id
stringlengths 1
6
| contents
stringlengths 0
3.18k
|
---|---|
92604 | Egipties is die oudste bekende taal van Egipte en ’n tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie. Geskrewe rekords in Egipties bestaan vanaf omstreeks 3400-3200 v.C., en dit maak dit een van die oudste bekende geskrewe tale, saam met Sumeries. Egipties is gepraat tot die laat 17de eeu n.C. in die vorm van Kopties. Die amptelike taal van die hedendaagse Egipte is Egiptiese Arabies, wat Kopties geleidelik vervang het as die alledaagse taal in die eeu ná die Moslemse verowering van die land. Kopties word steeds gebruik as die liturgiese taal van die Kopties-Ortodokse Kerk. Daar is vandag enkele vlot sprekers. Egipties is die oudste taal van die Afro-Asiatiese taalfamilie, voorheen bekend as Hamito-Semities. Dit verskil egter morfologies grootliks van ander tale in dié familie. Dit dui daarop dat Egipties reeds radikale veranderings ondergaan het voordat dit op skrif gestel is. |
131082 | Frances Louise McDormand (gebore 23 Junie 1957) is ’n Amerikaanse aktrise. Sy is een van min wat die "driedubbele kroon" van toneelspel gewen het: ’n Oscar vir die swartkomediefliek Fargo (1996), ’n Tony vir die Broadway-toneelstuk Good People (2011) en ’n Primetime Emmy vir die TV-minireeks Olive Kitteridge (2014). McDormand het ook op die 75ste Golden Globe-toekenningsaand ’n prys gewen vir beste aktrise, vir haar rol in die rolprentdrama Three Billboards Outside Ebbing, Missouri (2017). McDormand se eerste rol was in die toneelstuk Trinidad and Tobago. Sy is sedert 1984 met die rolprentvervaardiger Joel Coen getroud en het in 1984 haar rolprentdebuut in die Coen-broers se eerste prent, Blood Simple, gemaak. Daarna het sy in nog verskeie van die broers se prente gespeel, soos Raising Arizona (1987), Fargo (1996), The Man Who Wasnot There (2001), Burn After Reading (2008) en Hail, Caesar! (2016). |
492 | Die jaar 1936 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 36ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Voltooiing van die Golden Gate-brug in San Francisco (Verenigde State). Johannesburg vier sy Goue Eeufees. Februarie – Die Duitse motorvervaardiger Mercedes-Benz stel sy 170 V-sedan (W136) bekend. 6-16 Februarie – Die vierde Olimpiese Winterspele word in Garmisch-Partenkirchen, Duitsland, aangebied. 30 Junie – die roman Gone with the Wind word deur Margaret Mitchell uitgegee. 17 Julie – Die Spaanse Burgeroorlog, wat tot 1939 sou duur, begin met 'n militêre staatsgreep deur die regse nasionaliste onder generaal Francisco Franco in Spaans-Marokko. 1 Augustus – Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) kom tot stand. 1-16 Augustus – Die elfde Olimpiese Somerspele word in Berlyn, Duitsland, aangebied. 11 Desember – Edward VIII se abdikasie as koning van die Verenigde Koninkryk tree in werking. 8 Januarie – Ferdi Hartzenberg, Suid-Afrikaanse politikus († 2021). |
214042 | Kiko Ellsworth (gebore 2 Januarie 1973) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Bad Boys II (2003) en in die televisiereekse Port Charles (1997), Criminal Minds (2005), en Dexter (2006). 2003: Bad Boys II 2004: Guarding Eddy 2008: Will to Power Patricius 1997: Port Charles 2005: Criminal Minds 2006: Dexter 2015: The E.A.T.S. Community 2005: Hollywood Vice 2013: CBS2 KCAL9 Presents: The Power of the PSA 2014: It's Not Okay: Mirror - Campaign PSA 2015: Selena, 20 Years Later 2015: An Abuser's Confession 2001: All or Nothing 2009: The Making of 'Staunton Hill' 2013: It's Not Okay: Family - Campaign PSA 2017: Money Moksha Kiko Ellsworth in die Internet-rolprentdatabasis |
251480 | Sarah Hadland (gebore 20 Februarie 1971) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Quantum of Solace (2008), Leap Year (2010), en Now Is Good (2012), en in die televisiereeks Miranda (2009). 2007: Magicians 2008: Quantum of Solace 2010: Leap Year 2012: Now Is Good 2005: Man Stroke Woman 2005: Fireman Sam Saves the Day 2006: That Mitchell and Webb Look 2006: The KNTV Show 2007: SuperNormal 2008: Moving Wallpaper 2009: Miranda 2009: Horrible Histories 2011: Horrible Histories with Stephen Fry 2011: The Bleak Old Shop of Stuff 2012: Beautiful Day 2013: The Job Lot 2015: Ballot Monkeys 2015: Brotherhood 2017: We Have Been Watching 2005: Heatwave 2007: Working with Pinter 2009: 1 Star 2018: Funny Women: Julie Walters 2018: Funny Women: French & Saunders Sarah Hadland in die Internet-rolprentdatabasis |
251177 | Thelma Barlow (gebore 19 Junie 1929) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Mrs Henderson Presents (2005) en Florence Foster Jenkins (2016), en in die televisiereekse Coronation Street (1960) en Doctor Who (2005). 2005: Mrs Henderson Presents 2016: Florence Foster Jenkins 1960: Coronation Street 1980: What's the Word? 1988: ITV Telethon 1998: Dinnerladies 2004: Britain's Favourite Comedian 2005: Doctor Who 2011: The Corrie Years 2017: Our Friend Victoria 2018: Dinnerladies Diaries 2018: Victoria Wood - From Soup to Nuts 1958: The Desk Set 1971: The Stalls of Barchester 1990: Happy Birthday, Coronation Street! 1990: Live from Coronation Street 1993: Classic Coronation Street 1996: Coronation Street: They're Back! 1998: Creche Landing 2009: Victoria Wood: Seen on TV 2011: Thora Hird Tribute 2014: Gail & Me: 40 Years on Coronation Street 2014: Rita & Me 1995: Coronation Street: The Feature Length Special 1995: The Coronation Street Collection: The Duckworths 2011: Victoria Wood and Friends 2016: RIP: Comedian Victoria Wood Passes Away at 62 2016: Florence Foster Jenkins: Behind the Scenes 2016: Victoria Wood: A Look Back on Her Life - BBC Newsnight 2016: Victoria Wood Was a Great Giggler 2016: Victoria Wood's talent 'petrified' young Maxine Peake 2017: Our Friend Victoria: Trail 2017: Weight Worries 2018: Dinnerladies Diaries: Starts 14th March on Gold 2018: Dinnerladies Diaries: Cast lucky to have been involved 2018: Dinnerladies Diaries: A look back at the Scripts 2018: Dinnerladies Diaries: Behind the Scenes Photos 2018: Dinnerladies Diaries: Personalised Plates from Victoria Wood Thelma Barlow in die Internet-rolprentdatabasis |
225844 | Rue McClanahan (21 Februarie 1934 – 3 Junie 2010) was 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Starship Troopers (1997) en in die televisiereekse Maude (1972) en The Golden Girls (1985). 1961: The Grass Eater 1963: Five Minutes to Love 1964: How to Succeed with Girls 1979: That's Life 1990: Modern Love 1991: Biosphere 2 1997: Starship Troopers 1998: Rusty: A Dog's Tale 2005: Wit's End 1972: Maude 1978: Apple Pie 1985: The Golden Girls 1992: The Golden Palace 1993: John & Leeza from Hollywood 1999: Safe Harbor 2008: Sordid Lives: The Series 1978: Rainbow 1979: Topper 1979: Mother and Me, M.D. 1981: Word of Honor 1986: Picnic 1988: Take My Daughters, Please 1989: The Man in the Brown Suit 1990: Children of the Bride 1990: The Dreamer of Oz 1990: Masquerade 1991: Baby of the Bride 1993: Mother of the Bride 1993: Nunsense 1993: The Ultimate Driving Challenge 1994: Nunsense 2: The Sequel 1994: Days Like This 1995: Blackbird Hall 1996: Innocent Victims 1998: Nunsense Jamboree 2000: The Moving of Sophia Myles 2002: Stage on Screen: The Women 2003: The Golden Girls: Their Greatest Moments 2005: Back to You and Me 2008: Generation Gap 1990: Rue McClanahan: The Cat Care Video Guide 1990: Rue McClanahan: The Dog Care Video Guide 1999: Blue's Big Treasure Hunt 2001: Nuncrackers 2008: Undercover Footage from Pig Factory Farm Rue McClanahan in die Internet-rolprentdatabasis |
237787 | Charles King (21 Februarie 1895 – 7 Mei 1957) was 'n Amerikaanse akteur. |
88249 | Susanna is 'n Ou Testamentiese apokriewe boek. Dit is die eerste en vorm saam met twee ander Apokriewe boeke Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne en Bel en die draak die drie toevoegings tot die boek van Daniël. Dit vertel die verhaal van Susanna wat as heldin optree. Sy is baie mooi en 'n godsdienstige vrou wat saam met haar man in Babilon woon. Sy val in die hande van twee regters wat haar seksueel wil misbruik. Sy gee egter nie toe aan hulle eise nie maar vertrou op die Here en word uiteindelik gered. Die Here gebruik die jong Daniël om die twee regters op 'n baie vernuftige manier te ontmasker. Die skrywer van die boek is onbekend maar daar word vermoed dat dit 'n Jood is wat die boek tussen 150 en 80 v.C. geskryf het. APOKRIEWE Ou en Nuwe Testament. Verlore boeke uit die Bybelse tyd. Jan van der Watt, Francois Tolmie. 2005. ISBN 1-77000-192-1 |
367624 | Hillsdale College is 'n private kollege (universiteit) wat geleë is in Hillsdale, Michigan. Dit is in 1844 gestig deur 'n groep voorstanders van die afskaffing van slawerny wat bekendgestaan het as die "Free Will Baptists". Dit bied 'n vrye kunste kurrikulum aan wat gebaseer is op die Westerse erfenis as 'n produk van beide die Grieks-Romeinse kultuur en die Joods-Christelike tradisie. Hillsdale verwag dat elke student, afsonderlik van die betrokke student se hoofvak(ke), 'n kern-kurrikulum voltooi wat kursusse insluit oor die Groot Boeke, die Grondwet van die Verenigde State, biologie, chemie en fisika. Hillsdale is reeds sedert die einde van die 20ste eeu deel van 'n klein groepie kolleges in die VSA wat nie enige regeringshulp hoegenaamd ontvang nie, ten einde enige afdwinging van federale regstellende aksie-beleid te vermy. In pleks hiervan is die private kollege geheel en al aangewese op private befondsing. In Augustus 1844 het lede van die plaaslike gemeenskap van "Free Will Baptiste" besluit op die organisering van die denominasie se eerste kollege. |
217466 | Rob Zombie (gebore 12 Januarie 1965) is 'n Amerikaanse regisseur en akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente House of 1000 Corpses (2003), The Devil's Rejects (2005), Halloween (2007), en The Lords of Salem (2012). 2003: House of 1000 Corpses 2005: The Devil's Rejects 2007: Halloween 2007: Grindhouse 2009: Halloween II 2012: The Lords of Salem 2014: The Zombie Horror Picture Show 2016: 31 2016: In Hell Everybody Loves Popcorn: The Making of 31 2019: 3 from Hell Broad Street Bullies The Hills Have Eyes: The Beginning Raised Eyebrows 1987: Headbangers Ball 2002: Being Rob Zombie 2006: TCM Underground 2009: Post Mortem with Mick Garris 2018: AMC Visionaries: Eli Roth's History of Horror 2004: Monsterama: Basil Gogos 2010: Halloween: The Inside Story 2011: Tom Papa: Live in New York City Trapped 1992: White Zombie: Thunder Kiss '65 1999: Rob Zombie: Living Dead Girl 1999: Rob Zombie: Superbeast 2002: Ozzy Osbourne: Dreamer 2004: Fangoria: Blood Drive 2005: 30 Days in Hell: The Making of 'The Devil's Rejects' 2005: Murder 2006: Rob Zombie: American Witch 2007: Celebwatch 2008: Michael Lives: The Making of 'Halloween' 2009: The Haunted World of El Superbeasto 2009: NEW: Wrestlefest XIII 2011: Woolite: The Torturer 2013: Rob Zombie: Dead City Radio And The New Gods Of Supertown 2015: Rob Zombie: Ging Gang Gong De Do Gong De Laga Raga 2016: Rob Zombie: Well, Everybody's Fucking in a U.F.O. Rob Zombie in die Internet-rolprentdatabasis Rob Zombie op Twitter Rob Zombie op Facebook Rob Zombie op Instagram |
17392 | Die Seal Point-vuurtoring is 'n vuurtoring by Kaap St. Francis, omtrent 30 km van Humansdorp en 100 km van Port Elizabeth. Dit is teen 27,75 meter die hoogste klipgebou in Suid-Afrika. Die bouwerk is begin deur Joseph Flack, 'n siviele ingenieur en argitek wat ook betrokke was by die bou van die Robbeneiland-vuurtoring. Nadat hy in November 1876 oorlede is, is die bouwerk deur W.B. Hays voltooi. Die vuurtoring is op 4 Julie 1878 in gebruik geneem. Dit is toegerus met 'n radiobaken, mishoring en misverklikker. Die Seal Point-vuurtoring, insluitende die twee oorspronklike huise op die eiendom, is op 11 Mei 1984 deur Gerrit van Niekerk Viljoen, Minister van Nasionale Onderwys, as 'n nasionale monument verklaar en word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999). The Lighthouse Company - Seal Point, Besoek op 27 Mei 2012 Lighthouses of South Africa, Seal Point, Besoek op 22 Desember 2006 Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap - Item: 21352, Besoek op 21 Mei 2012 Koördinate: 34°12′44.79″S 24°50′11.92″O / 34.2124417°S 24.8366444°O / -34.2124417; 24.8366444 Hierdie artikel is ’n saadjie. |
106616 | 'n Tetraëder is die eenvoudigste van die vyf Platoniese vaste liggame of Platoniese veelvlakke. Die tetraëder bestaan uit vier gelyke gelyksydige driehoeke, wat in vier hoekpunte ontmoet. Daar is 6 gelyke sye wat hoeke van 60° met mekaar maak. Die inhoud van 'n tetraëder met sy s is: V = s 3 6 2 {\displaystyle V={\frac {s^{3}}{6{\sqrt {2}}}}} In die chemie, en veral die organiese chemie speel die tetraëder 'n sentrale rol omdat molekule dikwels hierdie vorm het. 'n Goeie voorbeeld is die damp van die element fosfor. Dit bestaan uit P4-molekule wat die hoekpunte van 'n tetraëder beset. In hierdie geval is die middelpunt van die tetraëder leeg en die chemiese bindings volg die sye van die tetraëder. In die organiese chemie word dikwels 'n koolstofatoom in die tetraëder se middelpunt aangetref met vier ander atome op die hoekpunte. Die bindings is nou langs die lyne geleë wat die middelpunt met die hoekpunte verbind. |
42623 | Ernesto "Che" Guevara (14 Junie 1928 – 9 Oktober 1967) algemeen bekend as Che Guevara, El Che of net Che, was 'n Argentynse Marxistiese revolusionêr, dokter, skrywer, intellektueel, guerilla-leier, militêre teoretikus en 'n groot figuur in die Kubaanse Revolusie. Sedert sy dood het sy gestileerde gelaat 'n alomteenwoordige kontrakultuursimbool geword asook globale ordeteken in volkskultuur. As 'n mediese student het Guevara Latyns-Amerika deurkruis en is hy omvorm deur die grootskaalse armoede wat hy aanskou het. Sy ervarings en waarnemings op hierdie reise het hom maak besluit dat die gebied se ingewortelde ekonomiese ongelykhede die inherente gevolg van monopolistiese kapitalisme, neokolonialisme en imperialisme was, met 'n wêreldrevolusie as die enigste oplossing hiervoor. Hierdie oortuiging het tot sy betrokkenheid in die sosiale hervorming van Guatemala onder president Jacobo Arbenz Guzmán, wie se uiteindelike val (met behulp van die Amerikaanse CIA) Guevara se radikale ideologie verstewig het. Later, terwyl hy in Meksikostad gewoon het, het hy Raul en Fidel Castro ontmoet, aangesluit by hulle Beweging van die 26ste Julie en Kuba ingeneem aanboord van die Granma seiljag met die bedoeling om die Amerikaans-gesteunde Kubaanse diktator Fulgencio Batista omver te werp. |
209293 | Walter Koenig is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Star Trek II: The Wrath of Khan (1982), Star Trek IV: The Voyage Home (1986), en Star Trek VI: The Undiscovered Country (1991), en in die televisiereeks Star Trek (1966). 1962: The Norman Vincent Peale Story 1982: Star Trek II: The Wrath of Khan 1986: Star Trek IV: The Voyage Home 1989: Moontrap 1991: Star Trek VI: The Undiscovered Country 1997: Drawing Down the Moon 2007: InAlienable 2012: FedCon XXI 2014: To Be Takei 2017: Neil Stryker and the Tyrant of Time 2018: In Search of Steven Spielberg The Con of Wrath Woman in Motion The Dragons of Melgor 1966: Star Trek 1973: The Starlost 2015: Star Trek: Renegades 2017: Renegades 1975: The Star Trek Dream 1980: The Starlost: The Alien Oro 2002: OB-1 2003: Maximum Surge 2009: Bring Back... |
47666 | Jade (afgelei van die Chinese 玉 „Yù“) of niersteen verwys na mengsels van minerale wat hoofsaaklik uit jadeïet en die sagter nefriet bestaan. Hulle moet in 'n spesifieke hoeveelheid en struktuur voorkom om as jade-edelgesteente beskou te word. Jade is in China reeds sedert ten minste 8000 v.C. in gebruik, en mettertyd het selfs 'n kult rondom dié edelgesteente ontwikkel. Jade is daarnaas ook al duisende jare in Europa, die Stille Oseaangebied, in die oostelike Middellandse Seegebied en veral in Sentraal-Amerika verwerk. Met die koloniale beleid van Europese groot moondhede in die laat 19de eeu het jade-gesteente toenemend ingang by die Westerse juweliersmode gevind nadat die edelgesteente reeds deur die Spanjaarde tydens die kolonialisering van Sentraal-Amerika as edelsteen herontdek is. In die 1920's het jade 'n uiters gewilde modeaccessoire geword. Dekades later, in die Hippies-kultuur van die 1960's en 1970's, het dit weer 'n belangrike rol as magiese attribuut en esoteriese "steen van die wyses" gespeel. |
232881 | Bruce Bennett (19 Mei 1906 – 24 Februarie 2007) was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. |
223445 | Stichtse Vecht is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Utrecht, met 'n bevolking van 64 000 in 2018 en 'n oppervlakte van 107 km². Die munisipaliteit is in 2011 gestig en betref 'n saamvoeging van die munisipaliteite Breukelen, Loenen en Maarssen. Die bestuurlike sentrum is in Maarssen. Deur die munisipaliteit stroom die Vecht-rivier. Plekke in die munisipale gebied van Stichtse Vecht: Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stichtse Vecht. (nl) Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
120791 | James Brown (3 Mei 1933 – 25 Desember 2006) was 'n Amerikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer. Hy word as een van die beste soul-sangers nóg beskou en was bekend vir sy opwindende verhoogoptredes. Sy liedjies sluit in Papas Got a Brand New Bag (1965) en Sex Machine (1970). Hy was as The Godfather of Soul bekend. James Joseph Brown jr. is op 3 Mei 1933 in Barnwell, Suid-Carolina gebore, maar het in Augusta in Georgia grootgeword. Hy is talle kere deur die polisie in hegtenis geneem. Toe hy 16 jaar oud was, is hy aan gewapende roof skuldig bevind, waarvoor hy drie jaar in 'n jeugsentrum aanhou is. Sy ander oortredings sluit aanranding in. Vier van Brown se albums is in die Rolling Stone-tydskrif se 2003-lys van die 500 beste albums van alle tye gelys. Brown se bekendste liedjie is Get Up (I Feel Like Being a) Sex Machine. Brown is op 25 Desember 2006 aan longontsteking en hartsiektes in Atlanta oorlede. 'n Openbare gedenkdiens is in die Apollo-teater vir hom gehou. |
244190 | Marjorie Main (24 Februarie 1890 – 10 April 1975) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente The Women (1939), The Egg and I (1947), Ma and Pa Kettle Back on the Farm (1951), en The Belle of New York (1952). 1938: Little Tough Guy 1938: Romance of the Limberlost 1938: Under the Big Top 1939: The Women 1941: Barnacle Bill 1942: The Bugle Sounds 1942: The Affairs of Martha 1942: Jackass Mail 1942: Tish 1942: Tennessee Johnson 1943: Heaven Can Wait 1943: Johnny Come Lately 1944: Gentle Annie 1944: Rationing 1945: Murder, He Says 1946: Bad Bascomb 1946: The Show-Off 1947: The Egg and I 1947: The Wistful Widow of Wagon Gap 1948: Feudin', Fussin' and A-Fightin' 1949: Big Jack 1949: Ma and Pa Kettle 1950: Ma and Pa Kettle Go to Town 1950: Mrs. O'Malley and Mr. Malone 1951: Ma and Pa Kettle Back on the Farm 1951: The Law and the Lady 1951: Mr. Imperium 1952: The Belle of New York 1952: Ma and Pa Kettle at the Fair 1953: Fast Company 1953: Ma and Pa Kettle on Vacation 1954: The Long, Long Trailer 1954: Ma and Pa Kettle at Home 1954: Ricochet Romance 1955: Ma and Pa Kettle at Waikiki 1956: The Kettles in the Ozarks 1957: The Kettles on Old MacDonald's Farm Marjorie Main in die Internet-rolprentdatabasis |
245012 | Virginia Pearson (7 Maart 1886 – 6 Junie 1958) was 'n Amerikaanse aktrise, skryfster, en vervaardiger. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente A Daughter of France (1918), Impossible Catherine (1919), The Phantom of the Opera (1925), en The Actress (1928). 1914: Aftermath 1914: The Stain 1915: The Turn of the Road 1916: Thou Art the Man 1916: Blazing Love 1916: Daredevil Kate 1916: The Hunted Woman 1916: Hypocrisy 1916: The Tortured Heart 1916: The Vital Question 1916: The War Bride's Secret 1916: The Writing on the Wall 1916: The Kiss of a Vampire 1917: All for a Husband 1917: The Bitter Truth 1917: A Royal Romance 1917: Sister Against Sister 1917: Thou Shalt Not Steal 1917: When False Tongues Speak 1917: Wrath of Love 1918: A Daughter of France 1918: Buchanan's Wife 1918: The Firebrand 1918: Her Price 1918: The Liar 1918: The Queen of Hearts 1918: Stolen Honor 1919: Impossible Catherine 1919: The Love Auction 1919: The Bishop's Emeralds 1922: Wildness of Youth 1923: A Prince of a King 1925: The Phantom of the Opera 1925: What Price Beauty? 1926: Lucky Fool 1926: The Taxi Mystery 1928: The Actress 1929: Smilin' Guns 1930: The Danger Man Virginia Pearson in die Internet-rolprentdatabasis |
49030 | Heracles Almelo is 'n sokkerspan in die stad Almelo wat in die Nederlandse Eredivisie speel. Heracles speel in die Polman Stadion (kapasiteit: 13 500 toeskouers). Vroeër (tot 1974) het die klub SC Heracles (Sport Club) geheet. Heracles het in die amateurtyd twee keer die nasionale titel gewen. In 2012 het Heracles in die eindstryd van die KNVB-Beker met 3-0 geklop vir PSV Eindhoven. SC Heracles is op 3 Mei 1903 gestig. Die klub is vernoem na die Griekse held Herakles. Heracles het sy goue era in die amateurtyd van die Nederlandse sokker beleef. In daardie tyd het hulle tweemaal die nasionale titel (1927 en 1941) ingepalm en het die span sesmaal die kampioenskap van Oost Nederland (wat bestaan het tussen 1898 en 1954) gewen. As in 1954 in Nederland professioneel sokker ingevoer word, het die span van Heracles baie krag ingelewer nie en daarom begin hulle in die Tweede divisie. In 1958 wen Heracles die Tweede Divisie en promoveer hulle na die Eerste divisie. Deur konkurensie in die regio (Sportclub Enschede, Enschedese Boys en later FC Twente), blyf Heracles 'n kleine rol in die Nederlandse professionele sokker speel. |
280296 | Wahhabisme of Wahabisme (Arabies: الوهابية, al-Wahhābiya(h)) is ’n Islamitiese beweging wat deur Mohammad ibn Abd al-Wahhab gestig is. Dit is al beskryf as "ultrakonserwatief", "streng", "fundamentalisties", of "puriteins"; as ’n Islamitiese "hervormingsbeweging" om "suiwer monoteïstiese aanbidding" (tawhid) te herstel" deur aanhangers; en as ’n "afwykende sektariese beweging", "skandelike sekte" en verdraaiing van Islam deur teenstanders. Aanhangers van Wahhabisme verwerp gewoonlik die term en verkies om Salafi of muwahhid genoem te word; volgens hulle lê dit klem op die beginsel van tawhid (die "uniekheid" en "eenheid" van God) of monoteïsme. Hulle beskuldig dikwels ander Moslems daarvan dat hulle sjirk (afgodsdiens) beoefen. Wahhabisme volg die teologie van die Hanbali-skool van regswetenskap, hoewel Hanbalileiers Ibn Abd al-Wahhab se sienings verwerp. Wahhabism is genoem na die 18de-eeuse prediker en aktivis Mohammad ibn Abd al-Wahhab (1703-1792). |
225833 | Allison McAtee (gebore 24 September 1980) is 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en regisseuse. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Iron Man (2008) en Bloomington (2010), en in die televisiereekse Californication (2007) en The Haves and the Have Nots (2013). 2008: Iron Man 2010: Bloomington 2018: The Run Saga: Breathe Run Unearth 2007: Californication 2013: The Haves and the Have Nots 2016: The Wrong House Allison McAtee in die Internet-rolprentdatabasis |
244754 | Evelyn Nesbit (25 Desember 1884 – 17 Januarie 1967) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Threads of Destiny (1914), Redemption (1917), I Want to Forget (1918), en Thou Shalt Not (1919). 1914: Threads of Destiny 1917: Redemption 1918: I Want to Forget 1918: The Woman Who Gave 1918: Her Mistake 1919: Thou Shalt Not 1919: A Fallen Idol 1919: My Little Sister 1919: Woman, Woman! 1922: The Hidden Woman 1984: Nikola Tesla: Mad Scientist of the Gilded Age Evelyn Nesbit in die Internet-rolprentdatabasis |
244923 | LaWanda Page (19 Oktober 1920 – 14 September 2002) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Shakes the Clown (1991), Friday (1995), en Donot Be a Menace to South Central While Drinking Your Juice in the Hood (1996), en in die televisiereeks Sanford and Son (1972). 1991: Shakes the Clown 1995: Friday 1996: Donot Be a Menace to South Central While Drinking Your Juice in the Hood 1972: Sanford and Son 1977: Redd Foxx 1977: Sanford Arms 1979: Detective School 1980: B.A.D. Cats 1980: Sanford Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named BLU LaWanda Page in die Internet-rolprentdatabasis |
50803 | Die snelle opkoms van Japan in die moderne wêreld kan beskryf word as een van die merkwaardigste ontwikkelinge van die vorige eeu. Dit is merkwaardig in dié opsig dat 'n volk wie se bestaan tot ongeveer honderd en vyftig jaar gelede vir die wêreld van geen politieke of belang was nie, in dié tydbestek tot een van die toonaangewende wêreldmoondhede geword het. Tot in die 1940’s het die Westerse wêreld nie ten volle die betekenis van die veranderinge besef wat in die Verre-Ooste aan die gang was nie. Hierdie veranderinge was die gevolg van die kontak met die Weste en sy instemminge met die ou kultuur, instellinge en volke van die Ooste. Die Japanse ryk bestaan uit drie groepe eilande wat soos bergtoppe uit die Stille Oseaan naby die ooskus van Asië verrys. Japan is in noue aanraking met Asië, want van Foesan in Korea na die hawe van Sjimoneseki is maar sowat honderd myl (160.93 kilometer). Die land sal dus net so besorg wees oor sy nasionale veiligheid ten opsigte van gebeurtenisse in Asië as wat Groot-Brittanje in die sake van België of Frankryk belangstel. |
242075 | Mary Carr (14 Maart 1874 – 24 Junie 1973) was 'n Amerikaanse aktrise. |
305893 | Diederik van Assenede (Assenede, omstreeks 1230 – 1293) was van 1260 tot 1280 die klerk van die graaf van Vlaandere, en skryf in dié hoedanigheid literatuur. Hy speel 'n belangrike rol in die emansipasie van die Nederlandse letterkunde aan die Vlaamse hof, omdat hy in sy eie woorde die geen walsch en konnen kon skryf nie (nie Frans kon skryf nie). Op die wyse lê hy die weg oop vir die eerste volkstalige letterkunde in die die graafskap van Vlaandere, wat as leenheer van Frankryk Frans as voertaal gehad het. Van Assenede is bekend as die vertaler van die Oudfranse versroman "Floire et Blanceflor" in die Middelnederlands onder die titel "Floris ende Blancefloer". Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
83069 | Okahandja (bynaam Tuindorp van Namibië) is 'n dorp in Namibië in die administratiewe afdeling Otjozondjupa. Dit was 'n vroeëre setel van die Herero's. Gedurende 1840 het dit 'n stasie van die Rynse Sendinggenootskap geword. Die B1-hoofweg gaan deur die dorp. 'n Duitse sendeling van die Londense Sendinggenootskap, Johann Heinrich Schmelen, was die eerste Europeër in die dorp in 1827. In 1844 is twee sendelinge permanent aan die dorp toegeken om dit te besoek, en 'n kerk dateer uit hierdie tydperk. 'n Militêre pos is in Okahandja gestig in 1894, en dit is hierdie datum wat amptelik erken word as die dorp se stigting. Die naam "Okahandja" beteken die plek waar twee riviere inmekaar vloei om een wye een te vorm in Herero. Maharero en sy seuns, asook Jan Jonker Afrikaner, Hosea Kutako en Clemens Kapuuo is op die dorp begrawe. Okahandja se bevolking neem vinnig toe. Dit was net meer as 14 000 tydens die 2001-Bevolking- en behuisingsensus, en in 2011 het die inwonertal op 22 639 gestaan. |
78773 | Prins George van Cambridge (George Alexander Louis; geb. 22 Julie 2013 in Londen) is die eerste kind van prins William, Hertog van Cambridge, en sy vrou, Catherine, Hertogin van Cambridge. Hy is die eerste kleinseun van prins Charles van die Verenigde Koninkryk en die derde aanspraakmaker op die troon van koningin Elizabeth II ná sy oupa en pa. Sy suster Charlotte Elizabeth Diana is op 2 Mei 2015 gebore, en sy broer Louis Arthur Charles is op 23 April 2018 gebore, albei ook in Londen. Sint James-paleis het op 3 Desember 2012 aangekondig dat die Hertogin van Cambridge haar en prins William se eersteling verwag. Dit is op minder as 12 weke gemaak – vroeër as wat die gebruik is omdat die hertogin aan akute oggendnaarheid gely het en in die hospitaal opgeneem is. Die hertogin is op 22 Julie 2013 in die St. Mary-hospitaal in Londen opgeneem met die eerste kraamtekens. Om 16:24 (Britse tyd; 15:24 UTC) op 22 Julie is die geboorte van ’n seun aangekondig. Hy het 3,8 kg geweeg. |
214552 | James Spader (gebore 7 Februarie 1960) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Sex, Lies, and Videotape (1989) en Avengers: Age of Ultron (2015), en in die televisiereekse Boston Legal (2004) en The Blacklist (2013). 1985: The New Kids 1985: Tuff Turf 1987: Less Than Zero 1987: Mannequin 1988: Jack's Back 1989: Sex, Lies, and Videotape 1989: The Rachel Papers 1990: Bad Influence 1990: White Palace 1991: True Colors 1992: Storyville 1993: The Music of Chance 1993: Dream Lover 1994: Stargate 1994: Wolf 1996: Crash 1997: Driftwood 1997: Keys to Tulsa 1997: Critical Care 1998: It All Came True 2000: Supernova 2000: The Watcher 2001: Speaking of Sex 2002: Secretary 2002: The Stickup 2003: Alien Hunter 2003: I Witness 2004: Shadow of Fear 2009: Shorts 2015: Avengers: Age of Ultron 1983: The Family Tree 2004: Boston Legal 2006: Discovery Atlas 2012: The Office 2013: The Blacklist 1983: Cocaine: One Man's Seduction 1983: A Killer in the Family 1984: Family Secrets 1985: Starcrossed 2003: The Pentagon Papers 1988: Greasy Lake 2003: The Making of 'Stargate' James Spader in die Internet-rolprentdatabasis |
388706 | Die Volksrepubliek Donetsk (Russies: Донецкая Народная Республика, Donetskaja Narodnaja Respublika, [dɐˈnʲetskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgens internasionale reg 'n deel van Oekraïne, maar vorm de facto 'n onafhanklike republiek, sonder algemene internasionale erkenning. Alhoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Donetsk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Donetsk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied as Donetsk-oblast verwys. Die Volksrepubliek Donetsk is langs die Oekraïens-Russiese grens en die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Donetsk. Die Volksrepubliek Donetsk beslaan 'n oppervlakte van 8 902 km² en het 'n bevolking van 2 302 444 in 2018 gehad. Die Volksrepubliek Donetsk grens in die ooste aan die Russiese deelgebied Rostof-oblast. VN-lidlande Rusland erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 21 Februarie 2022. Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede Suid-Ossetië erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 27 Junie 2014. Volksrepubliek Loehansk erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 11 Mei 2014. Abchasië erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 26 Februarie 2022. (ru) "Русский признали в ДНР единственным государственным языком". |
191526 | Michael Richard Pompeo (gebore 30 Desember 1963) is 'n Amerikaanse politikus en prokureur en was van 26 April 2018 tot 21 Januarie 2021 die 70ste minister van buitelandse sake van die Verenigde State. Hy is 'n voormalige offisier in die Weermag van die Verenigde State en was direkteur van die Central Intelligence Agency van Januarie 2017 tot April 2018. Pompeo was 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers van die Verenigde State van 2011 tot 2017 as verteenwoordiger van Kansas se 4de kongressionele distrik. Hy was 'n verteenwoordiger van Kansas op die Republikeinse Nasionale Komitee en 'n lid van die Italiaans-Amerikaanse Kongressionele Afvaardiging. Pompeo is ook 'n lid van die Tea Party-beweging binne die Republikeinse Party. Gehrke, Joel (7 Augustus 2014). "Tea-Party Power Endures". National Review (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2017. |
74243 | Die Gliese-katalogus van nabygeleë sterre is ’n katalogus van sterre wat binne 25 parsek (81,54 ligjare) van die Aarde af lê. In 1957 het die Duitse sterrekundige Wilhelm Gliese sy eerste sterkatalogus, die Gliese-katalogus van Nabygeleë Sterre, gepubliseer van byna duisend sterre binne 20 parsek (65 ligjare) van die Aarde af, saam met hul eienskappe en gerangskik volgens hul regte klimming. Die sterre het die voorvoegsel GL NNN gehad plus ’n nommer van 1-915. Hy het in 1969 ’n aansienlik uitgebreide katalogus gepubliseer met bykomende sterre tot 22 parsek van die Aarde af. Daar was toe 1 529 sterre, wat Gl NNN.NA genoem is, genommer van 1.0 tot 915.0. Nuwe sterre wat nie in die oorspronklike katalogus voorgekom het nie, het nommers met punte gekry om hulle tussen die ander sterre in te pas sodat hulle hul oorspronklike volgorde volgens regte klimming kon behou. ’n Bylae wat in 1970 deur Richard van der Riet Woolley en sy vennote uitgegee is, het die afstand tot 25 parsek uitgebrei. Nommers van 9001-9850 is bygevoeg, asook die nou verouderde voorvoegsel Wo. |
94611 | Die Hollywood Walk of Fame bestaan uit meer as 2 500 vyfpuntige sterre uit terrazzo en koper in die sypaadjies van 15 straatblokke van Hollywood Boulevard en drie blokke van Vine Street in Hollywood, Kalifornië. Die sterre is permanente openbare monumente vir prestasies in die vermaakbedryf en bevat die name van akteurs, musikante, regisseurs, vervaardigers, musiek- en teatergroepe, fiktiewe karakters ens. Die administrasie van die Walk of Fame word behartig deur die Hollywoodse kamer van koophandel en in stand gehou deur die Hollywood Historic Trust. Dit is ’n gewilde toeriste-attraksie – dit het in 2003 sowat 10 miljoen besoekers gelok. Die ster van Joanne Woodward was een van die eerstes. Die ster van Sandra Bullock. Arnold Schwarzenegger se hand- en voetafdrukke by die TCL Chinese Theatre. Die ruimtevaarders van Apollo 11 se name is op vier identiese "maanvormige sterre". Die Walk of Fame loop 2,1 km van oos na wes aan Hollywood Boulevard, plus 0,7 km van noord na suid aan Vine Street. Daar is sowat 2 518 sterre, 1,8 meter uit mekaar. Dit is koraalpienk vyfpuntige sterre van terrazzo met ’n koperrand op ’n houtskoolkleurige terrazzo-agtergrond. |
80182 | Die Olyfboslaksman (Chlorophoneus olivaceus) is 'n amper-endemiese, algemene standvoël van immergroen en rivierwoude. Die voël is 19 cm groot en weeg 34 gram. In Engels staan die voël bekend as die Olive bushshrike. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 |
279628 | Jens Winter (gebore 26 Mei 1965) is 'n Duitse akteur. Hy is bekend vir sy rol in die rolprent Luther (2003). 2003: Luther 2008: Summer of the Flying Saucer Jens Winter in die Internet-rolprentdatabasis |
37341 | Prins Andrew, die Hertog van York (Andrew Albert Christian Edward; gebore 19 Februarie 1960) is die derde kind en tweede oudste seun van koningin Elizabeth en prins Philip. Sy amptelike titel is die Hertog van York. Met sy geboorte was hy die tweede aanspraakmaker op die Britse troon. Hy was die eerste kind wat vir ’n heersende monarg gebore is sedert koningin Victoria se jongste kind, prinses Beatrice in 1857. Prins Andrew is bekend vir sy militêre diens as 'n vlieënier in die Britse Vloot en sy deelname aan die Falkland-oorlog. Hy was vir 10 jaar lank die Verenigde Koninkryk se spesiale verteenwoordiger vir internasionale handel en beleggings. Prins Andrew is in 1986 met Sarah Ferguson getroud. Hulle het twee kinders, prinses Beatrice en prinses Eugenie. Andrew en Sarah is in 1996 geskei. Hul huwelik en egskeiding het groot belangstelling van die media ontvang. In 2019 was prins Andrew in 'n skandaal met die Amerikaanse miljardêr-pedofiel Jeffrey Epstein betrokke. Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Prince Andrew, Duke of York HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 Die Hertog van York se amptelike webtuiste Royal.gov.uk – Die Hertog van York |
57690 | Die Evangelies-Lutherse Kerk in Suider-Afrika, kort ELKSA, is die grootste Lutherse kerk in Suid-Afrika. Daar is tans sewe bisdomme in Suid-Afrika, Botswana en eSwatini met 1 612 gemeentes en 580 000 lidmate. "www.lutheranworld.org: 2010 World Lutheran Membership Details" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 September 2011. Besoek op 6 September 2011. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
126525 | Die nasionale vlag van Viëtnam is op 5 September 1945 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n goue vyfpuntige ster in die middel. Die vlag bestaan soos vermeld uit ’n rooi veld met ’n goue ster wat die leierskap van die Viëtnamese Kommunistiese Party voorstel. Die vyf punte van die ster stel die arbeiders, die boere, die soldate, die intellektuele en die handelaars voor. Die rooi in die vlag stel die bloed van die volk en die kommunistiese rewolusie voor. Volgens die Grondwet van 2013: “Die Nasionale Vlag van die Sosialistiese Republiek Viëtnam is reghoekig met die hoogte gelyk aan tweederdes van die wydte; in die middel van die varsrooi agtergrond is ’n helder vyfpuntige ster in goud.” Die kleurskema word hieronder gelys: Viëtnam (destyds bekend as Annam) was van 1883 deel van die Unie van Frans-Indo-China. Annam het ’n geel vlag met die vlag van Frankryk in die skildhoek gebruik. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was Viëtnam ’n vasalstaat van Japan. Gedurende hierdie periode het die land ’n geel vlag met drie horisontale bane waarvan die middelste ’n gaping gehad het, gebruik. |
138303 | Willard Van Orman Quine (Akron, Ohio, 25 Junie 1908 - Boston, 25 Desember 2000) was 'n invloedryke Amerikaanse filosoof en logikus in die analitiese tradisie uit die 20ste eeu. 'n Onlangse internet meningsopname onder filosowe is Quine geidentifiseer as een van die vyf belangrikste filosowe van die laaste twee eeue. Hy het ook die eerste Rolf Schockprys vir logika en filosofie in 1993 gewen. Na hom is die Duhem-Quinestelling genoem. Volgens The Time of My Life, Quine se outobiografie uit 1986, ontvang Quine sy baccalaureus diploma in sowel die wiskunde as in die filosofie in 1930. Twee jaar later ontvang hy sy PhD in filosofie aan Harvard-universiteit. Hy was 'n student van Alfred North Whitehead, Rudolf Carnap en C.I. Lewis en het self ook bekende studente gehad, waaronder David Kellogg Lewis, Donald Davidson en Daniel Dennett. Hy het sy hele lewe aan die Harvard-universiteit gedoseer. Hy was 'n aanhanger van die analitiese filosofie, hoewel hy ook een van die vernaamste voorstanders was van 'n visie van filosofie as meer as net 'n konseptuele analise. |
116641 | Flavius Josephus (ongeveer 37-100 n.C), ook "Josephus" genoem, was 'n Joodse geskiedskrywer en Romeinse burger wat vier boeke geskryf het oor die Joodse geskiedenis. Sy werke is van groot waarde om die gebeurtenisse in die tydperk van die tweede tempel (en die vernietiging daarvan) te verstaan. "Die Joodse Oorloë" beskryf die oorloë vanaf die tyd van die Makkabeërs tot die laaste Romeinse oorlog van 70 n.C. "Die Joodse Geskiedenis" beskryf die geskiedenis van die Joodse volk vanaf die skepping tot die tydperk waarin Josephus geleef het. "Die lewe van Flavius Josephus" is 'n apologetiese outobiografie wat Josephus se ondersteuning van die Romeinse saak tydens die oorlog waartydens die tweede tempel vernietig is. "Teen Apion" is 'n kort verduidelikende werk wat die Joodse geloof met die heersende Griekse denke van sy tyd vergelyk. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
273499 | Hermann Oberth (Hermannstadt, 25 Junie 1894 - Neurenberg, 29 Desember 1989) was 'n Oostenryks-Hongaars gebore Duitse fisikus en vuurpylpionier. Hy deel saam met Konstantin Tsiolkofski en Robert Goddard die titel "Vader van die ruimtevaart". Oberth is op 25 Junie 1894 gebore in wat destyds Hermannstadt was, nou deel van Roemenië (Transsilvanië). Sy pa was 'n welvarende dokter. Toe hy op 'n jong ouderdom skarlakenkoors gehad het, het sy gesin hom na Italië gestuur om te herstel. Op die ouderdom van 11 het sy ma vir hom twee boeke gegee van Jules Verne, Van die aarde na die maan en Die reis rondom die maan. Oberth het ruimte gefassineer geraak deur die boeke en drie jaar later, op die ouderdom van 14, het hy sy eerste vuurpyl ontwerp. Hy toon insig in die tegniese uitvoerbaarheid van vuurpyle; soos hoe 'n vuurpyl sou beweeg deur uitlaatgasse uit te stoot. In 1912 begin die 18-jarige Oberth met sy studies aan die Universiteit van München. Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het dit egter sy studies ontwrig. |
232329 | Jennifer Westfeldt (gebore 2 Februarie 1970) is 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Kissing Jessica Stein (2001), Ira & Abby (2006), en Friends with Kids (2011), en in die televisiereeks 24 (2001). 2001: Kissing Jessica Stein 2005: Keep Your Distance 2006: Ira & Abby 2011: Friends with Kids 2017: Circus Kid Dusty and the Big Bad World 1998: Two Guys, a Girl and a Pizza Place 1998: Holding the Baby 2001: 24 2007: Notes from the Underbelly 2001: The Gene Pool 2003: Untitled New York Pilot 2005: Dante 2009: Before You Say 'I Do' Jennifer Westfeldt in die Internet-rolprentdatabasis |
286979 | Sabaton is 'n Sweedse power metal-groep wat in 1999 in Falun gestig is. Die groep se liedjies handel oor verskillende historiese konflikte en oorloë, insluitend die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Sabaton het al nege studioalbums gemaak, waarvan die nuutste, The Great War, op 19 Julie 2019 vrygestel is. Die groep se samestelling het sedert die begin baie verander, en die enigste oorblywende oorspronklike lede is die sanger en klawerbordspeler Joakim Brodén en die baskitaarspeler Pär Sundström. Die ander huidige lede is die kitaarspelers Chris Rörland en Tommy Johansson en die tromspeler Hannes van Dahl. Primo Victoria (2005) Attero Dominatus (2006) Metalizer (2007) The Art of War (2008) Coat of Arms (2010) Carolus Rex (2012) Heroes (2014) The Last Stand (2016) The Great War (2019) The War to End All Wars (2022) Masters of the World (2007) Cliffs of Gallipoli (2008) Coat of Arms (2010) Screaming Eagles (2011) The Lion From the North (2012) Carolus Rex (2012) 40:1 (2013) To Hell and Back (2014) Resist and Bite (2014) In the Army Now (2016) Bismarck (2019) Fields of Verdun (2019) The Red Baron (2019) Great War (2019) Angels Calling (2020) The Attack of the Dead Men (Live in Moscow) (2020) |
68473 | John Napier, ook bekend onder die naam John Neper (1 Februarie, 1550 - 4 April 1617), was 'n Skotse wiskundige wat veral bekend geword het vir die uitvinding van logaritmes. Hy is gebore in Edinburg. Hy was die seun van Archibald Napier, 'n bekende waarnemende regter en eienaar van die Skotse landgoed Merchiston. John studeer aan die St Andrews universiteit, maar spandeer ook 'n geruime tyd in ander Europese lande waar hy vermoedelik sy studies voortgesit het. Hy was 'n oortuigde protestant en het 'n passie vir teologie gehad. In 1593 publiseer hy 'n religieuse werk met die titel Plaine Discovery of the Whole Revelation of St. John wat in Nederlands, Frans en Duits vertaal is, waarna hy ook op die vasteland bekendheid verwerf het. Hy het hoofsaaklik wiskunde uit die liefde vir die saak beoefen. (1593) A Plaine Discovery of the Whole Revelation of St. John (1614) Mirifici logarithmorum canonis descriptio (Edward Wright se Engelse vertaling is in 1616 gepubliseer). (1617) Rabdologiæ seu Numerationis per Virgulas libri duo (1619) Mirifici logarithmorum canonis constructio (geskryf voor die Descriptio; deur sy seun Robert gepubliseer) (1839) |
232222 | Colleen Villard (gebore 15 September 1971) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Last: Naruto the Movie (2014) en Digimon Adventure tri: Reunion (2015), en in die televisiereekse Danny Phantom (2004) en Sonic Boom (2014). 2004: Geeks 2013: Axel: The Biggest Little Hero 2014: The Last: Naruto the Movie 2015: Digimon Adventure tri: Reunion 1997: Tokyo Pig 1999: The Kids from Room 402 2002: What's New, Scooby-Doo? 2002: Overman King-Gainer 2003: Zatch Bell! 2004: Danny Phantom 2005: The Life and Times of Juniper Lee 2006: Digimon Savers 2006: Digimon Data Squad 2008: Slayers Revolution 2010: The Avengers: Earth's Mightiest Heroes 2010: Jonah Hex: Motion Comics 2013: Digimon Fusion 2013: Tenkai Knights 2013: B-Daman Crossfire 2014: Sonic Boom 2015: Zorro the Chronicles 2015: If You Give a Mouse a Cookie 2017: Hanazuki: Full of Treasures 2017: Valt the Wonder Deer 2018: Mecard Colleen Villard in die Internet-rolprentdatabasis Colleen Villard op Twitter |
10083 | Die Sonnestelsel bestaan uit die Son en die ander hemelliggame wat deur swaartekrag daaraan gebind is en daarom wentel. Die hemelliggame in ons sonnestelsel bestaan uit die agt planete, hulle 166 bekende mane, vyf dwergplanete en biljoene ander klein liggame. Hierdie klein liggame, of klein sonnestelselvoorwerpe (KSV's), sluit asteroïdes, ysige Kuiper-gordelvoorwerpe, komete, meteoroïdes en interplanetêre stof in. Die Aarde is die derde planeet van die Sonnestelsel. Die gekarteerde streke van die Sonnestelsel is die Son, vier aardse binnenste planete, die asteroïdegordel, vier buitenste planete (die reuseplanete), die Kuiper-gordel en die verstrooide skyf. Die teoretiese Oort-wolk bestaan moontlik op 'n afstand ongeveer duisend maal verder as die gekarteerde streke. Die vloei van plasma vanaf die Son (deur die sonwind) deurdring die Sonnestelsel. Dit skep 'n stellêre windbel in die interstellêre medium, genaamd die helio- of sonsfeer, wat tot in die middel van die verstrooide skyf strek. Die planete in die Sonnestelsel (in volgorde van hulle afstand van die Son) is: Mercurius Venus Aarde Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Met die ingang van 2009 is vyf kleiner voorwerpe as dwergplanete geklassifiseer. |
65886 | Wes-Yorkshire (Engels: West Yorkshire) is 'n metropolitaanse graafskap in die noorde van Engeland (Verenigde Koninkryk) wat in 1974 volgens die Wet oor Plaaslike Regering (Local Government Act) van 1972 gevestig is. Die graafskap bestaan uit vyf metropolitaanse boroughs of distrikte (City of Bradford, Calderdale en Kirklees in die weste en City of Leeds en City of Wakefield in die ooste) en word begrens deur die graafskappe Derbyshire in die suide, Groter Manchester in die suidweste, Lancashire in die noordweste, Noord-Yorkshire in die noorde en ooste, en Suid-Yorkshire in die suide en suidooste. Teen die middel van 201 is Wes-Yorkshire se bevolking op 2,3 miljoen beraam. Die gebied se waterkragbronne en steenkoolvoorrade, wat stoomenjins van brandstof voorsien het, het in die 18de en 19de eeu die basis vir die industrialisering van Wes-Yorkshire gevorm. Nedersettings soos Huddersfield, Halifax en Bradford, almal geleë in die westelike heuwelland, het tot spilpunte van die Engelse tekstielbedryf ontwikkel. Vandag is Wakefield die enigste oorblywende dorp met noemenswaardige tekstielvervaardiging. Ook die steenkoolmynboubedryf het in die laat 20ste eeu dramatiese agteruitgang beleef. |
94215 | Turkish Airlines (Turks: Türk Hava Yollari) is die nasionale vlagdraerlugredery van Turkye, gesetel in die Turkish Airlines Algemene Bestuursgebou op die perseel van die Istanbul Atatürk-lughawe in Yesilköy, Bakırköy, Istanboel. Dit onderneem geskeduleerde dienste na 41 plaaslike en 206 internasionale lughawens in Europa, Asië, Afrika en Suid-Amerika. Met 247 bestemmings is die redery die vierde grootste in die wêreld volgens die aantal bestemmings bedien. Die Istanbul Atatürk-lughawe is die Turkse redery se belangrikste basis, met sekondêre spille op Esenboğa Internasionale Lughawe, Sabiha Gökçen Internasionale Lughawe, en ook Adnan Menderes Lughawe. Turkish is 'n lid van die Star Alliance-netwerk sedert 1 April 2008. In April 2010 is die roepteken TURKAIR vervang met TURKISH as die nuwe roepteken van Turkish Airlines. Die vragafdeling bedien 47 bestemmings met 'n operasionele vloot van nege vragvliegtuie. "Turkish Airlines Feitestaat" (PDF). turkishairlines.com. 30 September 2013. Besoek op 2013-12-18. "Kontak ons. URL besoek on 26 Junie 2010. "Turkish Airlines General Management Building, Atatürk-lughawe, Yeşilköy, 34149, Istanboel, Turkye" Map. Turkish Airlines. URL besoek op 26 Junie 2010. |
286808 | Norodom Sihamoni (Khmer: នរោត្តម សីហមុនី; gebore 14 Mei 1953) is die koning van Kambodja. Hy word op 14 Oktober 2004 'n week na die ontvoering van koning Norodom Sihanouk. Hy is die oudste seun van koning Sihanouk en koningin Norodom Monineath. Hy was die ambassadeur van Kambodja by UNESCO en word deur 'n troonraad van nege lede benoem om die volgende koning te word nadat sy vader Norodom Sihanouk in 2004 onttrek het. Sihamoni, voordat hy op die troon opgevaar het, is opgelei in Tsjeggo-Slowakye en was veral bekend vir sy werk as 'n kulturele ambassadeur. in Europa en as klassieke dansinstrukteur. Hy is ongetroud. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Norodom Sihamoni. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
50073 | Die Oos-Indiese Kompanjie (ook die Oos-Indiese Handelskompanjie, Engelse Oos-Indiese Kompanjie, en toe die Britse Oos-Indiese Kompanjie) was 'n vroeë Engelse aandelegeselskap wat aanvanklik gevorm is vir die aangaan van handel met die Oos-Indiese handelstreek, maar waarvan die handel uiteindelik tot die Indiese subkontinent en China beperk was. As die vroegste van verskillende soortgelyk saamgestelde Europese Oos-Indiese Kompanjies, is die maatskappy 'n Engelse koninklike oktrooi toegeken, onder die benaming Goewerneur en Kompanjie van Koopmanne van Londen Handeldrywende in Oos-Indië, deur Elizabeth I op 31 Desember 1600. Ná 'n mededingende Engelse maatskappy die monopolie van die Kompanjie uitgedaag het in die laat 17de eeu, het die twee maatskappye saamgesmelt in 1708 om die Verenigde Kompanjie van Koopmanne van Engeland Handeldrywende in Oos-Indië te vorm, algemeen voorgehou as die Eerbare Oos Indiese Kompanjie, in Engels afgekort, HEIC; die Kompanjie was in die volksmond bekend as die John Kompanjie, en in Indië as Kompanjie Bahadoer (Hindoestanies: bahādur, "moedig"/"gesag"). Die Oos-Indiese Kompanjie het hoofsaaklik handel gedryf in katoen, sy, indigo-kleurstof, salpeter, tee en, met China, in onwettige opium. |
59963 | Die Seskiefhaai (Hexanchus griseus) is 'n haai wat voorkom in alle oseane in gematigde en tropiese waters. In Suid-Afrika kom die haai voor aan die hele kus voor. In Engels staan die haai as die Sixgill shark bekend. Die haai is bruin tot grys. Die dorsale vin is agter op die liggaam en die stert is lank. Dit het ses kieu-gleuwe aan weerskante van die kop. Daar is ses rye tande in die voorkant van die kakebeen. Die oë het 'n groen skynsel. Die haai word tot ongeveer 5.4 m lank en kom in water van 100 – 1900 m voor. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7 http://fishbase.org/summary/Hexanchus-griseus.html |
87100 | 'n Potlood is 'n toestel waarmee daar op papier en ander oppervlaktes geskryf, geteken of gemerk word. 'n Potlood bestaan uit 'n stafie (of "lood") van klei en grafiet met 'n omhulsel van hout. As die potlood stomp word, word 'n skerpmaker gebruik om die stafie se punt van die hout te ontbloot. 'n Uitveër kan gebruik word om foute uit te vee en reg te stel. Die stafie laat sigbare merke en strepe soos dit oor papier getrek word. Meeste potlode gee 'n silwer-grys kleur af, maar mens kry ook gekleurde potlode. Hierdie potlode word hoofsaaklik gebruik om mee te teken en in te kleur, eerder as om mee te skryf. Potlode bevat geen lood nie. Aanvanklik is lood in potte gesmelt om loodstafies te maak. Dit was 'n goedkoper weergawe van die silwerstafie, wat aanvanklik vir skryfwerk gebruik is. Vanaf die 17de eeu is potlode met 'n kern van harde minerale grafiet en 'n houtomhulsel gemaak. Die naam "potlood" het egter behoue gebly. In die 6de eeu is ’n vreemde swart stof teen die hange van Borrowdale, in Noord-Engeland gevind. |
207697 | Louis Székely, beter bekend as Louis C.K. (gebore 12 September 1967) is 'n Amerikaanse komediant, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur, en akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent American Hustle (2013) en in die televisiereekse Louie (2010), Better Things (2016), en Horace and Pete (2016). 1998: Tomorrow Night 2001: Pootie Tang 2006: Maxed Out 2007: I Think I Love My Wife 2008: Welcome Home, Roscoe Jenkins 2009: The Invention of Lying 2013: American Hustle 2013: Tuna 2015: Trumbo 2016: The Secret Life of Pets 2017: I Love You, Daddy 2018: Oh, Rick! |
307666 | Verkeersligte, verkeerseine of robotte is seine wat op padkruisings, voetoorgange en ander plekke geplaas word om die verkeersvloei te beheer. Die wêreld se eerste verkeerslig was met die hand bedien en met gas verligte wat in Desember 1868 in Londen geïnstalleer is. Dit het minder as 'n maand nadat dit geïmplementeer is, ontplof en die polisie operateur beseer. Earnest Sirrine van Chicago het die eerste outomatiese verkeersbeheerstelsel in 1910 gepatenteer. Dit het die woorde 'STOP' en 'PROCEED' gebruik, hoewel nie een van die woorde verlig was nie. Verkeersligte volg 'n universele kleurkode wat die reg van toegang aan gebruikers verleen en wat afgewissel word met 'n reeks gloeilampe of LED's van drie standaardkleure: Groen lig Laat die verkeer toe om voort te gaan in die aangeduide rigting, as dit veilig is, en daar is plek aan die ander kant van die kruising. Die groen lig was tradisioneel groen van kleur (vandaar die naam), hoewel moderne LED-groen liggies turkoois is . Rooi lig Verhoed dat enige verkeer voortgaan. 'n Flikkerende rooi dui aan dat die verkeer moet stop en dan voortgaan as dit veilig is (gelykstaande aan 'n stopteken). |
223619 | Poorna Jagannathan (gebore 22 Desember 1972) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Delhi Belly (2011) en Thanks for Sharing (2012), en in die televisiereeks Gypsy (2017). 2011: Delhi Belly 2012: Thanks for Sharing 2018: The Dead Center Untitled Pippa Bianco Project 2017: Gypsy 2017: How to Beat Your Sister-in-Law (at everything) Poorna Jagannathan in die Internet-rolprentdatabasis |
207847 | Kenneth Choi (gebore 20 Oktober 1971) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Captain America: The First Avenger (2011), The Wolf of Wall Street (2013), en Spider-Man: Homecoming (2017). 2001: Beyond the Pale 2007: Baby 2011: Captain America: The First Avenger 2013: The Wolf of Wall Street 2017: Spider-Man: Homecoming 2008: Samurai Girl 2009: Burning Hollywood 2012: Dr0ne 2013: Ironside 2015: The Last Man on Earth 2015: Allegiance 2016: American Crime Story 2018: 9-1-1 2012: The Real St. Nick 2017: Untitled Kourtney Kang Project 2007: Koreatown: Behind the Scenes 2011: Captain America: The First Avenger - Howling Commandos 2016: OneRepublic: Wherever I Go Kenneth Choi in die Internet-rolprentdatabasis |
223153 | Julie Hagerty (gebore 15 Junie 1955) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Airplane! (1980), Airplane II: The Sequel (1982), Freddy Got Fingered (2001), en She's the Man (2006). 1980: Airplane! 1982: Airplane II: The Sequel 1982: A Midsummer Night's Sex Comedy 1985: Bad Medicine 1985: Goodbye, New York 1985: Lost in America 1987: Beyond Therapy 1989: Rude Awakening 1991: What About Bob? 1992: Noises Off... 1995: The Wife 1998: Mel 1999: Gut Feeling 2000: Baby Bedlam 2001: Freddy Got Fingered 2002: Bridget 2005: Pizza 2006: She's the Man 2006: Pope Dreams 2013: A Master Builder 1991: Princesses 1995: Women of the House 1998: Reunited 1988: Necessary Parties 1993: Eligible Dentist 1997: Heaven Will Wait 1999: Boys Will Be Boys 2011: Best in Film: The Greatest Movies of Our Time 2018: Steps "Obituary For: Harriet Yuellig | Hoskins Funeral Homes". |
384884 | Nuwe administratiewe hoofstad (Arabies: العاصمة الإدارية الجديدة, Al-ʿĀṣima al-ʾIdāriyya al-Jadīda) is die projeknaam vir die oprigting van 'n nuwe hoofstad in Egipte wat sedert 2015 in aanbou is. Dit is deur die destydse Egiptiese minister vir behuising, Mostafa Madbouly, tydens die Konferensie oor ekonomiese ontwikkeling in Egipte op 13 Maart 2015 aangekondig. Die nuwe hoofstad word beskou as een van die programme en projekte vir ekonomiese ontwikkeling, en is deel van 'n groter inisiatief met die naam Egiptiese Visie 2030. Die nuwe hoofstad van Egipte het nog nie 'n naam nie. 'n Kompetisie is op die nuwe hoofstad se webwerf geloods om 'n nuwe naam en logo vir dié stad te kies. 'n Jurie van spesialiste is saamgestel om die voorstelle wat op die lys ingedien is, te evalueer en om die beste onder al die voorstelle te bepaal. Die Egiptiese regering het egter nog geen amptelike uitslae bekend gemaak nie. Die nuwe stad sal 45 km oos van Kaïro en net buite die Tweede Groter Kaïro-ringweg, in 'n grootliks onontwikkelde gebied halfpad na die hawestad Suez, geleë wees. |
12645 | Die Kanariese Eilande (Spaans: Islas Canarias) (28° 06'N, 15° 24'W) is 'n eilandgroep van die Koninkryk van Spanje wat bestaan uit sewe eilande van vulkaniese oorsprong in die Atlantiese Oseaan. Dit is geleë naby die noordwestelike kus van Afrika (Marokko en Wes-Sahara). Dit vorm 'n outonome gewes van Spanje. Die naam is waarskynlik afkomstig van 'n Noord-Afrikaanse stam, (die Canarii), of moontlik die Latynse term Insularia Canaria wat Eiland van die Honde beteken, 'n naam wat aanvanklik slegs op die eiland Gran Canaria van toepassing was. Daar word geglo dat die hoë bevolking van 'n endemiese spesie groot en kwaai honde die kenmerk was wat die paar antieke Romeine, wat per see kontak met die eiland bewerkstellig het, die meeste opgeval het. Die Kanariese Eilande is die enigste Outonome Gemeenskap van Spanje met twee hoofstede: Santa Cruz de Tenerife en Las Palmas de Gran Canaria. Saam met die Asore, Kaap Verde en die Madeiraeilande vorm die Kanariese Eilande 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon. |
43733 | Tasjkent (Oesbekies: Toshkent; Russies: Ташкент; beteken 'klip-stad' in Turkse tale) is die hoofstad en grootste stad van Oesbekistan in die oostelike deel van die land, naby die grense met buurlande Kazakstan, Kirgisië en Tadjikistan. . Die stad het 'n bevolking van 2 140 486 (waarvan sowat 20% Russe is) in 2008 gehad en 'n oppervlakte van 334,8 km². Vandag is Tasjkent die vierde grootste stad in die voormalige Sowjetunie. Voor die invloed van Islam in die 8ste eeu nC begin het, is Tasjkent in die vroeë geskiedenis deur die Sogdiese en Turkse kulture beïnvloed. Na die vernietiging daarvan deur Genghis Khan in 1219, is die stad herbou en het voordeel getrek uit die syroete. Van die 18de tot die 19de eeu het die stad 'n onafhanklike stadstaat geword voordat dit weer deur die Khanaat van Kokand verower is. Baie van die historiese geboue is tydens die sosialistiese rewolusie in 1917 en tydens 'n groot aardbewing in 1966 vernietig. In 2017 is altesaam 43.900 kinders gebore. Die geboortesyfer is 18,2 % en is dus die laagste in Oesbekistan. |
80738 | Hygliteratuur of Erotiese literatuur bestaan uit fiktiewe en feitlike stories en berigte van mense se seksuele doen en late, met die eienskap of intensie om die leser seksueel te prikkel. Die soort erotika kom te voorskyn as romans, kort verhale, poësie, lewensgetroue memoirs en sekshandleidings. ʼn Algemene eienskap van die genre is seksuele fantasieë oor temas soos prostitusie, orgies, homoseksualiteit, sadomasochisme en vele ander taboe onderwerpe en fetisje, wat potensieel in eksplisiete taal uitgedruk word. Ander gemeenskaplike kenmerke is satire en sosiale kritiek. Ten spyte van kulturele taboes rondom sulke materiaal, is die sirkulering van erotiese literatuur nie as ʼn groot probleem beskou voor die uitvinding van die drukpers nie, aangesien die kostes vir die produsering van individuele manuskripte beperk was tot ʼn baie klein groepie lesers. Die koms van die drukpers in die 15de eeu het ook ʼn groter mark en groter beperkings tot gevolg gehad, wat die vorm van sensuur aangeneem het asook wetlike kontroles op publikasie op grond van obseniteit. As gevolg hiervan is ʼn groot deel naderhand klandestien geproduseer. Baie erotiese literatuur word vergesel van erotiese kuns wat die teks illustreer. |
24647 | 1. FC Schweinfurt 05 is 'n sportklub uit Schweinfurt in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir korfbal, vuisbal, handbal, hokkie, pluimbal, gimnastiek en atletiek. Die klub is in 1905 gestig. In 1928 is daar kortstondig met Turngemeinde Schweinfurt von 1848 saamgesmelt, maar die unie het na 2 jaar weer uitmekaargespat. In 1931 het die klub die hoogste klas bereik en daar gebly totdat die klub met die invoer van die Bundesliga in 1963 in die 2de klas (Regionalliga) ingedeel is: Tussen 1933 en 1945 het Schweinfurt in die Gauliga Beiere gespeel. In 1939 en 1942 het die klub die Gauliga gewen (voor klubs soos FC Beiere München, TSV 1860 München en 1. FC Neurenberg) en kon hulle aan die uitspeelwedstryde om die Duitse titel deelneem, maar die span is beide kere in die vroeë rondtes uitgeskakel. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub in die Oberliga Suid ingedeel en het daar bly speel tot met die oprigting van die Bundesliga. |
92821 | Marioepol (Oekraïens: Маріу́поль; Russies: Мариу́поль; Grieks: Μαριούπολη) is 'n stad in suidoostelike Oekraïne langs die See van Azof. Met sowat 465 duisend inwoners, is die stad die 10de grootste in die land en tweede grootste (naas Donetsk) in die Donetsk-oblast. Die stad is in 1778 deur Griekse setlaars van die Krim gestig. Die sleutelsektore van die ekonomie is metallurgie, meganiese ingenieurswese, vervoer (spoorwegstasie, kommersiële seehawe, snelweë, stedelike vervoer: bus, trem, trolliebus). Verskeie hoër onderwysinstellings, sportfasiliteite (binnestadions, binnenshuise skaatsbane), 'n teater, moderne teaters en ontspanningsparke. Die stad is een van die aantreklikste plekke vir belegging in die Oekraïne, met 'n hoë industriële en wetenskaplike potensiaal, 'n ontwikkelde vervoerinfrastruktuur, 'n groot netwerk van finansiële instellings en 'n gunstige sakeklimaat. Die aantreklikheid van die stad vir toeriste wat seevakansies verkies, bly: 'n groot hoeveelheid son, seelug versadig met osoon en minerale soute. Benewens tradisionele ontspanning, stel toeriste belang in gebeurtenis-, kulturele, opvoedkundige en gastronomiese toerisme. |
93813 | Nekrofilie is die seksuele aangetrokkenheid tot lyke. Dit word as ’n parafilie geklassifiseer in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van die Amerikaanse psigiatrievereniging. Die term is afgelei van die Griekse woorde νεκρός (nekros, "dood") en φιλία (philia; "vriendskap"). Dit is die eerste keer in 1850 gebruik. Rosman en Resnick (1989) het inligting bestudeer van 34 gevalle van nekrofilie wat deur kollegas verskaf is. Hulle het nekrofiele se motief verdeel in vyf groepe: ’n behoefte aan ’n seksmaat sonder teenkanting of verwerping (68%), herenigings met ’n romantiese maat (21%), ’n seksuele aangetrokkenheid tot lyke (15%), om gevoelens van isolasie te oorkom (15%) en om eiewaarde te verhoog deur mag oor die slagoffer uit te oefen (12%). Drie reeksmoordenaars wat nekrofiele was, was Jeffrey Dahmer, Ted Bundy en Dennis Nilsen. Eersgenoemde het gesê hy het sy slagoffers vermoor omdat hy nie wou hê hulle moet hom ná die tyd verlaat nie en omdat hulle kwaad sou gewees het dat hy hulle bedwelm het. |
51204 | Bevolkingsafname kan verwys na die algemene afname in bevolking van enige organisme, maar in hierdie artikel word daar uitsluitlik op die bevolkingsafname van die mens toegespits. Dit is ’n bewoording wat gewoonlik gebruik word om ’n groot vermindering van die menslike bevolking te omskryf. Dit kan ingespan word om te verwys na ’n langtermyn neiging van bevolkingspreiding, soos stedelike agteruitgang of landelike ontvolking, maar dit word ook algemeen gebruik om ’n groot vermindering van bevolking weens geweld, siekte of ander rampe na te verwys. Bevolkingsafname beteken die vermindering met verloop van tyd van 'n betrokke gebied se volkstelling, wat ook bekend staan as ontvolking. Dit kan weens verskeie redes veroorsaak word; onder meer sluit dit ondervervangingsvrugbaarheidskoerse (waar die vrugbaarheidskoers te laag is om ’n gebied se bevolking in die toekoms mee te vervang), beperkte immigrasie, grootskaalse landverhuising, siekte, hongersnood en oorlog in. Die geskiedenis is vol voorbeelde van grootskaalse ontvolking. Vele oorloë, byvoorbeeld, het gepaardgegaan met aansienlike ontvolking. Voor die 20ste eeu was die meeste bevolkingsafname toe te skryf aan siekte, hongersnood en/of emigrasie. |
207132 | Blake Anderson (gebore 2 Maart 1984) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Epic (2013), Scouts Guide to the Zombie Apocalypse (2015), en Dope (2015), en in die televisiereeks Workaholics (2011). 2013: Epic 2015: Scouts Guide to the Zombie Apocalypse 2015: Dope 2018: Game Over, Man! 2018: Spy Intervention 2018: The Package Diplomatic Immunity Sexcastle 2006: Crossbows & Mustaches 2007: Online Nation 2008: Special Delivery 2008: 5th Year 2008: The Dude's House 2008: Prototank 2011: Workaholics 2012: Workaholics: The Other Cubicle 2014: Quiet on the Set 2017: The Jellies! 2018: Tigtone and The Series Adults Only 2006: Mail Order Comedy 2008: 420 Special: Attack of the Show! from Jamaica Untitled CBS David Hornsby/Blake Anderson Project 2006: Bang Bus 2006: Sausagefest 2006: Mail Order Comedy: Best Friends 2008: Little Richies Fish Emporium 2009: Straight Outta Mordor 2009: Wizards Never Die 2013: Major Lazer: Scare Me Blake Anderson in die Internet-rolprentdatabasis |
77195 | Die Internasionale Ruimtestasie (IRS) is ’n ruimtestasie wat om die Aarde wentel en deur verskillende lande gebou, beman en onderhou word. Die eerste module is op 20 November 1998 gelanseer en die stasie word sedert 2 November 2000 permanent bewoon. Dit is in die eerste tien jaar van die huidige eeu aanhoudend uitgebrei en op 27 Mei 2011 voltooi. Die Internasionale Ruimtestasie dien as 'n mikrogravitasie- en ruimtenavorsings-laboratorium waarin bemannings eksperimente kan uitvoer in biologiese, menslike, fisika, astronomie, meteorologie en ander velde. In 1982 het die Amerikaanse president Ronald Reagan voorgestel dat ’n internasionale ruimtestasie met die naam Freedom gebou word. Daar het egter niks van gekom nie en aan die begin van die 1990's is die konsep en die naam gewysig. Rusland, wat besef het dat daar geen verdere toekoms in hul ruimtestasie, Mir, was nie, het besluit om aan die projek deel te neem en sy eie planne vir Mir 2 op die ys gesit. Om ervaring op te doen met ruimtestasies (onder meer langdurige verblyf in die ruimte), het die VSA en Rusland ’n ooreenkoms aangegaan wat bekend was as Fase Een. |
208388 | Flea (gebore 16 Oktober 1962) is 'n Amerikaanse musikant en akteur. Hy is een van die stigters van die musiekgroep Red Hot Chili Peppers. Flea in die Internet-rolprentdatabasis Flea op Facebook |
242403 | Donna Douglas (26 September 1933 – 1 Januarie 2015) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprent Frankie and Johnny (1966) en in die televisiereekse The Twilight Zone (1959), Checkmate (1960), en The Beverly Hillbillies (1962). 1966: Frankie and Johnny 1991: Turtle Races 2013: Chronicles of Life Trials 1959: The Twilight Zone 1960: Checkmate 1962: The Beverly Hillbillies 1965: Hollywood Talent Scouts 1981: The Return of the Beverly Hillbillies 1985: Elvis: Memories 1996: Bad Hair Day: The Videos Donna Douglas in die Internet-rolprentdatabasis |
88685 | Die Hongaarse Sosialistiese Party (Hongaars: Magyar Szocialista Párt, MSZP) is 'n sentrum-linkse politieke party in Hongarye. Die party is in 1989 gestig. Onder leiding van László Kovács het die party die parlementêre verkiesing van 2002 gewen en was sedertdien tot 2010 die heersende party in die land. Sedert 2014 is László Botka die party se leier. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
305654 | Rafael Edward Cruz (gebore 22 Desember 1970) is 'n Amerikaanse politikus en prokureur wat sedert 2013 as die junior VSA-senator vir Texas dien. Hy het tweede geëindig tydens die Republikeinse benoemingsproses vir die 2016-verkiesing. Cruz het grade in onderskeidelik openbare beleid aan Princeton-universiteit en in die regte aan Harvard se regskool behaal. Hy het van 1999 tot 2003 verskeie posisies in die regering beklee. Hy was o.m. direkteur van die kantoor van beleidsbeplanning van die Federale Handelskommissie, 'n geassosieerde-adjunk-prokureurgeneraal in die Verenigde State se departement van Justisie, en adviseur vir binnelandse beleid vir George W. Bush tydens sy presidensiële veldtog van 2000. Cruz het van 2003 tot 2008 as prokureur-generaal van Texas gedien nadat hy deur Greg Abbott, die latere goewerneur van Texas, aangestel is. Hy was die langsdienende prokureur-generaal in die geskiedenis van Texas, en die eerste Latyns-Amerikaner wat in daardie hoedanigheid gedien het. Van 2004 tot 2009 was Cruz 'n adjunk-professor aan die Universiteit van Texas se regsskool in Austin, waar hy klas gegee het in litigasie aan die VSA se hooggeregshof. |
214843 | Tyler, the Creator (gebore 6 Maart 1991) is 'n Amerikaanse kletskunsternaar, skrywer en akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Project X (2012) en Let's Be Cops (2014), en in die televisiereeks Loiter Squad (2012). 2012: Project X 2014: Let's Be Cops 2018: Flower Boy: A Conversation Wolf 2011: Ridiculousness 2012: Loiter Squad 2015: The Jellies 2017: Nuts & Bolts 2017: The Jellies! 2010: Bastard 2010: French! 2010: Earl Sweatshirt: Earl 2010: V.C.R. 2011: Tyler, the Creator: Yonkers 2011: Tyler, the Creator: She 2011: Tyler, the Creator Feat. |
270116 | Herbert Blomstedt (Sweeds:ˈhærːbɛʈ ˈblʊmːstɛt; gebore op 11 Julie 1927), is 'n Sweedse dirigent. Herbert Blomstedt was in Springfield, Massachusetts, VSA gebore, maar twee jaar na sy geboorte het sy Sweedse ouers die gesin teruggeneem na hul land van oorsprong. Blomstedt het by die Stockholm Koninklike Kollege van Musiek en die Universiteit van Uppsala studeer. Dit was gevolg deur studies van hedendaagse musiek by Darmstadt in 1949, Barokmusiek met Paul Sacher by die Schola Cantorum Basiliensis, en verdere dirigeerstudies met Igor Markevitch en Jean Morel by die Juilliard School, en met Leonard Bernstein by Tanglewood se Berkshire Musieksentrum. Blomstedt het ook gedurende sy jeug in Finland gewoon. Hy het in 1953 die Koussevitzky Dirigeer-prys gewen, en die Salzburgse Dirigeer-kompetisie in 1955. Blomstedt is die beste bekend om sy uitvoerings van Duitse en Oostenrykse komponiste soos Beethoven, Felix Mendelssohn, Johannes Brahms, Franz Schubert, Anton Bruckner, Richard Strauss en Paul Hindemith. Hy is ook 'n voorstander van Skandinawiese komponiste soos Edvard Grieg, Franz Berwald, Jean Sibelius en Carl Nielsen. Blomstedt is 'n toegewyde Sewendedag adventis en repeteer nie op Vrydae-nagte of Saterdae nie - te wete die Sabbat in Sewendedagadventisme. |
120844 | Vitruvius (met volle naam Marcus Vitruvius Pollio, omstreeks 90 tot omstreeks 20 v.C.) was 'n Romeinse argitek, siviele en militêre ingenieur en argitektuurteoretikus in die 1ste eeu v.C. wat bekendheid verwerf het met sy afhandeling De architectura ("Oor argitektuur") wat uit tien boekdele bestaan en aan keiser Augustus opgedra is. In De architectura, die enigste omvattende werk oor Romeinse boukuns wat uit die antieke tydperk oorgelewer is, gee Vitruvius nie net 'n historiese oorsig oor antieke Griekse en Romeinse argitektuur en ingenieurswese nie, maar deel ook sy persoonlike ervarings op dié gebiede met die leser en gee advies daaroor vir hom. Ancient History Encyclopedia: Vitruvius. Besoek op 1 Mei 2017 |
86583 | Cherson (Oekraïens: Херсо́н; Russies: Херсо́н) is 'n hawestad in suidelike Oekraïne met ongeveer 358 duisend inwoners. Die stad is ook die administratiewe sentrum van die Cherson-oblast. Rzeszów, Pole Oslo, Noorweë www.city.kherson.ua - Cherson se webwerf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
214280 | Bob Saget (17 Mei 1956 - 9 Januarie 2022) was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Dumb and Dumberer: When Harry Met Lloyd (2003), Farce of the Penguins (2006), en Entourage (2015), en in die televisiereeks Full House (1987). 1979: Spaced Out 1981: Moving 1998: Dirty Work 2003: Dumb and Dumberer: When Harry Met Lloyd 2006: Farce of the Penguins 2015: Entourage 2016: The Comedy Club 2018: Benjamin 1970: New Love, American Style 1987: Full House 1987: The Morning Program 1989: America's Funniest Home Videos 1994: Marilu 1999: Turn Ben Stein On 2001: Raising Dad 2005: People Uncut 2006: 1 vs. 100 2009: Surviving Suburbia 2010: Strange Days with Bob Saget 2016: Live, Laugh, LIVE! 1992: The Comedy Store's 20th Birthday 1994: Father and Scout 1996: For Hope 1997: Jitters 2000: Becoming Dick 2000: Behind the Walls of 'Full House' 2005: Chanukah Stories 2006: Hollywood's Master Storytellers: The Aristocrats 2006: Bash 2012: JFL XXX: The Ultimate Nasty Show 1986: Paramount Comedy Theatre, Vol. 1: Well Developed 1991: The Best of America's Funniest Home Videos 1992: America's Funniest Pets 1993: America's Funniest Families Bob Saget in die Internet-rolprentdatabasis Bob Saget op Twitter Bob Saget op Instagram |
94672 | ---Sidenote START--- Kalabrië (Italiaans: Regione Calabria) was in die oudheid bekend as Bruttium of as Italia. Dit is 'n gebied in die suide van Italië en vorm die "toon" van die Italiaanse skiereiland. Die hoofstad is Catanzaro, maar die grootste stad en die setel van die Regionale Raad is Reggio. In die noorde grens Kalabrië aan Basilicata, in die weste aan die Tirreense See en in die ooste aan die Ioniese See. Kalabrië beslaan 15 080 vk. Km. en het net minder as 2 miljoen inwoners. In die oudheid is die woord Kalabrië gebruik om na die suidelike deel van Apulia, die skiereiland van Salento (die "hakskeen" van Italië) te verwys. Die landstreek is 'n lang en nou skiereiland met 'n noord-suid lengte van 248 km. en 'n maksimum breedte van 110 km. 42% van die oppervlakte is bergagtig en die gebied word omring deur die Tirreense en Ioniese See. Dit word geskei van Sisilië deur die Straat van Messina wat sy nouste tussen Capo Peloro in Sisilië en Punta Pezzo in Kalabrië slegs 3,2 km breed is. |
62174 | Die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek of kortweg die Oekraïense SSR (Oekraïens: Українська Радянська Соціалістична Республіка, Українська РСР; Russies: Украинская Советская Социалистическая Республика, Украинская ССР) was een van die republieke van die Sowjetunie. Dit was een van die stigterlede van die Sowjetunie in 1922, saam met die Wit-Russiese, Transkaukasiese en Russiese Sowjetrepublieke. In 1991 het die republiek onafhanklik geword en het die moderne staat Oekraïne ontstaan. Sowjetunie Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek. "Grondwet van die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek". Werchowna Rada (in Oekraïens). 1978. Besoek op 2008-06-11. Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel en:Ukrainian Soviet Socialist Republic |
99707 | Bernd Heinrich Wilhelm von Kleist (* 18 Oktober, na sy eie bewering 10 Oktober 1777 in Frankfurt (Oder); † 21 November 1811 by die Stolper Loch, tans Kleiner Wannsee in Berlyn) was 'n Duitse dramatikus, verhaalskrywer, lirikus en publisis. As skrywer het Kleist met sy werke buite die gevestigde literêre strominge van sy tyd - die Weimarse Klassiek en Romantiek - gestaan. Hy het veral bekendheid verwerf met sy "historiese riddertoneel" Das Käthchen von Heilbronn, sy komedies Der zerbrochne Krug en Amphitryon, die treurspel Penthesilea en sy novelles Michael Kohlhaas en Die Marquise von O... Heinrich von Kleist word vandag as een van die belangrikste skrywers van die Duitse Romantiek beskou. Hy het egter eers in die 20ste eeu erkenning gekry nadat sy dramatiese werk herwaardeer is. Die tragedie Prinz Friedrich von Homburg en die blyspel Der zerbrochene Krug is van sy bekendste toneelstukke. Heinrich von Kleist is op 18 Oktober 1777 in Frankfurt, Duitsland, gebore as die oudste seun van 'n Pruisiese offisier. Ten spyte van swak gesondheid het hy aanvanklik ʼn loopbaan in die leër verkies, maar hy het die beroep in 1799 laat vaar. |
254445 | Daniel Craig (gebore 2 Maart 1968) is 'n Engelse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Casino Royale (2006), Quantum of Solace (2008), Skyfall (2012), en Spectre (2015). 1997: Obsession 1998: Love Is the Devil: Study for a Portrait of Francis Bacon 1999: The Trench 1999: Love & Rage 2000: Hotel Splendide 2000: Some Voices 2003: The Mother 2003: Sylvia 2004: Enduring Love 2004: Layer Cake 2005: The Jacket 2005: Munich 2006: Casino Royale 2006: Renaissance 2006: Infamous 2007: The Golden Compass 2007: The Invasion 2008: Quantum of Solace 2008: Defiance 2008: Flashbacks of a Fool 2008: Marc Forster - Der Weg zu 007 2011: Cowboys & Aliens 2011: The Adventures of Tintin 2011: Dream House 2011: The Girl with the Dragon Tattoo 2011: One Life 2012: Skyfall 2015: Spectre 2017: Logan Lucky 2017: Kings 2019: Knives Out 2020: Bond 25 2002: Der Kabel 1 Kinotipp 2018: Purity 1996: Kiss and Tell 1999: Shockers: The Visitor 2002: Copenhagen 2005: Archangel 2005: The Orange British Academy Film Awards 2006: Becoming Bond 2006: James Bond Casino 2006: The Real Casino Royale 2008: Flashbacks of a Fool Movie Special 2008: Bond Girl Diaries 2008: Quantum of Solace: Royal World Premiere Special 2009: Happy Birthday OU 2013: Skyfall: Modern Day Bond 2014: Superheroes Unite for BBC Children in Need 2015: James Bond's Spectre with Jonathan Ross 2015: Inside Spectre with Richard Wilkins 2015: Comic Relief: Behind the Bond 2016: Judi Dench: All the World's Her Stage 2002: Introducing ... |
224105 | Kelly Lynch (gebore 31 Januarie 1959) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Drugstore Cowboy (1989), Road House (1989), Virtuosity (1995), en Charlie's Angels (2000). 1986: Osa 1989: Drugstore Cowboy 1989: Road House 1989: Warm Summer Rain 1991: Curly Sue 1993: Three of Hearts 1994: The Beans of Egypt, Maine 1994: Imaginary Crimes 1995: Virtuosity 1995: White Man's Burden 1996: Heaven's Prisoners 1996: Persons Unknown 1997: Cold Around the Heart 1997: Mr. Magoo 1998: Homegrown 2000: Charlie's Angels 2001: Joe Somebody 2003: Dallas 362 2006: The Visitation 2010: Passion Play 2012: The Oyler House: Richard Neutra's Desert Retreat 2014: Glass Chin 2015: The Frontier 2016: Seattle Road 1993: For Better and for Worse 1999: Brotherhood of Murder 2006: The Hunters 2012: Dark Desire 2000: Welcome to Angel World 2006: On the Road House 2016: I Thought You'd Be Bigger: The Making of 'Road House' 2016: Pain Donot Hurt: The Stunts of 'Road House' 2016: Pretty Good for a Blind White Boy: The Music of 'Road House' 2016: Remembering Patrick Swayze Kelly Lynch in die Internet-rolprentdatabasis Kelly Lynch op Twitter |
208994 | Lil Rel Howery (gebore 17 Desember 1979) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Get Out (2017) en Tag (2018), en in die televisiereekse Friends of the People (2014) en Rel (2018). 2010: Get a Job 2017: Get Out 2018: Tag 2018: Uncle Drew Brittany Runs a Marathon The Come Up 2012: In Living Color 2013: Lucas Bros Moving Co 2014: Friends of the People 2015: The Carmichael Show 2015: Get Your Life 2015: The Rock Lounge 2016: Acting Out 2018: Rel 2018: The Bobby Brown Story 2018: FOX Fall Preview 2005: The Big Black Comedy Show, Vol. 3 2007: Unleashed: Comedians Off the Chain 2008: Cut'n It Up: Chicago 2008: Undisputed Comedy Series Lil Rel Howery in die Internet-rolprentdatabasis Lil Rel Howery op Twitter |
225870 | Christy McGinity Gibel (gebore 19 Augustus 1977) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rol in die televisiereeks Little Women: LA (2014). 2014: Little Women: LA 2017: Gown and Out in Beverly Hills Christy McGinity Gibel in die Internet-rolprentdatabasis |
92893 | Snelskrif is 'n verkorte simboliese skryfmetode wat spoed en bondigheid van die skrif verhoog in vergelyking met 'n normale metode om 'n taal te skryf. Die doel van snelskrif om mondelingse gesprekke te transkribeer of om meer akkurate notule te neem van 'n vergadering. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
214206 | Michael Rooker (gebore 6 April 1955) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Henry: Portrait of a Serial Killer (1986), Slither (2006), Guardians of the Galaxy (2014), en Guardians of the Galaxy Vol. 2 (2017). 1986: Henry: Portrait of a Serial Killer 1989: Sea of Love 1993: Cliffhanger 1993: The Dark Half 1997: Deceiver 1998: Shadow Builder 1998: The Replacement Killers 1998: Renegade Force 1998: Brown's Requiem 1999: The Bone Collector 1999: A Table for One 2000: Here on Earth 2000: Newsbreak 2000: The 6th Day 2001: Replicant 2002: Undisputed 2004: The Eliminator 2006: Slither 2007: Whisper 2008: Hope & Redemption: The Lena Baker Story 2009: Super Capers: The Origins of Ed and the Missing Bullion 2009: Penance 2010: Blood Done Sign My Name 2010: Hypothermia 2010: Freeway Killer 2011: Cell 213 2012: The Lost Episode 2013: Brother's Keeper 2014: Guardians of the Galaxy 2017: Guardians of the Galaxy Vol. 2 Bolden A Good Man Is Hard to Find 1989: Gideon Oliver 1998: Honolulu CRU 2008: Humanzee! 2010: Atlantis Rising: The Making of 'Atlantis Down' 2014: All Access Pass 2015: CONversations with Stanley & Jax 2016: Unlocked: The World of Games, Revealed 1989: L.A. Takedown 1992: Afterburn 1995: Johnny & Clyde 1996: Back to Back 2010: Matadors 2016: Heller Awards 2005: Mallrats: The Erection of an Epic - The Making of Mallrats 2006: Working with a Master: John McNaughton 2010: DC Showcase: Jonah Hex 2014: The Driving Dead 2014: Guide to the Galaxy with James Gunn Michael Rooker in die Internet-rolprentdatabasis Michael Rooker op Twitter |
365260 | Karlskoga (Sweedse uitspraak: [kaɭˈskûːɡa] ) is 'n ligging en die setel van die Karlskoga-munisipaliteit in Örebro County, Swede met 27 562 inwoners in 2018. Karlskoga is bekend as die voormalige tuiste van Alfred Nobel. Die gemeente Karlskoga is in 1586 gestig en gou is 'n houtkerk gebou. In die 17de eeu veertien klein yster werke en agt waterdriven hamers vir bar yster is gestig. Die meeste hiervan was nog in die 1860's werksaam, maar die oorheersende ysterwerk was die een in die nabygeleë Bofors. In 1871 het Bofors 6 124 ton yster geproduseer, meer as enige ander aanleg in Swede. In 1882 het die gemeente Karlskoga ( socken ) 11 184 inwoners gehad. Amanda Lindgren, politikus Karlskoga is 'n tweeling met: Aalborg, Denemarke Húsavík, Ysland Riihimäki, Finland Sanremo, Italië Wheaton, Illinois, Verenigde State van Amerika Olaine, Letland "Tätorternas landareal, folkmängd och invånare per km2 2005 och 2010" (in Sweeds). Statistics Sweden. 14 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2012. Besoek op 10 Januarie 2012. "Tätorter". Statistiska Centralbyrån (in Sweeds). |
44291 | Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон / Chussar Iryston, Georgies: სამხრეთი ოსეთი / Samchreti Osseti, Russies: Южная Осетия / Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike republiek, sonder algemene internasionale erkenning. Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys. Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 53 532 in 2015 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië. |
92637 | Tulsa Internasionale Lughawe (IATA-kode: TUL, ICAO: KTUL, FAA: TUL) is 'n burgerlike-militêre lughawe in stadsbesit, 8 km noord van die middestad van Tulsa, in Tulsa County, Oklahoma, Verenigde State van Amerika. Die lughawe is Tulsa Munisipale Lughawe genoem toe die stad dit bekom het in 1929, maar dra sy huidige naam sedert 1963. Die 138ste vegtervleuel van die Amerikaanse Nasionale Lugwag is gebaseer op die mede-geleë Tulsa Air National Guard Base. Die lughawe is die onderhoudshoofkwartier vir American Airlines. Verskeie burgermageskaders vergader by die Oklahoma Air National Guard Base op die noordoostekant van die veld. Daarbenewens is twee Civil Air Patrol-vliegtuie gebaseer op Tulsa, 'n Cessna 172 en 'n Cessna 182. http://www.tulsaairports.com/news/ "Tulsa Preservation Commission "Transportation (1850–1945)"" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2015. Besoek op 14 Januarie 2011. "138th Fighter Wing, Oklahoma Air National Guard – Geskiedenis" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2016. Besoek op 27 Januarie 2011. "AMR-Tulsa" (in Engels). |
117739 | 'n Ram is 'n manlike skaap, bok of wildsbok. Volwasse ramme het, in teenstelling met ooie, gewoonlik 'n lang paar horings. Indien dit die manlike eksemplaar van 'n beesagtige spesie is, word dit eerder 'n bul genoem, en dus nie 'n ram nie. 'n Ram se hooffunksie, nadat hy dominansie oor ander ramme verseker het, is om met ooie van sy eie spesie te paar met die doel op voortplanting. Ram (sterrebeeld) (Aries) Ram (sterreteken) Ram, 'n nedersetting in Serwië Dodge Ram – 'n groot Amerikaanse nutsvoertuig Ewetoeganklike geheue, algemeen bekend as RAM Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir ram. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
226282 | Freda Payne (gebore 19 September 1942) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Now and Then (1995), Velvet Goldmine (1998), Nutty Professor II: The Klumps (2000), en Lymelife (2008). 1973: Book of Numbers 1995: Now and Then 1998: Velvet Goldmine 2000: Nutty Professor II: The Klumps 2001: Deadly Rhapsody 2007: Cordially Invited 2008: Lymelife 2018: MMA 1973: The Bobby Darin Show 1982: Today's Black Woman 1999: Band of Gold: The Invictus Story Freda Payne in die Internet-rolprentdatabasis |
90092 | Robin McLaurin Williams was 'n Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur en komediant. Hy was veral bekend vir sy rol in Good Morning Vietnam (1987), Dead Poets Society (1989) en Good Will Hunting (1997). Hy het in 1997 'n Oscar vir sy ondersteunende rol in Good Will Hunting ontvang. Williams is Robin McLaurin Williams op 21 Julie 1951 in Chicago, Illinois in die Verenigde State van Amerika gebore. Sy moeder, Laura McLaurin (née Smith, 24 September 1922 - 4 September 2001) was 'n voormalige model vanaf New Orleans, Louisiana. Sy vader, Robert Fitzgerald Williams (10 September 1906 - 18 Oktober 1987) was 'n senior bestuurder by die Ford Motormaatskappy. Hy studeer vir 'n rukkie politieke wetenskap voordat hy by die Juilliard-skool inskryf om teater te studeer. Na sy studies tree hy in nagklubs op, waar hy vir die rol van Mork in 'n episode van Happy Days (1974), asook die opvolg Mork & Mindy (1978–1982) ontdek is. Daarna het hy 'n suksesvolle loopbaan as improvisasie-komediant en rolprentakteur gevolg. |
217712 | Ellen Barkin (gebore 16 April 1954) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Sea of Love (1989), This Boy's Life (1993), The Fan (1996), en Drop Dead Gorgeous (1999). 1984: The Adventures of Buckaroo Banzai Across the 8th Dimension 1984: Harry & Son 1986: Desert Bloom 1986: The Big Easy 1987: Siesta 1989: Sea of Love 1989: Johnny Handsome 1991: Switch 1992: Into the West 1992: Man Trouble 1993: This Boy's Life 1995: Bad Company 1995: Wild Bill 1996: The Fan 1996: Mad Dog Time 1999: Drop Dead Gorgeous 1999: The White River Kid 2000: Mercy 2000: Crime + Punishment in Suburbia 2004: Palindromes 2004: She Hate Me 2009: Happy Tears 2010: Letters to Juliet 2010: Operation: Endgame 2010: Shit Year 2010: The Chameleon 2011: Another Happy Day 2005: TCM Guest Programmer 2012: The New Normal 2015: Hollywood Mom 2016: Animal Kingdom 1981: We're Fighting Back 1982: Parole 1984: Terrible Joe Moran 1984: The Princess Who Had Never Laughed 1988: Clinton and Nadine 1993: Moving Image Salutes Al Pacino 1997: Before Women Had Wings 2002: Short Talks on the Universe Benefit Performance 2011: A Mann's World 2011: His Way 2000: Diner: On the Flip Side 2001: Breaking the Silence: The Making of 'Hannibal' 2002: Buckaroo Banzai Declassified 2014: Third's a Charm: The Making of 'Ocean's Thirteen' Ellen Barkin in die Internet-rolprentdatabasis Ellen Barkin op Twitter |
125671 | Die Kawanishi N1K was 'n Japannese vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig was aanvanklik ontwikkel as 'n vliegboot, die N1K1. Die N1K2 landvliegtuig is uit die vliegboot ontwikkel. Die vliegtuig is tydens die laaste jaar van die oorlog in diens gestel oor die hele Stille Oseaan-front. Produksie van die vliegtuig was in die wiele gery deur bomaanvalle van Boeing B-29 Superfortress-bomwerpers op die Japannese hoofeiland; tog is 1 400 gebou. Die vliegtuig kon meer as sy man staan teen die Geallieerdes se vegters. Beweegbaarheid van die vliegtuig was drasties verbeter deur outomatiese gevegsflappe aan die vlerke aan te bring wat meer drakrag tot gevolg gehad het. Die enigste swakheid van die vliegtuig was sy onvermoë om op werklike hoë hoogtes die B-29's te kan aanval. Die eerste modelle het slegte uitsig gehad omrede die vlerke in die middel van die romp gemonteer was; as gevolg van die vliegtuig se vliegboot oorsprong. Dit het ook veroorsaak dat die onderstel onbetroubaar was. Toe die N1K2-J weergawe verskyn het was die uitsig en onderstel probleme opgelos omrede die vlerke tot onder die romp laat sak is. |
59564 | Bakı Metropoliteni Moltreinstelsel van Bakoe Opening 6 November 1967 Bedryf deur Bakı Metropoliteni Kaart van die moltreinnetwerk Totale lengte 38,1 kilometer Stasies 26 Spoorwydte Russiese wydte van 1 520 mm Elektrifisering Derde spoor Die Bakoese Metro (Azerbeidjans: Bakı Metropoliteni, Russies: Бакинский метрополитен имени В. И. Ленина) is 'n openbare vervoerstelsel in Bakoe, Azerbeidjan. Die moltreinnetwerk is geopen op 6 November 1967. Dit bestaan uit drie lyne wat ondergronds loop en altesaam 38,1 kilometer lank is en het 26 stasies. Die spoorwydte is 1 520 millimeter (Russiese wydte). Elektriese toevoer word deur 'n derde spoor verskaf en die elektriese spanning is 825 volt gelykstroom. Die metrostelsel bestaan uit die volgende drie lyne: 20,1 km Lyn 1 - Bakı Soveti - Həzi Aslanov 6,5 km 1967 Bakı Soveti - Nəriman Nərimanov 2,7 km 1970 N. Nərimanov - Ulduz 4,7 km 1972 Ulduz - Neftçilər 1,7 km 1979 Nərimanov - Bakmil 3,0 km 1989 Netfçilər - Əhmədli 1,5 km 2002 Əhmədli - H. Aslanov 14,5 km Lyn 2 - Dərnəgül - Günəşli 2,3 km 1968 28 mai - Şah İsmayıl Xətayi 2,4 km 1976 28 mai - Nizami Gəncəvi 6,7 km 1985 Nizami - Memar Əcəmi 4,1 km 1995 Memar Əcəmi - Dərnəgül 10,2 km 2005 Xətayi - Günəşli 2,1 km 2008 Memar Əcəmi-Nəsimi 1,3 km 2009 Nəsimi - Azadlıq prospekti 1,5 km 2011 Azadlıq prospekti-Dərnəgül 3,5 km Lyn 3 - Memar Əcəmi-2 - Avtovağzal 2,1 km 2016 Memar Əcəmi-2 - Avtovağzal 1,4 km 2021 Memar Əcəmi-8 Noyabr Amptelike webwerf van die Bakoese Metro (az) (en) |
2746 | Die jaar 966 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 66ste jaar van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Stigting van die Benediktynse klooster op die Mont-Saint-Michel in Frankryk Die stad Bruocsella word vir die eerste keer in 'n dokument genoem. Mieszko I (960-992), stigter van die Poolse Piaste-dinastie, vestig 'n Poolse staat rondom die stad Poznań en bekeer hom tot die Christendom. 14 November – Pous Johannes XIII keer terug na Rome. 4 Julie – Pous Benedictus V, die 132ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in ballingskap in Hamburg, Duitsland (* onbekend). |
15531 | Bensheim is 'n stad in die deelstaat Hesse (Duitsland) met 39 460 inwoners (2014). Beaune in Frankryk Amersham in Verenigde Koninkryk Mohács in Hongarye Riva del Garda in Italië Kłodzko in Pole Hostinné in Tsjeggië St. Georg Michael Auerbach Statistik Hessen: Bevölkerung der hessischen Gemeinden. Besoek op 1April 2015 Bensheim Geargiveer 7 Oktober 2008 op Wayback Machine Goethe-Gymnasium Geargiveer 13 Augustus 2006 op Wayback Machine Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
228187 | Baldwin Sipho "Ben" Ngubane (22 Oktober 1941 – 12 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en besigheidsadministrateur. Hy het vele topposte beklee in die post-apartheid regering van die land, o.a. Premier van KwaZulu-Natal van 1 Maart 1997 tot Januarie 1999 en minister van kuns en kultuur van 1994 tot 31 Augustus 1996 en weer van Februarie 1999 tot April 2004. Hy het in 1971 sy MB ChB behaal aan die Mediese Skool van die Universiteit van Natal, in Durban. "SA History Online". Besoek op 30 Januarie 2013. "GCIS Profile Information". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2016-03-05. Besoek op 30 Januarie 2013. "O'Malley archives". Besoek op 30 Januarie 2013. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.