardipithecus, ’n ten volle tweevoetige,[35] het eers later ontstaan. Die kneukellopers, die gorilla en sjimpansee, het min of meer in dieselfde tyd afgesplits, en óf Sahelanthropus óf Orrorin kan die mens se laaste gemeenskaplike voorsaat met dié diere wees. Die vroegste tweevoetiges het eindelik ontwikkel in die Australopithecina en later die genus Homo. Daar is verskeie teorieë vir die ontwikkelingswaarde van tweevoetigheid. Dit is moontlik dat dit ontwikkel het omdat dit die hande vry gelaat het om na kos uit te reik en dit te dra, want dit het bewegingsenergie bespaar omdat dit die spesies toegelaat het om ver te hardloop en te jag, of as ’n strategie om hipertermie te voorkom deur die oppervlak wat direk aan die son blootgestel is, te verklein. Die menslike spesie het ’n veel groter brein ontwikkel as ander primate – so 1 330 cm3 in moderne mense, meer as twee keer dié van ’n sjimpansee of gorilla.[36] Die vergroting van die brein se massa in verhouding tot die liggaamsmassa het begin by Homo habilis, waarvan die brein teen 600 cm3 effens groter was as dié van sjimpansees. Dit het voortgeduur met Homo erectus (800 cm3 tot 1 100 cm3) en ’n maksimum bereik by die Neanderdallers (1 200 cm3 tot 1 900 cm3), selfs groter as dié van Homo sapiens (maar kleiner in verhouding tot die liggaamsmassa).[37] Die patroon van menslike nageboortelike breingroei verskil van dié van ander ape en sorg vir langer tydperke van sosiale leerprosesse en die aanleer van tale by jong mense. Die verskille in struktuur kan egter nog belangriker wees as die verskille in grootte.[38][39][40][41] Die vergroting in volume het verskillende dele van die brein verskillend geraak – die temporale lobbe, wat sentrums vir taalprosessering bevat, het buite verhouding ontwikkel, net so die prefrontale korteks wat te doen het met ingewikkelde besluitneming en die tempering van sosiale gedrag.[36] Die vergoting van die brein se massa in verhouding tot die liggaamsmassa word verbind met ’n groter klem op vleis in die dieet,[42][43] of met die ontwikkeling van kos kook,[44] en daar is voorgestel[45] intelligensie het toegeneem uit reaksie op ’n groter nodigheid om sosiale probleme op te los namate die menslike gemeenskap ingewikkelder geraak het. Die kleiner mate van geslagsdimorfie is veral sigbaar in die kleiner manlike oogtande in vergelyking met ander aapsoorte s’n (behalwe dié van gibbons). Nog ’n belangrike fisiologiese verandering is die afname in sigbare menslike bronstigheid. Mense is die enigste ape by wie die vroue heeljaar vrugbaar is en by wie daar geen spesiale tekens van vrugbaarheid in die liggaam is nie (soos genitale swelling tydens bronstigheid). Daar is egter steeds ’n mate van geslagsdimorfie in die verspreiding van liggaamshare en onderhuidse vet, asook in grootte (mans is sowat 25% groter as vroue). Hierdie veranderinge kan ’n teken wees van groter afparing as ’n moontlike oplossing vir die behoefte aan groter betrokkenheid van ouers vanweë die langer kinderjare van hul kroos. Die opkoms van Homo sapiensWysig Teen die begin van die Laat Steentydperk (50 000 gelede) het volle moderne gedrag ontwikkel, insluitende taal, musiek en ander kultuuraspekte.[46][47] Namate die moderne mens uit Afrika getrek het, het hulle ander hominiede, soos Neanderdallers en die sogenaamde Denisova-hominiene, teengekom. Oor die aard van die wisselwerking tussen vroeë mense en hierdie susterspesies word al lank gedebatteer: Die vraag is of mense hierdie vroeëre spesies vervang het en of hulle genoeg ooreengestem het om te verbaster. In laasgenoemde geval het vroeëre bevolkings dalk bygedra tot die genetiese materiaal van die moderne mens.[48] Onlangse studies van die menslike en Neanderdaller-genome dui op geenoordrag tussen argaïese Homo sapiens en die Neanderdallers en Denisova-hominiene.[49][50][51] In Maart 2016 is resultate gepubliseer wat daarop dui moderne mense het op verskeie geleenthede met hominiene, onder andere Neanderdallers en Denisova-hominiene, gekruisteel.[52] Hierdie migrasie uit Afrika het na raming sowat 70 000 jaar v.C. uit Noordoos-Afrika begin. Huidige getuienis dui daarop daar was net een so ’n migrasie en dat net ’n paar honderd individue betrokke was. Verreweg die meerderheid van mense het in Afrika gebly en by ’n verskeidenheid omgewings aangepas.[53] Die moderne mens het daarna wêreldwyd versprei en vroeëre hominiene vervang – óf deur mededinging óf deur verbastering. Teen 40 000 v.C. het hulle in Eurasië en Oseanië gewoon, en minstens 14 500 jaar gelede in die Amerikas.[54][55] Oorgang tot die beskawingWysig Tot sowat 10 000 jaar gelede was mense jagter-versamelaars. Hulle het geleidelik ’n groot deel van die natuurlike omgewing oorheers. Hulle het oor die algemeen in klein groepe bekend as bandgemeenskappe gewoon, dikwels in grotte. Die uitvinding van landbou het aanleiding gegee tot die Neolitikum-rewolusie, toe toegang tot kosvoorraad gelei het tot die vorming van permanente menslike gemeenskappe, die temming van diere en die gebruik van metaalgereedskap – vir die eerste keer in die geskiedenis. Landbou het handel en samewerking aangemoedig, en het gelei tot komplekser gemeenskappe. Die vroeë gemeenskappe van Mesopotamië, Egipte, Indië, China, die Maja, Griekeland en Rome was van die eerstes van die beskawing.[56][57][58] In die laat Middeleeue en vroeë moderne tyd het rewolusionêre idees en tegnologieë ontstaan. Oor die volgende 500 jaar het verkenningstogte en Europese kolonialisme groot dele van die wêreld onder Europese beheer geplaas, en dit het gelei tot latere onafhanklikheidstryde. Die idee van ’n moderne wêreld wat onderskei kan word van ’n antieke wêreld is geskoei op ’n vinnige vooruitgang in ’n kort tydperk op baie gebiede. Dit het tot nuwe teorieë gelei soos evolusie en psigoanalise, wat die mens se idee van homself verander het. Die Wetenskaplike, Tegnologiese en Nywerheidsrewolusie tot in die 19de eeu het onafhanklike ontdekkings tot gevolg gehad soos beeldtegnologie, vervoerinnovasies soos die motor en vliegtuig, en energie-ontwikkeling soos steenkool en elektrisiteit.[59] Dit gaan hand aan hand met bevolkingsgroei[60] en ’n langer lewensverwagting. Die wêreldbevolking het in die 19de en 20ste eeu talle kere geweldig toegeneem – byna 10% van die 100 miljard mense wat al geleef het, het in die laaste eeu geleef.[61] Met die aanbreek van die inligtingseeu aan die einde van die 20ste eeu het die moderne mens geleef in ’n wêreld wat toenemend geglobaliseer geraak het. In 2010 kon byna 2 miljard mense deur die internet met mekaar kommunikeer,[62] en 3,3 miljard met selfone.[63] Die menslike beskawing het egter ook gelei tot die vernietiging van die omgewing, en besoedeling het grootliks bygedra tot die massuitwissing van ander lewensvorme (die Holoseen-uitwissing),[64] wat in die toekoms verder versnel kan word deur aardverwarming.[65] Habitat en bevolkingWysig Vroeë menslike nedersettings was afhanklik van die nabyheid aan water en, na gelang van die leefstyl, ander natuurlike bronne vir kos soos gebiede met baie diere wat gejag kon word of bewerkbare grond waar gewasse geplant en diere aangehou kon word. Mense het ’n besondere vermoë om hul habitat aan te pas deur middel van tegnologie, met byvoorbeeld besproeiing, stedelike beplanning, bouwerk, vervoer, kosvervaardiging en ontbossing, maar menslike nedersettings bly kwesbaar vir natuurrampe.[66] Doelbewuste habitatsveranderings word gewoonlik aangebring met die oog op materiële rykdom, om ’n aangenamer temperatuur te verseker, die hoeveelheid kos te vermeerder, estetika te verbeter of om toegang tot bronne en ander nedersettings te vergemaklik. Met die toename van grootskaalse handels- en vervoerinfrastrukture het die nabyheid aan sulke bronne onnodig geraak, en op baie plekke is dit nie meer ’n dryfkrag agter die groei of verval van ’n bevolking nie. Danksy tegnologie kan die mens ses van die aarde se sewe kontinente bewoon en by feitlik alle klimate aanpas. Die mens is egter nie eweredig oor die aarde versprei nie; sommige dele is dig bevolk en ander soos Antarktika is feitlik onbewoon.[67][68] In die laaste eeu het die mens Antarktika, onderwateromgewings en die ruimte verken, maar grootskaalse kolonisasie van dié omgewings is nog nie haalbaar nie. Met ’n bevolking van oor die 7 miljard is mense van die volopste van die groot soogdiere. Die meeste mense (61%) woon in Asië. Die ander woon in die Amerikas (14%), Afrika (14%), Europa (11%) en Oseanië (0,5%).[69] Die bewoning van geslote ekologiese stelsels in ongenaakbare omgewings, soos Antarktika en die buitenste ruim, is duur, kort en beperk tot wetenskaplike, nywerheids- of militêre ekpedisies. Die lewe in die ruimte is steeds sporadies, met nie meer as 13 mense op ’n gegewe tydstip in die ruimte nie.[70] Tussen 1969 en 1972 het twee mense op ’n slag vir kort rukkies op die maan deurgebring. Tot dusver het die mens nog geen ander hemelliggaam besoek nie, hoewel daar ’n aaneenlopende menslike teenwoordigheid in die ruimte is sedert die lansering van die aanvanklike bemanning van die Internasionale Ruimtestasie op 31 Oktober 2000.[71] Mensgemaakte voorwerpe het wel al ander hemelliggame besoek.[72][73][74] Sedert 1800 het die wêreldbevolking toegeneem van ’n miljard[75] tot oor die 7 miljard.[76] In 2004 het sowat 2,5 miljard uit 6,3 miljard mense (39,7%) in stedelike gebiede gewoon; in Februarie 2008 het die VN geraam die helfte van die wêreld se bevolking sou teen die einde van die jaar in stede woon.[77] Mense in stede se probleme sluit in verskeie vorme van besoedeling en misdaad,[78] veral in die middestede en voorstedelike krotbuurte. Beide die algehele bevolking en die deel wat in stede woon, sal na verwagting in die komende dekades aansienlik styg.[79] Mense het ’n drastiese invloed op die omgewing. Hulle is aan die bopunt van die voedselketting, en ander diere maak selde op hulle jag.[80] Die mens is waarskynlik die hoofoorsaak van globale klimaatsverandering weens grondontwikkeling, die verbranding van fossielbrandstof en besoedeling.[81] As dit teen die huidige tempo voortduur, word voorspel klimaatsverandering sal in die volgende eeu die helfte van die plant- en dierspesies uitwis.[82][83] BiologieWysig Anatomie en fisiologieWysig Die meeste aspekte van die menslike fisiologie stem ooreen met dié van diere. Die menslike liggaam bestaan uit die bene, torso, arms, nek en kop. ’n Volwasse liggaam het sowat 100 biljoen (1014) selle. Die belangrikste liggaamstelsels is die senuwee-, kardiovaskulêre, asemhaling-, spysvertering-, endokriene, immuun-, bedekking-, limf-, spier-skelet-, voortplanting- en urienstelsel.[84][85] Mense het, nes die meeste ander ape, nie ’n uitwendige stert nie en behoort tot verskeie bloedgroepe, hulle het opponeerbare duime en geslagsdimorfie. Die klein anatomiese verskil tussen die mens en die sjimpansee is eersgenoemde se tweevoetigheid. Een belangrike verskil is dat mense vinniger en akkurater kan gooi as ander diere. Mense is ook van die beste langafstandnaellopers in die diereryk, maar stadiger oor kort afstande.[86][87] Mense se minder digte liggaamshare en produktiewer sweetkliere help hitte-uitputting voorkom terwyl hulle oor langer afstande hardloop.[88] Vanweë tweevoetigheid het vroue nouer geboortekanale. Die bou van die menslike bekken en die tone verskil van ander diere s’n. ’n Gevolg is dat kraming moeiliker en gevaarliker is as by die meeste soogdiere, veral as die groot kop van menslike babas in ag geneem word. Dit beteken die menslike baba moet in die geboortekanaal omdraai, iets wat nie by ander soogdiere voorkom nie, en daarom is die mens die enigste spesie waar die vrou hulp van ander nodig het om die risiko van geboorteskenking te verklein. As deel van ’n evolusieproses word menslike babas minder ontwikkeld en kwesbaarder gebore. Sjimpanseebabas is kognitief meer ontwikkel as mensebabas tot met die ouderdom van ses maande, wanneer die vinnige ontwikkeling van die menslike brein dié van sjimpansees verbysteek. Vroue gaan ook deur ’n menopouse en word onvrugbaar dekades voor die einde van hul leeftyd. Alle ander aapspesies kan tot met hul dood die lewe skenk. Menopouse het waarskynlik ontwikkel omdat dit ’n evolusionêre voordeel vir kinders inhou (’n langer versorgingstyd).[87] Benewens tweevoetigheid verskil mense van sjimpansees hoofsaaklik wat betref reuk, gehoor, die vertering van proteïene, breingrootte en die vermoë om taal te gebruik. Die menslike brein is omtrent drie keer so groot soos dié van sjimpansees. Die menslike brein is ook baie groter in verhouding tot die liggaam en die mens het ’n veel beter ontwikkelde breinskors, met meer neurone. Die mens se vermoëns is merkwaardig in vergelyking met dié van ander ape. Sy vermoë om te praat is uniek onder primate. Mense kan nuwe en ingewikkelde idees vorm en tegnologie ontwikkel, iets wat geen presedent het onder ander organismes op aarde nie.[87] Mans is sowat 172 cm lank en vroue sowat 158 cm. Mense kan in hul middeljare korter word, maar dit gebeur gewoonlik eers op ’n bejaarde ouderdom.[89] Deur die geskiedenis het die mens oor die algemeen langer geword, waarskynlik vanweë beter voeding, gesondheidsorg en lewensomstandighede.[90] Die gemiddelde massa van vroue is 54-64 kg en van mans 70-83 kg.[91][92] Nes met baie ander toestande, word gewig en liggaamstipe beïnvloed deur beide genetika en die omgewing, en verskil dit grootliks tussen individue (soos oorgewig).[93][94] Dit lyk of mense amper geen hare het nie in vergelyking met ander primate; daar is hoofsaaklik hare op die kop, onder die arms en om die geslagsdele. Die gemiddelde mens het egter meer haarsakkies aan sy liggaam as die gemiddelde sjimpansee. Die grootste verskil is dat die mens se hare korter en dunner is en minder pigment bevat, en dit is dus moeiliker om te sien.[95] Die mens het omtrent 2 miljoen sweetkliere wat oor sy hele liggaam versprei is – baie meer as die sjimpansee, wat min sweetkliere het wat hoofsaaklik aan die palm van die hand en aan die voetsole voorkom.[96] Die mens het ’n korter verhemelte en kleiner tande as ander primate. Hulle is die enigste primate wat kort, redelik gelyk slagtande het. Mense se tande sit gewoonlik teenmekaar en gate wat op ’n jong ouderdom ontstaan vanweë tande wat wissel, word gou gevul. Mense verloor algaande hul verstandtande; party mense het geen verstandtande nie vanweë oorerflikheid.[97] GenetikaWysig Soos alle soogdiere, is die mens ’n diploïede, eukariotiese spesie. Elke liggaamsel het twee stelle van 23 chromosome, een stel van elke ouer. Gamete het net een stel chromosome, wat ’n mengsel van die ouerstelle is. Onder die 23 paar chromosome is daar 22 paar outosome (wat oorerflike eienskappe bepaal) en een paar geslagschromosome. Nes ander soogdiere het mense ’n XY-geslagsbepalingstelsel: Vroue het die geslagschromosome XX en mans XY.[98] Die volgorde van een menslike genoom is in 2003 ten volle bepaal en tans word probeer om ’n monster van die genetiese diversiteit van die spesie te verkry. Mense het na raming sowat 22 000 gene.[99] Die verskille in menslike DNS is baie klein in vergelyking met ander spesies; dit dui op ’n moontlike bevolkingsbottelnek in die laat Pleistoseen (sowat 100 000 jaar gelede), toe die menslike bevolking tot ’n klein getal teelpare verminder is.[100][101] Nukleotieddiversiteit is gebaseer op enkele mutasies bekend as enkelnukleotiedpolimorfismes (SNP's). Die nukleotieddiversiteit tussen mense is sowat 0,1%; dit is een verskil per duisend basispare.[102][103] ’n Verskil van een in duisend nukleotiede tussen twee mense wat lukraak gekies is, kom neer op sowat 3 miljoen nukleotiedverskille, want die menslike genoom het sowat 3 miljard nukleotiede. Die meeste van hierdie SNP's is neutraal, maar sowat 3% tot 5% is funksioneel en beïnvloed fenotipiese verskille tussen mense deur allele. Deur die dele van die genoom wat nie onder natuurlike seleksie is nie en dus mutasies teen ’n redelik bestendige tempo versamel, met mekaar te vergelyk is dit moontlik om ’n genetiese boom saam te stel wat die hele menslike spesie omvat sedert die laaste gemeenskaplike voorsaat. Elke keer wanneer ’n sekere mutasie (SNP) in ’n individu voorkom en na sy afstammelinge oorgedra word, word ’n haplogroep gevorm wat al die afstammelinge van die individu insluit wat ook daardie mutasie sal hê. Deur mitochondriale DNS, wat net van die ma geërf word, te vergelyk het genetici tot die gevolgtrekking gekom die laaste gemeenskaplike vroulike voorouer wie se genetiese merker in alle moderne mense aangetref word, die sogenaamde mitochondriale Eva, moes tussen sowat 90 000 en 200 000 jaar gelede gelewe het.[104][105][106] LewensiklusWysig Nes by ander soogdiere, vind menslike voortplanting plaas as interne bevrugting deur middel van seksuele omgang. Tydens dié proses plaas die man sy stywe penis in die vrou se vagina en ejakuleer semen, wat sperma bevat. Die sperma beweeg deur die vagina en serviks tot in die baarmoeder vir die bevrugting van die eiersel. Dié ontwikkel van ’n sigoot tot ’n embrio en dan tot ’n fetus. Sowat 38 weke ná bevrugting word die fetus as volgroeide baba gebore, gewoonlik vaginaal, en haal die nuwe organisme vir die eerste keer onafhanklik asem. In vergelyking met ander soortgelyke spesies is die geboorte lank en pynlik. Dit kan tot 24 uur duur en tot die dood van die ma, kind of albei lei. Dit is veral weens die relatief groot kop van die fetus en die vrou se relatief nou bekken.[107][108] Die kans op ’n suksesvolle geboorte het in die 20ste eeu aansienlik in ryker lande toegeneem danksy die ontwikkeling van die mediese tegnologie. In ontwikkelende lande bly die gevare groot, met sterftegevalle van ma's wat tot 100 so groot is as in ontwikkelde lande. [109] In ontwikkelde lande is babas gewoonlik tussen 50 en 60 cm lank by geboorte en weeg hulle tussen 3 en 4 kg.[110] ’n Laer gewig is egter algemeen in ontwikkelende lande en dra by tot die hoë voorkoms van kindersterftes in dié gebiede.[111] ’n Mens is hulpeloos by geboorte en hou ’n paar jaar lank aan groei, gewoonlik totdat hulle op 12 tot 15 jaar seksuele rypheid bereik. Vroue hou aan ontwikkel tot op omtrent 18 en mans tot omtrent 21. Die menslike lewe kan verdeel word in ’n paar fases: die babajare, kinderjare, adolessensie, jong volwassenheid, volwassenheid en bejaardheid. Die duur van die fases verskil van kultuur tot kultuur en van tyd tot tyd. In vergelyking met ander primate ondervind die mens ’n tydperk van ongewoon vinnige groei tydens adolessensie, wanneer die liggaamsgrootte met sowat 25% toeneem. Sjimpansees groei byvoorbeeld net 14%, sonder ’n tydperk van vinnige groei.[112] Die rede vir die tydperk van vinnige groei by mense is waarskynlik om die kind fisiek klein te hou todat hy sielkundig ryp is. Mense is een van die min spesies by wie menopouse voorkom. Daar is voorgestel die menopouse vergroot die vrou se algemene voortplantingsukses deur haar meer tyd te gee om aan haar bestaande kinders te bestee en ook aan haar kleinkinders, in plaas daarvan om nog kinders te hê wanneer sy bejaard is.[113][114] Getuiegebaseerde studies dui aan die lewensduur van ’n individu hang van twee faktore af: genetika en leefstylkeuses.[115] Om verskeie redes, insluitende biologiese/genetiese redes,[116] lewe vroue gemiddeld vier jaar langer as mans – in 2013 was die wêreldwye lewensverwagting van ’n meisie by geboorte 70,2 jaar in vergelyking met die 66,1 jaar vir ’n seun.[117] Daar is aansienlike geografiese variasies in menslike lewensverwagting, wat veral te doen het met ekonomiese ontwikkeling. Die lewensverwagting in Hongkong is byvoorbeeld 84,8 jaar vir meisies en 78,9 vir seuns. In eSwatini, hoofsaaklik weens vigs, is dit 31,3 jaar vir albei geslagte.[118] Terwyl een uit vyf Europeërs 60 jaar of ouer is, is een uit 20 Afrikane 60 of ouer.[119] Die getal mense ouer as 100 jaar is in 2002 deur die VN op 210 000 geraam.[120] Minstens een mens, Jeanne Calment, het 122 jaar oud geword.[121] Aanspraak is al gemaak op hoër ouderdomme, maar dit is onbevestig. DieetWysig Mense is omnivore, wat ’n verskeidenheid plant- en diermateriaal kan verorber.[122][123] Mensegroepe het ’n groot verskeidenheid diëte na gelang van beskikbare voedselbronne in ’n streek of kultuur- en godsdiensnorme – van uitsluitlik plante tot hoofsaaklik diere. In sommige gevalle kan dieetbeperkings lei tot siektes weens tekorte; stabiele groepe het egter aangepas by baie dieetpatrone.[124] Kos speel ’n groot rol in die menslike kultuur. Tot met die ontwikkeling van landbou sowat 10 000 jaar gelede, het Homo sapiens ’n jag-en-versamel-metode gebruik as die enigste manier van kosversameling. Hulle het kosse soos vrugte, grane, sampioene en inseklarwes gekombineer met wild, wat gejag moes word.[125] Daar word gemeen mense gebruik vuur om kos te berei sedert die tyd van Homo erectus.[126] Die ontwikkeling van landbou[127] het hul dieet aansienlik verander. Dit het ook gelei tot groter bevolkings, die ontwikkeling van stede en die verspreiding van aansteeklike siektes weens groter bevolkingsdigthede. Mense kan oor die algemeen van twee tot agt weke lank sonder kos oorleef, na gelang van hoeveel vet in die liggaam opgegaar is. Oorlewing sonder water is gewoonlik beperk tot drie tot vier dae. Sowat 36 miljoen mense sterf elke jaar aan oorsake wat direk of indirek met verhongering te doen het.[128] In sommige streke is wanvoeding onder kinders algemeen,[129] terwyl vetsug in ander dele van die wêreld vinnig toeneem. Meer as ’n miljard mense wêreldwyd is vetsugtig.[130] Biologiese variasieWysig Geen twee mense – nie eens ’n identiese tweeling – is geneties identies nie. Gene en die omgewing beïnvloed menslike biologiese variasie, van sigbare eienskappe tot vatbaarheid vir siektes tot geestelike vermoëns. Die presiese invloed van gene en die omgewing op sekere eienskappe word nie deeglik verstaan nie.[131][132] Die meeste huidige genetiese en argeologiese studies ondersteun die teorie dat Oos-Afrika die plek van oorsprong van alle moderne mense is,[133] en dat die eerste migrasies 60 000 jaar gelede plaasgevind het. In vergelyking met die groot ape is die menslike geenvolgorde merkwaardig homogeen – selfs onder Afrika-bevolkings.[134] Die genetiese ooreenkoms tussen twee individue is oor die algemeen 99,9%.[135][136] Daar is sowat twee tot drie keer groter genetiese diversiteit in die wilde sjimpanseebevolkings as in die hele menslike geenpoel.[137][138][139] Die menslike liggaam se vermoë om by verskillende soorte omgewingstres aan te pas is merkwaardig, en dit laat mense toe om by ’n groot verskeidenheid temperature, humiditeite en hoogtes te woon. As gevolg hiervan is die mens ’n kosmopolitaanse spesie wat in feitlik alle wêreldstreke voorkom, insluitende tropiese reënwoude, woestyne, arktiese streke en dig bevolkte stede. Die meeste ander spesies is beperk tot ’n paar geografiese gebiede vanweë ’n beperkte mate van aanpasbaarheid.[140] Daar is biologiese variasie in die menslike spesie – met verskille in bloedgroepe, breingroottes, oog- en haarkleur, lengte, liggaamsbou en velkleur. Menslike liggaamstipes varieer aansienlik. Die tipiese lengte van ’n volwassene is tussen 1,4 en 1,9 m, hoewel dit aansienlik verskil na gelang van onder meer geslag en etniese oorsprong.[141][142] Liggaamsgrootte hang grootliks af van gene en word ook aansienlik deur omgewingsfaktore soos dieet, oefening en slaappatrone beïnvloed, veral tydens die kinderjare. Volwassenes se lengte volg wat geslag en etniese groep betref min of meer dieselfde patroon. Die aspekte van genetiese variasie wat ’n aanduiding van evolusionêre geskiedenis gee of wat ter sake vir mediese navorsing is, is in die besonder bestudeer. Die gene wat volwassenes byvoorbeeld in staat stel om laktose te verteer, is volop in bevolkings met ’n lang geskiedenis van beesboerdery, en dit dui daarop dat natuurlike seleksie voorkeur aan daardie geen gegee het in bevolkings wat van koeimelk afhanklik is. Sommige oorerflike siektes soos sekelsel-anemie kom dikwels voor in bevolkings waar malaria deur die geskiedenis endemies was – daar word geglo dieselfde gene gee groter weerstand teen malaria aan die mense wat draers van die geen is sonder dat hulle siek word. Net so is mense wat ’n lang tyd in spesifieke klimate gwoon het, soos arktiese, tropiese of hoë streke, geneig om spesifieke fenotipes te ontwikkel het wat voordelig is vir die bewaring van energie in daardie omgewings – kort, stewige liggame in koue streke; lang, lenige liggaamsbou in warm streke en ’n groot longkapasiteit in hoë streke. Net so verskil velkleur klinies, met donkerder velkleure om die ewenaar – waar die bykomende beskerming teen die son se ultravioletstrale vermoedelik ’n evolusionêre voordeel verskaf – en ligter velkleure nader aan die pole.[143][144][145][146] Die kleur van die menslike vel en hare word bepaal deur die teenwoordigheid van pigment wat melanien genoem word. Velkleur kan wissel van donkerbruin tot ligperske, of feitlik wit of kleurloos.[139] Haarkleur wissel van wit tot rooi tot blond tot bruin tot swart, waarvan laasgenoemde die algemeenste is.[147] Haarkleur hang af van die hoeveelheid melanien (’n doeltreffende sonblokpigment) in die vel en hare. Haarmelanien-konsentrate neem met die ouderdom af en dit gee aanleiding tot grys of selfs wit hare. Die meeste navorsers glo velverdonkering is ’n aanpassing wat ontwikkel het om mense teen die son se ultravioletstrale te beskerm, want dit help om foliensuur te balanseer wat deur ultravioletstrale vernietig word. Ligte velpigmentasie beskerm mense teen die uitputting van vitamien D, wat deur sonlig geproduseer word.[148] Struktuur van variasieWysig Binne die menslike spesie kom die grootste mate van genetiese variasie tussen mans en vroue voor. Terwyl die nukleotied- genetiese variasie tussen mense van dieselfde geslag wêreldwyd nie groter as 0,1% is nie, is die genetiese verskil tussen mans en vroue tussen 1% en 2%. Dit is amper dieselfde as die genetiese verskil tussen mans en sjimpanseemannetjies, en tussen vroue en sjimpanseewyfies. Die genetiese verskil tussen die geslagte gee aanleiding tot anatomiese, hormonale, neurale en fisiologiese verskille tussen hulle, hoewel die presiese omvang en aard van sosiale en omgewingsinvloede op die geslagte nie heeltemal verstaan word nie. Mans is oor die algemeen 15% swaarder en 15 cm langer as vroue. Daar is ’n verskil tussen liggaamstipes, organe en liggaamstelsels, hormoonvlakke, sintuie en spiermassa tussen mans en vroue. Daar is ’n verskil van gemiddeld 40-50% in die krag in die bolyf en 20-30% in die onderlyf. Vroue het gewoonlik ’n groter hoeveelheid liggaamsvet as mans. Hulle het ligter velle as mans van dieselfde bevolking; dit is al toegeskryf aan ’n groter behoefte aan vitamien D in vroue tydens swangerskap en borsvoeding. Omdat daar chromosomale verskille tussen die geslagte is, raak sekere toestande wat met óf die X- óf die Y-chromosoom verband hou, net vroue of net mans. Ander verskille hou nie verband met die geslagschromosome nie. Mans se stem is gewoonlik ’n oktaaf dieper as vroue s’n. Vroue het ’n langer lewensverwagting in feitlik elke bevolking in die wêreld.[149][150][151][152][153] Mans het gewoonlik groter lugpype en vertakkende brongi, met ’n 30% groter longvolume per eenheid liggaamsmassa. Hulle het groter harte, 10% meer rooibloedselle en meer hemoglobien, en het dus ’n groter suurstofdraende kapasiteit. Hulle het ook hoër bloedstollingsfaktore (vitamien K, protrombien en bloedplaatjies). Dit lei daartoe dat wonde vinniger genees en tot ’n hoër toleransie vir periferale pyn.[154] Vroue het gewoonlik meer witbloedselle (geberg en sirkulerend), meer korrelselle en B- en T-limfselle. Hulle vervaardig meer teenliggaampies teen ’n vinniger tempo. Hulle kry dus minder aansteeklike siektes en kry dit vir korter tydperke.[154] Volgens Daly en Wilson "verskil die mensgeslagte meer as by monogame soogdiere, maar minder as by uiters poligame soogdiere".[155] Maar aangesien geslagsdimorfie in die mens se naaste verwante baie groter is as by die mens, moet tot die gevolgtrekking gekom word geslagsdimorfie in die menslike klade neem af, moontlik vanweë minder mededingende paringsmetodes. Een voorgestelde verduideliking is dat menslike seksualiteit meer soortgelyk aan dié van sy nabye verwant die bonobo ontwikkel – dié toon ’n soortgelyke geslagsdimorfie, het meer as een seksmaat en gebruik ontspanningseks om sosiale bande te vestig en aggressie te verminder.[156] Mense van dieselfde geslag is geneties 99,9% identies. Daar is ’n uiters klein variasie tussen geografiese bevolkings; die grootste variasie kom voor op ’n persoonlike vlak binne plaaslike bevolkings.[139][157][158] Van die 0,1% menslike genetiese differensiasie kom 85% voor in enige plaaslike bevolking, hetsy Italianers, Koreane of Koerde.[139][159][160][161] Twee lukraak gekose Koreane kan geneties in dieselfde mate verskil as ’n Koreaan en ’n Italianer. Huidige genetiese navorsing dui aan die grootste genetiese verskille kom voor in mense in Afrika.[162] Die genetiese struktuur van Afrikane is teruggespeur na 14 voorouergroepe. Hoe verder bevolkings van Afrika af is, hoe minder verskil hulle geneties; dit is vermoedelik vanweë bottelnekke tydens menslike migrasies.[163][164] Omdat mense die langste in Afrika gewoon het, het ’n groter diversiteit in dié bevolkings ontstaan. Omdat net ’n klein deel van Afrika se bevolking uit die kontinent migreer het, het hulle net ’n deel van die oorspronklike Afrika- genetiese variëteit met hulle saamgeneem. Afrika-bevolkings het genetiese allele wat nêrens anders in die wêreld aangetref word nie, maar alle allele wat buite Afrika aangetref word, kom ook in Afrika voor.[139] Aanpasbaarheid onder mense verskil beide van persoon tot persoon en van bevolking tot bevolking. Die kliniese geografiese genetiese variasie word verder gekompliseer deur migrasie en die vermenging van bevolkings sedert prehistoriese tye.[139][165][166] Menslike variasie is hoogs nie-ooreenstemmend: Die meeste gene word nie saam oorgeërf nie. Vel- en haarkleur hou nie verband met lengte, gewig of atletiese vermoëns nie. Mense met donker velle in Afrika, Australië en Suid-Asië is nie naby verwant aan mekaar nie.[167] Pigmeë in Suidoos-Asië het soortgelyke fisieke eienskappe as dié in Afrika: kort lywe, donker velle en krulhare. Hulle is egter geneties nie naby verwant nie.[168] PsigologieWysig Die menslike brein, die fokuspunt van die sentrale senuweestelsel, beheer die perifere senuweestelsel. Benewens die beheer van die "laer", onwillekeurige of hoofsaaklik outonome aktiwiteite soos asemhaling en vertering, is dit ook die ligging van "hoër" funksies soos gedagtes, redenasie, bewussyn en abstrakte denke.[169] Hierdie kognitiewe prosesse word saam met die gedragsgevolge daarvan in psigologie bestudeer. Daar word geglo die menslike brein is oor die algemeen "intelligenter" as dié van enige ander bekende spesie. Terwyl ander spesies strukture kan skep en eenvoudige gereedskap kan gebruik – meestal deur middel van instink en nabootsing – is die menslike tegnologie veel ingewikkelder, en ontwikkel en verbeter dit algaande. Slaap en droomWysig Mense is gewoonlik bedags bedrywig. Die algemene slaapbehoefte is tussen sewe en nege uur per dag vir ’n volwassene en tussen nege en tien uur vir ’n kind; ouer mense slaap gewoonlik tussen ses en sewe uur. Hoewel baie mense minder slaap, kan te min slaap negatiewe gesondheidsgevolge hê. Net vier uur slaap per dag kan veranderings in die fisiologiese en geestelike toestand hê, insluitende ’n swakker geheue, moegheid, aggressie en liggaamlike ongemak.[170] Tydens slaap droom mense. Dan ervaar hulle sintuiglike beelde en klanke in ’n volgorde wat hulle gewoonlik ervaar as ’n skynbare deelnemer eerder as ’n waarnemer. Droom word deur die pons gestimuleer en vind meestal plaas tydens die vinnige-oogbewegingsfase, of REM-fase, van slaap. Bewustheid en gedagtesWysig Mense is een van net ’n paar spesies wat voldoende selfbewustheid het om hulself in ’n spieël te herken.[171] Op 18 maande is die meeste kinders al bewus daarvan dat die beeld in ’n spieël nie iemand anders is nie.[172] Die menslike brein neem die eksterne wêreld waar deur middel van die sintuie, en elke individu word grootliks deur sy ondervindings beïnvloed, en dit lei tot subjektiewe menings. Die mens beskik oor ’n verstand, en dit sluit in eienskappe soos selfbewustheid, gevoel, wysheid en die vermoë om die verhoudings tussen homself en sy omgewing waar te neem. Oor die omvang waartoe die verstand die buitewêreld ondervind, word gedebatteer, asook die definisies en geldigheid van baie van die terme wat hier bo gebruik is. Die fisieke aspekte van die verstand en brein, en daardeur ook die senuweestelsel, word bestudeer in neurologie, die gedragswetenskapdeel van psigologie, en ’n soms losweg gedefinieerde gebied tussenin, psigiatrie, wat ondersoek instel na geestesiektes en gedragsafwykings. Psigologie verwys nie noodwendig na die brein of senuweestelsel nie, en kan ook in terme van fenomenologiese of inligtingsverwerkingsteorieë van die verstand beskou word. ’n Begrip van breinfunksies word egter al hoe meer deel gemaak van psigologiese teorie en praktyk, veral in velde soos kunsmatige intelligensie, neuropsigologie en kognitiewe neurowetenskap. Die aard van denke is die kern van psigologie en verwante velde. Kognitiewe psigologie bestudeer bewussyn, die geestelike prosesse agter gedrag. Dit gebruik inligtingsverwerking as ’n raamwerk om die verstand te verstaan. Waarneming, die leerproses, probleemoplossing, geheue, aandag, taal en emosie is ook goed bestudeerde velde. Ontwikkelingspsigologie fokus in ’n groot mate op die ontwikkeling van die menslike verstand deur sy lewe en probeer verstaan hoe mense dinge waarneem, verstaan en hoe hulle optree, en hoe hierdie prosesse met die ouderdom verander. Psigoloë het intelligensietoetse en die begrip IK ontwikkel om mense se relatiewe intelligensie te beoordeel en die verspreiding daarvan te bestudeer. Motivering en emosieWysig Motivering is die dryfkrag van begeerte agter al die mens se doelbewuste aksies. Motivering is gebaseer op emosie – spesifiek op die soeke na bevrediging (positiewe emosionele ondervindings) en die vermyding van konflik. "Positief" en "negatief" word bepaal deur die toestand van die individu se brein, wat deur sosiale norme beïnvloed kan wees. Iemand kan homself beseer of geweld pleeg omdat sy brein gekondisioneer is om ’n positiewe reaksie op hierdie aksies te hê. Motivering is belangrik omdat dit betrokke is by die uitvoering van alle aangeleerde prosesse. In psigologie word konflikvermyding en die libido as primêre motiverings beskou. In die ekonomie word motivering dikwels beskou as geskoei op aansporing; dit kan finansieel, moreel of dwingend wees. Godsdienste stel gewoonlik goddelike of duiwelse invloede voorop. Emosionele ondervindings wat as aangenaam waargeneem word, soos liefde, bewondering of vreugde, staan teenoor dié wat as onaangenaam ervaar word, soos haat, afguns of verdriet. ’n Onderskeid word dikwels gemaak tussen emosies wat sosiaal aangeleer is en dié wat op oorlewing geskoei is en as aangebore beskou word. In sommige kulture word emosie verbind met fisieke gesondheid en word dit nie as iets afsonderliks beskou nie. Die Stoïsyne het geglo oormatige emosie is skadelik, terwyl sommige Soefistiese opvoeders gevoel het sekere ekstreme emosies kan ’n volmaaktheid teweegbring, iets wat dikwels ekstase genoem word. Seksualiteit en liefdeWysig Vir mense het seksualiteit belangrike sosiale funksies: Benewens vir voortplanting, skep dit fisieke intimiteit, bande en hiërargieë onder individue. Die geslagsdrang, of libido, word beskou as ’n liggaamlike behoefte wat dikwels gepaardgaan met sterk emosies soos liefde, ekstase en jaloesie. Seksualiteit in die menslike spesie word weerspieël deur ’n aantal fisieke eienskappe, waaronder verborge ovulasie, die ontwikkeling van ’n eksterne skrotum en (onder ape) ’n relatief groot penis wat dui op spermmededinging, die afwesigheid van ’n penisbeen, permanente sekondêre seksuele eienskappe en die vorming van pare wat gebaseer is op seksuele aantrekkingskrag as ’n algemene sosiale struktuur. Anders as ander primate wat gewoonlik wys hulle is bronstig, het vroue geen sigbare tekens van ovulasie nie en ondervind hulle seksuele begeerte buite die tydperke waarin hulle vrugbaar is. Dit wys daarop dat menslike seksualiteit ’n lang evolusiegeskiedenis het.[173] Die mens se reaksie op seksuele begeerte word gewoonlik beïnvloed deur sosiale norme. Beperkings word dikwels bepaal dur godsdiens of sosiale gebruike. Die beroemde navorser Sigmund Freud het geglo die mens word veelvormig pervers gebore, wat beteken verskeie voorwerpe kan ’n bron van plesier wees. Volgens hom gaan die mens ná geboorte deur vyf fases van psigoseksuele ontwikkeling, en hy kan op enige fase fikseer vanweë verskeie traumas tydens die proses. Vir Alfred Kinsey, nog ’n invloedryke seksnavorser, kan ’n mens op enige plek op ’n skaal van seksuele oriëntasie lê en net ’n klein minderheid van mense is ten volle heteroseksueel of homoseksueel.[174] Onlangse neorologiese en genetiese studies dui daarop die mens kan met ontvanklikheid vir verskeie seksuele neigings gebore word.[175] GedragWysig Statistieke: menslike gemeenskap | | ---|---| Wêreld- bevolking[11] | 7,6 biljoen | Bevolkings- digtheid[11][176] | 15/km2 volgens totale gebied 51/km2 volgens grondgebied | Wêreld se grootste stede[177] | Tokio, Delhi, Sjanghai, Mumbai, São Paulo, Beijing, Meksikostad, Osaka, Kaïro, New York-Newark, Dhaka, Karatsji, Buenos Aires, Kolkata, Istanboel, Chongqing, Lagos, Manila, Guangzhou, Rio de Janeiro, Los Angeles-Long Beach-Santa Ana, Moskou, Kinshasa, Tianjin, Parys, Shenzhen, Djakarta, Bangalore, Londen, Chennai, Lima | Mees gesproke plaaslike tale[178] | Chinees, Spaans, Engels, Hindi, Arabies, Portugees, Bengaals, Russies, Japannees, Javaans, Duits, Pandjabi, Telugu, Marathi, Tamil, Frans, Viëtnamees, Koreaans, Oerdoe, Italiaans, Indonesies, Persies, Turks, Pools, Oriya | Gewildste godsdienste[179] | Christendom, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme, Sikhisme, Judaïsme, Baha’i | Die mens is ’n hoogs sosiale wese en woon dikwels in groot, komplekse sosiale groepe. Hy is meer as enige ander spesie in staat om kommunikasiestelsels te gebruik vir selfuitdrukking, die uitruil van idees en organisasie; hy het komplekse sosiale strukture geskep wat uit baie samewerkende of mededingende groepe bestaan. Menslike groepe wissel van families tot nasies. ’n Groot hoeveelheid waardes, norme en rituele is vasgestel wat saam die grondslag van die menslike gemeenskap vorm. Kultuur word hier gedefinieer as patrone van komplekse simboliese gedrag, dus alle gedrag wat nie aangebore is nie, maar wat aangeleer is deur sosiale wisselwerking met ander. Dit sluit in die gebruik van sekere materiale, taal, tradisies, godsdiens en tegnologie. TaalWysig Hoewel baie spesies kommunikeer, is taal uniek aan die mens. Anders as die beperkte stelsels van ander diere, is die mens se taal oop – ’n oneindigende aantal bedoelings kan weergegee word deur ’n beperkte getal simbole te kombineer. Dit kan ook gebruik word vir gebeure en voorwerpe wat nie tot die hede behoort nie, maar in die gedeelde verbeelding bestaan.[97] Dit verskil van ander vorme van kommunikasie deurdat dit nie tot ’n sekere medium beperk is nie – dieselfde idees kan verbaal, skriftelik, deur gebaretaal of met braille weergegee word. Taal bind nasies, kulture en etniese groepe saam. Die uitvinding van skryfstelsels minstens 5 000 jaar gelede het die mens in staat gestel om taal op materiale te verewig en het gelei tot ’n groot tegnologiese voorsprong. Sowat 6 000 verskillende tale word tans gepraat, en nog duisende het uitgesterf.[180] GeslagsrolleWysig Die verdeling van mense in ’n manlike en vroulike geslag of gender word weerspieël in ’n ooreenstemmende verdeling van rolle, norme, praktyke, kleredrag, regte, pligte, gedrag, status en mag. Kultuurverskille volgens geslag het vermoedelik natuurlik ontstaan; vroue se rol as versorgers spruit byvoorbeeld waarskynlik uit die feit dat hulle die lewe skenk. Geslagsrolle verskil deur die geskiedenis en oorheersende gendernorme het al in baie gemeenskappe voor uitdagings te staan gekom. FamilieskapWysig Alle menslike gemeenskappe organiseer, erken en klassifiseer soorte sosiale verhoudings geskoei op die verhoudings tussen ouers en kinders (gesinne) en deur die huwelik (families). In die meeste gemeenskappe hou familieskap wedersydse verantwoordelikhede en verwagtings van solidariteit in tussen lede van die familie. Familieskap kan lei tot afstammingsgroepe wat as politieke eenhede funksioneer, soos clans. Dit kan bande deur huwelike versterk, en dit kan dikwels polities en ekonomies belangrik wees en lei tot die vorming van politieke organisasies wat verder as die gemeenskap strek. Daar is gewoonlik duidelike aanduidings oor met wie ’n mens mag trou en met wie nie. Feitlik alle gemeenskappe het ’n verbod op bloedskande, of ’n huwelik tussen nabye familielede. In baie gemeenskappe kan families ook uitgebrei word deur middel van aanneming, voogskap of ’n saamwonery. EtnisiteitWysig Mense vorm dikwels etniese groepe, wat groter as families is en om ’n sekere gesamentlike identiteit gebou word, soos afstamming en geskiedenis, gedeelde kultuurnorme en taal of biologiese fenotipe. Sulke ideologieë word dikwels verewig deur kragtige, fassinerende oorvertellings wat geldigheid en kontinuïteit verleen aan die stel gedeelde waardes. Etniese groepe stem dikwels ooreen met die een of ander vorm van politieke organisasie soos ’n stam, stadstaat of nasie. Hoewel etniese groepe deur die geskiedenis ontstaan en verdwyn, glo sulke groepe dikwels hul geskiedenis strek tot ver in die verlede. Dit help om ’n sosiale identiteit te vorm en solidariteit tussen lede van ’n etnies-politieke eenheid te skep. Hierdie verenigende aspek hou ook verband met die opkoms van die nasiestaat as die belangrikste vorm van politieke organisasie in die 19de en 20ste eeu.[181][182][183][184][185][186] Gemeenskap, regering en politiekWysig Gemeenskap is die stelsel organisasies en instellings wat ontstaan uit die wisselwerking tussen mense. In ’n gemeenskap kan mense verdeel word in verskillende groepe volgens hul inkomste, rykdom, mag, reputasie, ens., maar die struktuur van sosiale lae en die mate waarin mense daarin rondbeweeg, verskil, veral tussen moderne en tradisionele gemeenskappe.[187] ’n Staat is ’n georganiseerde politieke gemeenskap wat ’n sekere gebied beslaan. Dit het ’n georganiseerde regering en het interne en eksterne soewereiniteit. Erkenning deur ander state van ’n staat se aanspraak op onafhanklikheid, wat dit die mag gee om internasionale ooreenkomste aan te gaan, is dikwels belangrik vir die vestiging van sy posisie. Regering kan gedefinieer word as die politieke middel vir die skep en afdwing van wette, gewoonlik deur ’n burokratiese hiërargie. Politiek is die proses waardeur besluite in groepe geneem word; dié proses behels dikwels konflik sowel as skikking. Hoewel die term politiek gewoonlik op regerings van toepassing is, kan dit in alle menslike wisselwerkings waargeneem word, insluitende korporatiewe, akademiese en godsdiensinstellings. Voorbeelde van regerings sluit in monargieë, kommunistiese state, militêre diktatorskappe, teokrasieë en liberale demokrasieë, waarvan laasgenoemde vandag as die volopste beskou word. Handel en ekonomieWysig Handel is die willekeurige uitruil van goedere en dienste en is ’n vorm van ekonomie. ’n Meganisme wat handel toelaat, word ’n mark genoem. Handelaars onderhandel gewoonlik deur ’n uitruilmedium, soos geld. Vanweë spesialisering of die verdeling van arbeid konsentreer die meeste mense op ’n klein aspek van vervaardiging of dienste en ruil hul arbeid vir geld of produkte. Handel vind ook tussen streke plaas omdat sekere streke die enigste of grootste vervaardiger van ’n sekere produk is, of omdat sekere streke die voordeel van massaproduksie het. Ekonomie is ’n sosiale wetenskap wat die vervaardiging, handel en verbruik van goedere en dienste bestudeer. Dit fokus op meetbare veranderlikes en word breedweg in twee hooftakke verdeel: mikro-ekonomie, wat met individuele agente soos huishoudings en besighede te doen het, en makro-ekonomie, wat te doen het met die ekonomie as ’n geheel, soos totale vraag en aanbod na geld, kapitaal en goedere. Belangrike aspekte van ekonomie is vervaardiging, verspreiding, handel en mededinging. OorlogWysig Oorlog is ’n toestand van georganiseerde gewapende konflik tussen state of ander magte. Dit word gebruik om militêre doelwitte af te dwing. Ander, spontane konflikte soos rebellies en opstande word nie as oorlog beskou nie. Rewolusies kan niegewelddadig wees, of ’n georganiseerde en gewapende opstand wat dui op ’n staat van oorlog. In die 20ste eeu het na raming tussen 167 miljoen en 188 miljoen mense in oorloë gesterf.[188] ’n Algemene definisie van oorlog is ’n reeks militêre veldtogte tussen minstens twee opponerende kante weens ’n dispuut oor byvoorbeeld soewereiniteit, grondgebied, bronne of godsdiens. ’n Oorlog tussen interne elemente van ’n staat is ’n burgeroorlog. Verskillende soorte oorloë het al in die geskiedenis plaasgevind, soos hand-, wapen-, vloot- en lugoorloë. Militêre intelligensie het al dikwels ’n rol gespeel in die bepaling van oorwinnings en neerlae. Propaganda, wat dikwels inligting, verwronge menings en disinformasie insluit, speel ’n sleutelrol in die handhawing van eenheid in ’n oorlogsparty en om onmin tussen partye te saai. In moderne oorlogvoering word soldate op die grond gebruik, skepe ter see en vliegtuie in die lug. Soms oorvleuel dié velde in die vorm van see- en valskermsoldate, vliegdekskepe en grond-tot-lugmissiele. Materiale en tegnologieWysig Steengereedskap is minstens 2,5 miljoen jaar gelede al deur proto-mense gebruik.[189] Die beheerde gebruik van vuur het sowat 1,5 miljoen jaar gelede begin. Sedertdien het die mens geweldige vooruitgang gemaak en ingewikkelde tegnologie ontwikkel om gereedskap te maak om hul lewe te vergemaklik en hul kultuur uit te brei. Groot spronge in tegnologie sluit in die uitvinding van landbou in wat bekend is as die Neolitiese Rewolusie en van outomatiese masjiene in die Nywerheidsrewolusie. Met argeologie word gepoog om die storie van die verlede of van verlore kulture te vertel deur onder meer die bestudering van die artefakte wat hulle vervaardig het. Vroeë mense het steengereedskap, potte en juwele agtergelaat wat eie is aan ’n spesifieke streek of tyd. VoorkomsWysig Deur die geskiedenis het mense hul voorkoms verander deur klere[190] en bykomstighede te dra, deur hul hare te knip of te skeer en deur middel van liggaamsmodifikasies. Laasgenoemde is die doelbewuste verandering van die liggaam om niemediese redes, soos estetika, seksuele voordeel, rites, godsdiensredes, om groepsaffiliasie te toon, liggaamskuns te skep, te skok of jouself uit te druk.[191] In ’n breë sin beteken dit plastiese snykunde, sosiaal aanvaarbare versierings soos in gaatjies in die ore, en godsdienstige rituele soos besnydenis.[191] Filosofie en selfrefleksieWysig Filosofie is ’n dissipline of studieveld wat die ondersoek, ontleding en ontwikkeling van idees behels op ’n algemene, abstrakte of basiese vlak. Dit probeer realiteit, redenering en waardes verstaan. Belangrike velde van filosofie sluit in logika, metafisika, epistemologie en aksiologie of waardeleer (wat etiek en estetika insluit). Dit dek ’n groot verskeidenheid benaderings en word gebruik om te verwys na ’n wêreldmening, ’n perspektief op ’n sekere saak of die menings van ’n spesifieke filosoof of filosofieskool. Godsdiens en spiritualiteitWysig Godsdiens word gewoonlik gedefinieer as ’n geloofstelsel wat verband hou met die bonatuurlike, heilige of goddelike, asook die praktyke, waardes, instellings en rituele wat met die geloof verbind word. Die evolusie en geskiedenis van die eerste godsdienste het in onlangse jare velde van aktiewe wetenskaplike navorsing geword.[192][193][194] Deur die eeue het godsdiens baie vorme aangeneem wat van kultuur tot kultuur en individu tot individu verskil. Van die belangrikste sake wat godsdienste ondersoek, sluit in die lewe ná die dood of die hiernamaals, die oorsprong van die lewe, die aard van die heelal en sy uiteindelike lot, en wat moreel of immoreel is. ’n Gemeenskaplike bron van hierdie antwoorde is die geloof in bosintuiglike goddelike wesens soos gode of ’n enkele God, hoewel nie alle godsdienste teïsties is nie. Spiritualiteit, geloof of sielsake is van die baie verskillende benaderings van mense om basiese vrae te beantwoord oor die mensdom se plek in die heelal, die doel van die lewe en die ideale manier om ’n mens se lewe te lei. Hoewel hierdie onderwerpe ook in filosofie en in ’n mate in wetenskap ondersoek word, is spiritualiteit uniek in die sin dat dit op mistieke of bonatuurlike begrippe fokus soos karma en God. Dit is moeilik om die presiese omvang van godsdienstigheid te meet,[195] maar die meerderheid mense hang die een of ander godsdienstige of spirituele geloof aan. Baie is egter nie godsdienstig nie. Humanisme is ’n filosofie wat die hele mensdom en al die aspekte wat die mens raak, wil saamvat; dit is gewoonlik niegodsdienstig. Die meeste godsdienste kan duidelik onderskei word van wetenskap, op beide ’n filosofiese en metodologiese vlak, maar die twee sluit mekaar nie noodwendig uit nie; baie mense huldig ’n mengsel van godsdienstige en wetenskaplike menings. Die onderskeid tussen godsdiens en filosofie is aan die ander kant soms minder duidelik en die twee word soms verbind in velde soos die filosofie van godsdiens of teologie. Kuns, musiek en letterkundeWysig Kuns is ’n algemene kultuurbegrip en kunswerke is minstens sedert die dae van die Cro-Magnon-mens gemaak. Kuns kan gedefinieer word as ’n vorm van kultuuruitdrukking en kan dui op voorwerpe of uitvoerings, huidig of histories, en die prestige daarvan word ondervind deur diegene wat dit gemaak het, ontdek, uitstal of besit. In die moderne gebruik van die woord dui kuns gewoonlik op die proses of resultaat van die maak van materiële werke wat van die konsepvorming tot die uitvoering daarvan, getrou bly aan die "kreatiewe impuls" van mense. Musiek is ’n natuurlike intuïtiewe verskynsel wat gebaseer is op drie strukture wat onderling verband hou: ritme, harmonie en melodie. Om na musiek te luister is waarskynlik een van die algemeenste vorme van vermaak, terwyl om dit te leer en verstaan gewilde dissiplines is. Daar is ’n groot verskeidenheid musiekgenres en soorte etniese musiek. WetenskapWysig Nog ’n unieke aspek van die mensdom is die ontwikkeling van ingewikkelde metodes om kennis op te doen deur waar te neem, te kwantifiseer en te verifieer. Die wetenskaplike metode is ontwikkel om kennis op te doen van die fisiese wêreld en die reëls, prosesse en beginsels waaruit dit bestaan. Saam met wiskunde maak dit die voorspelling van ingewikkelde patrone van oorsaak en gevolg moontlik. Die mens het die vermoë om groot, selfs abstrakte, kwantiteite te verstaan en erken, en om algoritmiese patrone te verstaan en erken wat rekenkunde en algebra moontlik maak, iets wat nie in ander spesies aangetref word nie. Wetenskap kan in drie groot takke verdeel word: die formele wetenskappe (bv. logika en wiskunde), wat te doen het met formele stelsels; die toegepaste wetenskappe (bv. ingenieurswese en geneeskunde), wat op praktiese toepassing fokus; en die empiriese wetenskappe, wat geskoei is op proefondervindelike waarnemings en op sy beurt ingedeel word in natuurwetenskappe (bv. fisika, chemie en biologie) en sosiale wetenskappe (bv. psigologie, ekonomie en sosiologie).[196] ’n Skynwetenskap is ’n aktiwiteit wat verkeerdelik deur sy aanhangers as wetenskaplik beskou word.[197] VerwysingsWysig - Taksonomie van die lewende primate, Minnesota-staatsuniversiteit Mankato, besoek op 4 April 2005. - (1990) “Primate evolution at the DNA level and a classification of hominoids”. J Mol Evol 30 (3): 260–66. doi:10.1007/BF02099995. - "Hominidae Classification". Animal Diversity Web @ UMich. Besoek op 25 September 2006. - (2009) “Evolution of the Genus Homo”. Annual Review of Earth and Planetary Sciences 37: 67–92. doi:10.1146/annurev.earth.031208.100202. - (2004) “Early Dispersals of homo from Africa”. Annual Review of Anthropology 33: 271–96. doi:10.1146/annurev.anthro.33.070203.144024. - Trinkaus Erik (2005). “Early Modern Humans”. Annual Review of Anthropology 34: 207–30. doi:10.1146/annurev.anthro.34.030905.154913. - McHenry, H.M (2009). "Human Evolution". In Michael Ruse; Joseph Travis. Evolution: The First Four Billion Years. Cambridge, Massachusetts: The Belknap Press of Harvard University Press. p. 265. ISBN 978-0-674-03175-3. - Marshall T. Poe A History of Communications: Media and Society from the Evolution of Speech to the Internet. Cambridge: Cambridge University Press, 2011. ISBN 9780521179447 - "Hunting and gathering culture". Encyclopædia Britannica (aanlyn). Encyclopædia Britannica Inc., 2016. - "Neolithic." Ancient History Encyclopedia. Ancient History Encyclopedia Limited. 2014. - "File POP/1-1: Total population (both sexes combined) by major area, region and country, annually for 1950-2100: Medium fertility variant, 2015–2100". World Population Prospects, the 2015 Revision. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division, Population Estimates and Projections Section. Julie 2015. Besoek op 2 Oktober 2016. - Spamer, Earle E (29 Januarie 1999). “Know Thyself: Responsible Science and the Lectotype of Homo sapiens Linnaeus, 1758”. Proceedings of the Academy of Natural Sciences 149 (1): 109–14. - "Hints of Earlier Human Exit From Africa". Science News. doi:10.1126/science.1199113. Besoek op 1 Mei 2011. - Paul Rincon Humans 'left Africa much earlier' BBC News, 27 Januarie 2011 - Lowe, David J. (2008). "Polynesian settlement of New Zealand and the impacts of volcanism on early Maori society: an update" (PDF). University of Waikato. Besoek op 29 April 2010. - Appenzeller Tim (2012). “Human migrations: Eastern odyssey”. Nature 485: 24–26. doi:10.1038/485024a. - (2000) “Human evolution: taxonomy and paleobiology”. Journal of Anatomy 197 (1): 19–60. doi:10.1046/j.1469-7580.2000.19710019.x. - Ajit, Varki and David L. Nelson. 2007. Genomic Comparisons of Humans and Chimpanzees. Annu. Rev. Anthropol. 2007. 36:191–209 - Ken Sayers, Mary Ann Raghanti, and C. Owen Lovejoy. 2012 Human Evolution and the Chimpanzee Referential Doctrine. Annual Review of Anthropology, Vol. 41 - Ruvolo, M. 1997. Genetic Diversity in Hominoid Primates. Annual Review of Anthropology, Vol. 26, (1997), bl. 515–40 - Ruvolo, Maryellen (1997). “Molecular phylogeny of the hominoids: inferences from multiple independent DNA sequence data sets”. Molecular Biology and Evolution 14 (3): 248–65. doi:10.1093/oxfordjournals.molbev.a025761. - Human Chromosome 2 is a fusion of two ancestral chromosomes by Alec MacAndrew; accessed 18 Mei 2006. - Evidence of Common Ancestry: Human Chromosome 2 (video) 2007 - Begun David R (2010). “Miocene Hominids and the Origins of the African Apes and Humans”. Annual Review of Anthropology 39: 67–84. doi:10.1146/annurev.anthro.012809.105047. - (2012) “European Miocene Hominids and the Origin of the African Ape and Human Clade”. Evolutionary Anthropology 21 (1): 10–23. doi:10.1002/evan.20329. - “Australopithecus to Homo: Transformations in Body and Mind”. Annual Review of Anthropology 29: 125–46. doi:10.1146/annurev.anthro.29.1.125. - (20 March 2015) “Early Homo at 2.8 Ma from Ledi-Geraru, Afar, Ethiopia”. Science 347 (6228): 1352–55. doi:10.1126/science.aaa1343. - "'First human' discovered in Ethiopia". BBC News. - (2015) “3.3-million-year-old stone tools from Lomekwi 3, West Turkana, Kenya”. Nature 521 (7552): 310–15. doi:10.1038/nature14464. - Tim White (anthropologist) (2003). “Pleistocene Homo sapiens from Middle Awash, Ethiopia”. Nature 423 (6491): 742–47. doi:10.1038/nature01669. - Erik Trinkaus (1993). “Femoral neck-shaft angles of the Qafzeh-Skhul early modern humans, and activity levels among immature near eastern Middle Paleolithic hominids”. Journal of Human Evolution 25 (5): 393–416. doi:10.1006/jhev.1993.1058. - Boyd, Robert; Silk, Joan B. (2003). How Humans Evolved. New York City: Norton. ISBN 0-393-97854-0. - (1965) “Physical Anthropology”. Biennial Review of Anthropology 4: 1–39. - (2002) “A new hominid from the Upper Miocene of Chad, Central Africa”. Nature 418 (6894): 145–51. doi:10.1038/nature00879. - White, Tim D.; Lovejoy, C. Owen; Asfaw, Berhane; Carlson, Joshua P.; Suwa, Gen (April 2015), "Neither chimpanzee nor human, Ardipithecus reveals the surprising ancestry of both", Proceedings of the National Academy of Sciences 112 (16): 4877–84, doi:10.1073/pnas.1403659111, Bibcode: 2015PNAS..112.4877W. - P. Thomas Schoenemann (2006). “Evolution of the Size and Functional Areas of the Human Brain”. Annu. Rev. Anthropol. 35: 379–406. doi:10.1146/annurev.anthro.35.081705.123210. - Homo neanderthalensis – Homo neanderthalensis is a widely known but poorly understood hominid ancestor. Archaeologyinfo.com. Besoek op 24 Mei 2014. - (2007) “Evolution of the human brain: changing brain size and the fossil record”. Neurosurgery 60 (3): 555–62. doi:10.1227/01.NEU.0000249284.54137.32. - (2007) “Cranial shape and size variation in human evolution: structural and functional perspectives”. Child's Nervous System 23 (12): 1357–65. doi:10.1007/s00381-007-0434-2. - Potts Richard (2012). “Evolution and Environmental Change in Early Human Prehistory”. Annu. Rev. Anthropol. 41: 151–67. doi:10.1146/annurev-anthro-092611-145754. - (2007) “Effects of Brain Evolution on Human Nutrition and Metabolism”. Annu. Rev. Nutr. 27: 311–27. doi:10.1146/annurev.nutr.27.061406.093659. - "06.14.99 – Meat-eating was essential for human evolution, says UC Berkeley anthropologist specializing in diet". Berkeley.edu. 14 Junie 1999. Besoek op 31 Januarie 2012. - "Meat in the human diet: an anthropological perspective. – Free Online Library". Thefreelibrary.com. 1 September 2007. Besoek op 31 Januarie 2012. - Organ, Chris (22 Augustus 2011). “Phylogenetic rate shifts in feeding time during the evolution of Homo” 108: 14555–59. doi:10.1073/pnas.1107806108. Besoek op 17 April 2012. - (1998) “The Social Brain Hypothesis”. Evolutionary anthropology. Besoek op 8 June 2016. - Nowell April (2010). “Defining Behavioral Modernity in the Context of Neandertal and Anatomically Modern Human Populations”. Annual Review of Anthropology 39: 437–52. doi:10.1146/annurev.anthro.012809.105113. - (2011) “Evolution, revolution or saltation scenario for the emergence of modern cultures?”. Phil. Trans. R. Soc. B 366 (1567): 1060–69. doi:10.1098/rstb.2010.0340. - Wood, Bernard A. (2009). "Where does the genus Homo begin, and how would we know?". In Grine, Frederick E.; Fleagle, John G.; Leakey, Richard E. The First Humans: Origin and Early Evolution of the Genus Homo. London, UK: Springer. pp. 17–27. ISBN 978-1-4020-9979-3. - Brown, Terence A. (8 April 2010). “Human evolution: Stranger from Siberia”. Nature 464 (7290): 838–39. doi:10.1038/464838a. - (2011) “Denisova Admixture and the First Modern Human Dispersals into Southeast Asia and Oceania”. The American Journal of Human Genetics 89 (4): 516–28. doi:10.1016/j.ajhg.2011.09.005. - (2007) “Evaluating Neanderthal genetics and phylogeny”. J. Mol. Evol. 64 (1): 50–60. doi:10.1007/s00239-006-0017-y. - Zimmer, Carl (17 Maart 2016). "Humans Interbred With Hominins on Multiple Occasions, Study Finds". The New York Times. Besoek op 17 Maart 2016. - Vigilant (1991). “African populations and the evolution of human mitochondrial DNA”. Science 253 (5027): 1503–07. doi:10.1126/science.1840702. - Wolman, David (3 April 2008). “Fossil Feces Is Earliest Evidence of N. America Humans”. - Wood B (1996). “Human evolution”. BioEssays 18 (12): 945–54. doi:10.1002/bies.950181204. - Thomas F. X. Noble; Barry Strauss; Duane Osheim; Kristen Neuschel; Elinor Accamp. Cengage Advantage Books: Western Civilization: Beyond Boundaries. ISBN 9781285661537. Besoek op 11 July 2015. - Spielvogel, Jackson. "Western Civilization: Volume A: To 1500". Cenpage Learning. Besoek op 11 Julie 2015. - Thornton, Bruce (2002). Greek Ways: How the Greeks Created Western Civilization. San Francisco, CA, USA: Encounter Books. pp. 1–14. ISBN 1-893554-57-0. - "Greatest Engineering Achievements of the 20th Century". greatachievements.org. Besoek op 7 April 2015. - "GeoHive – Regional Population 1750–2050". GeoHive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2016. Besoek op 8 Junie 2016. - "Twentieth Century Atlas – Worldwide Statistics of Casualties, Massacres, Disasters and Atrocities". Necrometrics.com. Besoek op 8 Junie 2016. - "Internet Usage Statistics – The Internet Big Picture". Internet World Stats. Besoek op 19 November 2010. - "Reuters homepage". Reuters. Besoek op 19 November 2010. - (2006) “Human impacts on the rates of recent, present, and future bird extinctions”. Proceedings of the National Academy of Sciences 103 (29): 10941–6. doi:10.1073/pnas.0604181103. * (2004) “Assessing the causes of late Pleistocene extinctions on the continents”. Science 306 (5693): 70–75. doi:10.1126/science.1101476. - (2006) “Climate change, species-area curves and the extinction crisis”. Philosophical Transactions of the Royal Society B: Biological Sciences 361 (1465): 163–71. doi:10.1098/rstb.2005.1712. - "Natural disasters and the urban poor" (PDF). Wêreldbank. Oktober 2003. - Gammon, Katharine. "The 10 purest places on Earth". NBC. - "Population distribution and density". BBC. - (2002) “Basic principles and ecological consequences of altered flow regimes for aquatic biodiversity”. Environmental Management 30 (4): 492–507. doi:10.1007/s00267-002-2737-0. - Nancy Atkinson (26 March 2009). "Soyuz Rockets to Space; 13 Humans Now in Orbit". Universetoday.com. Besoek op 10 November 2011. - Kraft, Rachel (11 Desember 2010). "JSC celebrates ten years of continuous human presence aboard the International Space Station". JSC Features. Johnson Space Center. - "Mission to Mars: Mars Science Laboratory Curiosity Rover". Jet Propulsion Laboratory. Besoek op 26 Augustus 2015. - "Touchdown! Rosetta's Philae probe lands on comet". European Space Agency. 12 November 2014. Besoek op 26 August 2015. - "NEAR-Shoemaker". Nasa. Besoek op 26 Augustus 2015. - "World's population reaches six billion". BBC News. 5 Augustus 1999. Besoek op 5 February 2008. - "UN population estimates.". Population Division, United Nations. Besoek op 4 Julie 2013. - Whitehouse, David (19 Mei 2005). "Half of humanity set to go urban". BBC News. - Urban, Suburban, and Rural Victimization, 1993–98 U.S. Department of Justice, Bureau of Justice Statistics. Besoek op 29 Oktober 2006 - "World Urbanization Prospects, the 2011 Revision". Population Division, United Nations. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2013. Besoek op 4 Julie 2013. - Scientific American (1998). Evolution and General Intelligence: Three hypotheses on the evolution of general intelligence Geargiveer 13 September 2006 op Wayback Machine. - "Climate Change 2001: Working Group I: The Scientific Basis". grida.no/. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2007. Besoek op 30 Mei 2007. - American Association for the Advancement of Science. Foreword. AAAS Atlas of Population & Environment. - Wilson, E.O. (2002). The Future of Life. - Page 21 Inside the human body: using scientific and exponential notation. Author: Greg Roza. Edition: Illustrated. Publisher: The Rosen Publishing Group, 2007. ISBN 1-4042-3362-8, ISBN 978-1-4042-3362-1. Length: 32pages - "Human Anatomy". Inner Body. Besoek op 6 Januarie 2013. - Parker-Pope, Tara (27 Oktober 2009). "The Human Body Is Built for Distance". The New York Times. - O'Neil, Dennis. "Humans". Primates. Palomar College. Besoek op 6 Januarie 2013. - John, Brenman. "What is the role of sweating glands in balancing body temperature when running a marathon?". Livestrong.com. Besoek op 6 Januarie 2013. - "Senior Citizens Do Shrink – Just One of the Body Changes of Aging". News. Senior Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2013. Besoek op 6 Januarie 2013. - (September 2003) “Rapid morphological change in living humans: implications for modern human origins”. Comparative Biochemistry and Physiology A 136 (1): 71–84. doi:10.1016/S1095-6433(02)00294-5. - "Human weight". Articleworld.org. Besoek op 10 Desember 2011. - "Mass Of An Adult". The Physics Factbook: An Encyclopedia of Scientific Essays. Besoek op 31 Desember 2017. - Kushner, Robert (2007). Treatment of the Obese Patient (Contemporary Endocrinology). Totowa, NJ: Humana Press. p. 158. ISBN 1-59745-400-1. Besoek op 5 April 2009. - (2000) “Obesity in anaesthesia and intensive care”. British Journal of Anaesthesia 85 (1): 91–108. doi:10.1093/bja/85.1.91. - Why Humans and Their Fur Parted Way by Nicholas Wade, New York Times, 19 Augustus 2003. - Kirchweger, Gina. "The Biology of Skin Color: Black and White". Evolution: Library. PBS. Besoek op 6 Januarie 2013. - Collins, Desmond (1976). The Human Revolution: From Ape to Artist. p. 208. - Therman, Eeva (1980). Human Chromosomes: Structure, Behavior, Effects. Springer US. pp. 112–24. ISBN 978-1-4684-0109-7. doi:10.1007/978-1-4684-0107-3. - (2010) “Between a chicken and a grape: estimating the number of human genes”. Genome Biology 11 (5). doi:10.1186/gb-2010-11-5-206. - (1998) “Genetic traces of ancient demography”. Proceedings of the National Academy of Sciences 95 (4): 1961–67. doi:10.1073/pnas.95.4.1961. - (1997) “Microsatellite diversity and the demographic history of modern humans”. Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America 94 (7): 3100–03. doi:10.1073/pnas.94.7.3100. - (2004) “Genetic variation, classification and 'race'”. Nature Genetics 36 (11 Suppl): S28–33. doi:10.1038/ng1435. - (2004) “Implications of biogeography of human populations for 'race' and medicine”. Nature Genetics 36 (11 Suppl): S21–7. doi:10.1038/ng1438. - "Mitochondrial DNA and human evolution", Nature 325 (6099): 31–36, 1987, doi:10.1038/325031a0, PMID 3025745, Bibcode: 1987Natur.325...31C - "Correcting for purifying selection: an improved human mitochondrial molecular clock", Am. J. Hum. Genet. 84 (6): 740–59, June 2009, doi:10.1016/j.ajhg.2009.05.001, PMID 19500773. University of Leeds – New 'molecular clock' aids dating of human migration history - (August 2013) “Sequencing Y chromosomes resolves discrepancy in time to common ancestor of males versus females”. Science 341 (6145): 562–65. doi:10.1126/science.1237619. - LaVelle, M. (1995). “Natural selection and developmental sexual variation in the human pelvis”. American Journal of Physical Anthropology 98 (1): 59–72. doi:10.1002/ajpa.1330980106. - (2005) “Sexual dimorphism in the human pelvis: testing a new hypothesis”. Homo 56 (2): 153–60. doi:10.1016/j.jchb.2005.05.003. - Rush, David (2000). “Nutrition and maternal mortality in the developing world”. American Journal of Clinical Nutrition 72 (1 Suppl): 212S–40S. - "Low Birthweight". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2007. Besoek op 30 Mei 2007. - Khor, G. (2003). “Update on the prevalence of malnutrition among children in Asia”. Nepal Medical College Journal 5 (2): 113–22. - Leakey, Richard; Lewin, Roger (1993). Origins Reconsidered: In Search of What Makes Us Human. New York City: Anchor Books. ISBN 978-0-385-46792-6. - Diamond, Jared (1997). Why is Sex Fun? The Evolution of Human Sexuality. New York City: Basic Books. pp. 167–70. ISBN 0-465-03127-7. - (2001) “Menopause: Adaptation or epiphenomenon?”. Evolutionary Anthropology 10 (2): 43–57. doi:10.1002/evan.1013. - Marziali, Carl (7 Desember 2010). "Reaching Toward the Fountain of Youth". USC Trojan Family Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2010. Besoek op 7 Desember 2010. - Kalben, Barbara Blatt (2002). "Why Men Die Younger: Causes of Mortality Differences by Sex". Society of Actuaries. - "CIA World Factbook – World entry". Central Intelligence Agency. Besoek op 5 Julie 2013. - "Human Development Report 2006," Geargiveer 11 Oktober 2007 op Wayback Machine United Nations Development Programme, bl. 363–66, 9 November 2006 - The World Factbook, U.S. Central Intelligence Agency. Besoek op 2 April 2005. - "U.N. Statistics on Population Ageing". United Nations. 28 Februarie 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2005. Besoek op 2 April 2005. - Maier, Heiner (2010). Supercentenarians. Heidelberg, Germany: Springer. p. 288. ISBN 978-3-642-11519-6. - Haenel H (1989). “Phylogenesis and nutrition”. Nahrung 33 (9): 867–87. - Cordain, Loren (2007). "Implications of Plio-pleistocene diets for modern humans". In Peter S. Ungar. Evolution of the human diet: the known, the unknown and the unknowable. pp. 264–65. - (2003) “Vegetarian Diets”. Journal of the American Dietetic Association 103 (6): 748–65. doi:10.1053/jada.2003.50142. - Cordain L (Februarie 2005). “Origins and evolution of the Western diet: health implications for the 21st century”. Am. J. Clin. Nutr. 81 (2): 341–54. - Ulijaszek SJ (November 2002). “Human eating behaviour in an evolutionary ecological context”. Proc Nutr Soc 61 (4): 517–26. doi:10.1079/PNS2002180. - Earliest agriculture in the Americas Earliest cultivation of barley Geargiveer 16 Februarie 2007 op Wayback Machine Earliest cultivation of figs. Besoek op 19 Februarie 2007 - United Nations Information Service. "Independent Expert On Effects Of Structural Adjustment, Special Rapporteur On Right To Food Present Reports: Commission Continues General Debate On Economic, Social And Cultural Rights" Geargiveer 27 Maart 2009 op Wayback Machine. United Nations, 29 Maart 2004, bl. 6. - (1997) “Global mortality, disability, and the contribution of risk factors: Global Burden of Disease Study”. Lancet 349 (9063): 1436–42. doi:10.1016/S0140-6736(96)07495-8. - (Oktober 2005) “Obesity”. Lancet 366 (9492): 1197–209. doi:10.1016/S0140-6736(05)67483-1. - Edwards, JH (June 1966). “Monozygotic twins of different sex”. Journal of Medical Genetics 3 (2): 117–23. doi:10.1136/jmg.3.2.117. - Machin, GA (Januarie 1996). “Some causes of genotypic and phenotypic discordance in monozygotic twin pairs”. American Journal of Medical Genetics 61 (3): 216–28. doi:<216::AID-AJMG5>3.0.CO;2-S 10.1002/(SICI)1096-8628(19960122)61:3<216::AID-AJMG5>3.0.CO;2-S. - (2006) “A geographically explicit genetic model of worldwide human-settlement history”. The American Journal of Human Genetics 79 (2): 230–37. doi:10.1086/505436. - (2005) “The use of racial, ethnic, and ancestral categories in human genetics research”. American Journal of Human Genetics 77 (4): 519–32. doi:10.1086/491747. - Dr. Shafer, Aaron. "Understanding Genetics". The Tech. Stanford University. Besoek op 13 Desember 2013. - "Genetic – Understanding Human Genetic Variation". Human Genetic Variation. National Institute of Health (NIH). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2013. Besoek op 13 Desember 2013. - "Human Diversity – Go Deeper". Power of an Illusion. PBS. Besoek op 6 Januarie 2013. - "Chimps show much greater genetic diversity than humans". Media. University of Oxford. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2013. Besoek op 13 Desember 2013. - Roberts, Dorothy (2011). Fatal Invention. Londen, New York: The New Press. - O'Neil, Dennis. "Human Biological Adaptability; Overview". Palomar College. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2013. Besoek op 6 Januarie 2013. - O'Neil, Dennis. "Adapting to Climate Extremes". Human Biological Adaptability. Palomar College. Besoek op 6 Januarie 2013. - de Beer H (2004). “Observations on the history of Dutch physical stature from the late-Middle Ages to the present”. Econ Hum Biol 2 (1): 45–55. doi:10.1016/j.ehb.2003.11.001. - Hedrick PW (2011). “Population genetics of malaria resistance in humans”. Heredity 107 (4): 283–304. doi:10.1038/hdy.2011.16. - Weatherall DJ (2008). “Genetic variation and susceptibility to infection: The red cell and malaria”. British Journal of Haematology 141 (3): 276–86. doi:10.1111/j.1365-2141.2008.07085.x. - (2003) “Gene-culture coevolution between cattle milk protein genes and human lactase genes”. Nat Genet 35: 311–13. doi:10.1038/ng1263. - Nina, Jablonski (2004). “The evolution of human skin and skin color”. Annual Review of Anthropology 33: 585–623. doi:10.1146/annurev.anthro.33.070203.143955. - (2004) “Genetic variation at the MC1R locus and the time since loss of human body hair”. Current Anthropology 45 (1): 105–08. doi:10.1086/381006. - Jablonski, N.G. & Chaplin, G. (2000). The evolution of human skin coloration Geargiveer 14 Januarie 2012 op Wayback Machine (pdf), 'Journal of Human Evolution 39: 57–106. - Birke, Lydia. The Gender and Science Reader ed. Muriel Lederman and Ingrid Bartsch. New York, Routledge, 2001. 306–22 - (2004) “Human size evolution: no allometric relationship between male and female stature”. Journal of Human Evolution 47 (4): 253–66. doi:10.1016/j.jhevol.2004.07.004. - Dominance and the evolution of sexual dimorphism in human voice pitch Puts, David Andrew and Gaulin, Steven J.C and Verdolini, Katherine; Evolution and Human Behavior, 1090-5138, 2006, Volume 27, Issue 4, bl. 283–96 - "Ogden et al (2004). Mean Body Weight, Height, and Body Mass Index, United States 1960–2002 Advance Data from Vital and Health Statistics, Number 347, 27 Oktober 2004." (PDF). Besoek op 27 Julie 2013. - "Gender Differences in Endurance Performance and Training". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 January 2010. - Alfred Glucksman (1981). Sexual Dimorphism in Human and Mammalian Biology and Pathology. Academic Press. pp. 66–75. ISBN 978-0-12-286960-0. OCLC 7831448. - Martin Daly; Margo Wilson (1996). "Evolutionary psychology and marital conflict". In David M. Buss & Neil M. Malamuth. Sex, Power, Conflict: Evolutionary and Feminist Perspectives. Oxford University Press. p. 13. ISBN 978-0-19-510357-1. - Christopher Ryan; Cacilda Jethá (2010). Sex at Dawn: The Prehistoric Origins of Modern Sexuality. Harper. ISBN 978-0-06-170780-3. - "The Science Behind the Human Genome Project". Human Genome Project. US Department of Energy. Besoek op 6 Januarie 2013. - O'Neil, Dennis. "Ethnicity and Race: Overview". Palomar College. Besoek op 6 Januarie 2013. - "Genetic – Understanding Human Genetic Variation". Human Genetic Variation. National Institute of Health (NIH). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2013. Besoek op 13 Desember 2013. - Goodman, Alan. "Interview with Alan Goodman". Race Power of and Illusion. PBS. Besoek op 6 Januarie 2013. - Marks, J. (2010) Ten facts about human variation. In: Human Evolutionary Biology, edited by M. Muehlenbein. New York: Cambridge University Press "Archived copy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 15 April 2012. Besoek op 5 September 2013. - (2000) “The distribution of human genetic diversity: a comparison of mitochondrial, autosomal, and Y-chromosome data”. American Journal of Human Genetics 66 (3): 979–88. doi:10.1086/302825. - "New Research Proves Single Origin Of Humans In Africa". Science Daily. 19 Julie 2007. Besoek op 5 September 2011. - (2007) “The effect of ancient population bottlenecks on human phenotypic variation”. Nature 448 (7151): 346–48. doi:10.1038/nature05951. - O'Neil, Dennis. "Adapting to High Altitude". Human Biological Adaptability. Palomar College. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2013. Besoek op 6 Januarie 2013. - O'Neil, Dennis. "Overview". Human Biological Adaptability. Palomar College. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2013. Besoek op 6 Januarie 2013. - O'Neil, Dennis. "Overview". Modern Human Variation. Palomar College. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2012. Besoek op 6 Januarie 2013. - Liu, James J.Y. The Chinese Knight Errant. London: Routledge and Kegan Paul, 1967 ISBN 0-226-48688-5. - 3-D Brain Anatomy, The Secret Life of the Brain, Public Broadcasting Service. Besoek op 3 April 2005. - (2010) “Problems associated with short sleep: bridging the gap between laboratory and epidemiological studies”. Sleep Medicine Reviews 14 (4): 239–47. doi:10.1016/j.smrv.2009.08.001. - P. Rochat (30 Oktober 1995). The Self in Infancy: Theory and Research. Elsevier. p. 4. ISBN 978-0-08-054263-8. Besoek op 28 Maart 2016. - Jack Palmer. "Consciousness and the Symbolic Universe". Besoek op 17 Maart 2006. - Haviland, Wiliam A.; Prins, Harald E.L.; McBride, Bunny; Walrath, Dana (2010). Cultural Anthropology: The Human Challenge. Belmont, California: Wadsworth/Cengage Learning. p. 82. ISBN 978-0-495-81082-7. - MobileReference (15 Desember 2009). The Illustrated Encyclopedia of North American Mammals. MobileReference. p. 601. Besoek op 10 Augustus 2013. - Buss, David M. (2003). The Evolution of Desire: Strategies of Human Mating. Revised Edition. New York City: Basic Books. ISBN 978-0-465-00802-5. - "World". The World Factbook. CIA. 17 Mei 2016. Besoek op 2 Oktober 2016. - "The World's Cities in 2016" (PDF). United Nations. Besoek op 16 Oktober 2017. - "Statistical Summaries". Ethnologue. Besoek op 10 December 2011. - "CIA – The World Factbook". Cia.gov. Besoek op 10 Desember 2011. - Comrie, Bernard; Polinsky, Maria; Matthews, Stephen (1996). The Atlas of Languages: The Origin and Development of Languages Throughout the World. New York City: Facts on File. pp. 13–15. ISBN 978-0-8160-3388-1. - J. Hutchinson & A.D. Smith (eds.), Oxford readers: Ethnicity (Oxford 1996), "Introduction" - Smith, Anthony D. (1999) Myths and Memories of the Nation. Oxford University Press. bl. 4–7 - (2007) “Max Weber on 'ethnic communities': a critique”. Nations and Nationalism 13 (1): 19–35. doi:10.1111/j.1469-8129.2007.00271.x. - Delanty, Gerard & Krishan Kumar (2006) The SAGE Handbook of Nations and Nationalism. SAGE. ISBN 1412901014 bl. 171 - Ronald Cohen 1978 "Ethnicity: Problem and Focus in Anthropology" in Annual Review of Anthropology 7: 383 Palo Alto: Stanford University Press - Thomas Hylland Eriksen (1993) Ethnicity and Nationalism: Anthropological Perspectives. London: Pluto Press - Schizzerotto, Antonio. "Social Stratification" (PDF). University of Trento. Besoek op 3 Julie 2017. - Ferguson, Niall. "The Next War of the World." Foreign Affairs, Sep./Okt. 2006 - (1994) “African Homo erectus: old radiometric ages and young Oldowan assemblages in the Middle Awash Valley, Ethiopia”. Science 264 (5167): 1907–10. doi:10.1126/science.8009220. - (2009) “30,000-year-old wild flax fibers”. Science 325 (5946). doi:10.1126/science.1175404. - Margo DeMello (2007). Encyclopedia of Body Adornment. ABC-CLIO. pp. 17–. ISBN 978-0-313-33695-9. Besoek op 6 April 2012. - "Evolutionary Religious Studies: A New Field of Scientific Inquiry". - Boyer, Pascal (2008). “Being human: Religion: bound to believe?”. Nature 455 (7216): 1038–39. doi:10.1038/4551038a. - (2003) “The psychology of religion”. Annual Review of Psychology 54 (1): 377–402. doi:10.1146/annurev.psych.54.101601.145024. - (2008) “Measuring religiousness in health research: review and critique”. Journal of Religion and Health 47 (2): 134–63. doi:10.1007/s10943-008-9165-2. - "Branches of Science" (PDF). University of Chicago. - "Science and Pseudo-Science". Stanford Encyclopedia of Philosophy. Besoek op 3 Julie 2017. Eksterne skakelsWysig - Argeologie: inligting - Homo sapiens – Smithsonian-instituut - Sien die menslike genoom by Ensembl - Menslike tydlyn (interaktief) – Smithsonian-instituur (Augustus 2016). - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mens. - Wikispecies het meer inligting verwant aan: Mens - Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir mens. - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:8f0ba621-3616-4595-a04b-8354a5bf0511>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Mens
2019-07-15T17:53:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00528.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999511
false
Hulp Kategorie:Lughawens in Amerika in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Geboue en strukture in Amerika Lughawens volgens kontinente Vervoer in Amerika } → Lughawens in Amerika Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. N ► Lughawens in Noord-Amerika (1 K) S ► Lughawens in Suid-Amerika (2 B) Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Lughawens_in_Amerika&oldid=1590490 " Kategorieë : Geboue en strukture in Amerika Vervoer in Amerika Lughawens volgens kontinente Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Asturianu Català Deutsch Español Lietuvių Türkçe اردو Wysig skakels Die bladsy is laas op 2 September 2017 om 23:01 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:da520dd4-d0ea-4e62-8854-a0017373c6a2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Lughawens_in_Amerika
2019-07-15T18:50:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00528.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998843
false
Ted Cassidy Ted Cassidy | | 'n Beeld van die betrokke persoonlikheid. | | Geboortenaam | Theodore Crawford Cassidy | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 2 | Beroep(e) | Akteur en skrywer | Aktiewe jare | 1964–1979 | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Ted Cassidy (31 Julie 1932 – 16 Januarie 1979) was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprent Butch Cassidy and the Sundance Kid (1969) en in die televisiereekse The Addams Family (1964), Star Trek (1966), en The Six Million Dollar Man (1974). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1969: Butch Cassidy and the Sundance Kid - 1972: Catch the Black Sunshine - 1973: The Harrad Experiment - 1974: Thunder County - 1975: Poor Pretty Eddie - 1975: The Intruder - 1977: The Great Balloon Race - 1981: Roar Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1963: McDonaldland - 1964: The Addams Family - 1966: Star Trek - 1966: Frankenstein, Jr. and the Impossibles - 1966: Space Ghost - 1967: Birdman - 1967: Super President - 1968: The New Adventures of Huckleberry Finn - 1973: The Addams Family - 1974: The Six Million Dollar Man - 1976: Tarzan, Lord of the Jungle - 1977: Space Sentinels - 1977: Captain Caveman and the Teen Angels - 1978: Challenge of the Superfriends - 1978: Fangface - 1978: Yogi's Space Race - 1978: Godzilla - 1978: Jana of the Jungle - 1978: The Fantastic Four - 1978: Dinky Dog Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1967: Jack and the Beanstalk - 1973: Genesis II - 1974: Planet Earth - 1978: Flintstones Little Big League - 1979: The Flintstones Meet Rockula and Frankenstone - 1982: Flash Gordon: The Greatest Adventure of All
<urn:uuid:8a7a604f-8346-4c05-a2d1-20141386360b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ted_Cassidy
2019-07-15T18:19:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00528.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.780394
false
Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016 Die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings van 2016 is op 3 Augustus 2016 in alle distrikte en Plaaslike Munisipaliteite van al 9 Suid-Afrikaanse provinsies gehou. Dit is op 6 April 2016 amptelik aangekondig.[1] Munisipale verkiesings word elke vyf jaar gehou en die vorige munisipale verkiesings is in 2011 gehou. Die munisipale verkiesings van 2016 het die lede van die distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipale rade verkies, wat op hulle beurt die burgemeesters van die munisipaliteite verkies het.[2] Inhoud Munisipale afbakeningWysig Suid-Afrika se Munisipale Afbakeningsraad het veranderinge aangekondig aan sekere wyksafbakenings en munisipale grense, na aanleiding van die vorige minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake Pravin Gordhan se voorstel oor die herindeling van munisipaliteite om hulle meer volhoubaar en finansieel lewensvatbaar te maak. Daar is tans 34 gevalle wat 90 munisipaliteite raak.[3] Die Demokratiese Alliansie het sterk kapsie gemaak daarteen, met LV James Selfe wat aangekondiging het dat die DA die Raad hof toe sal neem oor wat dit sê duidelik partygemotiveerde en irrasionele grensafbakenings is.[4] ResultateWysig Die regerende ANC was die grootste party en het 53,91% van die stemme op nasionale vlak behaal. Dit is 'n daling van die 62,93% wat die party in 2011 behaal het. Die DA was die tweede grootste met 26,90% wat hoër was as die 24,1% in 2011. Die Economic Freedom Fighters (EFF) het 8.19% in hul eerste munisipale verkiesing behaal. Die afname in ANC-ondersteuning was die belangrikste in stedelike gebiede, met die ANC wat vir die eerste keer sedert 1994 sy volstrekte meerderheid in 4 van die land se 8 metropolitaanse munisipaliteite verloor. Die ANC het Buffalo City, Mangaung en eThekwini behou, maar met verminderde meerderhede in Buffalo City en eThekwini. In die Stad van Johannesburg en Ekurhuleni het die ANC sy meerderheid verloor, maar 'n pluraliteit behou. Die DA het sy meerderheid in die Stad Kaapstad verhoog en het 'n pluraliteit in Tshwane- en Nelson Mandelabaai behaal, die eerste in metropolitaanse munisipaliteite buite die Wes-Kaap. Van die 4 metropolitaanse munisipaliteite met geen meerderheid, het die ANC Ekurhuleni deur 'n koalisie behou, terwyl die DA deur 'n koalisie beheer oor Nelson Mandelabaai verkry het en minderheidsregerings in Johannesburg en Tshwane gevorm het. VerwysingsWysig - ( ) "Mail & Guardian 6 April 2016 Zuma announces local government elections date". - ( ) "Electoral Commission: Introduction to 2016 Municipal Elections". www.elections.org.za. Besoek op 23 November 2015. - ( ) http://businesstech.co.za/news/government/97069/sa-municipal-boundaries-changed-ahead-of-2016-elections/ - ( ) http://www.timeslive.co.za/thetimes/2015/08/28/Boundary-battle-rages
<urn:uuid:a45d1017-5eb1-45b5-bc66-2b5eaca352f6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_munisipale_verkiesing_van_2016
2019-07-23T05:24:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00368.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999637
false
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie. Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy.
<urn:uuid:74950707-2991-4a44-9bf2-59b178348ef1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Barok
2019-07-23T05:49:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00368.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Hulp Bladsye wat na "Sjarmekwark" skakel ← Sjarmekwark Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Sjarmekwark : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Elektron ( ← skakels wysig ) Proton ( ← skakels wysig ) Neutron ( ← skakels wysig ) Lepton ( ← skakels wysig ) Gluon ( ← skakels wysig ) Hadron ( ← skakels wysig ) Nukleon ( ← skakels wysig ) Higgsboson ( ← skakels wysig ) Deeltjiefisika ( ← skakels wysig ) Kwark ( ← skakels wysig ) Standaardmodel ( ← skakels wysig ) Boson ( ← skakels wysig ) Elementêre deeltjie ( ← skakels wysig ) Foton ( ← skakels wysig ) Muon ( ← skakels wysig ) Ykboson ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Deeltjie ( ← skakels wysig ) Fermion ( ← skakels wysig ) Opkwark ( ← skakels wysig ) Afkwark ( ← skakels wysig ) Bokwark ( ← skakels wysig ) Onderkwark ( ← skakels wysig ) Sjarme-antikwark (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Subatomiese deeltjie ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Subatomiese deeltjie/doc ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Subatomiese deeltjie/skakel/sjarme-antikwark ( ← skakels wysig ) Anti-sjarme (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Vreemdkwark ( ← skakels wysig ) Tau (deeltjie) ( ← skakels wysig ) Elektronneutrino ( ← skakels wysig ) Muonneutrino ( ← skakels wysig ) Tauneutrino ( ← skakels wysig ) W- en Z-bosone ( ← skakels wysig ) Swak wisselwerking ( ← skakels wysig ) Lys van deeltjies ( ← skakels wysig ) Barion ( ← skakels wysig ) Meson ( ← skakels wysig ) Kaon ( ← skakels wysig ) Pion (deeltjie) ( ← skakels wysig ) Hiperon ( ← skakels wysig ) Kwarkonium ( ← skakels wysig ) S-deeltjie ( ← skakels wysig ) Gaugino ( ← skakels wysig ) Eksotiese hadron ( ← skakels wysig ) Eksotiese atoom ( ← skakels wysig ) Dikwark ( ← skakels wysig ) Dibarion ( ← skakels wysig ) Pentakwark ( ← skakels wysig ) Tetrakwark ( ← skakels wysig ) Gluonbal ( ← skakels wysig ) Subatomiese deeltjie ( ← skakels wysig ) Steriele neutrino ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Burgert Behr/Fisika ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Sjarmekwark " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:ffa9d179-e43f-4fe5-8b5a-67eef1ecf3d7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Sjarmekwark
2019-07-23T05:23:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00368.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999309
false
Kriptografie Kriptografie (vanuit Grieks kryptòs, "Weggesteek", en gràphein, "om te skryf") is tradisioneel, die studie van tegnieke om inligting vanaf die normale leesbare formaat na 'n formaat om te skakel wat vir ongewenste partye wat mag toegang verkry tot die kommunikasiekanaal, onverstaanbaar te maak. Verder word gepoog om dit so moeilik as moontlik te maak om te ontsyfer sonder die geheime kennis (sleutel) wat as invoer tot die ontsyferingsalgoritme dien. In die verlede is kriptografie ingespan om geheimhouding tydens strategies belangrike kommunikasie te verseker (tipies kommunikasie van spioene, militêre leiers, en diplomate). In die laaste paar dekades van die 20ste eeu het die toepassing van kriptografie uitgebrei na die versekering van ander partye se identiteit soos met digitale handtekeninge en digitale kontant. Verder is kriptografie meer en meer ingespan om burgerlikes se privaatheid te beskerm. Dikwels is die tegnologie ingebou in die infrastruktuur vir rekenaar- en telekommunikasie en is die gebruikers nie eers bewus van die gebruik daarvan nie. Kripto-analise is die studieveld wat hom bemoei met die metodes om kriptografie te ontsyfer. Kripto-analise en kriptografie word dikwels saam gegroepeer onder die omvattende term kriptologie wat dus al die fasette van die vakgebied beslaan. In praktyk word "kriptografie" egter ook gebruik wanneer daar na dié vakgebied in sy geheel verwys word. Kriptografie is 'n interdissiplinêre vak wat ontleen uit vele ander studievelde. Voor die ontstaan van rekenaars was dit gewoonlik nou verbind met taalkunde. Deesdae het die klem na die tegniese aspekte van die wiskunde verskuif, veral getalleteorie, inligtingsteorie, berekende kompleksiteit, statistiek en diskrete wiskunde. Verwante studievelde is steganografie — die studie van die verbloeming van die bestaan van 'n boodskap, waar daar gekonsentreer word op tegnieke om die bestaan van boodskappe te versteek eerder as om inhoud te verander (bv. microdots, of onsigbare ink — en verkeersanalise, wat die analise van kommunikasiepatrone, om geheime inligting te ontsyfer, behels. Inhoud TerminologieWysig Die oorspronklike inligting wat beskerm moet word deur kriptografie word klare teks (Engels: plaintext) genoem. Versluiering (Engels:Encryption) is die proses om die klare teks na 'n onleesbare vorm ook syferteks of soms syfergram genoem, om te skakel. Ontsyfering (Engels:Decryption) is die omgekeerde proses wat dan die omskakeling van die syferteks na klare teks toe, behels. 'n Syferkode is die algoritme vir versluiering en ontsyfering. Die syferkode word normaalweg deur 'n sleutel beheer — 'n geheime stukkie inligting wat bepaal hoe die syferteks geskep word. Die protokol spesifiseer die besonderhede van hoe die syferkodes gebruik moet word om die taak te verrig. In alledaagse taal word 'n geheime "kode" en "syferkodes" dikwels in 'n sinonieme verband gebruik. In kriptografie het die term egter 'n spesiale tegniese betekenis: 'n Geheime kode is 'n metode wat gebruik word in klassieke kriptografie waar kodewoorde die klare teks vervang (bv. "Lekker braai" vervang "Val aan met eerste lig"). Klassieke syferkode vervang of herrangskik individuele letters volgens 'n algoritme (bv. "val aan met eerste lig" word nou "bsd vvd ssf klarde ddo" deur vervanging). Die geheime inligting in 'n kode word gespesifiseer deur 'n kodeboek. Kripto-analiseWysig 'n Kripto-analis kan as die natuurlike vyand van die Kriptograaf gesien word. Die rolle is egter aanvullend aangesien dit nodig is om kripto-analise te verstaan om veilige kriptografie te kan skep. Daar bestaan 'n wye verskeidenheid kripto-analitiese aanvalsmetodes: 'n Belangrike onderskeid wat getref kan word draai rondom watter kennis die aanvaller kan bekom en wat hy kan doen om meer geheime inligting te verkry, bv. het die kripto-analis toegang tot die syferteks? Het hy of kan hy van die gewone teks raai? Kan hy kies om klare teks te laat versluier volgens dieselfde algoritme en sodoende die wiskundige verband tussen die gewone teks en syferteks vas te stel? Indien 'n kriptografiese stelsel 'n sleutel of sleutelwoord gebruik is dit vatbaar vir 'n uitgebreide soektog metode en is tipies die swakste skakel in sodanige stelsels. Geskiedenis van kriptografieWysig Kriptografie het 'n lang en kleurvolle geskiedenis. Die vroegste vorms van geheimskrif het slegs 'n pen en papier vereis. Vroeg in die twintigste eeu is verskeie masjiene ontwerp om die versluiering van inligting moontlik te maak wat die rotor tipe masjiene soos die bekende Enigma wat in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, insluit. Die syferkode wat deur hierdie tipe masjiene teweeg gebring is, het kripto-analise baie ingewikkelder gemaak. Die Enigma se kode is byvoorbeeld eers ontsyfer na 'n intensiewe poging en nadat 'n masjien gekonfiskeer is. Met die aanvang van digitale rekenaars en elektronika, kon baie komplekse syferkodes geïmplementeer word. Omdat rekenaars met binêre kombinasies werk en nie slegs afhanklik is van die 26 letters van die alfabet wat tipes in die meganiese syfermasjiene gebruik is nie, bied die syferkode meer weerstand teen kripto-analitiese aanvalle. Uitgebreide akademiese navorsing na moderne kriptografie het eers onlangs begin — Die algemene publiek het eers begin deelneem met die spesifikasie van die DES en die ontwikkeling van die RSA. Baie vooruitgang in die vakgebied het sedertdien plaasgevind en vandag is kriptografie 'n tegnologie waarop miljoene mense staatmaak vir kommunikasie op die internet asook selfone. Sien ookWysig - en:Topics in cryptography — an analytical list of articles and terms. - en:Books on cryptography — an annotated list of suggested readings. - en:List of cryptographers — an annotated list of cryptographers. - Important publications in cryptography — some cryptography papers in computer science. - en:List of cryptography topics — an alphabetical list of cryptography articles. Eksterne skakelsWysig - Helger's cryptography pointers - RSA Laboratories' FAQ About today's cryptography essentially elementary coverage - sci.crypt mini-FAQ (more recent) - Savard's glossary an extensive and detailed view of cryptographic history with emphasis on crypto devices - Open source project CrypTool - Exhaustive educational tool about cryptography and cryptanalysis, freeware.
<urn:uuid:ca681963-90dd-4877-975d-0065368e02c8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kriptografie
2019-07-15T17:58:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00552.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999919
false
Troyeville Troyeville | | 'n Woonstelblok in Troyeville | | Troyeville se ligging in Gauteng Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Gauteng | Munisipaliteit | Stad Johannesburg | Oppervlak[1] | | - Voorstad | 0,61 km² (0,2 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Voorstad | 4 154 | - Digtheid | 6 810/km² (17 637,8/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 3.2% | • Indiër/Asiër | 2.2% | • Kleurling | 4.1% | • Swart | 89.1% | • Ander | 1.3% | Taal (2011)[1] | | • Zoeloe | 28.7% | • Engels | 13.5% | • Xhosa | 7.1% | • Sotho | 5.3% | • Ander | 45.4% | Skakelkode(s) | 011 | Inhoud OntstaanWysig Troyeville is sowat 2 km oos van Johannesburg se stadsaal geleë. Dis een van die Goudstad se oudste voorstede en in 1891 aangelê deur Van Boeschoten en Lorentz, agente vir Barend Bezuidenhout van die plaas Doornfontein, en deur Lubbers, ’n Johannesburgse prokureur. Die landmeter was G.A. Troye, wat sy naam aan Troyeville sowel as aan Troyestraat gegee het. Troyeville se strate ontleen hul name aan dié van die vroue en dogters van die Lubbers- en Lorentz-families: Jacoba, Cornelia, Eleanor, ens. Wilhelminastraat is in 1894 genoem na prinses Wilhelmina van Nederland. StadsbeplanningWysig Die uitleg van die voorstad word beskryf as "een van die swakste voorbeelde van die roosterplan". Die straatblokke is almal reghoekig, sonder enige inagname van die natuurlike kontoere van die omgewing. Steil strate soos Appoloniastraat loop reguit op teen ’n heuwel, terwyl dit geleidelik daarteen kon uitgeloop het. Voor spoelriolering aangebring is, het die nagvuilwaens wat deur muile getrek is groot moeite gehad om die steiltes uit te kom, en wanneer hulle vol en swaar was, was die afdraande gevaarlik omdat hul remme nie die swaar vrag kon bestendig nie. Die afwesigheid van enige wetenskaplike beplanning van voorstede soos Troyeville, Bertrams en Lorentzville was weens die geweldige druk van die snelgroeiende bevolking van Johannesburg. In die jare 1887–1897 het grondeienaars voorstede so gou moontlik aangelê met die enigste doel voor oë om soveel moontlik erwe in elke gebied in te druk. Geen parkies of speelterreine is voorsien nie. Dié siellose voorstede, as aaklige voorbeelde van wat nie gedoen behoort te word nie, het ten minste daartoe bygedra om ’n halfeeu later ’n bewustheid aan te wakker van die noodsaaklikheid van behoorlike stadsbeplanning. Afrikaanse gemeenskapWysig Troyeville het vroeër jare 'n groterige Afrikaanse gemeenskap gehuisves. Volgens die munisipale kieserslys was hier in 1934 304 Afrikaanse kiesers en 2 097 Engelse. IN1949 was dit 1 179 Afrikaans eb 2 075 Engels, maar teen 1961 het die Afrikaanse kiesers effens teruggesak tot 1 067 en die Engelse kiesers amper halveer tot net 1 111. Troyeville was die tuiste van 'n kerk van elk van die drie Afrikaanse Susterkerke. Die NG gemeente Jeppestown (1897) was op die grens tussen Fairview en Troyeville op die hoek van Corrie- en Op De Bergenstraat. Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos (1930) se kerkgebou was om die hoek in Prinsesstraat en dié van die Hervormde gemeente Kensington (1929) drie straatblokke wes in Andriesstraat. Die NG gemeente het in 1992 met Malvern saamgesmelt, die Gereformeerde kerk het in 1986 deel geword van die gemeente Johannesburg en die Hervormde gemeente het in 2001 ontbind en die handjievol lidmate ingeskakel by die gemeente Johannesburg-Suid. Ook die plaaslike Afrikaanse laerskool, Johan Rissik, het ophou bestaan toe dit einde 1991 gesluit het en leerlinge begin 1992 oorgegaan het na die Laerskool Kensington, wat intussen verengels het. FotogaleryWysig BronneWysig - ( Potgieter, D.J. (ed.) 1974. ) Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 10. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
<urn:uuid:388924aa-d397-49e2-8eae-e814b5d1001f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Troyeville
2019-07-15T18:21:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00552.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999901
false
Rooikopwewer Die Rooikopwewer (Anaplectes melanotis) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël in boomveld, savanne en tuine. Hulle broei in 'n nes met dun wande en 'n baie lang ingangstonnel wat aan takke of drade hang. Die voël is monogaam, is 14 cm groot en weeg 17 - 26 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red-headed Weaver. Rooikopwewer | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Mannetjie A. r. rubriceps in Suid-Afrika | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Anaplectes rubriceps (Sundevall, 1850) | Sien ookWysig BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Anaplectes rubriceps". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:7f583cea-d931-4aef-8831-bfb488fa0f13>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Anaplectes_melanotis
2019-07-17T00:16:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00152.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.985879
false
Boekbronne Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:50e00368-1dcd-4848-afe5-645cd6e7c46a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0-7623-1181-9
2019-07-17T01:18:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00152.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Kategorie:Christelike sendings Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Missionaries. | Wikimedia Commons bevat media in verband met Missionaries. |
<urn:uuid:2518c914-b56a-4a99-b296-9e27893adbc9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Christelike_sendings
2019-07-19T10:37:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00472.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.702141
false
Sjabloon:Gebruiker be in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search be Беларуская мова — родная мова гэтага ўдзельніка ці гэтай удзельніцы. Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Gebruiker_be&oldid=1226238 " Kategorie : Babelsjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Acèh Alemannisch العربية Asturianu Azərbaycanca Башҡортса Boarisch Беларуская Беларуская (тарашкевіца) Brezhoneg Bosanski Буряад کوردی Словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ Чӑвашла Dansk Deutsch Dolnoserbski English Esperanto Euskara فارسی Suomi Français Galego Avañe'ẽ Hrvatski Hornjoserbsce Bahasa Indonesia Italiano 日本語 Адыгэбзэ Қазақша 한국어 Коми Ladino Limburgs Lietuvių Latgaļu Latviešu Мокшень Malagasy Македонски Malti Эрзянь Nederlands Norsk Diné bizaad Occitan Polski Português Română Русский Русиньскый संस्कृतम् Simple English Slovenčina Slovenščina Shqip Kiswahili Татарча/tatarça Українська Oʻzbekcha/ўзбекча Volapük Walon 中文 粵語 Wysig skakels Die bladsy is laas op 25 Desember 2013 om 19:16 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:da7fc048-2ed1-4fc7-94cd-cdc9033c5a69>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Gebruiker_be
2019-07-20T18:08:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00072.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.951163
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Gekoördineerde Universele Tyd (wysig) Wysiging soos op 00:33, 16 Junie 2011 20 grepe bygevoeg , 8 jaar gelede k robot Verander: nah:Tlatēcpānalli cemānāhuaccāhuitl [[ml:അന്താരാഷ്ട്രസമയക്രമം]] [[ms:Waktu Semesta Berkoordinat]] [[nah:Tlatēcpānalli cemānāhuaccāhuitl]] [[nah:Cemanahuacahuitl]] [[nds-nl:UTC]] [[ne:समन्वित विश्व समय]] Xqbot 47 517 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/791844 "
<urn:uuid:07acee2d-5091-4167-b3bd-ec3c409556f1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/791844
2019-07-21T23:08:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.874902
false
Gebruiker:BenBezuidenhout/Woordeboek Duits-Afrikaans lande < Gebruiker:BenBezuidenhout(Aangestuur vanaf Gebruiker:Africa South/Woordeboek Duits-Afrikaans lande) Jump to navigation Jump to search A[wysig | wysig bron] - Albanien : Albanië B[wysig | wysig bron] C[wysig | wysig bron] D[wysig | wysig bron] E[wysig | wysig bron] - Estland : Estland F[wysig | wysig bron] G[wysig | wysig bron] - Gabun : Gaboen H[wysig | wysig bron] I[wysig | wysig bron] J[wysig | wysig bron] K[wysig | wysig bron] - Kanada : Kanada L[wysig | wysig bron] - Luxemburg : Luxemburg M[wysig | wysig bron] - Malta : Malta N[wysig | wysig bron] O[wysig | wysig bron] - Österreich : Oostenryk P[wysig | wysig bron] - Polen : Pole Q[wysig | wysig bron] R[wysig | wysig bron] S[wysig | wysig bron] - Sambia : Zambië - Schweden : Swede - Senegal : Senegal - Simbabwe : Zimbabwe - Spanien : Spanje - Südafrika : Suid-Afrika - Sudan: Soedan T[wysig | wysig bron] U[wysig | wysig bron] - Ungarn : Hongarye V[wysig | wysig bron] - Vereinigten Staaten von Amerika : Verenigde State van Amerika W[wysig | wysig bron] - Weißrussland : Wit-Rusland
<urn:uuid:77e3c991-d926-4f2b-8475-49ef3488c7e8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Africa_South/Woordeboek_Duits-Afrikaans_lande
2019-07-21T23:40:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996219
false
Gunther von Hagens Gunther von Hagens | | Von Hagens in Keulen, 2000 Geboortenaam | Gunther Gerhard Liebchen | ---|---| Gebore | 10 Januarie 1943 Skalmierzyce, Kalisz, Pole | Nasionaliteit | Duits | Beroep | Ontleedkundige | Bekend vir | Liggaamswêrelde-tentoonstellings (Body Worlds) Plastinasie | Huweliksmaat | Angelina Whalley[1] | Inhoud Vroeë lewe[wysig | wysig bron] Von Hagens is gebore as Gunther Gerhard Liebchen in Skalmierzyce (toe Alt-Skalden) naby Kalisz, Ryksgou Wartheland in sentraal-Pole. Toe hy vyf dae oud was het sy ouers uit Pole weggetrek om die dreigende Sowjetbesetting vry te spring. Sy vader, Gerhard Liebchen het as kok gewerk in die Schutzstaffel.[2] Von Hagens het in Oos-Duitsland grootgeword. Sy gesin het vir ’n kort rukkie in Berlyn en omgewing gewoon voordat hulle in Greiz, ’n klein dorp waar Von Hagens gewoon het tot hy negentien was, gevestig het. As kind het Von Hagens aan hemofilie gely en ses maande in die hospitaal deurgebring nadat hy ’n besering opgedoen het. Hier is sy belangstelling in die mediese wetenskap geprikkel en in 1965 het hy aan die Universiteit van Jena met mediese studies begin. Terwyl hy daar was het hy kommunisme en sosialisme begin bevraagteken en sy politieke kennis begin verbreed deur inligting van nie-kommunistiese nuusbronne in te samel. Hy het deelgeneem aan studenteprotesoptogte teen die inval van Tsjeggoslowakye deur troepe van die Warskouverdrag. In Januarie 1969 het Von Hagens homself voorgedoen as ’n student op vakansie en vir Bulgarye na Hongarye gegaan waar hy op 8 Januarie probeer het om die grens na Oostenryk oor te steek. Hy het misluk maar die volgende dag het hy by ’n ander plek op die grens weer probeer.[3] Hy is gearresteer en tot twee jaar tronkstraf gevonnis.[4] Loopbaan[wysig | wysig bron] Von Hagens het vir 22 jaar aan die Universiteit in die Institute vir Anatomie en Patologie gedoseer.[6] Von Hagens het bekendheid verwerf vir sy tegniek van plastinasie, wat hy in 1977 ontwikkel het en die volgende jaar laat patenteer het.[7][8] Hy het gevolglik die tegniek verder ontwikkel en die Instituut vir Plastinasie in 1993 in Heidelberg gestig. Hy is sedert 1996 ’n gasprofessor in Dalian, China, waar hy aan die stuur van ’n plastinasiesentrum is. Hy is ook die direkteur van ’n plastinasiesentrum aan die Nasionale Mediese Akademie in Bisjkek, Kirgisië. Sedert 2004 is hy ’n gasprofessor aan die New York Universiteit se Kollege vir Tandheelkunde.[9] Vir die eerste 20 jaar is plastinasie gebruik om klein proefstukke vir mediese studie te preserveer. Dit was eers in die vroeë 1990’s wat die toerusting ontwikkel is wat dit moontlik maak om volledige liggame te plastineer. Só ’n liggaam kan tot 1,500 ure neem om voor te berei.[10] Die eerste uitstalling van volledige liggame is in 1995 in Japan gehou. Oor die volgende twee jaar het Von Hagens die Liggaamswêrelde-tentoonstelling ontwikkel waar menslike liggame in lewensgetroue houdings geposeer word en gedissekteer is om verskeie strukture en stelsels van die menslike anatomie aan te dui. Sedertdien was dit reeds by 50 stede wêreldwyd. Geloofsgroepe, insluitend verteenwoordigers van die Katolieke Kerk[11] en sommige Rabbi’s het die tentoonstelling van menslike oorskot teengestaan en gesê dat dit nie die menslike liggaam eerbiedig nie. Die tentoonstelling, en Von Hagen se gevolglike tentoonstellings Liggaamswêrelde 2, 3 en 4 het wêreldwyd meer as 26 miljoen besoekers gelok.[12] Om die proefstukke vir die Liggaamswêrelde-tentoonstelling te vervaardig, is daar 340 mense wat in vyf laboratoria in vier verskillende lande werk. Elke laboratorium is gekategoriseer volgens kundigheid, met die laboratorium in China wat fokus op dierproefstukke. Die kameelperd[13] wat in Liggaamswêrelde 3 & die Storie van die Hart verskyn het, was een van die moeilikste proefstukke om te skep. Die kameelperd het drie jaar geneem om te voltooi – 10 keer langer as wat dit vat om ’n menslike liggaam voor te berei. Tien mense was nodig om die kameelperd te verskuif omdat die proefstuk se finale gewig, net soos alle ander proefstukke na plastinasie, gelyk was aan die oorspronklike gewig.[14] Von Hagens het nuwe liggaamsegmenteringsmetodes ontwikkel wat baie dun skywe voortbring, wat daarna geplastineer kan word. Die skywe kan gebruik word vir atudies in anatomie. Hy is ook besig om soortgelyke tegnieke vir groter proefstukke soos ’n olifant te ontwikkel. Hy werk in ’n versteekte laboratorium met die ingang agter ’n verskuifbare stel trappe, waar hy sy nuutste plastinasietegnieke ontwikkel het.[15] Persoonlike lewe[wysig | wysig bron] Von Hagens is ’n ateïs.[16] Hy is getroud met Angelina Whalley, die Kunsregisseur van die Liggaamswêrelde-tentoonstellings.[1] Hy het drie kinders van sy eerste huwelik en het ook die agternaam Von Hagens, sy eerste vrou se achternaam, behou. Wanneer hy in die openbaar verskyn, selfs wanneer hy anatomiese ontledings doen, dra hy ’n swart duikhoed (’n verwysing na die hoed wat gedra is in Die anatomiese les van Dr. Nicolaes Tulp deur Rembrandt). Von Hagens het genoem dat sy uiteindelike doelwit is om ’n “Mensmuseum” te stig waar uitstallings van menslike anatomie permanent vertoon kan word. Hy het ook gesê dat hy na sy dood beplan om geplatineerde skywe van sy liggaam aan verskeie universiteite te skenk, sodat hy in die dood by verskeie plekke nog opleiding kan gee. Hy kan dit nie doen terwyl hy lewe nie.[15] In Januarie 2012 het hy aangekondig dat hy aan Parkinson se siekte ly en dat sy vrou na sy dood sy liggaam sal plastineer en die bewaarde liggaam sal uitstal as deel van die Liggaamswêrelde-tentoonstellings.[17] Kontroversie[wysig | wysig bron] In 2002 het Von Hagens die eerste openbare outopsie in die VK in 170 jaar uitgevoer voor ’n uitverkoopte gehoor van 500 mense in ’n teater in Londen.[18] Voor die outopsie het Von Hagens ’n brief van Haar Majesteit se Inspekteur van Anatomie, die Britse regeringsamptenaar wat verantwoordelik is vir die regulering van die opvoedkundige gebruik van kadavers, ontvang. Die brief het Von Hagens gewaarsku dat die uitvoer van ’n openbare outopsie ’n kriminele oortreding sou wees volgens die Wet op Anatomie van 1984. Lede van die Metropolitaanse Polisie het die vertoning bygewoon maar hulle het nie ingetree nie en die ontleding het in totaliteit voortgegaan. Die outopsie is in November 2002 op die VK se Channel 4 gebeeldsend; dit het 130 klagtes (’n rekordaantal klagtes by die Office of Communications) tot gevolg gehad, maar die Onafhanklike Televisiekommissie het beslis dat die program nie sensasiesoekend was nie en dat dit nie die uitsaaireëls gebreek het nie.[19] In 2003 het die televisie vervaardigingsmaatskappy Mentorn ’n dokumentêr genaamd Futurehuman voorgestel waarin Von Hagens ’n reeks veranderinge op ’n lyk sou aanbring om ‘verbeteringe’ aan die menslike anatomie te demonstreer. Die kontroversie het ontstaan toe die maatskappe en Von Hagens vir iemand wat terminaal siek was, gevra het om sy liggaam vir die projek te skenk. Die dokumentêr is afgelas nadat die liggaamskenker onttrek het.[20] In Februarie 2004 het die Duitse Süddeutsche Zeitung het vroeëre berigte van die Duitse televisiestasie ARD bevestig dat Von Hagens ’n eenmalige betaling en lewenslange pensioen aan Aleksander Sizonenko gebied het indien hy sou instem om sy liggaam aan die Instituut van Plastinasie te skenk wanneer hy sou doodgaan. Sizonenko, een van die langste mense in die wêreld (2.48 m) en voormalige basketbalspeler vir die Sowjetunie, het gesondheidsprobleme gehad tot sy dood in Januarie 2012. Hy het nie die aanbod aanvaar nie.[21] Na verskeie wetlike uitdagings vir die Liggaamswêrelde-tentoonstelling in Duitsland het Von Hagens in die somer van 2004 aangekondig dat dit die land sou verlaat. Van 2004 af het die tentoonstelling deur Noord-Amerika getoer en in 2007 na Europa teruggekeer met ’n tentoonstelling in Manchester, VK. Dit het in 2011 in Kopenhagen geëindig.[22] Verskynings op televisie[wysig | wysig bron] In 2005 het Channel 4 vier programme getiteld Anatomie vir Beginners gebeeldsend waarin Von Hagens en John Lee, ’n professor in patologie, ’n aantal kadawers ontleed het en die struktuur en funksie van baie liggaamsdele bespreek het.[23] ’n Vierdelige opvolgreeks getiteld Outopsie: Lewe en Dood is in 2006 op Channel 4 uitgesaai waarin Von Hagens en Lee algemene dodelike siektes (kwessies met bloedsomloop, kanker, vergiftiging weens orgaanversaking en ouderdom) bespreek het met behulp van ontledings.[24] In November 2007 is nog ’n reeks van 3 programme gebeeldsend getiteld Outopsie: Noodeenheid,[25] wat toon wat gebeur wanneer die liggaam beseer is. Die Britse Rooikruis was deel van hierdie programme.[26] Op Paassondag van 2012 het Channel 4 ’n program getiteld Kruisiging uitgesaai waarin Von Hagens sy interpretasie van die kruisiging van Jesus geskep het. Die dokumentêre prent het die ikoniese kruisbeeld ondersoek. ’n Aantal skenkers is gebruik vir die plastinasie van bloedvate om die hoofstruktuur van die liggaam te skep. Aan die einde van die program het Von Hagens gesê dat hy nie verwag om die voltooide werk te sien nie as gevolg van sy swak gesondheid. Wetlike beskuldigings[wysig | wysig bron] In 2002 is daar met regstappe teen ’n senior patoloog en lykskouer in Siberië gebring wat betrekking gehou het met ’n versending van 56 lyke na Heidelberg. Die polisie het volgehou dat die lykskouer in Nowosibirsk, Wladimir Nowosilof, die lyke op ’n onwettige wyse aan kopers buite Rusland verkoop het. Von Hagens is nie aangekla in die saak nie maar is geroep om teen Nowosilof te getuig.[27] Die owerhede het die versending gestop en die ooreenkoms tussen Nowosibirsk en Von Hagens is beëindig.[28] In Oktober 2003 het ’n parlementêre komitee in Kirgisië aanklagte ondersoek dat Von Hagens ’n paar honderd lyke van tronken, sielkundige inrigtings en hospitale in Kirgisië ontvang en geplastineer het sonder vooraf kennisgewing aan die families. Von Hagens het self tydens die vergadering getuig dat hy nege lyke van Kirgisiese hospitale ontvang het en, geen van die lyke in die Liggaamswêrelde-tentoonstellings gebruik is nie en dat hy nie betrokke by of verantwoordelik was vir die kennisgewing aan die families nie.[29] In 2003 het ’n diereregtegroep ’n klag aanhangig gemaak en beweer dat Von Hagens nie die korrecte papiere gehad het vir die plastinasie van ’n gorilla nie.[30] Hy het die kadawer van die Hanover-dieretuin, waar die dier dood is, ontvang[30] Duitse overheden het aangedring op die verwydering van die gorilla by die 2004-tentoonstelling in Frankfurt maar Von Hagens het ’n hofsaak gewen en die geplastineerde gorilla is teruggebring. In 2003 het die Universiteit van Heidelberg ’n kriminele klag teen Von Hagens gelê en beweer dat Von Hagens homself verkeerdelik voorgedoen het as ’n professor aan ’n Duitse universiteit in ’n Chinese dokument en dat hy nie die oorsprong van sy titel in Duitsland kon verklaar nie. Na ’n hofsaak in Maart 2004 is hy ’n boete opgelê. Op 25 April 2005 is ’n deur ’n Heidelbergse hof ’n boete van €108,000 (gelykstaande aan ’n 90-dae tronkstraf soos deur die hof uitgewerk) opgelê op een aanklag van die gebruik van ’n akademiese titel waarop hy nie geregtig was nie. Hy is op vier ander klagte vrygespreek. Von Hagens het appèl aangeteken en in September 2006 is sy vonnis versag na ’n opgeskorte boete van €50,000, wat nie in Duitsland beskou word as ’n vorige skuldigbevinding nie.[31] In 2007 is die klag van die misbruik van ’n titel uiteindelik deur die Federale Geregshof van Duitsland in Karlsruhe.[32] Von Hagens is ’n gasprofessor aan die Dalian Mediese Universiteit en ’n ereprofessor aan die Krigisiese Nasionale Mediese Akademie. Hy is ook ’n gasprofessor aan die New York Universiteit se Kollege vir Tandheelkunde.[9] In Januarie 2004 het die Duitse tydskrif Der Spiegel berig dat Von Hagens lyke van tereggestelde gevangenes in China gekry het; hy het dit beveg deur te sê dat hy nie geweet het wat die oorsprong van die lyke was nie en dat hy verskeie van die omstrede lyke gekremeer het. Duitse aanklaers het geweier om ’n klag te lê en Von Hagens het in Maart ’n tussentydse bevel teen Der Spiegel in gekry wat die tydskrif verhoed het om te beweer dat Liggaamswêrelde die liggame van tereggestelde gevangenes aanhou.[29] Patente[wysig | wysig bron] - ( ) Amerikaanse Patent 4 205 059 Dier- en plantweefsel permanent gepreserveer deur sintetiese harsdeurdrenking, ingedien November 1977, uitgereik Mei 1980 - ( ) Amerikaanse Patent 4 278 701 Dier- en plantweefsel permanent gepreserveer deur sintetiese harsdeurdrenking, ingedien November 1979, uitgereik Julie 1981 - ( ) Amerikaanse Patent 4 320 157 Metode vir die preservering van groot dele van biologiese weefsel met polimere, ingedien Augustus 1980, uitgereik Maart 1982 Verderel leesstof[wysig | wysig bron] - ( Whalley, Angelina (2005). Verlegging van grense: ontmoetinge met Liggaamswêrelde-skepper Gunther von Hagens. Arts & Sciences. ) ISBN 3-937256-07-5. - ( Whalley, Angelina; Franz Josef Wetz (2005). Verlegging van grense: ontmoetinge met Gunther von Hagens (in Duits). Heidelberg: Arts & Sciences. ) ISBN 3-937256-01-6. OCLC 70873993. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help) - ( Von Hagens, Gunther; Angelina Whalley (2007). Liggaamswêrelde die anatomiese tentoonstelling van regte menslike liggame. Arts & Sciences. ) ISBN 3-937256-04-0. OCLC 300398359. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help) - ( Von Hagens, Gunther (17 November 2003). ) "Geen skedels om weg te steek – Feite, agtergrond en gevolgtrekkings" (PDF). - ( Wetz, Franz Josef; Brigitte Tag (2001). Mooi nuwe Liggaamswêrelde: die kontroversie oor die tentoonstelling (in Duits). Stuttgart: Klett-Cotta. ) ISBN 3-608-94311-0. OCLC 47118365. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help) - ( da Fonseca, Liselotte Hermes (1999). “Wasfiguur-Mens-Plastinaat. Oor die onverdraagbare karakter van sien, benaming en kennis” (in German). Deutsche Vierteljahrsschrift für Literaturwissenschaft und Geistesgeschichte 73 (1): 43–68. ) - ( Doms, Misia Sophia (2002). “ ) Die tentoonstelling “Liggaamswêrelde” en die gebruik van die eindige liggaamlikheid” (in Duits). Volkskunde in Rheinland-Pfalz 17 (1): 62–108. - ( Da Fonseca, Liselotte Hermes; Thomas Kliche (2007). “ ) Verleidelike liggame – verbode verval. “Liggaamswêrelde” as belangrike sosiale gebeurtenis. Perspektiewe Politiese Sielkunde” (in Duits). Deutsches Ärzteblatt 104 (38). - ( Kleinschmidt, Nina; Henri Wagner (2000). Eindelik onsterflik?: Gunther von Hagens – Skepper van die Liggaamswêrelde (in Duits). Lübbe. ) ISBN 3-404-60493-8. OCLC 47712310. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help) - ( Peuker, Torsten; Christian Schulz (2004). ) Dit stop by niks. Gunther von Hagens en sy “Liggaamswêrelde” (in Duits). Berlin: Links. ISBN 978-3-86153-332-0. OCLC 57066637. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help) Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) Body Worlds (2008). "Dr. Angelina Whalley". Persberig. http://www.bodyworlds.com/Downloads/englisch/Media/Press%20Kit/Kit%20BW4%20MAN/10_AngelinaWhalley_mosi_0408.pdf. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) Instituut vir Plastinasie (25 Julie 2006). "Oor bewerings in ’n artikel in Der Spiegel van 28 Februarie 2005". Persberig. http://www.koerperwelten.newmedia-net.de/en/media/releases_statements/releases_statements_2005.html?edit#250706. Besoek op 7 Mei 2009. - ( ) "'n Lewe in wetenskap". Instituut vir Plastinasie. Besoek op 7 Mei 2009. - ( Burdick, Alan (Maart 2004). “ ) Walglike anatomie”. Discover. Besoek op 7 Mei 2009. - ( ) "Die plastinatsie-professor". BBC News. 20 November 2002. Besoek op 7 Mei 2009. - ( ) Universiteit van Heidelberg (24 Januarie 2004). "Dr. Gunther von Hagens se vroeëre aktiwiteite as wetenskaplike aan die Universiteit van Heidelberg" (in Duits). Persberig. http://www.uni-heidelberg.de/presse/news04/2401plas.html. Besoek op 7 Mei 2009. - Amerikaanse Patent 4 205 059 Dier- en plantweefsel permanent gepreserveer deur sintetiese hars - ( ) Amerikaanse Patent 4 320 157 Metode vir die preservering van groot dele van biologiese weefsel met polimere - ( (Herfs 2004) “ ) Lewe, dood en een man se strewe na die ontrafeling van die binnewerking van die menslike liggaam”. Nexus 6 (2). Besoek op 7 Mei 2009. - ( Chambless, Ross (19 September 2008). ) "TheLeonardo Potgooi no. 1" (MP3). Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Kommer oor Liggaamswêrelde-tentoonstelling". Persberig. 14 September 2006. http://www.rcav.org/whatsnew/body_worlds.htm. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Dokter verdedig Liggaamswêrelde-tentoonstelling". The Independent. 24 Oktober 2008. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Die kameelperd". Instituut vir Plastinasie. Besoek op 8 Mei 2009. - ( Gayot, Sophie (5 Junie 2008). ) "Dr. Gunther von Hagens". Besoek op 8 Mei 2009. - "Taking a slice out of life". Daily Planet (TV-reeks. 25 Mei 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike (Microsoft Silverlight) op 26 Februarie 2012. Besoek op 17 Augustus 2015. - Crucifixion (dokumentêre rolprent), Channel 4, 8 April 2012 - ( ) "Uitstaller van liggaame wil sy eie skenk". New York Times. 5 Januarie 2011. Besoek op 5 Januarie 2011. - ( ) "Kontroversiële outopsie gaan voort". BBC News. 20 November 2002. Besoek op 8 Mei 2009. - ( Deans, Jason (27 Januarie 2003). ) "ITC verdedig C4 se regstreekse outopsie". The Guardian. Besoek op 8 Mei 2009. - ( Boztas, Senay (3 August 2003). ) "Dokter beplan gewildheidsakademie vir sterwendes". The Times. Londen. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Skokanatoom op spoor van reus". Mail & Guardian. 2 February 2004. Besoek op 8 Mei 2009. - [1] - ( ) "Anatomie vir Beginners". Channel 4. 2009. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Outopsie, Lewe en Dood". Channel 4. 2009. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Outopsie: Noodeenheid". Channel 4. 2009. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Rooikruis oor Outopsie: Noodeenheid". Persberig. 31 Oktober 2007. http://www.redcross.org.uk/news.asp?id=74968. Besoek op 8 May 2009. - ( Walsh, Nick Paton (17 Oktober 2002). ) "Patoloog aangekla in plastinasiesaak". The Guardian. Besoek op 8 Mei 2009. - ( Elkins, Ruth (7 September 2003). ) "Professor Liggaam en die eienaardige geval van Siberië se verlore lyke". The Independent. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Verklaring oor onregmatige beskuldigings en false mediaberigte oor die bron van liggame in die Liggaamswêrelde-tentoonstellings". Persberig. 4 Maart 2006. http://www.pressemeldinger.no/read.asp?RecNo=15417. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) Reuters (10 Oktober 2003). "Gorilla gaan verskyn in tentoonstelling van menslike lyke". The Sydney Morning Herald. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) Instituut vir Plastinasie (28 September 2006). "Titelgeskil Gunther von Hagens: hof hersien eerste vonnis" (in Duits). Persberig. http://www.koerperwelten.newmedia-net.de/de/presse/pressemeldungen_statements/pressemeldungen_statements_2006.html?edit#280906. Besoek op 8 Mei 2009. - ( ) "Noerr – Von Hagens-vervolging verwerp / Advocaat: ‘Groot bohaai oor niks’". Persberig. 27 Julie 2007. http://www.noerr.com/en/DesktopDefault.aspx/tabid-55/140_read-1261/. Besoek op 8 Mei 2009. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Gunther von Hagens. | - ( ) Amptelike webblad van Gunther von Hagens - ( ) "Waghond gee ja-woord vir TV-outopsie". BBC News. 27 Januarie 2003. Besoek op 8 Mei 2009. - ( Schulte-Sasse, Linda (2006). “Advies en toestemming: oor die Amerikanisering van Liggaamswêrelde”. BioSocieties 1 (4): 369–384. ) doi:10.1017/S1745855206004017. - ( ) "Annale van Nekrofilie: Liggaamswêrelde slaan weer toe". Der Spiegel. 5 Mei 2009. Besoek op 7 Mei 2009. - ( Ulaby, Neda; von Hagens, Gunther;. ) Kadawertentoonstellings is deels wetenskap, deels byvertoning (.MP3) [Audio]. National Public Radio. URL besoek op 30 Maart 2007. - ( Ulaby, Neda; von Hagens, Gunther;. ) Oorsprong van uitgestalde kadawers bevraagteken (.MP3) [Audio]. National Public Radio. URL besoek op 30 Maart 2007. Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:75cc042c-43a6-41c1-8e9c-36deb978f049>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gunther_von_Hagens
2019-07-21T23:31:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999843
false
Minderheidskabinet 'n Minderheidskabinet of minderheidsregering is 'n kabinet wat deur een of meer politieke partye gevorm word, maar gesamentlik nie 'n meerderheid van ten minste die helfte plus een van die totale aantal setels in die parlement het nie. Nederland[wysig | wysig bron] In die Nederlandse stelsel van eweredige verteenwoordiging is dit amper onmoontlik vir een party om 'n absolute meerderheid van 76+ setels te behaal en is dit altyd nodig om koalisies te vorm. Dit is nogtans nie altyd moontlik om 'n kabinet (regeringspan) te vorm wat op 'n meerderheid berus nie. Dit kan soms deur om nuwe verkiesings te hou opgelos word, maar indien die kieser dikwels genooi word om te stem, word die opkoms dikwels laer. 'n Ander oplossing is om 'n minderheidskabinet te vorm wat nie 'n meerderheid het nie, maar wat deur een of meer partye wat nie aan die koalisie deelneem nie geduld word. In Nederlands word dit gedoogsteun genoem. Minderheidskabinette bestaan gewoonlik nie lank nie en soms is hulle rol beperk en berei hulle net nuwe verkiesings voor.
<urn:uuid:ec1dba70-a8f8-49cd-963f-f769186eab87>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Minderheidskabinet
2019-07-21T23:21:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99999
false
(fr) Plaas {{fr}} agteraan eksterne skakels om aan te dui dat die webtuiste waarna die skakel wys in Frans geskrywe staan.
<urn:uuid:99f13d28-c7e8-4ea8-b452-fb8f75805705>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Fr
2019-07-21T23:52:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:a9c4687d-37f2-4f55-a01d-81076c80c98e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/9781782385738
2019-07-21T23:27:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:637952d4-1f95-4c88-a575-28aac2927e03>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Middelnederduits
2019-07-21T23:41:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Gebruiker:Leviel/Projekte - Maak gerus voorstelle op my besprekingsblad. Inhoud Artikels[wysig | wysig bron] Geografie[wysig | wysig bron] - Indië ({{land_tabel}} of {{tabel_land}}) - VSA - Suid-Afrika Tale[wysig | wysig bron] af:WP:skakels[wysig | wysig bron] Ek probeer bietjie die struktuur van die [[af:Wikipedia:...]] onder die knie kry, dit lyk my maar redelik holderstebolder. Sal mettertyd meer skakels hier byvoeg. Kategorieë[wysig | wysig bron] - VSA - Suid-Afrika - organiseer die klein- en hoofletters weg - Kategorie:Weskus - maak net seker al die stede is in Kategorie:Stede in Suid-Afrika ook - Kategorie:Suid-Afrikaanse regeringsleiers - moet hierdie ding se naam nie verander word na "Presidente van Oud Suid-Afrika" of iets nie? Om die waarheid te sê, hernoem dalk net na Kategorie:Suid-Afrikaanse presidente as sub-kategorie onder Kategorie:Politiek van Suid-Afrika, en dan die drie subkategorieë PLUS die artikel President van Suid-Afrika daaronder. - Kategorie:Suid-Afrikaanse sport - slegs 'n LYS VAN SOKKERKLUBS? Ek dink daar moet 'n rugbyspanne kategorie of iets wees?! - Kategorie:Suid-Afrikaanse musici en Kategorie:Suid-Afrikaanse volksmusiek - dalk eerder 'n oorsig soos Kategorie:Suid-Afrikaanse musiek (waar 'n artikel oor kwaito ook kan kom); en dan 'n aparte groep, Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe (vir Battery 9 en dies meer)? Sjablone[wysig | wysig bron] Redaksie[wysig | wysig bron] Interessante Skakels[wysig | wysig bron] Die volgende is sommer net 'n lys van wikiskakels wat ek persoonlik, sal ons sê, kennis neem? Sommiges is hier omdat ek gereeld daar gaan inloer, ander is hier omdat ek wil onthou dat hulle bestaan, en ander is hier omdat ek hulle geniet het toe ek wel daar was. 8)
<urn:uuid:7255bce1-2404-4cef-b490-4ccf7167af2c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Leviel/Projekte
2019-07-23T05:55:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00392.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999854
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:3096117c-cdcd-42a4-acff-c4b08313bd63>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Sz
2019-07-23T05:53:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00392.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Kategorie:Geskiedenis van Costa Rica Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Geskiedenis van Costa Rica. |
<urn:uuid:a8a6ec82-0538-4a22-95ae-98cd256bc798>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geskiedenis_van_Costa_Rica
2019-07-15T20:44:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715220429-00005.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.877497
false
Niemetaal ’n Niemetaal of nie-metaal in chemie is ’n chemiese element wat min eienskappe van metale het. Hulle is gewoonlik baie vlugtig, het ’n klein mate van elastisiteit en is goeie niegeleiers van hitte en elektrisiteit. Wat chemiese eienskappe betref, het hulle ’n hoë ionisasie-energie en elektronegatiwiteitswaardes, en hulle kry elektrone by of deel hulle wanneer hulle reageer met ander elemente of verbindings. Altesaam 17 elemente word gewoonlik as niemetale geklassifiseer (regs in swart rame aangedui); die meeste is gasse (waterstof, helium, stikstof, suurstof, fluoor, neon, chloor, argon, kripton, xenon en radon); een is ’n vloeistof (broom) en ’n paar is vastestowwe (koolstof, fosfor, swael, seleen en jodium). Voorkoms[wysig | wysig bron] Hoewel daar vyf keer soveel metale as niemetale is, maak waterstof en helium meer as 99 persent van die elemente in die waarneembare heelal uit[1] en suurstof amper die helfte van die aarde se kors, oseane en atmosfeer.[2] Lewende organismes bestaan ook feitlik geheel en al uit niemetale,[3] en niemetale vorm baie meer verbindings as metale.[4] Chemie[wysig | wysig bron] Die edelgasse (He, Ne, Ar, Kr, Xe, Rn) neem binne die niemetale 'n eie plaas in. Hulle is monatomiese gasse wat 'n beperkte chemie besit. Van helium en neon is geen verbindings bekend nie. Van argon is net eksimere bekend, maar geen stabiele verbindings nie en van kripton en xenon net 'n paar verbindings met fluoor en suurstof. Die rede vir hulle beperkte chemiese reaktiwiteit is dat hul elektronkonifigurasie 'n volle skil is ([..]ns2np6). Die ander niemetale het 'n onvolledige skil en kan verbindings vorm waarin hierdie skil vol raak. Die atoom verkry daarby 'n negatiewe oksidasietoestand en vorm 'n anioon. Dit maak veral elemente soos F, Cl en O baie reaktief en hulle vorm met metale verbindings wat deur ioonbinding gekenmerk word. Verwysings[wysig | wysig bron] - Sukys, P. 1999, Lifting the scientific veil: Science appreciation for the nonscientist, Rowman & Littlefield, Oxford, ISBN 0847696006 - Bettelheim F.A., Brown W.H., Campbell M.K., Farrell S.O. 2010, Introduction to general, organic, and biochemistry, 9de uitg., Brooks/Cole, Belmont California, ISBN 9780495391128 - Schulze-Makuch D. & Irwin L.N. 2008, Life in the Universe: Expectations and constraints, 2de uitg., Springer-Verlag, Berlyn, ISBN 9783540768166 - Steurer W. 2007, "Crystal structures of the elements" in JW Marin (red.), Concise encyclopedia of the structure of materials, Elsevier, Oxford, pp. 127–45, ISBN 0080451276 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] H | He | |||||||||||||||||||||||||||||| Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | |||||||||||||||||||||||| Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | |||||||||||||||||||||||| K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | |||||||||||||| Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | |||||||||||||| Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn | Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og | Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |
<urn:uuid:adb6fc78-0183-4b41-a0cd-7529a1374643>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Nie-metale
2019-07-15T20:23:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715220429-00005.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996357
false
Alemanniese Duits Alemannies Alemannisch | || ---|---|---| Gepraat in: | Switserland | | Totale sprekers: | sowat 10 miljoen | | Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Duits Opperduits Alemannies | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet | | Taalkodes | || ISO 639-1: | geen | | ISO 639-2: | gsw & gem | | ISO 639-3: | swg, wae, gct gsw, swg, wae, gct | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Alemanniese Duits (Duits en Alemannies: Alemannisch) is 'n groep dialekte van die Opperduitse tak van die Germaanse taalfamilie. Dit word deur ongeveer tien miljoen mense in ses verskillende lande gepraat insluitend suidelike Duitsland, Switserland, Oostenryk, Liechtenstein, Frankryk en Italië. Die naam kom van die antieke Duitse alliansie van stamme wat as die Alemanne bekend gestaan het. Status[wysig | wysig bron] Alemannies bestaan uit 'n dialekkontinuum, van die Hoogste-Alemannies wat in die bergagtige suide gepraat word tot Swabies in die betreklik plat noorde, met meer karakteristieke van Standaardduits hoe meer noord mens gaan. Sommige taalkundiges en organisasies onderskei tussen tale en dialekte hoofsaaklik op grond van onderlinge verstaanbaarheid. SIL International en Unesco beskryf Alemanniese Duits byvoorbeeld as een van verskeie onafhanklike tale. ISO/DIS 639-3 onderskei vier tale: gsw "Alemannies", swg "Swabies", wae "Walser" en gct "Colonia Tovar Duits" (wat sedert 1843 in Venezuela gepraat word). Op die vlak is die onderskeid tussen 'n taal en 'n dialek taalkundig betekenisloos en verteenwoordig dit eerder 'n kulturele en politiese vraagstuk. Standaardduits is die skryftaal en word mondelings in formele omstandighede gebruik. In al die Alemanniese gebiede (met die uitsondering van Elsas), en Alemanniese variëteite word in die algemeen beskou as Duitse dialekte (meer nougeset, 'n dialekgroep binne Opperduits) eerder as afsonderlike tale. Variante[wysig | wysig bron] Alemannies bestaan uit die volgende variante: - Swabies (meestal in Swabe, in Duitsland). Ander as meeste ander Alemanniese dialekte, behou dit nie die Middel-Hoogduitse monoftonge û, î nie maar skuif dit na [ou], [ei] (teenoor Standaardduits [aʊ], [aɪ]). Om hierdie rede word "Swabies" soms in teenstelling met "Alemannies" gestel. - Nederalemanniese dialekte. Behou Duitse aanvanklike /k/ as [kʰ] (of [kx]) eerder as om dit te frikativiseer na [x] soos in Hoogalemannies. Subvariante: - Seealemannisch (in Suidelike Württemberg, Suidoostelike Baden, Noordwestelike Vorarlberg) - Hoogalemannies (meestal in Switserland, dele van Vorarlberg, en in die suidelike dele van die Swartwoud in Duitsland). Voltooi die Tweede Germaanse klankverskuiwing deur die aanvanklike /k/ na [x] te frikativiseer. Subvariante: - Bernduits - Zürichduits - Vorarlbergisch - Hoogste-Alemannies (in die Walliskanton, in die Walsernedersettings, in die Bernse Boland en in die Duitsspreknde deel van die Fribourgkanton). Het nie hiaatdiftong van ander Duitse dialekte nie met [ʃniːə(n)], [buːə(n)] en nie [ʃneijə bouwə] nie. Subvariante: - Walliserduits - Walserduits. - Walliserduits Let daarop dat die Alemanniese dialekte van Switserland baie keer Switserse Duits of Schwyzerdütsch genoem word. Geskrewe Alemannies[wysig | wysig bron] Die oudste bekende tekste in Alemannies is kort Ouers Futhark inskripsies uit die 6de eeu. In die Oud-Hoogduitse tydperk is die eerste koherente tekste opgeneem in die Abdy van St. Gallen, waar onder die 8ste eeu Onse vader, - Fater unser, thu bist in himile - uuihi namu dinan - qhueme rihhi diin - uuerde uuillo diin, - so in himile, sosa in erdu - prooth unseer emezzihic kip uns hiutu - oblaz uns sculdi unsero - so uuir oblazem uns skuldikem - enti ni unsih firleit in khorunka - uzzer losi unsih fona ubile As gevolg van die belangrikheid van die Karolingiese abdye van St. Gallen en Reichenau, het 'n aansienlike deel van die Oud-Hoogduitse corpus Alemanniese trekke gehad. Alemannies Middel-Hoogduits is minder belangrik, ten spyte van die Codex Manesse wat deur Johannes Hadlaub van Zürich opgestel is. Die opkoms van die Oud-Switserse Konfederasie van die 14de eeu het gelei tot die skep van die Alemanniese Switserse Geïllustreerde Kronieke. Ulrich Zwingli se Bybelvertaling uit die 1520's (die 1531 Froschauer Bybel) was in 'n Alemanniese variant van vroeë moderne Hoogduits. Van die 17de eeu is geskrewe Alemannies deur Standaardduits, wat van die 16de eeu te voorskyn gekom het, verplaas veral na Luther se Bybelvertaling van die 1520's. Die 1665 hersiening van die Froschauer Bybel het ontslae geraak van die Alemanniese elemente en die taal wat deur Luther benader. Om die rede het daar geen bindende ortografiese standaard vir die skryf van modern Alemannies te voorskyn gekom nie. Ortografië wat in gebruik is verteenwoordig 'n kompromis tussen presiese fonologiese notasie, en ooreenkoms met die bekende Standaardduitse ortografie (veral vir leenwaorde). Johann Peter Hebel het sy Alemannische Gedichte in 1803 gepubliseer. Switserse outeurs gebruik baie keer doelbewus Helvetismes in Standaardduits, noemenswaardig Jeremias Gotthelf in sy romans wat in Emmental afspeel, en meer onlangs Tim Krohn in sy Quatemberkinder. Eienskappe[wysig | wysig bron] - Die verkleiningsvorm word baie in alle Alemanniese dialekte gebruik. Noordelike en oostelike dialekte gebruik die agtervoegsel -le; suidelike dialekte gebruik die agtervoedsel -li (Standaardduitse agtervoegsel -chen). Afhangend van die dialek, kan 'huisie' Häusle, Hüüsle, Hüüsli of Hiisli wees. - 'n Beduidende verskil tussen die hoë en lae (neder-) variante is die uitspreek van ch na die voorklinker (i, e, ä, ö en ü) en konsonante. In Standaardduits en in die laer variante, is dit 'n palatale [ç] (die Ich-Laut), terwyl hoër variante, 'n velar of uvular [χ] of [x] (die ach-Laut) gebruik. - Die werkwoord om te wees (is) word verskillend vervoeg in die onderskeie dialekte: Die vervoeging van die werkwoord om te wees in Alemanniese dialekte | ||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---| Afrikaans (Standaardduits) | Nederswabies | Allgäuerisch | Neder- Markgräflerland | Voralpenland | Oostelike Switserse Duits | Westelike Switserse Duits | Sensler | Ek is (ich bin) | I ben | I bin | Ich bi | I bee | I bi | I(g) bi | I bû | Jy is (du bist) | du bisch | du bisch | du bisch | dou bisch | du bisch | du bisch | dù bûsch | Hy is (er ist) | er isch | är isch | är isch | är isch | är isch | är isch | är isch | Ons is (wir sind) | mir send | mir send/sönd | mir sin | mr send | m(i)r send/sön/sinn | mir sy | wier sy | Julle is (ihr seid) | ihr send | ihr send | ihr sin | ihr send | i(i)r sönd/sind | dihr syt | ier syt | Hulle is (sie sind) | dui send | dui send | si sin | dia send | di sönd | si sy | si sy | Ek was (I have been) (ich bin ... gewesen) | i ben gwä | i bi gsi | ich bi gsi | i bee gsei | i bi gsi | i(g) bi gsi/gsy | i bû gsyy | Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Alemanniese Duits. - Alemanniese gedigte en Alemanniese ensiklopedie -Duits-
<urn:uuid:463dc62a-00d7-4300-9873-32bdca26c384>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Alemanniese_Duits
2019-07-17T00:43:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00176.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999252
false
Johan Pretorius Johan Pretorius (*14 Desember 1913, Ficksburg –† 19 Augustus 1986, Ficksburg) was ’n Afrikaanse skrywer wat sy populêre romans gepubliseer het onder Johan Pretorius en J.G. du P. Pretorius, asook onder sy skuilnaam Gawie du Plessis. Hy was 'n leksikograaf wat aan verskeie woordeboeke meegewerk het. Lewe en werk[wysig | wysig bron] Johan Gabriël du Plessis Pretorius is op 14 Desember 1913 op Talana in die distrik Ficksburg gebore as een van nege kinders van Gerrit Stefanus Pretorius (1869–1942) en Francina Barendina Snyman (1883–1922).[1][2] Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Ficksburg. Aan ’n landboukollege verwerf hy hierna ’n diploma in landbou.[3] In 1938 behaal hy sy M.A.-graad in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch met ’n verhandeling oor Die enjambement in die verse van A. Roland Holst. Hy was hierna vir 'n geruime tyd lank hoofvertaler vir die Johannesburgse Stadsraad. Ná sy aftrede vestig hy hom op die plaas Bamboesberg naby Ficksburg, waar hy verder meegewerk het aan woordeboeke, insluitende tegniese woordeboeke en afkortingswoordeboeke. Hy is op 22 Desember 1945 met Elizabeth Thekkla Schmidt getroud[2] en die egpaar het drie kinders: twee seuns (Johan en Gerrit Stefanus) en ’n dogter (Francina Elizabeth)[1] Hy is op 19 Augustus 1986 te Ficksburg oorlede.[4] Skryfwerk[wysig | wysig bron] Hy skryf ook onder die skuilnaam Gawie du Plessis (afgelei van sy voorname). Sy romans sluit in Spoelgrond, waarin oom Dries sy plaas probeer opbou en sy seuns met ’n ysterhand regeer. In ’n groot storm word hy egter saam met sy onvoltooide dam weggespoel. Ná sy dood geniet sy seuns onverwags te veel vryheid en sonder sy leiding word al sy harde werk gaandeweg afgetakel. Honne-toe vertel oor die soeke na lewensrigting van ’n man wat na ’n liefdesteleurstelling sy toevlug neem tot die verslawende invloed van drank en hondewedrenne. Dit sal weer groei speel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog af. Hy skryf ook die roman Die verlooptes. Publikasies [wysig | wysig bron] Jaar | Publikasies[5][6] | ---|---| Fiksie | | 1948 | Spoelgrond (Johan Pretorius) | 1950 | Honne-toe (onder die naam Gawie du Plessis) | 1963 | Dit sal weer groei (J.G. du P. Pretorius) | 1964 | Die verlooptes (J. G. du P. Pretorius) | Nie-fiksie | | 1936 | Motorterme (waarby ingesluit is Padverkeersterme): Engels-Afrikaans (saam met Chris Cillié) | 1981 | Afkortingswoordeboek Engels-Afrikaans Afrikaans-Engels (saam met Louis C. Eksteen) | Bronnelys[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 - Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en JohannesburgEerste uitgawe Eerste druk 1983 - Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde”Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 - Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Ander verwysings[wysig | wysig bron] - Pretorius-familiestamregister: http://pretoriusfamilie.info/pret1/I18932.html - Genealogie Online: https://www.genealogieonline.nl/en/stamboom-eric-esterhuizen/I19028.php - Artikel in Ficksburg Nuus van 22 Augustus 1986 - Anoniem “Bekende skrywer oorlede” “Ficksburg Nuus” 22 Augustus 1986 - Worldcat: http://worldcat.org/identities/lccn-n83149577/ - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Pretorius,_J.G._du_Plessis
<urn:uuid:bc876cc1-a2a4-4827-83b8-b4f4ffdc9786>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Johan_Pretorius
2019-07-20T18:55:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00096.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999953
false
Godheid ’n God of godheid (vroulik: godin) is ’n hipotetiese bonatuurlike entiteit wat in ’n geloof as ’n magtige, bomenslike wese aanbid word en as verantwoordelik beskou word vir bepaalde aspekte van die werklikheid of vir die werklikheid as ’n geheel. Gode word soms beskou as wesens wat op die aarde lewe, met name van die natuurelemente, of in die hemel of ’n onderaardse wêreld. In sommige gelowe word net een god aanbid (monoteïsme), soos die Christendom, Islam en die Jodedom, en in ander gelowe is daar meer as een god (politeïsme), soos in die Griekse en Romeinse mitologie en die Hindoeïsme.
<urn:uuid:f32efc4e-0216-4a49-a7df-ef2c95ff51a1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Godheid
2019-07-21T23:33:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00256.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000009
false
Pous Agapetus in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Pous Agapetus kan verwys na een van twee pouse van die Rooms-Katolieke Kerk nl: Pous Agapetus I ( 535 – 536 ). Pous Agapetus II ( 942 – 955 ). Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy : ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. Wys alle artikels waarvan die titel begin met Pous Agapetus of met Pous Agapetus in die titel . Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Agapetus&oldid=1117327 " Kategorieë : Dubbelsinnig Pouse Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Haal dié blad aan Ander tale Čeština English Hrvatski Bahasa Indonesia Ilokano Italiano Македонски മലയാളം Português Slovenščina தமிழ் Wysig skakels Die bladsy is laas op 8 Maart 2013 om 20:10 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:e0423404-c933-499d-a40b-7d980412cc25>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Pous_Agapetus
2019-07-23T05:32:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00416.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999597
false
Wysigings Jump to navigation Jump to search ← Ouer wysiging Wendelgard (wysig) Wysiging soos op 13:06, 8 Augustus 2017 3 grepe verwyder , 1 jaar gelede →Fiktiewe naamdraers : Ai! === Fiktiewe naamdraers === * [[Wendelgard von Halten]], volgens 'n volkssprokie 'n hertoglike wynboer van die omgewing van die [[ Bodenseemeer Bodenmeer ]] == Verwysings == Oesjaar Administrateurs 102 895 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1584154 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:db6917f2-5553-40f7-a78a-51ea2a7c3c31>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1584154
2019-07-23T05:12:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00416.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998888
false
Hulp Kategorie:Fenomenologie in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Alles → Wetenskap → Geesteswetenskappe → Filosofie → Kontinentale filosofie → Fenomenologie Bladsye in kategorie "Fenomenologie" Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy. B Bewussyn Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Fenomenologie&oldid=1844395 " Kategorie : Kontinentale filosofie Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale العربية مصرى Azərbaycanca Башҡортса Български Čeština Чӑвашла Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti فارسی Suomi Français עברית Magyar Հայերեն Íslenska Italiano 日本語 ქართული 한국어 Latina Lietuvių Latviešu Македонски Монгол Nederlands Polski Português Română Русский Scots Srpskohrvatski / српскохрватски Slovenčina Slovenščina Tagalog Türkçe Українська اردو Tiếng Việt 中文 Wysig skakels Die bladsy is laas op 24 Oktober 2018 om 20:49 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:dbbe68c5-e20a-4860-92be-f3474c97313c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Fenomenologie
2019-07-18T04:53:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00360.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990992
false
wederkerende voornaamwoord Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| wederkerende voornaamwoord | wederkerende voornaamwoorde | Verkleiningsvorm | | Enkelvoud | Meervoud | wederkerende voornaamwoordjie | wederkerende voornaamwoordjies | - we•der•ke•ren•de voor•naam•woord - Woorde soos myself, jouself, homself, haarself, onsself, julleself en hulleself is wederkerende voornaamwoorde. Vertalings: wederkerende voornaamwoord | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:1094ef8c-0a42-4e9f-bd82-cd50023423a0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/wederkerende_voornaamwoord
2019-07-18T05:09:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00360.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.985954
false
Alfred Schnittke Alfred Garrievich Schnittke (Russies: Альфре́д Га́рриевич Шни́тке, Alfred Garrievich Shnitke; * 24 November 1934 –† 3 Augustus 1998) was 'n Sowjet en Duitse komponis. Schnittke se vroeë musiek toon die beduidende invloed van Dmitri Sjostakowitsj. Hy het 'n polistilistiese tegniek ontwikkel in werke soos sy epiese Simfonie No. 1 (1969–1972) en sy eerste concerto grosso (1977). In die 1980s het Schnittke se werk oorsee meer bekend geword met die publikasie van sy tweede (1980) en derde (1983) strykkwartette en die Stryktrio (1985); asook die ballet Peer Gynt (1985–1987); die derde (1981), vierde (1984), en vyfde (1988) simfonieë en die altvioolkonsert (1985) en eerste Tjellokonsert (1985–1986). Soos sy gesondheid agteruitgegaan het, het Schnittke se musiek die ekstroversie van sy polistilisme begin verwerp, en terugbeweeg na 'n meer ingetoë en somber styl.
<urn:uuid:a39f52a3-97e1-4256-a626-3b9f8954e275>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Alfred_Schnittke
2019-07-19T10:37:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99948
false
Hiram Bingham III Hiram Bingham III | | Hiram Bingham III in 1916 Gebore | 19 November 1875 Honolulu | ---|---| Oorlede | 6 Junie 1956 Washington D.C. | Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika | Beroep | Argeoloog, ontdekkingsreisiger, politikus | Bekend vir | Herontdek Machu Picchu | Hiram Bingham III (Honolulu, 19 November 1875 - Washington D.C., 6 Junie 1956) was 'n Amerikaanse argeoloog en ontdekkingsreisiger wat Machu Picchu herontdek het. Later in sy lewe was hy 'n goewerneur en senator. Bingham was 'n professor in geskiedenis by die Yale-universiteit. In 1911 onderneem hy 'n ontdekkingsreis na die Peruviaanse Andes. Op 24 Julie van dieselfde jaar ontdek hy die Machu Picchu-ruïnes. In die daaropvolgende vyf jaar het hy duisende artifakte, soos keramiek, beendere en kunswerke na Yale geneem. Argeoloë glo dat Machu Picchu deur die Inka-keiser Pachacutec as 'n seremoniële sentrum en sterrewag gebou is. Die Inka-sitadel, geleë op 'n berg wat 2 440 m hoog is, is oorspronklik in die 1500's gebou.[1] Later word hy namens die republikeinse party goewerneur van die Amerikaanse staat Connecticut. Hy lê egter die amp na enkele dae neer om 'n lid van die Amerikaanse Senaat te word. Verwysings[wysig | wysig bron] - Artefakte weer tuis, Die Republikein, 20 September 2007 - http://www.usatoday.com/travel/destinations/2005-09-22-peru_x.htm The trail less trampled on in USA Today deur Gene Sloan, 23 September 2005:
<urn:uuid:da98efae-e5aa-47c2-83d2-cf7a8ac991e8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hiram_Bingham_III
2019-07-19T10:31:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999778
false
Lêer:AP Smit Durbanville.jpg Jump to navigation Jump to search Oorspronklike lêer (2 163 × 2 901 piksels, lêergrootte: 1,67 MG, MIME-tipe: image/jpeg) Opsomming[wysig | wysig bron] Beskrywing: | Buiteblad van Meetsnoere in lieflike plekke (NG gemeente Durbanville 1826-1976) deur ds. A.P. Smit | ---|---| Bron: | Die boek | Datum | 1976 | Beskikbaar gestel deur | Morné van Rooyen | Outeur | Onbekend | Ander weergawes van hierdie lêer | Geen | Lisensiëring[wysig | wysig bron] Hierdie dokument is onderhewig aan die "Creative Commons Erkenning-InsgelyksDeel"-lisensie (afgekort "cc-by-sa"), weergawe 2.5. | Lêergeskiedenis Klik op die datum/tyd om te sien hoe die lêer destyds gelyk het. Datum/Tyd | Duimnaelskets | Dimensies | Gebruiker | Opmerking | | ---|---|---|---|---|---| huidig | 19:07, 4 Junie 2013 | 2 163 × 2 901 (1,67 MG) | Morne | {{Beeldinligting |beskrywing=Buiteblad van ''Meetsnoere in lieflike plekke'' (NG gemeente Durbanville 1826-1976) deur ds. A.P. Smit |bron=Die boek |datum=1976 |daarsteller=Morné van Rooyen |outeur=Onbekend |ander_weergawes=Geen }} <!-- VERPLIG... | - U kan nie die lêer oorskryf nie.
<urn:uuid:bf3099f6-9063-457e-a796-6d3223efea27>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org…_Durbanville.jpg
2019-07-19T10:22:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "2.5" ] }
false
false
Latn
afr
0.999475
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:9bf5ca5c-f22f-4b34-806d-312a40039d6c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/9781775840183
2019-07-19T11:01:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Hulp Bladsye wat na "Epidemie" skakel ← Epidemie Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Epidemie : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 1713 ( ← skakels wysig ) 251 ( ← skakels wysig ) 252 ( ← skakels wysig ) Quebecstad ( ← skakels wysig ) Geskiedenis van die Kaapkolonie ( ← skakels wysig ) Virus ( ← skakels wysig ) Runderpes ( ← skakels wysig ) Epidemies (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Biosfeer ( ← skakels wysig ) Masels ( ← skakels wysig ) Pandemie ( ← skakels wysig ) Groot Pes van Londen ( ← skakels wysig ) Romeinse Ryk ( ← skakels wysig ) Geelkoors ( ← skakels wysig ) Konstantinopel ( ← skakels wysig ) Anna M. Louw ( ← skakels wysig ) Spaanse verowering van die Asteekse Ryk ( ← skakels wysig ) Pokke ( ← skakels wysig ) Aletta de Klerk ( ← skakels wysig ) Trenton ( ← skakels wysig ) Austin-Bergstrom Internasionale Lughawe ( ← skakels wysig ) Spaanse griep in Suid-Afrika ( ← skakels wysig ) Plaag (organisme) ( ← skakels wysig ) Swartswaan-teorie ( ← skakels wysig ) Khmer-ryk ( ← skakels wysig ) Bespreking:Epidemie ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Epidemie " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:2d636067-0e8f-46b7-af22-8c33501b77de>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Epidemie
2019-07-19T11:03:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999317
false
Geriatrie en musiekterapie ten opsigte van sekere fisiese, sielkunidge en sosiale probleme van bejaardes met spesiale verwysing na die toepassing van musiekterapie op pasi"ente met serebrovaskul^ere aantasting JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it. Geriatrie en musiekterapie ten opsigte van sekere fisiese, sielkunidge en sosiale probleme van bejaardes met spesiale verwysing na die toepassing van musiekterapie op pasi"ente met serebrovaskul^ere aantasting
<urn:uuid:ee90e510-bbb9-4b8f-b426-0db66ef3d128>
CC-MAIN-2019-30
http://nrfnexus.nrf.ac.za/handle/20.500.11892/47234
2019-07-23T04:44:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00440.warc.gz
cc-unknown
null
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "cc-unknown" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ null ] }
false
false
Latn
afr
0.997953
false
Pirozjki Pirozjki | || Gebakte pirozjki gevul met vleis, sampioene, rys en uie. | || Soort gereg | Pasteie | | Gang | Aptytwekker, hoof- of nagereg | | Streek | Oos- en Noord-Europa | | Hoofbestanddeel | Deeg, vulsels | | Variasies | Verskeie | | Soortgelyke geregte | Pasteitjies, vetkoek | Pirozjki (пирожки, meervoud van pirozjok; letterlik "pasteitjies"), soms ook gespel pirizjki (Oekraïens: пиріжки), is ’n generiese woord vir klein gebakte of gebraaide rolletjies wat ’n verskeidenheid vulsels kan kry. Die klem van die woord val op die laaste lettergreep: pʲirɐʂˈkʲi. , die enkelvoud) is die verkleinwoord van die Russiese пирог (pirog, "pastei"), wat ’n volgrootte-pastei is. Pirozjki is iets anders as die pierogi van’n Algemene soort pirozjki is gevulde, gebakte rolletjies wat van gegiste deeg gemaak en dikwels met eier gesmeer word om dit ’n goue kleur te gee. Hulle bevat dikwels vleis (veral beesvleis) of ’n groentevulsel (fynaartappel, sampioene, uie en eier, of kool). Dit kan ook ’n vulsel kry van vis (soos salm) of hawermout en vleis of afval. Soet vulsels kan insluit gebakte of vars vrugte (appels, kersies, appelkose, gekapte suurlemoen, konfyt of maaskaas). Die pasteitjies kan alleen gebraai en dan gevul word, of dit kan met die vulsel gebraai word. Ander soorte deeg, soos ’n pasteideeg, kan gebruik word in die plek van die gegiste deeg. Die pirozjki kan klein wees, so lank en breed soos twee vingers; of groter, effens kleiner as ’n hamburger. Dit word dikwels saam met sop voorgesit. Bronne[wysig | wysig bron] - Piroshki or Pirozhki in Larousse Gastronomique, The New American Edition (Jenifer Harvey Lang, red.), Crown Publishers, New York (1988), bl.. 809. - Piroghi or Pirozhki in Larouse Gastronomique, eerste Engelse uitgawe (Nina Froud en Charlotte Turgeon, reds.), Paul Hamlyn, Londen (1961), bl. 740-741. - Pirog in The Oxford Companion to Food (Alan Davidson), Oxford University Press (1999), ble. 609-610.
<urn:uuid:b3c357a9-1332-4ea7-b7e2-b1a6885d3345>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Pirozjki
2019-07-23T05:25:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00440.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999449
false
Welkom by die Afrikaanse weergawe van Wikiquote - die gemeenskap wat saam 'n versameling aanhalings dokumenteer. Hierdie Afrikaanse afdeling van die groter projek belowe om baie interessant te wees as mens die interessante karakters en politici in ag neem wie se woorde ons vermaak, verryk en ontstel. Wikiquote bevat nou 18 artikels. Wat Wikiquote besonders maak, is dat artikels gratis en vrylik beskikbaar is om te lees, te redigeer en te versprei. Die inhoud van Wikiquote (en dus ook u bydraes) val onder die GNU/FDL-lisensie.
<urn:uuid:283ae18e-a706-43b6-bdc4-cf296e177366>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikiquote.org/wiki/Tuisblad
2019-07-17T01:26:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00224.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999822
false
Emma Dunn Jump to navigation Jump to search Emma Dunn | | Geboorte | 26 Februarie 1875 | ---|---| Nasionaliteit | Engels | Sterfte | 14 Desember 1966 (op 91) | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Emma Dunn (26 Februarie 1875 – 14 Desember 1966) was 'n Engelse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Seven Keys to Baldpate (1935), Dr. Kildare Goes Home (1940), The Great Dictator (1940), en The Woman in White (1948). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1920: Old Lady 31 - 1924: Pied Piper Malone - 1929: Side Street - 1930: Manslaughter - 1930: The Texan - 1931: Too Young to Marry - 1931: Compromised - 1932: It's Tough to Be Famous - 1932: The Cohens and Kellys in Hollywood - 1932: The Wet Parade - 1933: A Man of Sentiment - 1933: Private Jones - 1934: The Quitter - 1934: Flirtation - 1935: Seven Keys to Baldpate - 1935: The Keeper of the Bees - 1936: Second Wife - 1937: Hideaway - 1939: Hero for a Day - 1940: Dr. Kildare Goes Home - 1940: The Great Dictator - 1941: Scattergood Meets Broadway - 1943: Hoosier Holiday - 1948: The Woman in White
<urn:uuid:dee77eb7-83d1-4472-88e2-03871723d551>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Emma_Dunn
2019-07-17T00:46:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00224.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.810083
false
Johannes Rabie Johannes Stephanus Marais (Jan) Rabie (plaas Groenkloof, distrik Fauresmith, Oranje-Vrystaat, 3 Februarie 1868 – Bloemfontein, Suid-Afrika, 31 Desember 1939) was ’n joernalis, stigters- en erelid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en jare lange raadsvoorsitter van die Grey-universiteitskollege. Volgens prof. dr. P.J. Nienaber was hy "op verskeie ander terreine van die opvoedkundige en volkslewe . . . ’n opbouende faktor van betekenis" en is die stryd vir Afrikaans in Natal ten nouste aan sy naam verbonde as "die eerste oortuigde pleitbesorger en gangmaker vir ons taalregte in die Tuinprovinsie".[1] Herkoms[wysig | wysig bron] Rabie was die oudste van die nege kinders van Johannes Jacobus Rabie (gebore 1816) en sy tweede vrou, Hester D.M. Marais (gebore 1836). J.J. Rabie was 'n Voortrekker, afkomstig uit die Kamdeboo, wat by Piet Retief se mense was gedurende die Groot Trek. Hy het deelgeneem aan die slag by Bloedrivier en in 1848 aan die geveg by Boomplaats, het veldkornet in sy distrik geword, was een van die ondertekenaars van die Bloemfontein-konvensie in 1854 en het Fauresmith jare lank in die Oranje-Vrystaatse Volksraad verteenwoordig. Hy het ’n belangrike rol in die wordingsgeskiedenis van die jong Vrystaatse Republiek gespeel. Sy moeder, Hester Marais, was klein van gestalte, maar formidabel van gees. Komende uit 'n intellektuele familie in die Drakenstein, tree sy in die huwelik met ‘n kwaai ou oom van 50 wat baas was van sy plaas in die wildernis. Sy kom uit ‘n buigsame Victoriaanse omgewing en beland eensklaps in ‘n streng Republikeinse opset. Sy het ook nie veel tyd gehad om aan te pas nie, want binne 12 jaar het sy ma van nege kinders geword.Sy wou elkeen ‘n ordentlike opvoeding gee – musiek en boeke lees – iets waarvoor die Rabies min kans gehad het.[2] Opleiding[wysig | wysig bron] Ná sy aanvanklike skoolopleiding op Fauresmith, het Jan Rabie begin 1883 na die Grey-kollege in Bloemfontein gegaan, destyds die enigste middelbare skool in die OVS. In Junie 1886 het hy die matrikulasie-eksamen afgelê en in 1887 het hy na Stellenbosch vertrek waar hy sy B.A. in 1888 aan die Victoria-kollege verwerf het. Vir verdere studie is hy in 1889 saam met genl. J.B.M. Hertzog, hoofregter Jacob de Villiers en regter C.L. Botha oorsee waar hy die eerste ses maande aan die Christ's College, Cambridge, en een semester aan die Universiteit van Bonn vertoef het. Einde 1889 of begin 1890 het hy teruggekeer in sy vaderland. Loopbaan[wysig | wysig bron] Van 1892 tot 1893 was hy verslaggewer by Ons Land in Kaapstad, maar in laasgenoemde jaar verhuis hy na Bloemfontein waar hy aansluit by die redaksie van die tweetalige (Hollands en Engels) nuusblad De Express en ná Nico Hofmeyr se vertrek, volg hy hom op as redakteur van die Hollandse gedeelte van dié blad. Dié betrekking het hy, aldus prof. Nienaber, "met bekwaamheid en takt beklee". Nadat Bloemfontein in 1900 tydens die Driejarige Oorlog deur die Britte ingeneem is, het Rabie by die Boerekommando's aangesluit en deelgeneem aan die gevegte by Paardeberg, Abrahamskraal (Poplar Grove) en Sannaspos. In Julie 1900 word hy gevange geneem by die oorgawe van genl. Marthinus Prinsloo en na Ceylon verban, waar hy onderwys aan die krygsgevangenes gegee en meegewerk aan hul kampkoerante De Strever en De Krijgsgevangene. In die kamp te Diyatalawa het hy klas gegee aan penkoppe en grysaards en die skrif van die Singalese taal aangeleer.[3] Ná die oorlog het hy agtereenvolgens die redakteurskap waargeneem van Land en Volk (Pretoria, 1903), De Natalse Afrikaner (Pietermaritzburg, 1904-06) en De Vriend des Volks (Bloemfontein, van 1906 af). Hy het egter sy betrekking by laasgenoemde koerant in Julie 1915 neergelê omdat hy hom nie as Afrikaner gedurende die Eerste Wêreldoorlog, en veral tydens die Rebellie, met die voorgeskrewe politiek van hierdie blad kon vereenselwig nie. Daarna het hy die joernalistiek vaarwel toegeroep en ’n amp beklee in die provinsiale administrasie van die OVS, tot by sy aftrede einde 1931. Agt jaar later is hy oorlede. Huwelikslewe[wysig | wysig bron] In September 1918 is hy getroud met Johanna Postma (gebore Slijkhuis), die weduwee van prof. Stephanus Postma. So het die Afrikaanse skryfsters Rikie en Hilda Postma sy stiefdogters en prof. Ammi Postma sy stiefseun geword. Hy het geen eie kinders gehad nie en is eers laat in sy lewe die eerste keer getroud. Waardering[wysig | wysig bron] Prof. P.J. Nienaber skryf Rabie "was 'n vurige voorstander van Afrikaans in sy koerante: As redakteur van De Natalse Afrikaner het hy belangrike baanbrekerswerk vir Afrikaans in Natal gedoen en selfs hoofartikels in Afrikaans geskryf. As praktiese koerantman besef hy vroeg die hopeloosheid om Nederlands as taal van die Afrikaner te handhaaf; hy steun dus vroeg die beweging ten gunste van die vereenvoudigde Nederlandse spelling en pas dit ook toe as joernalis, maar hy stel dit duidelik in De Natalse Afrikaner dat hy dit slegs beskou as 'n stap in die rigting van die eventuele erkenning van Afrikaans as kultuurtaal." Rabie se betekenis vir die Afrikanersaak en die Afrikaanse taal is deur verskillende belangrike instansies erken: Hy is benoem tot lid van die Leidsche Maatschappij der Nederlandse Letterkunde in Leiden en gekies tot erelid van die S.A. Akademie vir Taal, Lettere en Kuns, waarvan hy in 1909 'n stigter was. Bronne[wysig | wysig bron] - ( De Kock, W.J. (tot 1970) en ) Krüger, prof. D.W. (sedert 1971, hoofred.) . 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel II. Kaapstad en Johannesburg: Tafelberg-Uitgewers. - ( ) Nienaber, P.J. 1947. Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Johannesburg: L. & S. Boek- en Kunssentrum.
<urn:uuid:18717754-31f2-4524-a789-04a150fb26d7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Johannes_Rabie
2019-07-17T00:53:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00224.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999961
false
Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit Provinsie | Wes-Kaap | || Distriksmunisipaliteit | Weskus | || Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | || Munisipale kode | WC013 | || Hoofstad | Piketberg | || Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | || Area | 4 407 km² | || Bevolking | 61 897 (2011) | Die Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit is 'n munisipaliteit wat in 2000 tot stand gebring is deur die samesmelting van onder meer die munisipaliteite Porterville, Piketberg en Velddrif en is geleë in die Wes-Kaap, waar dit begrens word deur die munisipaliteite Swartland, Saldanhabaai, Cederberg, Drakenstein en Witzenberg. Die munisipaliteit se naam is ontleen aan die rivier wat deur die munisipale gebied vloei en uitmond by Laaiplek. Die gebied is uitgestrek, met Piketberg, die hoofdorp, wat 67 km van Velddrif, waar die grootste bevolkingskonsentrasie is, geleë is. Inhoud Bevolking[wysig | wysig bron] Volgens die Sensus van 2011 was Bergrivier se bevolking 61 897. Hiervan was die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekend (52 575), gevolg deur Xhosasprekendes (2 178) en Engelssprekendes (1 475). Laasgenoemde woon hoofsaaklik op Velddrif, Laaiplek en Port Owen, wat al drie toenemend gewild is as aftreeplek vir stedelinge. Minder as 1% van Bergrivier se bevolking is in die buiteland gebore, waarvan die meeste (274) in Suider-Afrika en die naasmeeste (134) in Europa gebore is. Die grootste rassegroep in die Bergrivier-gebied is bruinmense met 43 915 (71%) inwoners in 2011. Hulle word gevolg deur blankes met 10 456 (16.9%) en swartmense met 7 001 (11.3%). Daar was in 2011 net 256 Indiërs in die Bergrivier-gebied. Dorpe[wysig | wysig bron] Die hoofdorpe van die munisipale gebied, wat saam met Saldanhabaai, Swartland, Cederberg en Matzikama onder die Weskus-distriksmunisipaliteit ressorteer, is Aurora, Dwarskersbos, Eendekuil, Laaiplek, Monte Bertha (die bruin woonbuurt van Porterville), Noordhoek (die bruin woonbuurt van Velddrif/Laaiplek), Piketberg, Porterville, Redelinghuys en Velddrif. Wapen[wysig | wysig bron] Die munisipale raad het in 2004 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : Geboe deurlopend kepersgewys verdeel van goud en blou, in die skildhoof regs 'n koringgerf, links 'n geblaarde druiwetros, en in die skildvoet twee skuinsgekruiste skimmelforelle alles van natuurlike kleur; op 'n blou skildhoof 'n skuinsgekruiste byl en spies van natuurlike kleur belaai met 'n rooi proteablom, silwer gesaad en groen geblaar. Die helmteken is 'n halwe rooi son uitkomend uit 'n goue muurkroon, en die wapenspreuk is "Deus est vita".[1] Opvoeding[wysig | wysig bron] Die enigste hoërskole in die munisipale gebied is die Hoërskole Steynville (op Piketberg), Porterville, Piketberg en Velddrif (al drie gekombineerd). Die laerskole sluit in Redelinghuys, Eendekuil, Aurora (eintlik 'n middelbare skool) en die Primêre Skole Carl Schreve, Groenvlei, Brandenburg, Willemsvallei, Steynville en Redelinghuys. Mediese geriewe[wysig | wysig bron] Polisiekantore[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] Bronne[wysig | wysig bron] Provinsie Wes-Kaap | | ---|---| Hoofstad: | | Streke: | | Grootste stede en dorpe: | | Munisipaliteite: | Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg |
<urn:uuid:c5eacbf5-4d53-4d90-afd5-106fd746b60e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bergrivier_Plaaslike_Munisipaliteit
2019-07-20T18:14:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00144.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999834
false
Distikstofpentoksied Algemeen | | ---|---| Naam | Distikstofpentoksied | Chemiese formule | N2O5 | Molêre massa | 108,0105 g/mol | CAS-nommer | 10102-03-1 | Fasegedrag | | Ruimtegroep | P6₃/mmc | Smeltpunt | 41 °C | Kookpunt | Ontbind >50 °C (kan ontplof) | Digtheid | 2,17 g/cm3 | Oplosbaarheid | Reageer met water; opl. in HCCl3, SO2Cl2, HNO3 | Suur-basis eienskappe | | pKa | | Veiligheid | | Flitspunt | | Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | | Distikstofpentoksied is 'n stikstofoksied met formule N2O5. In hierdie verbinding met suurstof het stikstof die hoogste oksidasietoestand N(V). Dit is die anhidraat van salpetersuur. Dit is 'n vastestof met 'n lae smeltpunt, wat daarna ontbind, soms met 'n ontploffing. Reaktiwiteit[wysig | wysig bron] N2O5 kan gevorm word deur salpetersuur op fosforoksied te drup: N2O5 reageer vryelik met water, byvoorbeeld vog in die lug, om salpetersuur te vorm: N2O5 word soms opgelos in suiwer salpetersuur. Hierdie oplossing verhoed die ontstaan van water, omdat dit onmiddellik deur die pentoksied in salpetersuur omgesit sal word. N2O5 ondergaan 'n dissosiasie-ewewig in hierdie oplossing en vorm ione: Dit kom ooreen met die heksagonale kristalstruktuur wat uit plat driehoekige nitraat-ione en lineêre nitroniumione bestaan.[2] Dit is in der waarheid 'n sout: nitroniumnitraat. Die damp bestaan nogtans uit O2N-O-NO2-molekule. [3] N2O5-oplossings in salpetersuur kan gebruik word om watervrye metaalnitrate te vervaardig. 'n Toriumnitraathidraat gee aanvanklik 'n adduk: Die adduk kan in vakuum verhit word tot 150-160 °C om die watervrye Th(NO3)4 vry te stel.[4] Verwysings[wysig | wysig bron] - Inorganic Chemistry Mark Weller, Tina Overton, Jonathan Rourke, Fraser Armstrong OUP Oxford, 2014,ISBN 0-19-964182-X, ISBN 978-0-19-964182-6 - Structure and Chemistry of Crystalline Solids Bodie Douglas, Shi-Ming Ho Springer Science & Business Media, 2007, ISBN 0-387-36687-3, 9780387366876 - Molecular structure of dinitrogen pentoxide in the gas phase. Large amplitude motion in a system of coupled rotors, Bruce W. McClelland, Lise Hedberg, Kenneth Hedberg, Kolbjoern Hagen, J. Am. Chem. Soc., 1983, 105(12), bls 3789–3793 - Advances in Inorganic Chemistry and Radiochemistry, Deel 6 H. J. Emeléus, A. G. Sharpe Academic Press, 1964, ISBN 0-08-057855-1, ISBN 978-0-08-057855-2
<urn:uuid:424d8943-5ce4-49c0-93cf-b069f7ca80f3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Distikstofpentoksied
2019-07-20T18:15:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00144.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993139
false
Viëtnamoorlog Viëtnam-oorlog | ||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Deel van die Indo-China-oorloë en die Koue Oorlog | ||||||||| Die Viëtnam-oorlog | ||||||||| Strydende partye | ||||||||| Suid-Viëtnam Verenigde State Suid-Korea Thailand Australië Nieu-Seeland Kambodja Laos Filippyne | Noord-Viëtnam Viëtkong Khmer Rouge Pathet Lao Volksrepubliek China Noord-Korea | |||||||| Aanvoerders | ||||||||| Ngô Đình Diệm (†) Nguyễn Văn Thiệu Nguyễn Cao Kỳ Cao Văn Viên Ngô Quang Trưởng John F. Kennedy Lyndon B. Johnson Richard Nixon Robert McNamara William Westmoreland Creighton Abrams Frederick C. Weyand Park Chung-hee Thanom Kittikachorn Robert Menzies Harold Holt John McEwen John Gorton William McMahon Ferdinand Marcos Keith Holyoake Jack Marshall Norman Kirk | Hồ Chí Minh Lê Duẩn Võ Nguyên Giáp Văn Tiến Dũng Lê Trọng Tấn Phạm Văn Đồng Hoàng Văn Thái Trần Văn Trà Nguyễn Văn Linh Nguyễn Hữu Thọ | |||||||| Sterkte | ||||||||| ≈1 830 000 (1968) | ≈461 000 | |||||||| Ongevalle en verliese | ||||||||| Suid-Viëtnam 195 000–430 000 burgerlikes dood[24][25][26] 220 357[27]–313 000 militêre dood[28] 1 170 000 gewond[29] Verenigde State | Noord-Viëtnam en Viëtkong 65 000 burgerlikes dood[25] 444 000[25]–1 100 000 militêre dood of vermis[40] 600 000+ gewond[41] | |||||||| Viëtnamese burgerlikes dood: 627 000–2 000 000[25][43][44] | Die Viëtnamoorlog (Viëtnamees: Chiến tranh Việt Nam), ook bekend as die Tweede Indo-China-oorlog,[48] en ook bekend in Viëtnam as die Weerstandsoorlog teen Amerika (Viëtnamees: Kháng chiến chống Mỹ) of eenvoudig net die Amerikaanse oorlog, was 'n Koue Oorlog-era volmagstryd (proxy war) wat in Viëtnam, Laos en Kambodja gewoed het. Oorlogshandelinge het op 1 November 1955 begin en op 15 Mei 1975 met 'n skietstilstand geëindig. Dié oorlog het gevolg op die Eerste Indo-China-Oorlog (1946–1954) en is geveg tussen Noord-Viëtnam – gerugsteun deur die Sowjetunie, die Volksrepubliek China en ander kommunistiese bondgenote – en die regering van Suid-Viëtnam – gerugsteun deur die Verenigde State, die Filippyne en ander anti-kommunistiese bondgenote.[49] Die Viëtkong (ook bekend as die Nasionale Bevrydingsfront, of kortweg NLF), 'n Suid-Viëtnamese kommunistiese gemeenskaplike front, wat deur die Noorde ondersteun was, het 'n guerilla-oorlog teen die anti-kommuniste in die streek gevoer. Die Volksleër van Viëtnam, ook bekend as die Noord-Viëtnamese Leër (NVA) het 'n meer konvensionele oorlog gevoer waar groot eenhede op die slagveld ingestoot is. Namate die oorlog gevorder het, het die Viëtkong se rol al hoe minder geword soos die NVA al meer by gevegte betrokke geraak het. Die Amerikaners en Suid-Viëtnamese het grotendeels op lugbeheer staatgemaak met oorweldigende slaankrag vir soek- en spooroperasies. Hiervoor is grondmagte, artillerie en lugaanvalle gebruik. Gedurende die oorlog het die VSA ook grootskaalse strategiese bomaanvalle teen Noord-Viëtnam geloods. Die Amerikaanse regering het sy betrokkenheid by die konflik as 'n manier gesien om die kommunistiese oorname van Suid-Viëtnam te verhoed. Aan die ander kant wou Noord-Viëtnam en die Viëtkong, Viëtnam verenig onder 'n kommunistiese bewind. Hulle het die konflik as 'n koloniale oorlog teen, aanvanklik teen die magte van Frankryk, en toe teen die VSA en uiteindelik teen Suid-Viëtnam, beskou.[50] Aan die begin van 1950 het Amerikaanse militêre raadgewers in, wat toe nog as Frans-Indo-China bekend gestaam het, aangekom.[51] Die VSA se betrokkenheid het in die vroeë 1960's toegeneem, met die aantal troepe wat in 1961 verdriedubbel het, en in 1962 nog driekeer meer geword het.[52] Dit is in 1964 verder uitgebrei na die Golf van Tonkin-voorval, waartydens 'n Amerikaanse oorlogskip in 'n skermutseling met 'n aanvalsvaartuig van Noord-Viëtnam betrokke was. Hierna kry die Amerikaanse president magtiging om die Amerikaanse militêre teenwoordigheid te vergroot. Gevegseenhede is van die begin van 1965 ontplooi. Die operasies het oor internasionale landsgrense gestrek en grensgebiede soos Laos en Kambodja het swaar onder Amerikaanse lugbombardering deugeloop. In 1968 het die oorlog sy hoogtepunt bereik toe die kommuniste hul Tết Offensief geloods het. Die offensief het nie in sy doel geslaag om die Suid-Viëtnamese regering tot 'n val te bring nie, maar was die keerpunt in die oorlog aangesien dit 'n groot segment van die Amerikaanse bevolking laat besef het die Amerikaanse regering se aansprake dat die oorlog gewen word net 'n droom is. 'n Stelselmatige onttrekking van Amerikaanse troepe is begin as deel van die "Viëtnamisasie" van die land wat daarop gemik was om Amerika se betrokkenheid in die oorlog te beëindig, en die oorlog teen die kommuniste aan die Suid-Viëtnamese oor te laat. Ondanks die Paryse Vredesverdrag, wat deur alle partye in Januarie onderteken is, het die gevegte voortgeduur. In Amerika en die Westerse wêreld het 'n reuse anti-Viëtnambeweging gestalte gekry as deel van 'n groter kontra-kultuur wat in die 1960's posgevat het.[53] Die Amerikaners se regstreekse betrokkenheid by die oorlog het op 15 Augusts 1973 geëindig.[54] Die oorname van Saigon deur die Noord-Viëtnamese magte het die einde van die oorlog beteken, en Noord- en Suid-Viëtnam is die volgende jaar verenig. Dit was 'n bloedige oorlog met baie sterfgevalle. Na raming is tussen 800 000 en 3,1 miljoen soldate en burgerlikes dood.[40][55][56] Sowat 200 000 tot 300 000 Kambodjane en 'n geraamde 20 000 tot 200 000 burgers van Laos het ook gesterf.[45][46][47] Die dodetal onder Amerikaanse soldate is 58 220, met 'n verdere 1 626 wat as vermis aangemeld is.[57] Die konflik was 'n voorbeeld van die sogenaamde domino-effek, wat deur Amerika gevrees is en as rede vir sy deelname aan die oorlog gegee is. Indien die een land voor kommunistiese oorname swig, is die volgende land kwesbaar.[58] Inhoud - 1 Die Franse onttrekking, 1950–1954 - 2 Oorlog brei uit onder Johnson, 1963–1969 - 3 Viëtnamisasie, 1969–1972 - 4 Uittog van die Amerikaners: 1973–1975 - 5 Oorsig en sterfgevalle - 6 Verwysings - 7 Bronne - 8 Eksterne skakels Die Franse onttrekking, 1950–1954[wysig | wysig bron] In Januarie 1950 het die Volksrepubliek van China en die Sowjetunie die Viët Minh se bewind in Noord-Viëtnam met sy hoofstad in Hanoi as die legitieme regering van Viëtnam erken. Die volgende maand erken die VSA en die Verenigde Koninkryk die Frans-gesteunde Suid-Viëtnam in Saigon as die amptelike Viëtnamese regering.[59][60] Die uitbreek van die Korea-oorlog in Junie 1950 het die beleidmakers in Washington, D.C. oortuig dat die oorlog in Indo-China 'n voorbeeld is van kommunistiese uitbreiding wat deur die Sowjetunie georkestreer word.[61] Militêre raadgewers van die Volksrepubliek van China het die Viët Minh in Julie 1950 in hul stryd teen die Franse begin steun.[62] Sjinese wapens, deskundige raad en arbeiders het die Viët Minh van 'n guerillamag tot 'n volkskaalse weermag help opbou.[63] In September 1950 het die VSA 'n spesiale bystands- en raadgewersgroep saamgestel om die Franse versoek om hulpverlening, strategiese raad en die opleiding van Viëtnamese soldate, te oorweeg.[64] Teen 1954 het die VSA reeds 300 000 kleingewere voorsien en sowat $1-miljard in steun tot die Franse militêre poging bygedra. Die VSA het toe reeds 80% van die totale kostes van die oorlog befonds.[65][66][67] President John F. Kennedy se raadgewers het voorgestel hy stuur Amerikaanse troepe onder die dekking van vloedrampwerkers na Suid-Viëtnam, maar dit is geweier, maar hy het tog die militêre hulp verder vermeerder. In April 1962 het een van sy raadgewers gewaarsku dat die VSA eenvoudig net die Franse as 'n koloniale mag in die gebied gaan vervang, en "soos die Franse gaan bloei".[68] Omverwerping en sluipmoord op Ngô Đình Diệm[wysig | wysig bron] Die hopelose Suid-Viëtnamese leër was 'n bron van kommer vir die Amerikaanse generaals. Tydens die slag van Ap Bac het 'n klein groepie van die Viëtkong 'n baie groter en beter toegeruste gevegsmag aangevat en gewen. Vir die Amerikaners het dit gelyk of van die Suid-Viëtnamese offisiere inderdaad huiwerig is om in gevegte betrokke te raak.[69] Die Amerikaanse intelligesiediens Central Intelligence Agency het kontak gemaak met die generaals wat Diệm in 'n staatsgreep wou omver werp, en het dit duidedlik gestel dat die VSA dit nie sal teenstaan, die generaals sal straf, of hulp aan Suid-Viëtnam onttrek nie. President Diệm is saam met sy broer op 2 November 1963 tereggestel. Kennedy was uiters geskok want hy het nie verwag dat Diệm doodgemaak sou word nie.[70][71] Hanoi het die chaos in Suid-Viëtnam tot sy voordeel uitgebuit en sy steun aan die guerillas verder uitgebrei. Suid-Viëtnam was vasgevang in 'n tydperk van ernstige politieke woelinge, soos die een militêre bewind na die ander oorgeneem het.[72] Oorlog brei uit onder Johnson, 1963–1969[wysig | wysig bron] In die tyd toe Lyndon B. Johnson as president oorgeneem het, na Kennedy se dood, was hy nie juis betrokke by die beleid oor die oorlog nie. Na verskeie aanvalle op Amerikaanse lugmagbasisse, en die feit dat die Suid-Viëtnamese magte blykbaar nie in staat is om beskerming te bied nie, is daar op 8 Maart 1965 3 500 Amerikaanse mariniers ingevlieg. Dit was die begin van die grondoorlog in Viëtnam.[75] Die mariniers se opdragte was aanvanklik om verdedigend op te tree, maar teen Maart 1965 is die eerste 3 500 vergroot na 'n aanvalsmag van 200 000 troepe op die grond.[76] Gedurende die nag van 30-31 Januarie 1968, Tết Nguyên Đán (die maan nuwe jaar) loods bataljon sterkte elemente van die Nasionale Front vir die Bevryding van Viëtnam of "Viëtkong" (NLF) en Divisie eenhede van Noord-Viëtnam se People's Army of Vietnam (PAVN), aanvalle teen Suid-Viëtnam se Army of the Republic of Vietnam (ARVN), die Verenigde State militêre eenhede en ander ARVN-geallieerde magte. Die operasies word genoem die Tết Offensief.[77] Tydens die Tet-offensief is meer as 100 stede aangeval deur meer as 85 000 troepe, insluitende aanvalle op belangrike militêre installasies, hoofkwartiere en regeringsgeboue en kantore, insluitend die Amerikaanse ambassade in Saigon.[78] Die offensief het aangehou tot in 1969. Die Tết Offensief het tot 'n operasionele nederlaag vir die Noord-Viëtnam en NLF gely. Die Tết Offensief word egter ook algemeen beskou as 'n keerpunt in die Viëtnamoorlog waartydens die NLF en PAVN 'n enorme sielkundige en propagandaoorwinning behaal. Populêre steun vir die oorlog in die VSA het gou hierna gekwyn en het bygedra tot die onttrekking van Amerikaanse soldate. Die Amerikaanse publiek het veel meer kritiek uitgespreek teen die oorlogbeleid van President Lyndon B. Johnson na die Tết Offensief. Die entiteit wat mees direk deur die aanvalle beïnvloed is, was die regering van die Republiek van Viëtnam van Nguyễn Văn Thiệu wie se militêre en politieke afhanklikheid van die VSA gedemonstreer is aan die bevolking. Die Tết Offensief word algemeen beskou as 'n voorbeeld van die waarde van propaganda en die massamedia se invloed in die najaag van militêre doelwitte. Viëtnamisasie, 1969–1972[wysig | wysig bron] Nixon Doktriene / Viëtnamisasie[wysig | wysig bron] Die Amerikaanse President Richard Nixon het in 1969 begin om die troepe te onttrek. Sy plan was om die Suid-Viëtnamese gevegsmagte op te bou sodat dit die beskerming van die land kan oorneem. Dit was Nixon se Viëtnamisasie-plan. Uittog van die Amerikaners: 1973–1975[wysig | wysig bron] Die meeste Amerikaanse troepe is in die finale jare van Viëtnamisasie uit die land gevlieg. Op 5 Maart 1971 land die Vyfde Spesiale Magte Groep by hul ou basis by Fort Bragg. Dit was die eerste Amerikaanse eenheid wat destyds in Viëtnam ontplooi is.[79] Die val van Saigon[wysig | wysig bron] Chaos, paniek en opstande was aan die orde van die dag soos histeriese Suid-Viëtnamese amptenare en burgerlikes desperaat probeer vlug het uit Saigon. Krygswet is afgekondig. Amerikaanse helikopters het koorsagtig en desperaat Suid-Viëtnamese, Amerikaners, en buitelanders uit verskillende dele van die stad, en uit die Amerikaanse ambassade se kompleks na veiligheid probeer verskuif. Operation Frequent Wing is tot op die laaste nippertjie uitgestel omdat die ambassadeur, Graham Martin, nie geglo het Saigon gaan val nie, en dat 'n ooreenkoms gesluit sou kon word. Op 30 April 1975 beweeg die Noord-Viëtnamese weermag die stad in en smoor enige weerstand vinnig in die kiem. 'n Tenk bars deur die paleis en om 11:30 hys die Viëtkong sy vlag.[80] Oorsig en sterfgevalle[wysig | wysig bron] Jaar | VSA[81] | Suid- Viëtnam | ---|---|---| 1956–1959 | 4 | n.a. | 1960 | 5 | 2 223 | 1961 | 16 | 4 004 | 1962 | 53 | 4 457 | 1963 | 122 | 5 665 | 1964 | 216 | 7 457 | 1965 | 1 928 | 11 242 | 1966 | 6 350 | 11 953 | 1967 | 11 363 | 12 716 | 1968 | 16 899 | 27 915 | 1969 | 11 780 | 21 833 | 1970 | 6 173 | 23 346 | 1971 | 2 414 | 22 738 | 1972 | 759 | 39 587 | 1973 | 68 | 27 901 | 1974 | 1 | 31 219 | 1975 | 62 | n.a. | Na 1975 | 7 | n.a. | Totaal | 58 220 | >254 256[82] | - 6 Julie 1964 Slag van Nam Dong - Junie 1965 Slag van Dong Xoai - Augustus 1965 Operation Starlite - November 1965 Slag van Ia-Drang-Tal - Januarie 1966 Operation Crimp - Januarie tot Maart 1966 Operation Masher - Mei 1966 Operation Nine Days in May - Mei 1966 Slag van A Shau - Mei 1966 Operation Hastings - September 1966 Operation Attleboro - Januarie 1967 Operation Cedar Falls - Februarie tot Mei 1967 - April tot Mei 1967 - November 1967 Slag van Dak To - Januarie 1968 Slag van Khe Sanh - Januarie tot Maart 1968 Slag van Hue - Maart 1968 Eerste Slag van Saigon - Mei 1968 Slag van Kham Duc - Desember 1968 tot 31 Mei 1969 Operation Speedy Express - Januarie tot Maart 1969 Operation Dewey Canyon - Mei 1969 Slag van Hamburger Hill - November 1969 tot Maart 1972 Operation Commando Hunt - April tot Julie 1972 Kambodscha-Operation - September 1970 Operation Tailwind - November 1970 Operation Kingpin - Februarie tot Maart 1971 Operation Lam Son 719 - Maart tot Mei 1972 Slag van Quảng Trị - April tot Julie 1972 Slag van An Loc - April 1975 Slag van Xuan Loc Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "ALLIES OF THE REPUBLIC OF VIETNAM". Besoek op 24 September 2011. - ( ) "Chapter Three: 1957–1969 Early Relations between Malaysia and Vietnam" (PDF). University of Malaya Student Repository. p. 72. Besoek op 17 Oktober 2015. - ( ) "Tunku Abdul Rahman Putra Al-Haj (Profiles of Malaysia's Foreign Ministers)" (PDF). Institute of Diplomacy and Foreign Relations (IDFR), Ministry of Foreign Affairs. 2008. p. 31. ISBN 978-983-2220-26-8. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 17 Oktober 2015. - ( The Cuban Military Under Castro, 1989. bl. 76 ) - ( Cuba in the World, 1979. bl. 66 ) - ( ) "Cesky a slovensky svet". Svet.czsk.net. Besoek op 24 Februarie 2014. - ( ) "Bilaterální vztahy České republiky a Vietnamské socialistické republiky | Mezinárodní vztahy | e-Polis – Internetový politologický časopis". E-polis.cz. Besoek op 24 Februarie 2014. - ( ) "Foreign Affairs in the 1960s and 1970s". Library of Congress. 1992. - ( ) "Project MUSE – Sailing in the Shadow of the Vietnam War: The GDR Government and the "Vietnam Bonus" of the Early 1970s" (PDF). - Crump 2015, p. 183 - ( ) Polish military advisers in North Vietnam - ( ) http://strategicstudiesinstitute.army.mil/pubs/parameters/Articles/1980/1980%20radvanyi.pdf - ( ) "Why did Sweden support the Viet Cong?". HistoryNet. 25 Julie 2013. Besoek op 20 Julie 2016. - ( ) "Sweden announces support to Viet Cong". HISTORY.com. Besoek op 20 Julie 2016. - Le Gro, bl. 28. - ( ) "Vietnam War : US Troop Strength". Historycentral.com. Besoek op 17 Oktober 2009. - ( ) "Facts about the Vietnam Veterans Memorial Collection". nps.gov. - ( ) The A to Z of the Vietnam War. The Scarecrow Press. 2005. ISBN 978-1-4617-1903-8. - ( Vietnam War After Action Reports, BACM Research, 2009, bl. 430 ) - ( ) "China admits 320,000 troops fought in Vietnam". Toledo Blade. Reuters. 16 Mei 1989. Besoek op 24 Desember 2013. - ( Roy, Denny (1998). China's Foreign Relations. Rowman & Littlefield. p. 27. ) ISBN 978-0-8476-9013-8. - ( ) China and Vietnam. - ( Pham Thi Thu Thuy (1 Augustus 2013). ) "The colorful history of North Korea-Vietnam relations". NK News. Besoek op 3 Oktober 2016. - ( Charles Hirschman et al., ) "Vietnamese Casualties During the American War: A New Estimate," Population and Development Review, Desember 1995. - ( ) Lewy 1978, pp. 450–3 - ( ) Thayer 1985, chap. 12 - ( Aaron Ulrich (editor); Edward FeuerHerd (producer and director). Heart of Darkness: The Vietnam War Chronicles 1945–1975 (Box set, Color, Dolby, DVD-Video, Full Screen, NTSC, Dolby, Vision Software) [Documentary]. Koch Vision. Gebeurtenis vind plaas op 321 minutes. ) ISBN 1-4172-2920-9. - ( ) Rummel, R.J (1997), "Table 6.1A. Vietnam Democide : Estimates, Sources, and Calculations," (GIF), Freedom, Democracy, Peace; Power, Democide, and War, University of Hawaii System, http://www.hawaii.edu/powerkills/SOD.TAB6.1A.GIF - ( Tucker, Spencer E. The Encyclopedia of the Vietnam War: A Political, Social, and Military History ABC-CLIO. ) ISBN 1-85109-961-1 - ( ) PR Newswire (2 Mei 2016). "Memorial Day ceremony at The Wall to commemorate eight additions to The Wall and honor all members of America's Armed Forces who have made the ultimate sacrifice". Persberig. http://www.prnewswire.com/news-releases/memorial-day-ceremony-at-the-wall-to-commemorate-eight-additions-to-the-wall-and-honor-all-members-of-americas-armed-forces-who-have-made-the-ultimate-sacrifice-300260920.html. - ( ) America's Wars (Report). Department of Veterans Affairs. Mei 2010. http://www1.va.gov/opa/publications/factsheets/fs_americas_wars.pdf. - ( ) Anne Leland; Mari–Jana "M-J" Oboroceanu (26 Februarie 2010). American War and Military Operations: Casualties: Lists and Statistics (Report). Congressional Research Service. https://fas.org/sgp/crs/natsec/RL32492.pdf. - ( ) Lawrence 2009, pp. 65, 107, 154, 217 - ( Kueter, Dale. Vietnam Sons: For Some, the War Never Ended. AuthorHouse (21 Maart 2007). ) ISBN 978-1-4259-6931-8 - ( ) "Australian casualties in the Vietnam War, 1962–72 | Australian War Memorial". Awm.gov.au. Besoek op 29 Junie 2013. - ( The Encyclopedia of the Vietnam War: A Political, Social, and Military History By Spencer C. Tucker " ) https://books.google.com/?id=qh5lffww-KsC" - ( ) "Overview of the war in Vietnam | VietnamWar.govt.nz, New Zealand and the Vietnam War". Vietnamwar.govt.nz. 16 Julie 1965. Besoek op 29 Junie 2013. - ( ) "Chapter III: The Philippines". History.army.mil. Besoek op 24 Februarie 2014. - ( ) "Asian Allies in Vietnam" (PDF). Embassy of South Vietnam. Maart 1970. Besoek op 18 Oktober 2015. - ( Associated Press, 3 April 1995, "Vietnam Says 1.1 Million Died Fighting For North." ) - ( Soames, John. A History of the World, Routledge, 2005. ) - ( ) "North Korea fought in Vietnam War". BBC News. 31 Maart 2000. Besoek op 18 Oktober 2015. - ( Shenon, Philip (23 April 1995). ) "20 Years After Victory, Vietnamese Communists Ponder How to Celebrate". The New York Times. Besoek op 24 Februarie 2011. - ( ) "fifty years of violent war deaths: data analysis from the world health survey program: BMJ". 23 April 2008. Besoek op 5 Januarie 2013. - ( Heuveline, Patrick (2001). ) - ( Sliwinski 1995. ) - ( Banister, Judith, and Paige Johnson (1993). ) - ( Factasy. ) "The Vietnam War or Second Indochina War". PRLog. Besoek op 29 Junie 2013. - ( ) "Vietnam War". - Digital History, Steven Mintz. - ( Major General George S. Eckhardt, ) Vietnam Studies Command and Control 1950–1969, Department of the Army, Washington, D.C. (1991), bl. 6 - ( ) Vietnam War Statistics and Facts 1, 25th Aviation Battalion website. - ( Thee, Marek (1976). ) - ( Kolko 1985, bl. 457, 461ff. ) - ( Shenon, Philip (23 April 1995). ) "20 Years After Victory, Vietnamese Communists Ponder How to Celebrate". - ( ) "fifty years of violent war deaths: data analysis from the world health survey program: BMJ". 23 April 2008. - ( ) The War's Costs. Digital History. - ( Digital History; Steven Mintz. ) "The Vietnam War". Digitalhistory.uh.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2011. Besoek op 31 Oktober 2011. - ( McNamara 1999, bl. 377–9. ) - ( ) "The Vietnam War Seeds of Conflict 1945 – 1960". - ( Pentagon Papers, Gravel, ed, Chapter 2, 'U.S. Involvement in the Franco-Viet Minh War', bl. 54. ) - ( Ang, Cheng Guan, The Vietnam War from the Other Side, bl. 14. ) - ( ) "The History Place – Vietnam War 1945–1960". - ( Herring 2001, bl. 18. ) - ( Zinn, A People's History of the United States, bl. 471. ) - ( ) Origins of the Insurgency in South Vietnam, 1954–1960, The Pentagon Papers (Gravel Edition), Volume 1, Chapter 5, (Boston: Beacon Press, 1971), Section 3, bl. 314–346; International Relations Department, Mount Holyoke College. - ( Washington Post, 23 April 1985. ) - ( ) "Vietnam War". - ( Sheehan 1989, bl. 201–66. ) - ( Karnow 1997, bl. 326. ) - ( FRUS, Foreign Relations of the United States, 1961–1963, Vol. ) - ( McNamara 1999, bl. 328. ) - ( Karnow 1997, bl. 339. ) - ( Karnow 1997, bl. 339: "At a place called Hoa Phu, for example, the strategic hamlet built during the previous summer now looked like it had been hit by a hurricane. ) - ( ) "Generations Divide Over Military Action in Iraq". - ( McNeill 1993, bl. 94. ) - "The Urban Movement and the Planning and Execution of the Tet Offensive". Wilson Center (in Engels). 2014-10-20. Besoek op 2018-06-01. - McNamara 1999. - ( Stanton 2003, bl. 240 ) - ( Tucker 1999, bl. ) 29 - ( ) "Statistical Information about Fatal Casualties of the Vietnam War, Electronic Records Reference Report". - ( Clarke, Jeffrey J. (1988), United States Army in Vietnam: Advice and Support: The Final Years, 1965–1973, Washington, D.C: Center of Military History, United States Army, bl. 275 ) Bronne[wysig | wysig bron] - ( Paul Elliott: Vietnam – Conflict & Controversy. 1998, ) ISBN 1-85409-320-7 - ( Oriana Fallaci: Wir, Engel und Bestien. Ein Bericht. Econ-Verlag, Düsseldorf/Wien 1970, ) ISBN 3-430-12603-7; zuletzt Wir, Engel und Bestien. Ein Bericht aus dem Vietnamkrieg. dtv, München 1988, ISBN 3-423-10259-4 - ( Gilles Férier: Les trois guerres d'Indochine. Presses Universitaires de Lyon, 1994, ) ISBN 2-7297-0483-3 - ( Philippe Franchini: Les guerres d'Indochine. Pygmalion, Paris 1997, ) ISBN 2-85704-267-1 - ( Marc Frey: Geschichte des Vietnamkriegs. Die Tragödie in Asien und das Ende des amerikanischen Traums. Beck, München 1998, ) ISBN 3-406-42078-8; 7. durchges. Aufl., 2004, ISBN 3-406-45978-1 - ( Michael Herr: An die Hölle verraten = Dispatches. Rogner und Bernhard, München 1979, ) ISBN 3-8077-0101-X - ( Seymour Hersh: My Lai 4: A Report on the Massacre and its Aftermath. 1970, ) ISBN 0-394-43737-3 - ( Peter Jaeggi: Als mein Kind geboren wurde, war ich sehr traurig. Spätfolgen des Chemiewaffen-Einsatzes im Vietnamkrieg. Lenos-Verlag, Basel 2000, ) ISBN 3-85787-298-5 (Katalog zur gleichnamigen Fotografieausstellung) - ( Gabriel Kolko: Anatomy of a War. Vietnam, the United States and the Modern Historical Experience. 2001 ) ISBN 1-84212-286-X - ( Gabriel Kolko: Vietnam: Anatomy of a Peace. 1997, ) ISBN 0-415-15990-3 - ( Guenter Lewy: America in Vietnam. Oxford University Press 1978, ) ISBN 0-19-502732-9 - ( Robert S. McNamara en Brian VanDeMark: Vietnam. Das Trauma einer Weltmacht. Spiegel-Buchverlag, Hamburg 1995, ) ISBN 3-455-11139-4 - ( Lt. Gen. Harold G. Moore & Joseph L. Galloway: We Were Soldiers Once...And Young. 2002, ) ISBN 0-06-050698-9 - ( Jonathan Neale: Der amerikanische Krieg. Vietnam 1960–1975. Atlantik-Verlag, Bremen 2004, ) ISBN 3-926529-17-2 - ( Tim Page: Ein anderes Vietnam. Bilder des Krieges von der anderen Seite. National Geographic. Hamburg 2002, ) ISBN 3-934385-65-6 (Buch mit Fotos und Berichten nordvietnamesischer Fotografen, die den Krieg dokumentierten) - ( Jacques Portes: Les Américains et la guerre du Vietnam. Editions Complexe, Paris, 1999, ) ISBN 2-87027-471-8 - ( Peter Scholl-Latour: Der Tod im Reisfeld. Dreißig Jahre Krieg in Indochina. Deutsche Verlags-Anstalt, Stuttgart 1980, ) ISBN 3-421-01927-4; zuletzt dtv, München 2000, ISBN 3-423-36173-5 - ( Neil Sheehan: Die große Lüge. John Paul Vann und Amerika in Vietnam. Europaverlag, Wien/Zürich 1992, ) ISBN 3-203-51149-5 - ( Rolf Steininger: Der Vietnamkrieg. Fischer-Taschenbuch-Verlag, Frankfurt 2004, ) ISBN 3-596-16129-0 - ( William Appleman Williams: America in Vietnam: A Documentary History. 1989, ) ISBN 0-385-19752-7 - ( Bernd Greiner: Krieg ohne Fronten. Die USA in Vietnam. Verlag Hamburger Edition 2007, ) ISBN 978-3-936096-80-4 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Vietnam War. | - ( ) Artikelserie des Toledo Blade über amerikanische Kriegsverbrechen - ( ) Photostrecke über den Einsatz amerikanischer Soldaten - ( ) Vietnam War Bibliography von Edwin E. Moïse - ( ) Dissertation: „Dominotheorie und amerikanische Vietnampolitik 1954–1961“ - ( ) Almanach der Air Force Association zur amerikanischen Luftkriegsführung in Vietnam - ( ) Vietnam War Collection - ( ) Vietnam Histories, CIA
<urn:uuid:50f1f60c-5561-411c-9eca-977266f1aeed>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Vi%C3%ABtnamoorlog
2019-07-20T18:03:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00144.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989047
false
12 Junie 2016 Pinelands – Koninkrykstyd Prediker: Dr Tiana Bosman Die brief aan die Galasiërs was na alle waarskynlik Paulus se heel eerste brief aan ‘n gemeente (gemeentes – briewe het die rondte gedoen). Galatia was ‘n Romeinse provinsie in Kleinasië (vandag Turkye). Huiskerke. Nie-Joodse christene waarskynlik die meerderheid. Meeste leiers tog Joods – hulle was die natuurlike senior vennote in die gemeentes. ‘n Nie-Joodse christen sou nie maklik waag om die Skrifinterpretasie van ‘n Joodse christen in twyfel te trek nie. Hulle het immers in die godsdiens grootgeword waarvan Jesus die vervulling was. Hulle behoort die beste te weet wat reg is. Aanvanklik het Paulus het goeie verhouding met die christene in Galatia gehad (Julle het my nooit sleg behandel nie – 4:12). Nou het hulle hom egter teleurgestel deur “afvallig te word en ‘n ander evangelie aan te neem” 1:6. Hy het nuus gehoor dat sy eks-heidense bekeerlinge deur mense laat verstaan is (die mense was Jode wat in Galatia aangekom het) dat die evangelie wat Paulus aan hulle verkondig het, gebrekkig is. (Paulus is deur die apostels gestuur om sendeling onder die heidennasies te word , hulle het hul stempel van goedkeuring daarop geplaas, maar hulle het bly sukkel met die praktyk hiervan.) Ja, Paulus het die heidene gehelp om in Jesus te glo, maar die boodskap wat hy verkondig het, het hulle nie ten volle ingelyf in die verbondsfamilie van God nie. Hulle moes aan Abraham se familie behoort. Dit het beteken dat die mans besny moes word en dat hulle ook ander Joodse (kulturele) gebruike moes aanneem. Paulus se gesag en integriteit het in gedrang gekom. Dit wil voorkom of sy bekeerlinge uit Galatia die ander se raad wil volg en ten volle deel wil raak van die Joodse gemeenskap – besnydenis en al. Paulus maak dit duidelik dat hy onafhanklik van Jerusalem se apostels werk, maar ook dat, wanneer hulle vergader, hulle saamstem oor die inhoud van die evangelie wat hulle verkondig en dat hulle die gebiede waar hulle werk onderverdeel het. Dan vertel hy dat dieselfde in Antiogië gebeur het as wat nou in Galatia aan die gebeur is. Hy gee ‘n kort beskrywing en daarna hoop hy om met sy verduideliking en argument die hele saak vir eens en vir altyd in die reine te bring sodat daar geen misverstande meer sal wees nie… Teks: (Eie vertaling met konteks ingewerk en nader aan die Grieks waar dit saakmaak) Paulus gryp in vss 11-14 terug na ‘n vorige gebeurenis in Antiogië sodat hy dit as basis kan gebruik vir sy argument teenoor die gemeente(s)/huiskerke in Galasiërs. 2: 11 Toe Petrus in Antiogië aangekom het, het ek ernstig van hom verskil want hy het sonder twyfel verkeerd opgetree. 12 Voordat sekere mense van Jakobus se gemeente in Jerusalem opgedaag het, het Petrus gewoonlik saam met die heidene geëet, maar toe hulle opdaag, het hy opgehou om dit te doen en hy het homself eenkant gehou, want hy was bang vir (wat) die Joodse Christene wat ten gunste van die besnydenis was(, sou sê). 13 En die res van die Jode het sy voorbeeld gevolg; hulle was net so skynheilig soos hy. Selfs Barnabas (voorheen ‘n leerling van Paulus) het van die pad afgegaan en net so skynheilig soos die ander geraak. 14 Maar toe ek sien dat hulle nie die reguit pad loop vlgs die waarheid van die evangelie nie (in ooreenstemming met die waarheid van die evangelie optree nie), het ek voor hulle almal vir Petrus gesê: “As jy, alhoewel jy ‘n Jood is, lewe soos ‘n heiden en nie soos ‘n Jood nie (wanneer die Jode van Jerusalem nie kyk nie), hoe kan jy die heidene wil forseer om soos Jode te leef?!” 15 Ons (Paulus en Petrus) is gebore Jode en nie sondaars uit die heidene nie, 16 en tog weet ons dat niemand deur die nakoming van die wet van Moses geregverdig (sterker as vrygespreek/amnestie ontvang) word nie, maar slegs deur die geloof (faith-fulness) van Jesus Christus. Ook ons het in Christus Jesus geglo (op Hom vertrou), sodat ons geregverdig kan word op grond van die geloof (faith-fulness) van Christus en nie op grond van die nakoming van die wet nie, omdat geen mens deur gehoorsaam te wees aan die wet geregverdig sal word nie. 17 En as dit blyk dat ons, in ons soeke om deur Christus geregverdig te word, self ook sondaars is, is Christus dan een wat sonde aanmoedig? (Beteken die feit dat ons sonde afgeskryf word, dat Christus dit vir ons makliker maak om sonde te doen?) Hoegenaamd nie! 18 Maar as ek dit wat ek afgebreek het, weer opbou (die muur van skeiding tussen Jode en nie-Jode, deel van die Torah-wette), dan wys ek daardeur dat ek die een is wat God se wet oortree. (Want as ek onwrikbaar hierby gaan bly staan asof dit nog wet is, dan moet ek ook al die ander onderhou – al 613 van hulle, en dit sal ek nooit regkry nie – dan raak ek juis ‘n oortreder van die wet.) 19 Want deur die wet het ek die wet afgesterf sodat ek vir God kan leef. 20 Ek is gekruisig met Christus, en dit is nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my leef. So, die lewe wat ek nou in die liggaam (hier op aarde) leef, lewe ek as gevolg van die geloof (betroubaarheid) van die Seun van God wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het. 21 Ek verwerp nie die genade van God nie, want as regverdiging deur die wet kom, dan het Christus tevergeerfs gesterf. [Tekskritiese notas: - Nomos: Die wet van Moses, die Torah, die eerste 5 boeke van die Bybel (Pentateug). Die Joodse religieuse wette het ontwikkel uit hierdie versameling. In ‘n meer omvattende sin die OT as geheel. - Die geloof (pistis) van Christus: 4 keer in Gal,1 x in Fil, 2x in Rom. Ons geloof in Christus – heeltemal ander grammatikale uitdrukking in Grieks. - Geloof van Christus is deur vroeë kerkvaders korrek vertaal. Toe kom die stryd rondom die goddelike natuur van Christus en kerkvaders sê as Jesus Christus God self is kan hy nie glo in God nie, net mense glo in God. Van toe af wegvertaal na “geloof in Christus”. Ongelukkig ook so vertaal in nuuste Afr Direkte Vertaling – wel voetnota wat dui op korrekte vertaling. Al meer teoloë beweeg terug na oorspronklike frase (geloof van Christus – vgl Flip Theron, NT Wright, ens.) - Christus se vertroue (geloof) en sy trou (faithfulness). Christus se vertroue in sy Vader is terselfdertyd sy trou aan sy Vader. God se trou is die grond van Christus se geloof en van die gelowige se vertroue. - Christus se geloof is sy vertroue op God se trou. Vir Paulus val die aksent op Christus se geloof en nie op ons geloof nie.] In Antiogië was die gebruik dat Joodse gelowiges en nie-Joodse gelowiges saam om een tafel kan sit en eet. Almal het saamgeëet (nogals ‘n radikale skuif vir die Joodse gelowiges – ons moet hulle krediet gee, they’ve come a long way!) Petrus is gemaklik om in te skakel by die gebruik. Maar toe daar van Jakobus (Jesus se broer) se gemeente se mense in Jerusalem opdaag in Antiogië, toe draai Petrus sy mantel na die wind, hy verander sy strategie, hy hou hom eenkant van die nie-Joodse christene, daag nie op met etenstyd nie (baie subtiel, maar Paulus sien dit raak). En die ander volg sy voorbeeld. Hulle blyk almal skynheiliges te wees. Die vraag is: Is die gemeenskap van gelowiges EEN liggaam of TWEE? Wat is meer belangrik: die onderskeid tussen Jode en nie-Jode, of die onderskeid tussen gelowiges en ongelowiges? Druk word op die heidense gelowiges geplaas om hulle te bekeer – nie net tot die christelike geloof nie, maar ook tot Judaïsme (dws word eers ‘n Jood, besnydenis en gebruik rondom etes). Jy is eers deel van die ingroep as jy ten volle Joods is – hul gebruike aangeneem het. Petrus ignoreer die algemene Joodse taboo (kashrut diëetreëls: moenie saam met heidene eet nie). Hy het dus reeds hierdie grens oorgesteek (onthou sy visioen in Hand 10). Maar nou skielik verander hy sy opinie, nou verwag hy weer dat die heidense gelowiges soos die Jode moet begin leef. Paulus sê nee! Uitverkiesing, behorende tot die geloofsgemeenskap, word geherdefiniëer rondom die Messias en SY geloof, nie rondom die Joodse gebruike en wette van die OT nie. Die punt vir Paulus is duidelik: Dis nie die Torah en die Messias wat jou in die gemeenskap van gelowiges inlyf nie. Dis slegs die Messias en sy geloof wat vervul word in sy dood en opstanding, dis die mees sentrale kenmerk van sy mense, sy volk, sy kerk. Paulus se boodskap aan die Galasiërs van nie-Joodse afkoms was duidelik: noudat Jesus, die Messias, gekom het, het sake fundamenteel verander. Nou was toegang tot God en tot God se volk nie meer deur twee deure nie, maar net deur een: Jesus Christus. Op grond waarvan sluit ons mense in of uit by die geloofsgemeenskap? Op grond van ons verstaan en interpretasie van die wette van die OT? Die Bybel sê hierdie mense en daai mense dit en dat, so dit beteken jy is welkom maar hy is nie… Op grond van ons verstaan van geregverdigde onderskeide tussen rasse / nasies / geslag / seksualiteit / morele lewens (rondslapers en prostitute en mense wat steel is uit, maar die wat op die straathoeke bid en in die openbaar klomp geld gee is in?) Daar is maar net een kwalifikasie: en dit lê nie eens binne een van ons nie, hetsy Jood of nie-Jood. Dit lê in die geloof, die trou, die betroubaarheid, die regverdiging van Jesus Christus. Dis sy geloof wat ons red. Dis sy geloof wat ons een familie maak. Kopiereg: Hierdie werk deur Dr Tiana Bosman word gelisensieer onder ‘n “Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.5 South Africa License”.
<urn:uuid:16bbacd6-9d96-40ef-aec0-5ba6e853d762>
CC-MAIN-2019-30
http://www.pinelandsngkerk.org/tag/galasiers/
2019-07-23T05:54:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00464.warc.gz
by-nc-nd
2.5
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nc-nd", "by-nc-nd" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "2.5", "2.5" ] }
false
false
Latn
afr
1.000007
false
[[Lêer:Jeppe Boys High.jpg|duimnael|links|Die [[Hoër Seunskool Jeppe]] se hoofgebou, afgeneem omstreeks 1910. Dis sedert 1986 'n nasionale gedenkwaardigheid.]] Toe in 1887 verwag is dat die jaar oue myndorp Johannes oos of wes sou uitbrei in lyn met die goudrif, het die Jeppe & Ford Estate Company van [[Julius Jeppe sr.]], saam met sy seun [[Julius Jeppe|Julius]], en F.L. Ford Jeppestown (in 1889) oos en [[Fordsburg]] wes van die middedorp aangelê. Die voorstad is dan ook na Julius sr. genoem.<ref> {{en}} Raper, Peter Edmund. 2004. ''New Dictionary of South African Place Names''. Johannesburg & Cape Town<!-- Moet asseblief nie verander nie; dis korrek so -->: Jonathan Ball Publishers.</ref> Die vennote het ryk geword uit die verkoop van erwe of standplase. Jeppestown en [[Belgravia, Johannesburg|Belgravia]] het bestaan uit 2 709 standplase, waarvan die eerste in Augustus 1889 verkoop is. Talle spogwonings is in Jeppestown gebou en die eerste openbare gedenkteken in Johannesburg, 'n obelisk ter nagedagtenis aan Jeppe, die stigter van die voorstad, en van die Jeppe-familie, is in 1893, sy sterfjaar, in Jeppestown opgerig. Toe die spoorlyn deur die voorstad gebou moes word, het Julius Jeppe sr. die grond daarvoor geskenk op voorwaarde dat alle treine sou stilhou vir passasiers by die Jeppe-stasie. Die [[Zuid-Afrikaansche Republiek|ZAR]] se spoorwegowerheid het dié bepaling getrou nagekom, maar dis laat vaat tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Die eerste trems deur perde getrek het in 1894 met Commissionerstraat langs tot in Jeppestown by die Belgravia-tolhekke geloop. In 1893 is die Vrymesselaarstempel voltooi. In 1894 is Jeppestown beskryf as bestaande uit 421 geboue, twee kerke, ’n Vrymesselaarstempel, die Sint Maria-kollege vir Meisies en ’n biblioteek. Reeds in in 1894 het die voorstad 5 647 inwoners gehad. Die Sint Michael-skool vir Seuns, wat intussen hernoem is tot die [[Hoër Seunskool Jeppe]], is in 1890 opgerig en is vandag die oudste staatskool in die Goudstad,<ref>{{en}} [http://www.jeppeboys.co.za/ Besonderhede oor die skool se stigting op sy webtuiste]. URL besoek op 24 November 2014.</ref> en die oop stuk grond, genaamd Julius Jeppe Oval, is omstreeks dieselfde jaar in ’n park omskep. Uit die seunskool het die Hoër Meisieskool Jeppe ontstaan. Albei dié skole is genoem na sir [[Julius Jeppe]], wat die grond geskenk het waarop die hoërskool se eerste geboue in 1909 opgerig is. Die oostelike deel van Jeppestown het as Belgravia bekendgestaan, wat destyds beskryf is as een van Johannesburg aangenamer voorstede en waar talle welgestelde Johannesburgers herehuise gehad het, soos Julius Jeppe jr. se woning, [[Friedenheim, Belgravia|Friedenheim]].
<urn:uuid:0086486b-81fd-4dc0-88ed-7e44d31fc672>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1606750
2019-07-15T20:27:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00088.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999869
true
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Sri Jayawardenepura (wysig) Wysiging soos op 19:53, 13 Julie 2011 34 grepe bygevoeg , 8 jaar gelede k r2.7.1) (robot Bygevoeg: bcl:Sri Jayawardenapura Kotte [[ace:Sri Jayawardenapura Kotte]] [[bcl:Sri Jayawardenapura Kotte]] [[be-x-old:Шры-Джаявардэнэпура-Катэ]] [[bg:Шри Джаяварданапура Коте]] Luckas-bot Robotte 44 460 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/803873 "
<urn:uuid:4bbf986e-c07b-4345-9583-5bf4381806be>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/803873
2019-07-15T19:56:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00088.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.9036
false