id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
120770
Pierce Brosnan (1953-) is ’n Ierse akteur, bekend vir sy rol as James Bond in flieks soos Golden Eye (1995) en Die Another Day (2002). Pierce Brendan Brosnan is op 16 Mei 1953 in Drogheda, Ierland gebore, maar word in Navan groot. Sy pa was die meubelmaker, Thomas Brosnan, en sy ma May Smith. Ná sy ouers se egskeiding word Brosnan deur sy grootouers en ander familielede opgevoed. In 1964 verhuis hy na Londen. Hy verlaat skool op 16 en begin in 1973 teaterwetenskappe studeer. Ná sy toneelwerk word Brosnan bekend vir sy rol in NBC se TV-speurreeks, Remington Steele (1982–87). Daarna verskyn hy in rolprente soos die Koue Oorlog-spioenfilm The Fourth Protocol (1987) en die komedie Mev. Doubtfire (1993). In 1994 word hy die vyfde akteur om die rol van James Bond te speel. Tussen 1995 en 2002 het hy die hoofrol in vier van Eon-produksies se Bond-prente vertolk. Sy stem en voorkoms is ook in die videospel, James Bond 007: Everything or Nothing (2004) gebruik.
47419
Nicholas William Peter (Nick) Clegg (gebore op 7 Januarie 1967 in Chalfont St Giles, Buckinghamshire) is 'n Britse politikus. Hy was tussen 2007 en 2015 die politieke leier van die Liberaal-Demokrate en is sedert 2005 lid van die Britse Laerhuis. Vanaf 11 Mei 2010 tot 8 Mei 2015 was hy vise-Eerste Minister in 'n koalisie van die Konserwatiewe Party met die Liberaal-Demokrate. Sy moeder kom uit Nederland, sy vader is van Ruslandduitse en Britse afkoms. Hy is tweetalig - Engels en Nederlands - opgevoed. Hy praat ook vlot Spaans, Duits en Frans. "General Election 2010: Nick Clegg's balancing act as hung parliament looms". The Daily Telegraph (in Engels). Londen. 10 April 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nick Clegg. (en) Amptelike webwerf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
220700
Keyshia Cole (gebore 15 Oktober 1981) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Coach Carter (2005), Step Up (2006), Mission: Impossible III (2006), en The Other Woman (2014). 2005: Coach Carter 2006: Step Up 2006: Mission: Impossible III 2014: The Other Woman Untitled Jamie Foxx Documentary 2006: Keyshia Cole: The Way It Is 2007: Snoop Dogg's Father Hood 2010: VEVO's ASK:REPLY 2015: Keyshia Cole: All In 2005: Notarized: Year End Video Countdown 2008: The 10th Annual 'A Home for the Holidays' with Faith Hill 2006: Sean Paul Feat. Keyshia Cole: Give It Up to Me 2008: Ne-Yo Feat. Jamie Foxx, Fabolous: She Got Her Own Keyshia Cole in die Internet-rolprentdatabasis Keyshia Cole op Twitter Keyshia Cole op Instagram
2750
Die jaar 970 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 70ste jaar van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 'n Groot vulkaanuitbarsting vind plaas by Masju, Japan. 'n Verwoestende, dekadelange hongersnood begin in Frankryk. Bysantynse keiser, Johannes I Tzimiskes slaag daarin om die Bisantynse Ryk teen 'n barbaarse inval te verdedig. Die konstruksie van die moskee by Al-Azhar-universiteit in Kaïro, die wêreld se oudste universiteit, word voltooi. Pous Sergius IV, die 142ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1012). Leif Erikson, Noorse ontdekkingsreisiger. († omstreeks 1020). Al-Sharif al-Radi, Moslemse akademikus en skrywer Ferdinand II van Kastilië
66769
Die Boskatjiepiering (Gardenia thunbergia) is 'n klein boompie wat natuurlik voorkom in immergroen woude in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die blomme is wit, swaar gegeur en is tot 70 mm in deursnee. Die boom staan ook bekend as die Witkatjiepiering. Die boom se vrugte bly maande lank aan die boom, is gryserig en taamlik glad met verhewe witterige spikels. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8 Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
30206
JTD (uniJet Turbo Diesel) is die Fiat-motorgroep se term vir hulle gemenedrukbuisbrandstofinspuitingstelsel turbodieselenjinreeks. Die MultiJet naam word in die tweede geslag gemenedrukbuiseenhede gebruik. Die meeste motors in die Fiat, Alfa Romeo en Lancia reekse het JTD-enjins. Die eienaarskap van sommige van Fiat se JTD-ontwerpe word met General Motors gedeel as deel van 'n skikking na die mislukte samesmelting van die twee voertuigkonglomerate. Die ontwerp kan gevind word in 1.3, 1.6, 1.9, 2.0, 2.2, 2.3, 2.4, 2.8 en 3.0 liter verplasingsenjins. Die algemeenste toepassing in Suid-Afrika is in die 1.9 liter weergawe wat in sekere Alfa Romeo 147 en 159 modelle gevind word asook in die Fiat Bravo 1.9 JTD.
275256
Herbert Feuerstein (15 Junie 1937 - 6 Oktober 2020) was 'n Duitse akteur en skrywer van Oostenrykse herkoms. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Manitou's Shoe (2001) en Complete Idiot (2007), en in die televisiereekse Schmidteinander (1990) en Die ProSieben Märchenstunde (2006). 2001: Manitou's Shoe 2001: Ausziehn! 2003: Globi and the Stolen Shadows 2007: Complete Idiot 2010: Der Taktstock 1969: Das literarische Colloquium 1989: Pssst... 1990: Schmidteinander 1995: Dalli Dalli 1998: Varell & Decker 1999: Feuersteins Reisen 2000: Rudis Suchmaschine 2000: Was bin ich? 2001: Chili TV 2003: Die Schöneberger Show 2003: Müller - Live 2006: Die ProSieben Märchenstunde 2006: Lafer! Lichter! Lecker! 2006: Das NRW Duell 2007: Pssst... 2007: Deutschland ist schön 2012: Die Wiwaldi Show 1971: Berliner Werkstatt: Das stille Schilf - Das Schlechteste von Wolfgang Bauer 1995: Entführung aus der Lindenstraße 1997: Feuersteins Nacht 2002: Santa Claudia 2005: Typisch deutsch? 2007: Herr Feuerstein wird 70, und Herr Schmidt bejubelt ihn 2008: Frau Holle 2013: 60 Minuten Freiheit 1999: Fake - Die Fälschung Herbert Feuerstein in die Internet-rolprentdatabasis
1870
21 Januarie is die 21ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 344 dae in die res van die jaar (345 in skrikkeljare). 304 – Dertienjarige Sint Agnes, die beskermheilige van jong meisies, word tereggestel vir die weiering van ’n huweliksaanbod. 1224 – Pous Honorius III verklaar William, ab van Roschild in Denemarke heilig. 1276 – Pous Innocentius V volg Pous Gregorius X op. 1506 – Pous Julius II stig die Switserse Wag. 1793 – Franse Rewolusie: Nadat hy deur die nasionale Konvensie aan verraad skuldig bevind is word Koning Lodewyk XVI per guillotine voor ’n toejuigende skare tereggestel. 1954 – Die eerste kernkrag aangedrewe duikboot, die USS Nautilus, word te water gelaat in Amerika. 1960 – Die Coalbrook-ramp: 435 mense sterf in die steenkoolmyn by Sasolburg. 1969 – Suid-Afrika teken ’n verdrag met Portugal, wat namens Angola optree, oor die eerste fase ontwikkeling van die waterhulpbronne van Kuneneriviervallei. 1976 – Die Concorde begin kommersiële vlugte na Londen, Parys, Bahrein, en Rio de Janeiro.
85977
Spinosaurus ("ruggraat-akkedis") was ’n genus teropode-dinosourusse wat 112 to 97 miljoen jaar gelede, van die Albium- tot die Senomanium-tydsnede van die Kryt-periode, in Noord-Afrika voorgekom het. Die genus is eerste in 1912 in Egipte ontdek. Die aanvanklike oorblyfsels is in die Tweede Wêreldoorlog vernietig, maar nog materiaal is in onlangse jare ontdek. Dit is onduidelik of albei spesies, of net een, in wetenskaplike geskrifte beskryf word. Die bekendste spesies is S. aegyptiacus van Egipte; die ander moontlike spesie is S. maroccanus van Marokko. Die spinosourus is dalk die heel grootste van alle vleisvretende dinosourusse, selfs groter as Tyrannosaurus en Giganotosaurus. Volgens ramings wat in 2005 en 2007 gepubliseer is, kon hulle 12,6 tot 18 m lank gewees het en 7 tot 20,9 ton geweeg het. Die skedel was lank en smal soos dié van ’n moderne krokodil. Hulle het onder meer vis geëet; daar is bewyse dat hulle dalk op land en in die see gebly het, nes moderne krokodille.
85753
Theta (hoofletter Θ, kleinletter θ) is die agtste letter van die Griekse alfabet. In die Griekse numeriese stelsel het dit 'n waarde van 9. Die Cyrilliese Ө is van die Griekse theta afkomstig. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
3068
Die jaar 619 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 19de jaar van die 7de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 23 Desember – Pous Bonifatius V volg Pous Deusdedit op.
214109
Dallas Roberts (gebore 10 Mei 1970) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Walk the Line (2005), 3:10 to Yuma (2007), The Grey (2011), en Dallas Buyers Club (2013). 2003: The Lucky Ones 2004: A Home at the End of the World 2005: Walk the Line 2006: Sisters 2007: 3:10 to Yuma 2007: Lovely by Surprise 2009: Ingenious 2010: The River Why 2011: The Grey 2012: The Factory 2013: Dallas Buyers Club 2013: Shadow People 2016: All the Birds Have Flown South 2019: Motherless Brooklyn 2010: Rubicon 2011: Unforgettable 2018: Insatiable 2015: Evil Men Dallas Roberts in die Internet-rolprentdatabasis
13481
Die kolgans (Alopochen aegyptiacus) is 'n gans wat aan die familie van eendvoëls (Anatidae) behoort. Hierdie gans is die enigste oorlewende spesie van die genus Alopochen. Hierdie gans, wat in sommige streke ook bekend staan as die berggans, is kleiner as die wildemakou (Plectropterus gambensis). Die kolgans kan maklik verwar word met die bergeend of kopereend, wat dieselfde kleur en grootte as die kolgans het, behalwe dat die kop van die kopereend wit of vaal is, terwyl die kolgans 'n bruin kop het. Soos die naam aandui, het die kolgans 'n donker kol op sy bors wat 'n mens veral goed kan waarneem as die voël vlieg. Hoewel hulle gewoonlik in pare voorkom, vorm kolganse soms groot swerms wat aansienlike skade op die boer se landerye kan aanrig. Die nes is oop, en dit is met 'n bietjie dons uitgevoer, maar groot verskille is moontlik. Soms lê die nes tussen plante op die grond, maar dit kan ook in 'n kransspleet, hoog in 'n boom of in 'n ou hamerkopnes wees.
14548
Koringland met Kraaie is in Julie 1890 geskilder - Van Gogh het geskryf hy het drie skilderye van groot koringlande onder 'n onrustige hemel gemaak. Daar word algemeen en verkeerdelik geglo dat dit Van Gogh se laaste skildery was, of selfs dat hy homself geskiet het terwyl hy dit geskilder het. Daar is egter geen bewyse daarvoor nie. Volgens dr. Jan Hulsker se chronologie het hy nog sewe werke na hierdie een geskilder. Daar word algemeen saamgestem dat Van Gogh op die aand van 27 Julie 1890 vir 'n wandeling in die koringlande gegaan het waartydens hy homself met 'n rewolwer geskiet en toe huis toe gegaan het. Hy was daarna twee dae lank bedlêend voordat hy met sy broer Theo aan sy sy gesterf het. 'n Algemene vertolking van die skildery is dat dit Van Gogh se ongeruste gemoedstoestand weerspieël met 'n donker, onheilspellende hemel, die besluiteloosheid van drie paaie wat in verskillende rigtings loop en die swart kraaie bo die toneel as voorbodes of selfs tekens van die dood. Die skildery hang tans in die Van Gogh-museum in Amsterdam.
311276
Die term Kaukasiese tale verwys na tale wat in die Kaukasusgebied gepraat word. Die Kaukasus staan ook bekend as die "berg van tale". In die Kaukasus word sowat 40 tale deur altesaam nege miljoen mense gebesig. Die term "Kaukasiese tale" word veral in 'n geografiese samehang gebruik en is nie 'n taalkundige term nie. Die Georgiese taalkundige Arnold Chikobawa het wel 'n Ibero-Kaukasiese taalfamilie voorgestel, alhoewel dit algemeen verwerp is. Die inheemse Kaukasiese tale behoort aan drie aparte taalfamilies wat geen onderlinge genetiese verwantskap toon nie: Kartweliese of Suid-Kaukasiese tale (waaronder Georgies), Noordwes-Kaukasiese of Abchaz-Adigiese tale (waaronder Awaars, Ingoesjeties en Tsjetsjnies), Noordoos-Kaukasiese of Nacho-Dagestanse tale (waaronder Abazyns, Abchasies, Adigies en Kabardies). Die laasgenoemde twee taalfamilies behoort dalk aan 'n gemeensame taalfamilie, die Noord-Kaukasiese tale. Die Kaukasiese tale behels dalk ook drie uitgestorwe tale: Hatties, Hurrities en Urarteïes. In die Kaukasus word ook ander tale gebesig wat aan ander taalfamilies behoort soos die Indo-Europese Osseties en die Turkse Karatsjai-Balkaries. Na hierdie tale word oor die algemeen nie as "Kaukasies" verwys nie.
232325
Annie Wersching (gebore 28 Maart 1977) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse 24 (2001), The Vampire Diaries (2009), Castle (2009), en Bosch (2014). 2001: 24 2009: The Vampire Diaries 2009: Castle 2014: Bosch 2017: Runaways 2007: Company Man 2009: 24 in 24 2011: Partners 2013: The Surrogate 2017: The Other Mother Annie Wersching in die Internet-rolprentdatabasis Annie Wersching op Instagram
58396
Jogurt is 'n suiwelproduk wat van vars melk berei word. Melksuurbakterieë (sogenaamde jogurtkulture) word vir die fermentasieproses gebruik wat die melk verdik en suur laat word. Dit is die fermentasie van laktose na melksuur en die gepaardgaande vorming van sekere geurstowwe wat aan jogurt sy spesifieke geur, smaak en tekstuur gee. Jogurt word sowel in sy natuurlike ongegeurde toestand asook as versoete jogurt in verskillende geure, veral vrugtejogurt, bemark en is lankal 'n gewilde versnapering vir ontbyt. Die woord jogurt is uit Turks ontleen waar yoğurt "gefermenteerde melk" beteken en sodoende ook na die metode verwys waarvolgens die suiwelproduk berei word.
96739
Die Ford Galaxy is 'n groot veeldoelvoertuig (MPV) wat sedert Junie 1995 deur Ford Europa vervaardig word. Die eerste MPV wat deur Ford buite Noord-Amerika bemark word, is reeds in sy derde generasie. Sedert 2006 is die Galaxy sy-aan-sy met die Ford S-MAX ontwikkel, wat sy platformargitektuur met die Ford Mondeo deel. In teenstelling met die Ford Aerostar en Chrysler Voyager (albei na Europa uitgevoer), is die Galaxy toegerus met geskarnierde agterdeure in die plek van skuifdeure. Die eerste Galaxy is ontwerp as 'n gesamentlike onderneming tussen Ford en die Volkswagen-groep. Die voertuig is vervaardig by die gesamentlike onderneming AutoEuropa in Palmela, Portugal, en is ontwerp om drie voertuie te skep: die Ford Galaxy; deur Volkswagen as die Volkswagen Sharan; en deur SEAT as die Alhambra. Produksie is in Mei 1995 begin. Die Galaxy het oorwegend meganismes van die Volkswagen-groep gebruik, veral die 2,8 liter VR6-enjin van die topweergawes van die Volkswagen Golf, asook die Volkswagen-groep se turbodiesel-eenheid van 1,9 liter Turbocharged Direct Injection (TDI).
23351
'n Hoender (Gallus gallus domesticus) is 'n makgemaakte voël, meer spesifiek pluimvee. Hulle word gewoonlik deur boere as lewende hawe aangehou, wat beteken dat hulle geteel word sodat hul vleis of eiers geëet kan word. 'n Manlike hoender word 'n haan genoem, en 'n vroulike hoender staan as 'n hen bekend. Slegs hennetjies kan broei en eiers lê. Pasgebore en jong hoendertjies word kuikens genoem, maar 'n jong hoender wat op 12 tot 14 weke geslag word, word 'n braaikuiken genoem. Hoenders is oor duisende jare van die rooiboshoender (Gallus gallus) geteel. Anders as meeste makgemaakte spesies het die rooiboshoender nie uitgesterf nie, maar kom steeds in die natuur voor. Vandag is daar 'n enorme variasie van hoenderrasse; van veerpoot-kapokkies tot statige rooi, swart, wit of gespikkelde pluimvee. Hoenderrasse Hoendervleis Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hoender. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir hoender.
106940
Die Neurenberg-verhore (Duits: Nürnberger Prozesse) was 'n reeks militêre tribunale wat deur die Geallieerde Magte van die Tweede Wêreldoorlog ingestel is. Die verhore het veral internasionale aandag getrek weens die vervolging van die leidende figure in die politieke, militêre, en ekonomiese leierskap van Nazi-Duitsland. Hulle was almal op een of ander manier betrokke by die beplanning en die uitvoering van die Sjoa (Holocaust) en ander oorlogsmisdade. Die verhore is in die Duitse stad, Neurenberg gehou. Die eerste, en die bekendste van al hierdie verhore was deur Norman Birkett  beskryf as "die grootste verhoor in die geskiedenis". Hy was een van die Britse regters wat in die verhore gedien het, waartydens die vernaamste oorlogsmisdadigers vanaf 20 November 1945 tot 1 Oktober 1946 deur die Internasionale Militêre Tribunaal (IMT) verhoor is  Die Tribunaal se opdrag was om 23 van die belangrikste politieke en militêre leiers van die Derde Ryk vir oorlogsmisdade aan te kla. Een van die beskuldigdes, Martin Bormann, is egter in absentia verhoor, terwyl nog een, Robert Ley, 'n week nadat die verhore begin het, selfmoord gepleeg het.
214839
John Turturro (gebore 28 Februarie 1957) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Barton Fink (1991), O Brother, Where Art Thou? (2000), The Good Shepherd (2006), en Fading Gigolo (2013). 1987: Five Corners 1987: The Sicilian 1990: Miller's Crossing 1990: Men of Respect 1991: Barton Fink 1992: Brain Donors 1992: Mac 1994: Being Human 1994: Quiz Show 1995: Clockers 1995: Unstrung Heroes 1996: Box of Moon Light 1996: Grace of My Heart 1997: The Truce 1998: Illuminata 1999: The Source: The Story of the Beats and the Beat Generation 2000: O Brother, Where Art Thou? 2000: The Luzhin Defence 2000: Two Thousand and None 2001: Monkeybone 2001: Thirteen Conversations About One Thing 2001: Heaven Touches Brooklyn in July 2002: Mr. Deeds 2003: Fear X 2004: Secret Passage 2004: Secret Window 2004: 2BPerfectlyHonest 2005: Romance & Cigarettes 2006: The Good Shepherd 2006: A Few Days in September 2006: Diario di viaggio con fantasmi 2007: Slipstream 2008: What Just Happened 2008: You Donot Mess with the Zohan 2009: Prove per una tragedia siciliana 2010: Passione 2011: Somewhere Tonight 2011: In the Shadow of No Towers 2013: Fading Gigolo 2014: God's Pocket 2015: Mia Madre 2015: Partly Cloudy with Sunny Spells 2017: Landline 2018: Going Places Bless Me Father 1995: Sugartime 1999: Mother-Tongue: Italian American Sons & Mothers 2002: Monday Night Mayhem 2003: Tusind former for frygt 2012: Nick the Doorman 2004: Secret Window: A Look Through It 2004: Secret Window: From Book to Film 2008: The Godfather vs.
25746
'n Muis is 'n toestel wat gebruik word om met 'n rekenaar te werk. As die muis op 'n ondersteunende oppervlak beweeg word, word die twee-dimensionele beweging op die skerm weerspieël. Fisies bestaan 'n muis uit 'n huisie wat in die gebruiker se hand gehou word, met een of meer knoppies en 'n opsionele rolwiel. Die term “muis” het ontstaan by die Stanford Universiteit omdat vroeëre modelle soos die knaagdier gelyk het. Die eerste geïntegreerde muis op die mark was deel was van 'n persoonlike rekenaar, die Xerox 8010 Star Information System wat in 1981 vrygestel was. Wys en klik
59815
Die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel (Grieks: Οἰκουμενικὸν Πατριαρχεῖον Κωνσταντινουπόλεως, ikumenikˈon patriarˈxion konstantinuˈpoleos; Turks: Rum Ortodoks Patrikhanesi, İstanbul Ekümenik Patrikhanesi) is een van vyftien outokefale Oosters-Ortodokse Kerke. Die primaat aan die hoof van die kerk se titel is Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel. Die huidige patriarg is Bartolomeus I. Vanweë sy ligging in die hoofstad van die destydse Bisantynse Ryk en sy rol as moederkerk van die meeste Ortodokse kerke, het die Ekumeniese Patriarg die status van "eerste onder gelykes" onder die Ortodokse Kerk se primate. Anders as die pous van die Rooms-Katolieke Kerk staan hy nie aan die hoof van die verskillende outokefale, administratief selfregerende Ortodokse kerke nie. Hy word egter in ’n breë sin beskou as die geestelike leier van die wêreld se 300 miljoen Ortodokse Christene. Sy posisie word egter betwis deur die Russies-Ortodokse Kerk, wat ’n groter gemeenskap as enige ander Ortodokse kerk bedien. Ortaylı, İlber (2003). "Osmanlı Barışı", p. 14. ISBN 975-6571-50-0. In Turkye word soms ook informeel daarna verwys as Fener Rum Patrikhanesi, "Roomse Patriargaat van die Fener" "In Moscow, Orthodox Christian churches draw closer" (in Engels).
298068
Engelbert Humperdinck (gebore Arnold George Dorsey, 2 Mei 1936 -) is 'n Amerikaanse popsanger. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Engelbert Humperdinck (sanger). Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
125904
In-N-Out Burgers is 'n Amerikaanse ketting van kitskosrestaurante met takke meestal in die suidwestelike dele van Amerika. Dit is in 1948 in Baldwin Kalifornië gestig deur Harry Snyder en Esther Snyder. Die ketting hoofkwartier is tans in Irvine, Kalifornië en het uitgebrei buite Suid-Kalifornië na die res van Kalifornië, sowel as in Arizona, Nevada, Utah, Texas en Oregon. Die eienaar is tans Lynsi Snyder, die enigste kleinkind van Snyders. In-N-Out se eerste afdeling is in 1948 deur die Snyders in die Los Angeles-voorstad van Baldwin Park geopen. Die restaurant was die eerste "drive-thru" restaurant in Kalifornië, waardeur bestuurders via 'n tweerigting-luidsprekers bestellings kan plaas. Dit was 'n nuwe en unieke idee. In Januarie 2015 het In-N-Out sy 300ste restaurant, in Anaheim, Kalifornië, geopen. Teen die tyd van die opening het die maatskappy US$558 miljoen gegenereer in jaarlikse verkope en byna 18 000 mense werk verskaf in Kalifornië, Nevada, Utah, Texas en Arizona. In-N-Out Burger het gekies om 'n private maatskappy te bly en nie openbaar te wees nie; een rede is die vooruitsig dat gehalte konsekwentheid in gevaar gestel word deur oormatige vinnige besigheidsgroei.
220660
Erika Christensen (gebore 19 Augustus 1982) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Traffic (2000), Swimfan (2002), en Flightplan (2005), en in die televisiereeks Parenthood (2010). 2000: Traffic 2002: Swimfan 2002: Home Room 2002: The Banger Sisters 2004: The Perfect Score 2005: Flightplan 2005: The Upside of Anger 2005: The Sisters 2007: Gardener of Eden 2007: How to Rob a Bank (and 10 Tips to Actually Get Away with It) 2009: Veronika Decides to Die 2009: Mercy 2010: The Tortured 2013: How Sweet It Is 2017: The Case for Christ 2019: Clover 1999: Thanks 2006: Six Degrees 2010: Parenthood 2012: Across the Board with Joy Bryant 2015: Wicked City 2017: Ten Days in the Valley 1999: Can of Worms 2003: Wuthering Heights 2004: MTV New Year's Eve Live 2004 2005: Starz Special: On the Set of 'Flightplan' 2007: I'm in Hell 2014: My Boyfriends' Dogs 2015: 4th Annual Saving Innocence Gala: Live from the SLS Hotel 2016: Anything for Love 2016: The Follower 1995: Michael Jackson: Childhood 2002: Swimfan: The Girlfriend from Hell 2005: Creating 'The Upside of Anger' 2010: Melon Erika Christensen in die Internet-rolprentdatabasis
136112
Ronald Lee Ermey (24 Maart 1944 - 15 April 2018) was 'n Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur en komediant. Ermey is Ronald Lee Ermey op 24 Maart 1944 in Emporia, Kansas in die Verenigde State van Amerika gebore. Van sy noemenswaardige rolprente: Full Metal Jacket (1987) Toy Story (1995) Toy Story 2 (1999) Father of the Pride (2004) Toy Story 3 (2010) Amptelike webtuiste Wikimedia Commons het meer media in die kategorie R. Lee Ermey. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
121728
Invaginasie is die invouing van een deel in ’n ander deel of struktuur, waardeur ’n holte geskep word. In biologie verwys dit veral na die morfogenetiese prosesse waardeur 'm embrio vorm aanneem, en is dit die eerste stap van gastrulasie, die massiewe herrangskikking van die embrio van ’n eenvoudige, sferiese bol selle (blastula) in ’n organisme met vele lae en gedifferensieerde kiemlae: die endoderm, mesoderm en ektoderm. Invaginasie kom ook in ander stadiums van embrio-ontwikkeling voor. Die term, wat aanvanklik net in embriologie gebruik is, is in ander dissiplines ook opgeneem. Dit beteken op elke terrein iets anders. "Medical Dictionary". Wortham, Simon Morgan (2010). The Derrida Dictionary. Continuum International. p. 76. ISBN 9781847065261. Besoek op 12 Januarie 2013. Alberts (2002). Molecular Biology of the Cell. New York: Garland Science.
10340
In fisika is die neutron 'n subatomiese deeltjie met geen netto elektriese lading nie en 'n massa van 939,573 eV/c2, wat dit effens swaarder as 'n proton maak. Sy spin is ½. Sy antideeltjie word die antineutron genoem. Die neutron en proton is albei voorbeelde van 'n nukleon. Die kern van alle atome op een na bestaan uit een of meer protone en een of meer neutrone. Die enigste uitsondering is die mees voorkomende isotoop van waterstof, waarvan die kern slegs uit een enkele proton bestaan.. Buite die kern is neutrone onstabiel en het dit 'n gemiddelde leeftyd van 886 sekondes (ongeveer 15 minute), waarna dit ontbind deur 'n elektron en 'n antineutrino af te gee om 'n proton te vorm. Neutrone in hierdie onstabiele toestand staan bekend as vrye neutrone. Dieselfde vervalmetode (beta-verval) vind in sommige kerne plaas. Deeltjies binne die kern is tipies resonante tussen neutrone en protone, wat in mekaar verander deur hetsy die emissie of absorpsie van pione. Die neutron se antimaterie-eweknie is die antineutron.
232524
Kareem Abdul-Jabbar (gebore 16 April 1947) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer.
59863
Vir die Ortodokse Kerk van Griekeland, sien Kerk van Griekeland. Die Grieks-Ortodokse Kerk (Grieks: Ελληνορθόδοξη Εκκλησία) is ’n liggaam van verskeie kerke binne die groter Oosters-Ortodokse Kerk. Hulle deel ’n kulturele tradisie en dienste word tradisioneel in die Oud-Griekse vorm Koine gehou wat die taal van die Nuwe Testament was. Die huidige gebied van die Kerk sluit in Griekeland, Libanon, Siprus, Turkye, Jordanië, Israel, Egipte, Sirië, Albanië, Ethiopië en Italië. Die kerke waarvoor die term "Grieks-Ortodoks" gebruik word, is: Die vier antieke patriargate: Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel Vier konstituerende kerke van die patriargaat van Konstantinopel: Aartsbisdom van Thyateira en Groot-Brittanje Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Italië Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Amerika Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Australië Grieks-Ortodokse Kerk van Alexandrië Grieks-Ortodokse Kerk van Antiogië Grieks-Ortodokse Patriargaat van Jerusalem Ortodokse Kerk van die Berg Sinai Twee Griekse nasionale kerke: Kerk van Griekeland Kerk van Siprus Die naam Grieks-Ortodoks is histories ook gebruik vir al die Oosters-Ortodokse Kerke, aangesien die "Grieks" in "Grieks-Ortodoks" kan verwys na die Griekse erfenis in die Bisantynse Ryk.
386702
Monsters, Inc. is 'n rekenaargeanimeerde familie/buddy-rolprent van 2001 wat deur Pete Docter geregisseer is. Die stemme van John Goodman, Billy Crystal, Steve Buscemi kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Darla K. Anderson vervaardig en versprei deur Walt Disney Studios Motion Pictures. Die draaiboek is deur Andrew Stanton en Daniel Gerson geskryf en die musiek is gekomponeer deur Randy Newman. John Goodman as James P. "Sulley" Sullivan Billy Crystal as Michael "Mike" Wazowski Mary Gibbs as Boo Steve Buscemi as Randall Boggs James Coburn as Henry J. Waternoose III Jennifer Tilly as Celia Mae Bob Peterson as Roz John Ratzenberger as Yeti Frank Oz as Jeff Fungus Daniel Gerson as Needleman and Smitty Steve Susskind as Jerry Slugworth Bonnie Hunt as Ms. Flint Jeff Pidgeon as Thaddeus "Phlegm" Bile Sam Black as George Sanderson "Monsters, Inc. (2001) – Box Office Mojo". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2012. Besoek op April 16, 2020. Corliss, Richard (Junie 13, 2013). "Pixar's Monsters University: When Hairy Met Scary". Time.
50801
Gedurende die negentiende eeu het verskeie bewegings die politieke samestelling van Brittanje en die state van Wes-Europa heeltemal verander. As gevolg van die ontwikkeling van selfbestuur het die gewone volk 'n rol in die regering van hul land begin speel. Magtige nasionale state is gevorm, namate mense wat deur dieselfde kulturele en politieke bande verbonde was, staatkundige eenheid verwerf het. Gedurende dieselfde tydperk was daar soortgelyke bewegings binne die Britse Ryk, veral in daardie dele waar talryke blanke gemeenskappe hulle gevestig het. Een van dié bewegings het op die ontwikkeling van volledige selfregering in die groter kolonies uitgeloop, waardeur hulle bevry is van inmenging in hul huishoudelike sake deur die Kroon. 'n Ander beweging het die federasie van uitgestrekte gebiede in enkele staatkundige eenhede wat as Vrygeweste erken is, tot gevolg gehad. Hierdie Vrygeweste het uiteindelik konstitusionele gelykheid met Brittanje verlang, en ontwikkel tot die status van soewereine volke wat tesame die Britse Gemenebes van Nasies vorm. Gedurende die agttiende eeu het Brittanje se oorsese besittings en handel uitgebrei. Tydens die handelsoorloë wat hy teen Frankryk, Nederland en Spanje gevoer het, het hy die oppermag op see verwerf en sy mededingers verslaan en sodoende die politieke beheer in Indië, Noord-Amerika en die Wes-Indiese Eilande in die hande gekry.
87814
Genderdisforie, voorheen genoem genderidentiteitsteuring, is die amptelike diagnose vir mense wat aansienlike disforie (’n diepe ontevredenheid) ervaar met hul geslag by geboorte en/of die rolle wat met dié geslag verbind word. Daar is getuienis dat sulke mense nie net so voel om psigologiese en gedragsredes nie, maar ook biologiese redes wat verband hou met hul genetika, die samestelling van hul brein of ’n voorgeboortelike blootstelling aan hormone. Na raming kom genderdisforie voor onder van 0,05% van mense in Nederland en België tot 0,5% in Massachusetts en 1,2% in Nieu-Seeland. Onder mense wat as volwassenes so begin voel, is die kans om manlik by geboorte te wees sowat drie keer groter as om vroulik te wees, maar onder mense wat in hul kindertyd so begin voel, is die verhouding omtrent 1:1. Genderdisforie word as ’n mediese toestand geklassifiseer in die ICD-10 en DSM-5. Dit is ook bekend as gender-niekonformiteit. Baie transgender mense en navorsers is teen die klassifikasie omdat dit ’n siekte maak van genderverskille en die idee van net twee geslagte afdwing, en dit kan daartoe lei dat ’n stigma kleef aan transgender individue.
77864
Columba is 'n genus in die familie van duiwe (Columbidae). Die genus omvat middelgroot tot groot, stewig geboude duiwe. Na aanleiding van 'n genetiese analise deur Kevin P. Johnson et al. het die Amerikaanse Ornitologiese Unie die Amerikaanse duiwe onder die genus Patagioenas geklassifiseer. Die genus bestaan uit die volgende spesies: Columba albinucha Columba albitorques Columba argentina Columba arquatrix - Geelbekbosduif Columba bollii Columba delegorguei - Withalsbosduif Columba elphinstonii Columba eversmanni Columba guinea - Kransduif Columba hodgsonii Columba iriditorques Columba janthina Columba junoniae Columba larvata – Kaneelduif Columba leucomela Columba leuconota Columba livia - Wildeposduif Columba malherbii Columba oenas Columba oliviae Columba pallidiceps Columba palumboides Columba palumbus Columba pollenii Columba pulchricollis Columba punicea Columba rupestris Columba sjostedti Columba thomensis Columba torringtoniae Columba trocaz Columba unicincta Columba vitiensis Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en)
111394
'n Sigmoïde-funksie is 'n wiskundige funksie met 'n "S"-vormige kromme (sigmoïde-kromme). Sigmoïde-funksie verwys dikwels na die spesiale geval van die logistieke funksie, soos in die eerste figuur aangetoon en deur die volgende formule gedefinieer: S ( t ) = 1 1 + e − t . {\displaystyle S(t)={\frac {1}{1+e^{-t}}}.} Ander voorbeelde van soortgelyke vorme sluit in die Gompertz-kromme (wat gebruik word in die modellering van stelsels wat versadig is by groot waardes van t) en die ogief-kromme (wat gebruik word in die oorloop van sommige damme). 'n Wye verskeidenheid sigmoïde-funksies word gebruik as aktiveringsfunksie vir kunsmatige neurone, insluitend die logistieke funksie en die hiperboliese raaklynfunksie. Sigmoïde-krommes word ook algemeen in statistiek gebruik as kumulatiewe verspreidingsfunksies, soos die integrale van die logistieke verspreiding, die normaalverspreiding, en die Student se t waarskynlikheidsdigtheidsfunksies. 'n Sigmoïde-funksie is 'n begrensde differensieerbare reële funksie wat gedefinieer is vir alle reële toevoerwaardes en het 'n positiewe afgeleide by elke punt.
51242
Coevorden, Nedersaksies: Koevern, is 'n munisipaliteit en stad in die Nederlandse provinsie Drenthe. Die munisipale gebied het sowat 36 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 300 km². Die stad Coevorden het sowat 15 000 inwoners (2009). Plekke in die munisipale gebied van Coevorden: Aalden, Achterste Erm, Ballast, Benneveld, Bovensteenwijksmoer, Coevorden (stad), Dalen, Dalerpeel, Dalerveen, De Bente, De Haar, De Kiel, De Mars, Den Hool, Diphoorn, Eldijk, Erm, Gees, Geesbrug, Grevenberg, 't Haantje, Hoogehaar, Holsloot, Kibbelveen, Klooster, Langerak, Meppen, Nieuwe Krim, Nieuwlande (gedeeltelik), Noord-Sleen, Oosterhesselen, Padhuis, Pikveld, Schimmelarij, Schoonoord, Sleen, Steenwijksmoer, Stieltjeskanaal, Valsteeg, Veenhuizen, Vlieghuis, Vossebelt, Wachtum, Weijerswold, Wezup, Wezuperbrug, Zweeloo en Zwinderen.
242600
Joan Freeman (gebore 8 Januarie 1942) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Come September (1961), Roustabout (1964), The Reluctant Astronaut (1967), en Friday the 13th: The Final Chapter (1984). 1961: Come September 1962: Tower of London 1964: Roustabout 1967: The Reluctant Astronaut 1967: The Fastest Guitar Alive 1984: Friday the 13th: The Final Chapter 1949: Sandy Dreams 1961: Bus Stop 1977: Code R 1963: Munroe Joan Freeman in die Internet-rolprentdatabasis
56099
Die Universiteit van Oos-Anglië (Engels: University of East Anglia; ook bekend as die UEA) is 'n universiteit in Norwich, in oostelike Engeland. Die UEA is in 1963 gestig en het sy 50ste verjaarsdag in 2013 gevier. In 2012, volgens Times Higher Education, was die universiteit die 10de beste universiteit ter wêreld wat jonger as 50 jaar is. Die UEA is ook bekend vir sy hoë mate van studentetevredenheid, en in 2013 het dit die hoogste mate van studentetevredenheid in die land gehad. http://www.uea.ac.uk/ - Die universiteit se webwerf. (en) "HESA - Studentegetalle 2010/11 (en) ". Higher Education Statistics Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2012. Besoek op 28 Augustus 2012. Times Higher Education (Mai 2012) (en) Times Higher Education (April 2013) (en) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
34624
Depressie kan verwys na: 'n Algemene depressiewe toestand. Kliniese depressie, 'n geestesteuring. "Maniese depressie", nou bekend as bipolêre gemoedsteuring. Ekonomiese depressie: 'n Langdurige afswaai in die ekonomie van 'n land. Geografiese verskynsel: versonke grond.
270392
Die Ewe (Ewe: Eʋeawó, letterlik: "Ewe-volk"; of Mono Kple Volta Tɔ́sisiwo Dome, letterlik: "Ewe-nasie", Eʋenyigba, "Ewe-land") is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Ewe as moedertaal praat. Hulle bly veral in die suide van die drie lande Ghana, Togo en Benin. In Ghana is hulle met sowat 13,9% die derde grootste etniese groep ná Akan (47,5%) en Mole-Dagbani (16,6%). In Togo is hulle met sowat 32% van die bevolking die grootste etniese groep. In Benin bevolk hulle veral die suidwestelike gebiede langs die Atlantiese Oseaan se kus. Hul gelyknamige taal behoort tot die Niger-Kongo-tale se Gbe-taalfamilie. Hulle is verwant aan ander mense wat Gbe-tale soos Fon, Gen, Phla-Phera, en Aja in Benin, Togo en Nigerië praat. Die Ewe bly veral langs die suidelike kusstreek van Wes-Afrika, suid en oos van die Voltarivier tot by die Monorivier op die grens tussen Togo en Benin.
214467
Gregory Sierra (gebore 25 Januarie 1937) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Beneath the Planet of the Apes (1970), The Towering Inferno (1974), Deep Cover (1992), en Vampires (1998). 1970: Beneath the Planet of the Apes 1971: Machismo: 40 Graves for 40 Guns 1973: The Clones 1974: The Towering Inferno 1974: Goodnight Jackie 1992: Deep Cover 1998: Vampires 1977: A.E.S. Hudson Street 1983: Zorro and Son 1988: Something Is Out There 1994: 704 Hauser 1975: Antonio and the Mayor 1975: The Fireman's Ball 1982: Farrell for the People 1985: Stingray 1987: Her Secret Life 1989: Desperado: Badlands Justice Gregory Sierra in die Internet-rolprentdatabasis
284107
Roland Curram (gebore 1932) is 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Darling (1965) en Rime of the Ancient Mariner (1975), en in die televisiereekse Bouquet of Barbed Wire (1976) en Eldorado (1992). 1963: Silent Playground 1965: Darling 1975: Rime of the Ancient Mariner 1958: The Sky Larks 1959: The Men from Room 13 1961: They Met in a City 1963: Story Box 1971: Jamie 1974: Dial M for Murder 1974: The Capone Investment 1976: Bouquet of Barbed Wire 1979: Big Jim and the Figaro Club 1984: Bird of Prey 2 1992: Eldorado 1962: Not at All 1978: Betzi 1985: Newstime Roland Curram in die Internet-rolprentdatabasis
269036
Herbert Rawlinson (15 November 1885 – 12 Julie 1953) was 'n Engelse akteur en vervaardiger.
240278
Richard Franklin Lennox Thomas Pryor (1 Desember 1940 – 10 Desember 2005) was 'n Amerikaanse komediant, akteur, draaiboekskrywer, rolprentregisseur, en televisievervaardiger. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Silver Streak (1976), Bustin' Loose (1981), Superman III (1983), en See No Evil, Hear No Evil (1989). Gebore op 1 Desember 1940 in Peoria, Illinois, Richard Franklin Lennox Thomas Pryor het grootgeword in die bordeel van sy ouma, Marie Carter, waar sy alkoholiese ma, Gertrude L. (née Thomas), 'n prostituut was. Sy pa, LeRoy "Buck Carter" Pryor (7 Junie 1915 – 27 September 1968), was 'n bokser. 1968: Richard Pryor 1971: Craps (After Hours) 1974: That Nigger's Crazy 1975: ... Is It Something I Said? 1976: Are You Serious ??? 1976: Rev. Du Rite 1976: Holy Smoke! 1976: Bicentennial Nigger 1976: Insane 1976: L.A. Jail 1977: Who Me?
96896
Die Chevrolet Impala is 'n volgrootte motor (boonste mediumgrootte 2000-2007) wat gebou word deur die Chevrolet-afdeling van General Motors in modeljare 1958-1985, 1994-1996 en 2000 tot op hede. Die naam is afgelei van die Suid-Afrikaanse wildsbok en het Chevrolet se duurste passasiersmodel geword teen 1965. Dit is een van die besverkopermotors in die Verenigde State van Amerika, wat meeding teen die Ford Galaxie 500 en die Plymouth Fury, waar volgrootte modelle die mark oorheers. Die Impala is lank gekenmerk deur sy simmetriese driedubbele agterligte. Die Caprice is as 'n toplyn Impala Sportsedan vir die 1965 modeljaar vrygestel, en as 'n aparte reeks bo die Impala geposisioneer in 1966, wat op sy beurt bo die Bel Air en Biscayne gebly het. Die Impala het bly voortbestaan as Chevrolet se gewildste volgrootte model in die middel-1980s. Tussen 1994 en 1996 het Impala herleef as 'n gespierde 5.7 liter-V8-aangedrewe weergawe van die Caprice Classic sedan. In 2000 is die Impala weer vrygestel as 'n hoofstroom voorwieldryfsedan. Teen Februarie 2014 word die Impala nommer een onder bekostigbare groot motors in die US News & World Report se ranglys.
23066
Catherine Elise (Cate) Blanchett (gebore 14 Mei 1969 in Melbourne) is 'n Australiese rolprent- en teateraktrise. Sy in in flieks soos Elizabeth en die Lord of the Rings-trilogie te sien. In 1998 het sy 'n Academy Award-nominasie as Beste Aktrise vir haar rol as Elizabeth I in Elizabeth gekry. In 2005 het sy 'n toekenning as Beste Byspeler vir haar rol as Katharine Hepburn in Martin Scorsese se The Aviator ontvang. Elizabeth (1998) Pushing Tin (1999) The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring (2001) Bandits (2001) The Lord of the Rings: The Two Towers (2002) Heaven (2002) The Lord of the Rings: The Return of the King (rolprent)|The Lord of the Rings: The Return of the King (2003) The Aviator (2004) Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull (2008) The Curious Case of Benjamin Button (2008) Robin Hood (2010) Hanna (2011) The Hobbit: An Unexpected Journey (2012) Blue Jasmine (2013) HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 Cate Blanchett[dooie skakel] by die Internet Movie Database Hierdie artikel is ’n saadjie.
113917
Baccalaureus artium (BA of B.A.) is 'n baccalaureusgraad wat toegeken word vir 'n voorgraadse kursus of program in die kunste. Die B.A.-graad is gewoonlik 'n driejarige kursus, na gelang van die land, akademiese instelling en spesifieke rigtings, hoofvakke, ens. Magister artium Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
220824
E. G. Daily (gebore 11 September 1961) is 'n Amerikaanse aktrise en skryfster.
240498
Nipsey Russell (15 September 1918 – 2 Oktober 2005) was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Wiz (1978), Wildcats (1986), en Posse (1993), en in die televisiereeks Barefoot in the Park (1970). 1978: The Wiz 1984: Nemo 1986: Wildcats 1993: Posse 1994: Car 54, Where Are You? 2018: The History of Everything Circa 1993: F/K/A Kissy Cousins Monster Babies 1955: Captain Kangaroo 1955: Show Time at the Apollo 1963: Missing Links 1964: ABC's Nightlife 1967: Personality 1970: Barefoot in the Park 1971: The Mouse Factory 1973: The $10,000 Pyramid 1974: The Dean Martin Comedy World 1974: Masquerade Party 1974: The $25,000 Pyramid 1975: Blankety Blanks 1975: Rhyme and Reason 1978: Kids Are People, Too 1980: To Tell the Truth 1983: Juvenile Jury 1985: Jackpot 1985: Your Number's Up 1998: As Seen On 1968: Soul 1969: The Alan King Show 1970: The Choice Is Yours 1975: Finish Line Nipsey Russell in die Internet-rolprentdatabasis
6287
DVD-Oudio (Engels: DVD Audio) is 'n suster-medium van DVD-Video wat in die vroeë 21ste eeu as een van die moontlike opvolgers van die CD op internasionale markte ingevoer is, met oudiofiele en omringklank-entoesiaste as hoofteikengroepe. Die formaat is intussen tegnies grotendeels vervang deur Blu-ray, en daar word nouliks nuwe titels vrygestel, maar verbruikers het steeds 'n keuse tussen verskillende nuwe spelers wat die formaat kan weergee. Verrassend genoeg het selfs Sony, oorspronklik naas Philips een van die ondernemings wat die mededingende SACD-formaat ontwikkel het, DVD-Oudio in sy Ultra-HD-Blu-ray-spelers UBP-X800 en UBP-X1000ES geïntegreer wat in 2017 in die mark vrygestel is. Die DVD-Oudio baseer op die DVD-ROM en bevat tussen 4.7 (eenlaag-DVD) tot 17 (tweesydige dubbellaag-DVD) GB data in die PCM-formaat wat gebruik word om musiek in twee, vier, vyf of ses kanale van hoë kwaliteit te stoor. Aangesien die hoeveelheid data vir 'n gewone dubbellaag-DVD-ROM nog te groot sou wees word meestal gebruik gemaak van Meridian se Verliesvrye Pakmetode (Meridian Lossless Packing, MLP).
305681
Joshua David Hawley (gebore op 31 Desember 1979) is 'n Amerikaanse prokureur en Republikeinse politikus wat as die junior senator vir Missouri in die senaat van die Verenigde State dien. Senator Hawley het van 2017 tot 2019 as die 42ste prokureur-generaal vir Missouri gedien, voordat hy die Demokratiese senator Claire McCaskill in die 2018 senaatsverkiesing in Missouri verslaan het. Op 40-jarige ouderdom is hy die jongste lid van die Amerikaanse senaat. Hawley is in Springdale, Arkansas gebore, maar het spoedig na Lexington, Missouri verhuis, waar sy pa as bankier gewerk het en sy ma 'n onderwyser was. Hy het aan die Rockhurst High School in Kansas City, Missouri gematrikuleer. Hy het in 2002 sy BA-graad graad in geskiedenis aan Stanford-universiteit met eerbewyse ontvang. Hierna het hy na Londen verhuis en 'n jaar lank klas gegee aan St Paul's School, en daarna aan Yale-universiteit se regsskool, waar hy die skool se afdeling van die Federalist Society gelei het en in 2006 'n Juris Doctor-graad ontvang het. Op 28-jarige ouderdom het Hawley 'n biografie van Theodore Roosevelt vir Yale University Press geskryf, getiteld Theodore Roosevelt, Preacher of Righteousness.
247981
Miyoshi Umeki (8 Mei 1929 – 28 Augustus 2007) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Sayonara (1957), Cry for Happy (1961), en Flower Drum Song (1961), en in die televisiereeks The Courtship of Eddie's Father (1969). 1957: Sayonara 1961: Cry for Happy 1961: Flower Drum Song 1957: The Gisele MacKenzie Show 1958: The Steve Lawrence-Eydie Gorme Show 1958: The Oscar Levant Show 1969: The Courtship of Eddie's Father 1953: Jazz Concert Miyoshi Umeki in die Internet-rolprentdatabasis
55921
Die Olimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 2022年冬季奥林匹克运动会; pinyin: Èr Líng Èr'èr Nián Dōngjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die XXIVste Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 20 Februarie 2022 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied. Tydens die geleentheid het 2 871 atlete uit 91 nasies aan 109 items in sewe verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit het van dié Winterspele die grootstes in die geskiedenis gemaak. Beijing het daarmee die eerste stad geword wat beide die Olimpiese Somerspele en Winterspele aangebied het ná hulle eerste Olimpiese Somerspele 2008. Verder was dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Olimpiese Spele in 'n Asiatiese stad. Daarbenewens het Beijing ná Sapporo (1972), Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die vierde Asiatiese stad geword waar Olimpiese Winterspele gehou is. Die opening- en sluitingseremonies het in die Beijing Nasionale Stadion, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer die Volksrepubliek China laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.
86448
Die Irakse Oorlog was 'n oorlog sedert Maart 2003 gevoer deur die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk teen en in Irak, waartydens ander lande ook gevegstroepe ontplooi het. Die oorlog kan verdeel word in twee fases. Die eerste fase was die inval waarby 'n multinasionale weermag, die sogenaamde "Coalition of the Willing", die bewind van Saddam Hussein sou omverwerp. Hierdie fase duur van 20 Maart 2003 tot 1 Mei 2003. Die doel van die koalisie was om 'n val te bring aan die regime van Saddam Hussein, wat die Irakse bevolking sou onderdruk, internasionale terrorisme sou ondersteun en wapens van massavernietiging sou ontwikkel het. Tot op hede is sulke wapens nooit gevind nie, en geen verband kon met Al-Kaïda getoon word nie. Die daaropvolgende fase het bestaan uit 'n program van nasiebou, die opbou van 'n nuwe Irak deur die koalisiemagte. Hierdie fase word egter gekniehalter deur grootskaalse opstande, wat so ernstig is dat daar gepraat word van 'n burgeroorlog. Op 15 Desember 2011 word die oorlog amptelik verby verklaar deur die Amerikaanse minister van verdediging, Leon Panetta.
217950
Alison Brie (gebore 29 Desember 1982) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar hoofrol as Annie Edison in die televisiereeks Community (2009–2015), en Trudy Campbell in Mad Men (2007–2015), en Ruth Wilder in GLOW (2017–nou). Sy is ook in die rolprente The Five-Year Engagement (2012), The Lego Movie (2014), en Sleeping with Other People (2015). Sy doen die stem van Diane Nguyen op die televisie-animasiereeks BoJack Horseman (2014–nou). Alison Brie Schermerhorn was gebore op Desember 29, 1982, in Hollywood, Kalifornië. Haar pa, Charles Terry Schermerhorn, is 'n musikant en vermaak verslaggewer. Vanaf 2009 tot 2015, was sy Annie Edison in die televisiereeks Community. Brie is in die Netflix komediereeks GLOW , geïnspireer deur die vroeë 1980's vroulike professionele stoeispan Gorgeous Ladies of Wrestling. Die reek het begin op 23 Junie 2017. Brie het vir Dave Franco in 2012 ontmoet in New Orleans.
272787
Maisie Smith (gebore 9 Julie 2001) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Other Boleyn Girl (2008) en in die televisiereeks EastEnders (1985). 2008: The Other Boleyn Girl 1985: EastEnders 2016: Michael McIntyre's Big Show 2012: Farewell Pat 2010: EastEnders: Last Tango in Walford Maisie Smith in die Internet-rolprentdatabasis
22702
Armoede is die status waarin 'n individu of individue verkeer wanneer die persoon of persone nie hul eie, sowel as die mense wat afhanklik van hulle is, se basiese ekonomiese behoeftes kan bevredig nie. Die mense sukkel dus om te kan oorleef in 'n moderne samelewing. Gevolglik kan daar nie 'n voldoende lewenstandaard gehandhaaf word nie. Vir individue wat 'n ondergemiddelde vermoë het om geld te administreer of te verdien, is die kans veel groter dat hulle arm sal wees. Hierdie groep mense sluit gewoonlik veral die ouer geslag en mense met gestremdhede in. Die gebrek aan onderwys dra grotendeels by tot die ontstaan van armoede. Lae ekonomiese ontwikkeling dra ook tot armoede by. Vroeg in die 21ste eeu leef die helfte van Afrika se bevolking suid van die Sahara in armoede. Van die 48 minste ontwikkelde lande in die wêreld kom 33 in Afrika voor, waaronder van Suid-Afrika se onmiddellike bure soos Mosambiek, Lesotho en eSwatini. Daar word bereken dat 'n halfmiljard mense daagliks honger ly en dat tussen 15 en 20 miljoen jaarliks weens hongersnood sterf.
289646
Vise-admiraal Jisaburō Ozawa (小沢 治三郎, Ozawa Jisaburō, 2 Oktober 1886 - 9 November 1966) was 'n admiraal in die Japannese Keiserlike Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy was die laaste opperbevelvoerder van die Gekombineerde Vloot. Baie militêre historici beskou Ozawa as een van die bekwaamste Japanese vlagoffisiere. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jisaburō Ozawa. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
209479
Matthew Lillard (gebore 24 Januarie 1970) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente SLC Punk! (1998), Scooby-Doo (2002), Scooby-Doo 2: Monsters Unleashed (2004), en The Descendants (2011). 1994: Serial Mom 1995: Hackers 1995: Mad Love 1995: Tarantella 1995: Animal Room 1998: SLC Punk! 1998: Dead Man's Curve 1999: Wing Commander 1999: She's All That 2000: Spanish Judges 2001: Summer Catch 2001: Thir13en Ghosts 2002: Scooby-Doo 2004: Scooby-Doo 2: Monsters Unleashed 2004: Wicker Park 2004: Without a Paddle 2006: The Groomsmen 2007: What Love Is 2007: One of Our Own 2009: The Pool Boys 2009: All's Faire in Love 2009: Spooner 2010: Messages Deleted 2011: The Descendants 2011: From the Head 2011: The Global Village Project 2012: Fat Kid Rules the World 2013: Return to Nim's Island 2014: Match 2015: Home Run Showdown 2016: Six LA Love Stories 2018: Grace 2018: Scooby-Doo & Batman: The Brave and the Bold Adrenaline The Last Weekend in May 1990: SK8 TV 2010: Wake Up, It's Tuesday! 2010: Scooby-Doo!
37352
Sarah, Hertogin van York (Sarah Margaret Ferguson, gebore 15 Oktober 1959) is ’n voormalige lid van die Britse koninklike familie en ’n liefdadigheidswerker, skrywer en rolprentvervaardiger. Sy is die dogter van wyle majoor Ronald Ferguson en Susan Barrantes, en is die gewese vrou van prins Andrew, die koningin se tweede oudste seun. Haar dogters, prinses Beatrice en prinses Eugenie, is onderskeidelik die tiende en twaalfde aanspraakmakers op die Britse troon. Sy is algemeen bekend as Fergie. Sarah stam van die Britse adel – van die Huis van Stuart en die Huis van Tudor. Aan vaderskant is sy ’n afstammeling van koning Charles II van Engeland, van twee van sy buite-egtelike seuns. Sy is ’n agter-agterkleindogter van William Montagu-Douglas-Scott, 6de Hertog van Buccleuch en ’n agterkleindogter van Mervyn Wingfield, 8ste burggraaf Powerscourt. Haar ouma was Marian Louisa Montagu-Douglas-Scott, ’n niggie van lady Alice Christabel Montagu-Douglas-Scott wat ná haar troue met prins Henry, Hertog van Gloucester, prinses Alice, Hertogin van Gloucester geword het, ’n tannie van koningin Elizabeth.
2007
Die jaar 1352 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 52ste jaar van die 14de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Die Swart Dood is verby. Tussen 30-50% van die bevolking van Europa is dood. Dit het groot gevolge vir die ekonomie en ook vir die kerk. Mense soek hulp buite 'n kerk wat hulle nie kon help nie, nog medies, nog geestelik. 13 Februarie – Guillaume de Grimoard (later Pous Urbanus V) word ab van die Benediktynerklooster in St. Germain d'Auxerre. 18 Desember – Pous Innocentius VI volg Pous Clemens VI op. Die kanton Glarus en die kanton Zug word deel van die Switserse Eidgenossenschaft. 6 Desember – Pous Clemens VI, die 198ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Avignon aan nierversaking (* 1291). Black Death, Robert S. Gottfried, Simon and Schuster, 2010, ISBN 1-4391-1846-9, ISBN 978-1-4391-1846-7
121600
Die Aware was 'n steppevolk wat in die oorgangsperiode tussen die antieke tydperk en die Middeleeue vanuit hul Europese vestigingsgebied in die Hongaarse Laagvlakte groot dele van Sentraal- en Oos-Europa oorheers het. Hul oorsprong en taal is onbekend. Volgens historiese bronne was die term "Awaar" 'n moontlik 'n versamelnaam vir 'n volk van gemengde etniese afkoms waarin ruitervolke en ander stamme versmelt het, terwyl hulle ook noue bande met Slawiese volke gehandhaaf het. In 558 het die Aware nog 'n gebied in die Kaukasus bewoon. Vervolgens het hulle betrokke geraak by oorloë tussen verskillende Germaanse stamgroepe en as bondgenote van die Germaanse Langobarde 'n beslissende rol in die oorlog teen die Gepidae as bondgenote van die Bisantynse Ryk gespeel. Tussen 550 en 575 het die Aware hulle in die Groot Hongaarse Laagvlakte tussen die Donau- en Tiszariviere gevestig. Hierdie gebied, wat groot dele van die huidige Oostenryk en Hongarye ingesluit het en op sy hoogtepunt tussen die 6de en 8ste eeu verder uitgebrei is tot 'n magtige ryk wat van die Oos- tot die Adriatiese See en van die Elbe- tot die Dnipro-rivier gestrek het, sou tot die sentrum van die Pannoniese Awarebeskawing ontwikkel.
275020
Nadech Kugimiya (gebore 17 Desember 1991) is 'n Thaise akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Sunset at Chaophraya (2013) en Krut: The Himmaphan Warriors (2018). 2013: Sunset at Chaophraya 2018: Krut: The Himmaphan Warriors Nadech Kugimiya in die Internet-rolprentdatabasis Nadech Kugimiya op Instagram Nadech Kugimiya op YouTube
254576
David Farrar (21 Augustus 1908 – 31 Augustus 1995) was 'n Engelse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Black Narcissus (1947), Frieda (1947), Hour of Glory (1949), en The 300 Spartans (1962). 1938: Silver Top 1941: Sheepdog of the Hills 1942: Suspected Person 1943: The Dark Tower 1943: Headline 1943: The Night Invader 1944: For Those in Peril 1944: The Hundred Pound Window 1945: Meet Sexton Blake! 1945: The Echo Murders 1945: The World Owes Me a Living 1946: Lisbon Story 1946: The Trojan Brothers 1947: Black Narcissus 1947: Frieda 1948: Mr. Perrin and Mr. Traill 1949: Hour of Glory 1949: Diamond City 1950: Cage of Gold 1950: Gone to Earth 1951: The Golden Horde 1951: The Obsessed 1951: Night Without Stars 1952: The Wild Heart 1954: The Black Shield of Falworth 1954: Duel in the Jungle 1954: Let's Make Up 1955: Escape to Burma 1955: Pearl of the South Pacific 1955: The Sea Chase 1956: Tears for Simon 1957: Woman and the Hunter 1958: Son of Robin Hood 1959: Watusi 1960: Wild for Kicks 1962: The 300 Spartans 1962: The Webster Boy 1952: Portrait of Peter Perowne David Farrar in die Internet-rolprentdatabasis
287377
Stef Dawson (gebore 17 Desember 1983) is 'n Australiese aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Hunger Games: Catching Fire (2013), The Hunger Games: Mockingjay - Part 1 (2014), en The Hunger Games: Mockingjay - Part 2 (2015). 2012: Manhaters! 2013: The Hunger Games: Catching Fire 2014: The Hunger Games: Mockingjay - Part 1 2015: The Hunger Games: Mockingjay - Part 2 2016: Creedmoria 2016: The Paper Store 2017: Painted Woman The Dust Walker 2010: Keep Creating 2012: Bell Stef Dawson in die Internet-rolprentdatabasis Stef Dawson op Twitter
275052
Max Adalbert (19 Februarie 1874 – 7 September 1933) was 'n Duitse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Destiny (1921), Die Nacht ohne Pause (1931), The Captain from Köpenick (1931), en The Gala Performance (1932). 1915: Im Banne fremden Willens 1916: Der Schirm mit dem Schwan 1918: Die Buchhalterin 1918: Das Spiel mit dem Feuer 1919: Die Verführten 1919: Frau Hempels Tochter 1919: Liebe, Haß und Geld 1920: Die Kwannon von Okadera 1921: Destiny 1921: Der Dummkopf 1921: Die goldene Kugel 1921: Das neue Paradies 1922: Lebenshunger 1922: Der politische Teppich 1922: Sein ist das Gericht 1925: Vorderhaus und Hinterhaus 1930: Drei Tage Mittelarrest 1930: Hans in allen Gassen 1931: Die Nacht ohne Pause 1931: The Captain from Köpenick 1931: Das Ekel 1931: Kyritz - Pyritz 1931: Mein Herz sehnt sich nach Liebe 1931: The Battle of Bademuende 1931: Der Herr Finanzdirektor 1931: Hurra - ein Junge! 1931: Mein Leopold 1931: So'n Windhund 1932: The Gala Performance 1932: Ein toller Einfall 1932: Tante Gusti kommandiert 1932: The Champion Shot 1933: Laughing Heirs Max Adalbert in die Internet-rolprentdatabasis
275181
Felix Bressart (2 Maart 1892 – 17 Maart 1949) was 'n Duitse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Ninotchka (1939), The Shop Around the Corner (1940), Comrade X (1940), en To Be or Not to Be (1942). 1930: Eine Freundin so goldig wie Du 1930: Es gibt eine Frau, die dich niemals vergißt 1930: Die zärtlichen Verwandten 1931: Nie wieder Liebe! 1931: Die Privatsekretärin 1931: Trara um Liebe 1931: True Jacob 1931: Der Herr Bürovorsteher 1931: Ausflug ins Leben 1931: Der Schrecken der Garnison 1932: Holzapfel weiß alles 1932: The Lucky Top Hat 1932: Visul lui Tanase 1933: C'était un musicien 1933: ...und wer küßt mich? 1933: Wie d'Warret würkt 1934: Peter 1934: Salto in die Seligkeit 1935: Heut' ist der schönste Tag in meinem Leben 1935: Alles für die Firma 1939: Ninotchka 1939: Swanee River 1940: The Shop Around the Corner 1940: Comrade X 1941: Blossoms in the Dust 1941: Married Bachelor 1942: To Be or Not to Be 1942: Iceland 1944: Blonde Fever 1946: Ding Dong Williams 1946: Her Sister's Secret 1958: Das kommt nicht wieder Felix Bressart in die Internet-rolprentdatabasis
277745
Käthe Dorsch (29 Desember 1890 – 25 Desember 1957) was 'n Duitse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Frau Lenes Scheidung (1917), Fräulein Julie (1922), en Trenck, der Pandur (1940). 1916: Der Sekretär der Königin 1916: Ein tolles Mädchen 1916: Ein Dolles Mädel 1917: Frau Lenes Scheidung 1917: The Merry Jail 1917: Dornröschen 1917: John Riew - Ein Mädchenschicksal 1917: Ein Jagdausflug nach Berlin 1917: Die Memoiren des Satans, 1. Teil - Doktor Mors 1917: Das verschnupfte Miezerl 1918: Sein letzter Seitensprung 1918: Die Kunst zum Heiraten 1918: Die blaue Mauritius 1918: Amor in der Klemme 1918: Die Memoiren des Satans, 3.Teil - Der Fluchbeladene 1918: Der Glücksjunge 1918: Ehemann a.
107313
Laura Jeanne Reese Witherspoon (gebore op 22 Maart 1976) is ’n Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger. Sy het haar loopbaan in 1991 as ’n kinderaktrise in The Man in the Moon begin. In 1996 het sy in die onafhanklike swart komedie Freeway verskyn en in 1998 in Pleasantville. In 2000 is sy vir ’n Golden Globe benoem vir haar spel in Election. Witherspoon se deurbraakrol was in 2001 as Elle Woods in Legally Blonde, en in 2002 was sy in die romantiese komedie Sweet Home Alabama. In 2005 het sy wêreldwyd aandag getrek in die rol van June Carter Cash in Walk the Line, waarvoor sy die Oscar, Golden Globe, Bafta, Screen Actors Guild Award en die Broadcast Film Critics Association Award vir beste aktrise gewen het. Haar ander prente sluit in Legally Blonde 2: Red, White & Blonde (2003), Monsters vs. Aliens (2009) en Water for Elephants (2011). In 2014 was sy die vervaardiger van die riller Gone Girl en in die rol van Cheryl Strayed in Wild, waarvoor sy vir ’n tweede Oscar benoem is.
32329
Arkansas (Engels: State of Arkansas) is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika met omtrent 2,9 miljoen inwoners. Sy hoofstad en grootste stad is Little Rock. Arkansas is die 25ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deur Missouri, in die ooste deur Tennessee en Mississippi, in die suide deur Louisiana, en in die weste deur Oklahoma en Texas begrens. Arkansas se bynaam is Die Natuurlike Staat (Engels: "The Natural State"). Die eerste Europese nedersetting in die huidige deelstaatgebied was die Franse handelspos Poste de Arkansea wat deur Henri de Tonti in 1686 teen die oewer van die Arkansas River se benedeloop gestig is. Hier het Franse en Spanjaarde handel gedryf met die plaaslike Quapaw-Indiane. As Arkansas Post was die nedersetting ook van strategiese belang vir die Amerikaners wat dit tot militêre buitepos uitgebou het. Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog kon Amerikaanse magte hier in 1783 'n Britse aanval afweer. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het Uniemagte hier in 1863 'n militêre oorwinning oor Gekonfedereerde troepe behaal, maar sonder om hul militêre doelwit, die inname van Vicksburg, te bewerkstellig.
226061
Tia Mowry (gebore 6 Julie 1978) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Hot Chick (2002) en in die televisiereekse Sister, Sister (1994) en The Game (2006). 2002: The Hot Chick 2005: Hollywood Horror 2008: The American Standards 2018: Indivisible 1994: Sister, Sister 1999: Detention 2002: Storyline Online 2005: Bratz 2006: The Game 2009: The Mo'Nique Show 2011: Tia & Tamera 2013: Instant Mom 2015: Tia Mowry at Home 2015: Guilty Pleasures 2015: Fresh Beat Band of Spies 2016: Nickel & Dining 2016: Food Network Star Kids 1996: The Big Help 1997: Disney's Young Musicians' Symphony Orchestra 2000: Seventeen Again 2005: Twitches 2005: Holidays with the Stars 2007: Twitches Too 2010: Double Wedding 2010: Tia & Tamera Take 2 2012: The Mistle-Tones 2016: All-Star Halloween Spectacular 2018: A Gingerbread Romance 2004: Bratz the Video: Starrin' & Stylin' 2006: Bratz: Passion 4 Fashion - Diamondz 2006: Bratz: Genie Magic 2013: Bratz: Go to Paris the Movie Tia Mowry in die Internet-rolprentdatabasis Tia Mowry op Twitter
226060
Tamera Mowry (gebore 6 Julie 1978) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Hot Chick (2002) en in die televisiereeks Sister, Sister (1994). 2002: The Hot Chick 2005: Hollywood Horror 2012: A Passion for the Vine 1994: Sister, Sister 1995: The Adventures of Hyperman 1999: Detention 2000: Strong Medicine 2002: Storyline Online 2009: Roommates 2011: Things We Do for Love 2011: Tia & Tamera 2013: The Real 2018: Help Us Get Married 1996: The Big Help 1997: Disney's Young Musicians' Symphony Orchestra 2000: Seventeen Again 2000: Something to Sing About 2005: Twitches 2007: Twitches Too 2010: Double Wedding 2010: Tia & Tamera Take 2 2012: Christmas Angel 2018: The Housleys Tamera Mowry in die Internet-rolprentdatabasis Tamera Mowry op Twitter
185763
'n Hidraat is 'n chemiese verbinding wat die reaksieproduk van 'n ander verbinding met water is. Baie soute vorm een of meer hidrate. Die blou kristalle van kopersulfaat wat uit waterige oplossing gevorm word is die pentahidraat CuSO4·5H2O. By verhitting verloor dit water en vorm bokant 100 oC die trihidraat CuSO4·3H2O. Verder verhitting stel die monohidraat CuSO4·H2O vry en uiteindelik die wit anhidraat CuSO4 self. Kopersulfaat is 'n voorbeeld van 'n regte hidraat. In sy kristalstruktuur kan die watermolekule goed herken word. In die pentahidraat word die Cu2+-ioon deur die suurstofatome van die watermolekule omring. In die anhidraat behoort die suurstofligande aan die sulfaat-ione. Dit verklaar die verskil in kleur. Talle hidrate kan as X·nH2O geskryf word, maar binne hulle struktuur het die watermolekule ander spesies gevorm. 'n Goeie voorbeeld van sulke pseudo-hidrate is As2O5·4H2O wat in werklikheid 2H3AsO4·H2O is: 'n hidraat van arseensuur, nie van arseenoksied nie. 'n Groot groep organiese verbindings word koolhidrate genoem. Hulle stoigiometrie kan as Cn·nH2O geskryf word, maar in werkelikheid bevat hulle geen watermolekule nie.
263465
Anne Vyalitsyna (gebore 19 Maart 1986) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rol in die rolprent Lullaby (2014). 2014: Lullaby 2013: The Face 2004: Alanis Morissette: Out Is Through - Version 2 2010: Maroon 5: Misery 2010: Maroon 5: Misery, UK Version 2011: Exposure: Sports Illustrated Swimsuit 2011 Anne Vyalitsyna in die Internet-rolprentdatabasis Anne Vyalitsyna op Twitter Anne Vyalitsyna op Facebook
385841
Gemini 3 is die eerste bemande sending van NASA se Gemini-program. Op 23 Maart 1965 het ruimtemanne Gus Grissom en John W. Young drie keer om die aarde gewentel in 'n lae wentelbaan in die Gemini 3-ruimtetuig, wat hulle Molly Brown gedoop het. Dit was die negende bemande vlug van NASA, insluitende twee X-15 vlugte hoër as 100 km. Dit was die 17de bemande ruimtevlug, insluitend die agt Sowjetunie ruimtevlugte. Dit was ook die laaste keer dat die vlugbeheer vanaf die Kaap Kennedy Lugmagbasis gedoen voordat dit na Houston, Texas geskuif is. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
11879
Hesse (Duits: Hessen, [ˈhɛsn̩], luister (hulp·inligting)) is met 'n oppervlakte van meer as 21 000 km² die sewende grootste deelstaat van Duitsland. Sy bevolking van ses miljoen is in die Ryn-Main-streek van Suid-Hesse saamgetrek. Hier is ook vier van Hesse se vyf grootste stede geleë – die administratiewe hoofstad Wiesbaden, Frankfurt am Main, Darmstadt en Offenbach. Noord-Hesse het 'n meer landelike karakter met 'n laer bevolkingsdigtheid. Die grootste nedersetting in die noordelike landsdeel is Kassel. Die vroegste spore van menslike gemeenskappe dateer van die Würm-ystydperk sowat 50 000 jaar gelede. Die Romeine, wat die gebied van die huidige Suid-Hesse by hul ryk ingelyf het, het diep spore gelaat, onder andere met die Limes Germanicus, die versterkte noordelike grens van die Romeinse Ryk met vestings, forte en wagtorings wat oor 'n afstand van 500 kilometer tussen die Ryn en die Donau geloop het. Een van die grensforte, die Kastell Saalburg in die Taunus-bergreeks, is in die Wilhelminiese tydperk as museum herbou. Die Middeleeue leef voort in die vakwerkboukuns en nou straatjies van klein stede en dorpe.
98804
Sophia Loren (* 20 September 1934 in Rome) is 'n Italiaanse aktrise. Sy wen in 1962 'n Academy Award vir haar hoofrol in die Italiaans-Duitse oorlogsdrama, La Ciociara. Daarnaas ontvang sy meer as 45 ander pryse, waaronder verskillende Golden Globes, 'n Bafta-toekenning en die prys vir beste aktrise op die Cannes-filmfees. 1950 – Il voto (O voto) 1950 – Io sono il capataz (Sou o capataz) 1950 – Le sei mogli di Barbablù 1950 – Totò Tarzan 1950 – Cuori sul mare (Corações sobre o mar) 1951 – Quo Vadis? (Quo Vadis) 1951 – Era Lui!… Si! Si!
47760
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan of Bafana Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan vir mans. Die span word deur die Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie bestuur. Hulle keer in 1992 tot die wêreldarena terug nadat hulle vir jare deur FIFA verban was. Die vroue-sokkerspan se bynaam is die Banyana-Banyana. Die span het die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in Junie 2010 aanbied nadat hulle die Konfederasiebeker suksesvol in 2009 aangebied het. Hiermee is hulle is die eerste Afrika-land wat geleentheid gegun is om die Wêreldbekertoernooi aan te bied. Bafana Bafana is egter in die groepfase uitgeskakel. Die span behaal in Augustus 1996 die 16de plek op die FIFA-wêreldranglys, die hoogste posisie wat hulle beklee het. In Desember 1992 bereik hulle hul laagste plek met die 124de posisie op die wêreldranglys. Die span word tans deur Hugo Broos afgerig. Suid-Afrika was tussen 1966–1974 uitgesluit van deelname. Tussen 1978 en 1990 was Suid-Afrika nie 'n FIFA-lid nie. In 1992 speel Suid-Afrika sy eerste Wêreldbeker kwalifikasie-wedstryd. Suid-Afrika is een van die lande wat aan die COSAFA-beker deelneem. * Deelname deur 'n B-elftal (bestaande uit tweede divisiespelers).
48148
Carlos Alberto Gomes Parreira (gebore op 27 Februarie 1943 in Rio de Janeiro) is 'n Brasiliaanse sokkerafrigter. Hy staan bekend as een van slegs twee afrigters wat vyf lande na 'n Sokker-Wêreldbeker gelei het:  Koeweit tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982  Verenigde Arabiese Emirate tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990  Brasilië tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006  Saoedi-Arabië tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998  Suid-Afrika tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 Die Serwiese afrigter Bora Milutinović lei ook vyf verskillende lande na die Wêreldbeker, maar word tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 as afrigter ontslaan. Parreira rig die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan van 2007 tot April 2008 af waarna hy uit die pos bedank. Op 22 Oktober 2009 word aangekondig dat hy weer as afrigter van die Suid-Afrikaanse span sal optree. Op 22 Junie 2010 kondig hy sy uittrede aan. Hy sal sy pos op 15 Julie, die dag waarop sy kontrak verstryk, verlaat. Suid-Afrika is die eerste gasheerland in die geskiedenis wat tydens die groepsfase uitgeskakel is. "Parreira quits as SA coach" (in Engels).
85355
Gelnhausen is die administratiewe setel van die distrik Main-Kinzig-Kreis van die Duitse deelstaat Hesse. Die stad, wat halfpad tussen Frankfurt am Main en Fulda aan die oostelike rand van die Ryn-Maingebied geleë en in 1170 deur keiser Frederik I – ook bekend as Barbarossa of "Rooibaard" - gestig is, dra die bynaam Barbarossastadt. Gelnhausen staan veral bekend vir sy Kaiserpfalz ("Keiserpalts"), 'n kasteelagtige paleiskompleks wat as een van die eerste geboue ná die stadstigting voltooi is. Die Barbarossaburg, soos die kasteel ook genoem word, is oorspronklik te midde van die Kinzigrivier as waterkasteel op 12 000 eikepale opgerig. Vandag word die Kaiserpfalz, wat in die middestad geleë is, as een van die bes bewaarde paleise uit die Staufertydperk beskou. Statistik Hessen: Bevölkerung der hessischen Gemeinden. Besoek op 1 April 2015 Markus Berger: Freizeitführer Südhessen. Gudensberg-Gleichen: Wartberg 2013, bl. 80-83
81838
Yasuhiko Okudera (奥寺 康彦, Okudera Yasuhiko?, 12 Maart 1952 -) is 'n voormalige Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. National Football Teams Japan National Football Team Database
81791
Yukitaka Omi (小見 幸隆, Omi Yukitaka?, 25 Desember 1952 -) is 'n voormalige Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. National Football Teams Japan National Football Team Database Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
191757
Aaptos glutinans is 'n gewone sponsspesie uit die familie van die Suberitidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2011 deur Moraes. Hajdu, E. (2012). Aaptos glutinans. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J., Dohrmann, M., Cristina Díaz, M. (2012) World Porifera database. Geraadpleeg via: World Register of Marine Species op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=597269 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
43941
Wing Chun (Tradisionele Chinees: 詠春, Vereenvoudigde Chinees: 咏春; Afrikaans: Ewige lente) is 'n (suid-)Chinese vegkunsstyl (in die Weste gewoonlik onder Kung Fu bekend). Die naam van die vegkuns stam uit Kantonees en daar is geen duidelike Romanisering van die begrip nie. As gevolg van handelsregtelike oorwegings en die begeerte van skole om hulself van mekaar te onderskei, is daar talryke skryfwyses in gebruik, soos byvoorbeeld Wing Tsun (W.T.), Ving Tsun (V.T.), Wing Tzun, Wing Chung, Wing Shun, Wing Tsung, Wyng Tjun, Ving Chun (VC), maar ook heeltemaal andere name soos byvoorbeeld Taonamics. In Pinyin, die amptelike toegepaste Romaniseringsisteem vir Hoogsjinesiese Mandaryn, word die skriftekens as Yǒng chūn omgeskakel. Oor die ontstaansgeskiedenis van Wing Chun bestaan daar verskeie oorvertellings. Hoeveel werklike feite in hierdie stories bevat word, kan op grond van gebrekkige wetenskaplike bewyse nie veel verder ondersoek word nie. Die styl het oor honderde jare ontwikkel en het blykbaar sy wortels in die beroemde Shaolin-klooster.
208193
Brad Dourif (gebore 18 Maart 1950) is 'n Amerikaanse akteur.
100918
Die muntjak- of moentjakherte (Muntiacini) is ’n tribus van die hert-subfamilie Cervinae. Hulle kom hoofsaaklik in Suid- en Oos-Asië voor. Die tribus bevat twee genera: Elaphodus Muntiacus Muntjakherte is voorheen beskou as ’n aparte subfamilie, Muntiacinae, maar word nou as ’n tribus geklassifiseer. Die muntjak is ’n klein hert met eenvoudige gewei (horings). Dit kom net by die ramme voor en bestaan uit een stang met een of twee punte. Soos die waterhert het die muntjak aan die bokaak verlengde slagtande wat by die mond uitsteek. Twee genera word onderskei: die eintlike muntjaks (Muntiacus) omvat 12 spesies, waarvan verskeie eers in die 1990's ontdek is. Die kuifhert (Elaphodus cephalophus) val in sy eie genus vanweë sekere eienskappe soos ’n groter lyf, kleiner hoektande en kleiner gewei. Die tribus lyk soos volg: Genus Elaphodus Elaphodus cephalophus Genus Muntiacus Muntiacus atherodes Muntiacus crinifrons Muntiacus feae Muntiacus gongshanensis Muntiacus muntjak Muntiacus puhoatensis Muntiacus putaoensis Muntiacus reevesi Muntiacus rooseveltorum Muntiacus truongsonensis Muntiacus vuquangensis Muntiacus montanus George Gaylord Simpson: The Principles of Classification and a Classification of Mammals.
75847
Clarence Clyde Seedorf (gebore op 1 April 1976 in Paramaribo, Suriname) is 'n voormalige Nederlandse sokkerspeler en afrigter. Hy het vir die Nederlandse nasionale sokkerspan uitgedraf. "Clarence Seedorf – A.C. Milan squad 2011/2012". AC Milan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2014. Besoek op 26 Januarie 2012. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
81892
Ruy Ramos (gebore 9 Februarie 1957), voorheen Ruy Gonçalves Ramos Sobrinho (Portugees: ˈʁuj ɡõˈsawviʒ ˈʁɐ̃muʃ suˈbɾĩɲu), is 'n voormalige Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ruy Ramos. Japan National Football Team Database Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
301888
Jerry Stiller (8 Junie 1927 – 11 Mei 2020) was 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Zoolander (2001), The Heartbreak Kid (2007), en Hairspray (2007), en in die televisiereeks Seinfeld (1989). Sy seun, Ben Stiller, is ook 'n noemenswaardige akteur. 1974: Taking of Pelham 1-2-3 1974: Airport 1975 1976: The Ritz 1980: Those Lips, Those Eyes 1987: Hot Pursuit 1989: That's Adequate 1993: So You Want to Be an Actor 1997: Camp Stories 1997: Stag 1997: A Rat's Tale 1998: A Fish in the Bathtub 2000: The Independent 2001: Zoolander 2007: The Heartbreak Kid 2007: Hairspray 2008: Rush: Snakes & Arrows - Live in Holland 2013: Cousins 1948: The Ed Sullivan Show 1948: Lamp Unto My Feet 1964: Linus!
94219
Sabiha Gökçen Internasionale Lughawe (IATA-kode: SAW, ICAO: LTFJ) is een van die twee internasionale lughawens wat Istanboel, Turkye bedien. Die fasiliteit is vernoem na Sabiha Gökçen, die eerste vroulike vegvlieënier van Turkye. Dit is geleë 35 km (22 myl) suidoos van sentrale Istanboel, aan die Asiatiese kant van die twee-kontinentale stad. Dit is gebou omdat Atatürk Internasionale Lughawe (aan die Europese kant) nie groot genoeg was om aan die groeiende passasierseise (beide plaaslik en internasionaal) te voldoen nie. Sabiha Gökçenlughawe se internasionale terminaalkapasiteit was 3 miljoen passasiers per jaar en die binnelandse terminaalkapasiteit was 'n halfmiljoen passasiers per jaar. In Junie 2007 het die Turkse konglomeraat Limak Holding, Indië se GMR Group en Malaysia Airport Holding Berhad (MAHB) konsortium die kontrak ontvang vir die opgradering en instandhouding van die lughawe. Teen die middel-2008 het werk begin aan die opgradering van die internasionale terminaal om 25 miljoen passasiers per jaar te kan hanteer. Die nuwe terminaal is op 31 Oktober 2009 ingewy. Sabiha Gökçenlughawe het 11.13 miljoen passasiers gehanteer in 2010, 'n 71% toename in vergelyking met 2009.
94636
SilkAir (Singapore) Private Limited (Tamil: சில்க்ஏர்) (Sjinees: 勝 安 航空 Shèng'ān Hángkōng) is 'n lugredery met sy hoofkantoor in Airline House in Singapoer. Dit is 'n volfiliaal van Singapore Airlines en vlieg geskeduleerde passasiersdienste vanaf Singapoer na 46 stede in Suidoos-Asië, die Indiese subkontinent, China en Australië. As die plaaslike vleuel van Singapore Airlines, bedien dit die kortafstandbestemmings in die Singapore Airlines Group netwerk. In die jaar tot 31 Maart 2013 het die lugredery 3,3 miljoen passasiers vervoer en 'n bedryfswins van S$ 96 700 000 getoon, terwyl inkomste met 12.7% gestyg het tot S$ 846,0 miljoen. Die SilkAirvloot bestaan uit die volgende vliegtuie (soos op 30 November 2014): "SilkAir names new chief executive" (in Engels). Channel NewsAsia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 7 Augustus 2012. "Singapore Airlines Jaarverslag 2009/2010" (PDF). Singapore Airlines. p. 67. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 Oktober 2010. Besoek op 1 Desember 2014. "Singapore Air Operators."
105690
Paul Adams (20 Januarie 1977 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketafrigter en 'n voormalige -speler. Hy was 'n linkshandige gewrigsdraaibouler wat sedert die 1990's sporadies vir die nasionale span uitgedraf het. Hy is ook die jongste persoon nóg wat vir Suid-Afrika toetskrieket gespeel het (18 jaar en 340 dae, in 1995). Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996 vir Suid-Afrika gespeel. Adams het sy land in 45 toetse verteenwoordig. Hy het 134 toetspaaltjies teen 'n gemiddeld van 32,87 lopies per paaltjie laat kantel. Hy het ook in 24 internasionale eendagwedstryde verskyn, waartydens hy 29 paaltjies teen 28,10 lopies per paaltjie laat kantel het. Hy het vanweë sy ongewone boulaksie ikoniese status verwerf. Strydig met afrigtingsmetodes, het hy sy gesig op die oomblik van aflewering hemelwaarts gedraai. Die Engelse krieketspeler, Mike Gatting, het per geleentheid opgemerk dat Adams se boulaksie soos " 'n padda in 'n voedselverwerker" lyk. Dit het aanleiding tot sy bynaam, Gogga, gegee. Adams is in 2012 as die breier van die Kaapse Kobras-krieketspan aangestel. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 Manthorp, Neil.
15623
Die term pogrom (afgelei van die Russiese погром en die werkwoord громить "verwoesting saai, gewelddadig verniel") verwys na 'n massiewe gewelddadige aanval op 'n bepaalde etniese, godsdienstige of ander groep mense, wat veral deur die vernieling van hulle huise, winkels en godsdienstige geboue gekenmerk word. Gewoonlik word die mense, waarop die aanval gemik is, aangerand en selfs vermoor. In sommige gevalle lei 'n pogrom tot 'n massaslagting. Die term het sy oorsprong in spontane of vooraf beplande geweldpleging teen weerlose Joodse burgers in Rusland en ander gebiede, maar word ook gebruik om na soortgelyke voorvalle te verwys, waarin veral minderheidsgroepe die slagoffers van geweld word. Massiewe geweldpleging teen Joodse burgers het verskeie kere uitgebreek, soos onder meer tydens die Kruistogte en die opstand in Oekraïne van 1649 tot 1651. Maar eers sedert die 19de eeu verwys die term pogrom na grootskaalse, doelbewuste en herhaalde anti-Joodse onluste. Die anti-Joodse onluste, wat 1821 ná die dood van 'n Grieks-Ortodokse patriarg in Konstantinopel in Odessa (tans Oekraïne) uitgebreek het, word deur 'n aantal bronne as die eerste dergelike progrom beskou, waarin veertien Joodse burgers vermoor is.
89975
Die Narita Internasionale Lughawe (Japannees:成田国際空港 of Narita Kokusai Kūkō) (IATA-kode: NRT, ICAO: RJAA), ook bekend as Tokio se Narita-lughawe, is die primêre internasionale lughawe in diens van die Groter Tokio-area van Japan. Dit is 57,5 km oos van Tokiostasie en 7 km oos-suidoos van Naritastasie geleë in die stad van Narita in Chiba en die aangrensende dorp Shibayama. Narita hanteer die meerderheid van die internasionale passasiersverkeer na en van Japan, en is ook 'n groot aansluitingspunt vir lugverkeer tussen Asië en Suid-Amerika. Die lughawe het 35 478 146 passasiers gehanteer in 2007. Dit is die tweede besigste lughawe vir passasiers in Japan, die besigste lugvragmiddelpunt in Japan, en die negende-besigste lugvragspilpunt in die wêreld. Dit dien as die vernaamste middelpunt van Japan se vlagdraer Japan Airlines, en ook All Nippon Airways, Nippon Cargo Airlines en die laekoste draers Jetstar Japan en Vanilla Air. Dit dien ook as 'n Asiatiese middelpunt vir Delta Air Lines en United Airlines. Volgens wet in Japan word dit as 'n eersteklaslughawe geklassifiseer. "Narita-lughawe verkeerstatistiek (Jan-Des 2018)" (PDF).
139743
Elisabeth Amalie Eugenie in Beiere (München, 24 Desember 1837 – Genève, 10 September 1898) was hertogin in Beiere en prinses van Beiere uit die Huis van Wittelsbach en later – deur haar huwelik met keiser Frans Josef I – keiserin van Oostenryk en vanaf 8 Junie 1867 ook koningin van Hongarye. Sy is algemeen bekend onder haar bynaam Sisi, soos haar familie haar genoem het. Met dié naam onderteken sy ook haar briewe aan haar naastes. Elisabeth was die tweede dogter van hertog Maximiliaan Josef in Beiere en prinses Ludovika, dogter van koning Maximiliaan I Josef van Beiere. Met haar sewe broers en susters bring sy 'n gelukkige kindertyd deur in die Hertog Maxpaleis by Ludwigstrasse nr. 8 in München. Die hertooglike familie had ook 'n somerverblyf, Schloss Possenhofen, in Possenhofen aan die Starnberger See. Elisabeth was besonder sorgeloos en meer liberaal opgevoed deur haar vader. In 1853 begelei die 15-jarige Elisabeth haar moeder en ouer suster Helene op 'n reis na die Oostenrykse Ischl (deesdae Bad Ischl), waar Helene die aandag van haar 22-jarige neef, keiser Frans Josef – wat in Ischl sy 23ste verjaarsdag sou vier – moes trek.
79039
Die Hercules-superswerms (SCl 160) is twee nabygeleë sterrestelsel-superswerms. Die twee swerms is taamlik groot in vergelyking met ander plaaslike superswerms: sowat 330 miljoen ligjare breed. Die Noordelike Plaaslike Superleemte lê voor hulle en is net so groot soos die swerms self. Die streek sluit in die sterrestelselswerms Abell 2147, Abell 2151 (Hercules-sterrestelselswerm) en Abell 2152. ’n Uiters lang filament van sterrestelsels is ontdek wat hierdie groep met die paar Abell 2197 en Abell A2199 verbind. Die Hercules-superswerm is naby die Coma-superswerm en is deel van die CfA2 Groot Muur. Abell-katalogus Superswerm Sterrekundeportaal "The Hercules Superclusters" (in Engels). Atlasoftheuniverse.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2019. Besoek op 19 November 2011. "Astronomy Supplement – A Universe of Galaxies" (in Engels). Physics.gmu.edu. 9 Maart 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016. Besoek op 19 November 2011. "Program 48: Hercules Supercluster" (in Engels). Tdc-www.harvard.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2018. Besoek op 19 November 2011. "Voids and Superclusters". Netfiles.uiuc.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2012-06-30.
235602
Divine (19 Oktober 1945 – 7 Maart 1988) was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Pink Flamingos (1972), Female Trouble (1974), Hairspray (1988), en Deep Blue Sea (1999). 1968: Eat Your Makeup 1969: Mondo Trasho 1970: Multiple Maniacs 1972: Pink Flamingos 1974: Female Trouble 1975: Lady Divine 1976: Underground and Emigrants 1979: Tally Brown, New York 1980: The Alternative Miss World 1981: Polyester 1985: Lust in the Dust 1985: Divine Waters 1988: Hairspray 1999: Deep Blue Sea 2010: Arias with a Twist 2010: Uncle Bob 2013: I Am Divine 1981: Night Flight 1983: Formel Eins 1994: Divine: Live at the Hacienda 1995: Divine: Shoot Your Shot 2001: More Lust, Less Dust 2007: The Roots of 'Hairspray' 2018: Crime and Beauty: Remembering Female Trouble 2018: Dreamlanders: Little Taffy Divine in die Internet-rolprentdatabasis Divine op Twitter Divine op Facebook Divine op Instagram Divine op YouTube
111490
Reduksionisme word soms as die teenoorgestelde van holisme gesien. Reduksionismewetenskap sê dat 'n ingewikkelde stelsel verklaar kan word met die reduksie in sy fundamentele onderdele. Die prosesse van biologie is byvoorbeeld reduseerbaar tot chemie, en die wette van chemie word weer deur fisika bepaal. Daar word gesê dat reduksionisme impliseer dat 'n stelsel niks anders as die som van sy onderdele is nie. 'n Meer genuanseerde siening aan die ander kant, is dat 'n stelsel geheel en al bestaan uit sy onderdele, maar die stelsel sal funksies hê wat nie een van die dele het nie. Reduksionisme is die praktyk van analisering en beskrywing van 'n komplekse verskynsel in terme van sy eenvoudige of fundamentele onderdele, veral wanneer daar gesê word dat dit 'n voldoende verduideliking verskaf. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
68890
Da Nang (Viëtnamees: Đà Nẵng) is 'n stad in die suide van Viëtnam met 'n bevolking van ongeveer 887 070 mense (2009). Dit is 740 km van Ho Chi Minh-stad (voorheen Saigon) geleë. Dit is 'n toerisme-bestemming, met 'n paar mooi strande. Administratief is dit een van die provinsies van Viëtnam. Die stad is langs die Suid-Chinese See en het baie strande en oorde. Dit is die belangrike seehawe in sentrale Viëtnam. Die Da Nang Internasionale Lughawe is 'n groot lughawe naby Da Nang, en is die belangrikste lughawe vir binnelandse en buitelandse vlugte in Viëtnam, met vlugte na baie groot stede in Viëtnam en Seoul, Kuala Lumpur, Singapoer, Sjanghai, Guangzhou. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Da Nang. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.