id
stringlengths 1
6
| contents
stringlengths 0
3.18k
|
---|---|
131628 | Die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis (Engels: Hercules-Corona Borealis Great Wall), of die Groot GRB-muur, is ’n moontlike enorme, superswaar galaktiese struktuur. Die streek is in November 2013 deur ’n span Amerikaanse en Hongaarse sterrekundiges ontdek danksy die teenwoordigheid van ’n buitengewone konsentrasie gammaflitse, wat die aanduiding van sterrestelsels is. As dit bestaan, sal dit die grootste bekende struktuur in die heelal wees, twee keer so groot as die vroeër ontdekte U1.27. Die rooiverskuiwing is tussen 1,6 en 2,1. Die moontlike muur lê in die Tweede, Derde en Vierde Kwadrant (NQ2, NQ3 en NQ4) van die lug, dus in die noordelike halfrond, en is gekonsentreer in die sterrebeelde Hercules en Noordelike Kroon. So ’n konsentrasie gammaflitse lyk uiters onwaarskynlik in die lig van aanvaarde teoretiese modelle. As dit bestaan, sal dit sowat 10 miljard by 7,2 miljard ligjare groot wees. Die konsentrasie is deur verskeie sterrekundiges van Amerika en Hongarye ontdek. Hulle het data gebruik van verskillende ruimteteleskope wat by gammastraal- en X-straal-golflengtes werk, asook data van grondgebaseerde teleskope. Horváth, István; |
213474 | Dayo Okeniyi is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Hunger Games (2012), The Spectacular Now (2013), en Terminator Genisys (2015), en in die televisiereeks Shades of Blue (2016). 2012: The Hunger Games 2013: The Spectacular Now 2013: American Backwoods: Slew Hampshire 2013: Cavemen 2015: Terminator Genisys 2016: Shades of Blue 2012: Tribute Video Diaries 2012: The Stunts of the Hunger Games 2012: The Hunger Games: Capitol Couture - The Styles of Panem 2012: The Weapons of the Arena 2012: Effected: The Visual Artwork of the Hunger Games 2012: Stories from the Tributes 2012: The Hunger Games: Casting the Tributes 2012: Feast & Famine: Creating the Food for the Hunger Games 2012: On the Black Carpet: The Hunger Games Premiere Dayo Okeniyi in die Internet-rolprentdatabasis Dayo Okeniyi op Twitter |
228960 | Maura Tierney (gebore 3 Februarie 1965) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Liar Liar (1997), Forces of Nature (1999), en Insomnia (2002), en in die televisiereeks ER (1994). 1991: Dead Women in Lingerie 1997: Liar Liar 1999: Forces of Nature 1999: Instinct 1999: Oxygen 2001: Scotland, Pa. 2002: Insomnia 2004: Welcome to Mooseport 2006: Diggers 2008: Semi-Pro 2008: Finding Amanda 2012: Nature Calls 2017: Anything 2018: Beautiful Boy 2019: The Torture Report 1988: The Van Dyke Show 1994: ER 1994: 704 Hauser 1995: NewsRadio 2000: Sammy 2010: The Whole Truth 2012: Ruth & Erica 2014: The Affair 1988: Crossing the Mob 1989: Flying Blind 2009: Stuck 1999: Liar Liar: Bridging the Comedy Chasm Maura Tierney in die Internet-rolprentdatabasis |
52252 | Moeammar al-Ghaddafi (Arabies: معمر القذافي) (gebore 7 Junie 1942 te Sirte, oorlede 20 Oktober 2011 te Sirte), ook bekend as "Kolonel Gaddafi", was vir 42 jaar die de facto leier van Libië. Hy het met 'n staatsgreep in 1969 aan bewind gekom wat weer in 2011 deur die Libiese Burgeroorlog beëindig is. Ghaddafi het nie 'n openbare amp of titel gehad nie, maar is dikwels as "Broederleier" aangespreek. Ghaddafi se naam word op talle wyses vanaf Arabies getranslitereer, onder andere: Gadhafi, Gadaffi, Gaddafi, Gadhdhafi, Ghaddafi, Khadaffi, Kaddafi, Kadhdhafi, Khadafy, Qadaffi, Qaddafi, Qadhafi, Qadhdhafi en Qathafi. Sy gesag is die laaste halfjaar van sy lewe nie meer deur die meeste lande erken nie. Op 20 Oktober 2011 het 'n woordvoerder van die Nasionale Oorgangsraad bekend gemaak dat al-Ghaddafi met die oorname van Sirte gevange geneem is. Later die dag het Abdul Hakim Belhaj, 'n bevelhebber van die rebelle, gemeld dat al-Ghaddafi aan sy wonde beswyk het. (en) Salak, Kira. |
202907 | Haliclona crowtheri is 'n gewone sponsspesie uit die familie van die Chalinidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2012 deur Goodwin, Brewin & Brickle. Van Soest, R. (2012). Haliclona crowtheri Goodwin, Brewin & Brickle, 2012. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J., Dohrmann, M., Cristina Díaz, M. (2012) World Porifera database. Geraadpleeg via: World Register of Marine Species op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=710129 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
204147 | Lithobactrum is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Lithobactrum forte (Kirkpatrick, 1903) |
204035 | Lipastrotethya is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Lipastrotethya ana (De Laubenfels, 1954) Lipastrotethya hilgendorfi (Thiele, 1898) Lipastrotethya rhaphoxea (De Laubenfels, 1934) Lipastrotethya strongyloxea (Alcolado & Gotera, 1986) |
202371 | Die Elandsdriftdam in die Groot-Visrivier is deel van die Oranjerivierprojek en voldoen aan 'n groot deel van Port Elizabeth se waterbehoeftes. Die dam lê tussen Cradock en Kookhuis, net wes en sigbaar van die Daggaboersnek-padstal op die N10-pad. Dit is by die Nelland-spoorweghalte, suid van Drennan en noord van Witmos en by die koördinate 32° 31′ 48.2″ suid en 25° 45′ 22.5″ oos. Met die Oranje-Visrivier Tonnel van 80 km lank gaan die water uit die Gariepdam van Oviston na Teebus (tussen Rosmead en Steynsburg). Met die Teebusspruit en die Grootbrakrivier vloei dit na die Grassridgedam. Van daar na die Groot-Visrivier tot by die keerwal Elandsdriftdam. Hier word die water uitgekeer in 'n kanaal, daarna loop dit deur 'n tonnel tot Uitkeer, tussen Somerset-Oos en Kookhuis, en van daar weer in 'n kanaal na die Klein-Visrivier. In hierdie rivier loop die water tot die De Mistkraal-keerwal, van waar dit in 'n kanaal na die Schoenmakersspruit gelei word. Hierdie spruit voed die Darlingtondam (deel van die Addo-olifant Nasionale Park) in die Sondagsrivier. |
203555 | Hymedesmiidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Acanthancora (Topsent, 1927) Hamigera (Gray, 1867) Hemimycale (Burton, 1934) Hymedesmia (Bowerbank, 1864) Kirkpatrickia (Topsent, 1912) Myxodoryx (Burton, 1929) Phorbas (Duchassaing & Michelotti, 1864) Plocamionida (Topsent, 1927) Pseudohalichondria (Carter, 1886) Spanioplon (Topsent, 1890) |
202395 | Fibulia is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Fibulia anchorata (Carter, 1881) Fibulia carnosa (Carter, 1886) Fibulia conulissima (Whitelegge, 1906) Fibulia cribriporosa (Burton, 1929) Fibulia hispidosa (Whitelegge, 1906) Fibulia intermedia (Dendy, 1896) Fibulia maeandrina (Kirkpatrick, 1907) Fibulia myxillioides (Burton, 1932) Fibulia novaezealandiae (Brøndsted, 1924) Fibulia ramosa (Ridley & Dendy, 1886) |
202747 | Mizrachi-Jode (Hebreeus: מזרחי, Mizrachi, letterlik: "oostelik"; מִזְרָחִים, Mizrachim), ook bekend as Edot HaMizrach (עֲדוֹת-הַמִּזְרָח; "Gemeenskape van die Ooste"; Hebreeus: ʿEdot(h) Ha(m)Mizraḥ), Bene HaMizrah ("Seuns van die Ooste"), of Oosterse Jode, is afstammelinge van plaaslike Joodse gemeenskappe in die Midde-Ooste van Bybelse tye tot in die moderne era. Hulle sluit afstammelinge van Babiloniese Jode en Bergjode uit die hedendaagse Irak, Sirië, Bahrein, Koeweit, Dagestan, Azerbeidjan, Iran, Oesbekistan, Kaukasus, Koerdistan, Afghanistan, Indië en Pakistan in. Jemenitiese Jode, sowel as Noord-Afrikaanse Jode word soms ook ingesluit, maar hul geskiedenis is afsonderlik van die Babiloniese s'n. Mizrachi-Jode vorm die tweede grootste en oudste groep binne die Joodse diaspora (Jode buite Israel) met 'n geskiedenis van meer as 2600 jaar. Die eerste gemeentes het met die begin van die Joodse diaspora na die vernietiging van die eerste Tempel van Jerusalem deur Babilonië in 587 v.C. ontstaan. |
200539 | Hierdie artikel behoort versmelt te word met Isolator (elektrisiteit). Isolering voorkom ongewenste deurdringing of geleiding en beveilig mens en dier teen elektriese skok. Isolering voorkom ook die verlies van energie, veral waar dit nodig is om 'n gunstige lewensklimaat daar te stel, Isolering van elektrisiteit, warmte, geluid en vog speel 'n belangrike rol in die samelewing. 'n Groot verskeidenheid van materiale en metodes word in huishoudings, die handel en die nywerheid aangewend as isolering. Die grootskaalse gebruik van elektrisiteit het tot wetgewing aanleiding gegee wat vir behoorlike isolering voorsiening maak. Elektrisiteit kan gevaarlike skokke en selfs ook brande veroorsaak. In Suid-Afrika omskryf nywerheidswetgewing 'n omvattende aantal reëls en regulasies wat installering en isolering betref. Waar elektrisiteit betrokke is, bepaal sekere voorskrifte hoe isolering moet plaasvind, watter materiale die geskikste is, en wat die maksimum aanslag is wat die isolering in die vorm van druk, skokke, temperatuur en spanning kan weerstaan. By elektrisiteit kom isolering voor in die vorm van geleieromhulsels, kontakpunte wat in isolasiemateriaal gemonteer word om as skakelaars te dien, isolators waaraan kabels gehang word, pype waarin bedrading gelê word, en die handvatsels en omhulsels van apparaat en toerusting. |
203171 | Die 2018 Rugbykampioenskap was die sewende uitgawe van die uitgebreide jaarlikse suidelike halfrond Rugbykampioenskap, tussen Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, 'n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks. Die toernooi het op 18 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika as gasheer vir Argentinië, en agt weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 6 Oktober toe Nieu-Seeland Suid-Afrika besoek het en Australië in Argentinië gespeel het. Die formaat vir die 2018-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het een keer tuis gespeel, en een keer weg, met 'n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met 'n wen het 'n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en 'n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. 'n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in 'n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. |
203955 | Lamellomorpha is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Lamellomorpha strongylata (Bergquist, 1968) |
200515 | Die donkerkonynvis (Siganus luridus) is 'n vis wat wydverspreid in die westelike Indiese Oseaan voorkom: die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die dusky rabbitfish. Die vis word tot 30 cm lank. Die boonste kant van die lyf is gewoonlik geelbruin en die onderkant is lig. Daar is klein blou kolletjies op die sye van die vis. Daar is verskeie blou, horisontale lyne op die wange en donker, vertikale strepe op die gelerige stert. Die vis se kleur kan egter varieer, die bokant van die lyf kan ook donker geelbruin wees en grys aan die onderkant met 'n geel streep aan die bokant van die sye en 'n wit streep deur die middel van die lyf. Hulle leef in rotsstrande en aflandige riwwe in water wat tot 40 m diep is. Die vis leef in pare of klein groepies saam. Hulle vreet alge. Die spesie is seldsaam in Suid-Afrikaanse waters. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. |
202971 | Pantar is 'n eiland in die Indonesiese provinsie Oos-Nusa Tenggara wat tot die Alor-argipel behoort. Die eiland is noordelik van Timor en westelik van Alor geleë. Dit is 50 km lank en 29 km breed. Die oppervlakte is 720 km². Dit tel omtrent 30 000 inwoners. Die eiland is vulkanies en word deur die Siroeng-vulkaan beheers. Die berg is 862 m hoog. Die vulkaan is in die suide van die eiland geleë en het 'n kaldera wat 2 km breed is en wat in die reëntyd met sure water gevul is. Berg Siroeng (Gunung Sirung) het 'n lawakoepel aan die wesrand van die kaldera. In die groot krater is fumaroles en kokende bronne. Die vulkaniese gasse wat opborrel is ryk aan chloor. Daar was 'n uitbarsting op 14–15 Junie 1934 met as wat op die dorp Ilakalau geval het en 30 m hoë lawafonteine. In 1987 was daar 'n 6,5 aardbewing en in 2004 was daar persberigte oor aktiwiteit wat deur die outoriteite ontken is. Die laaste uitbarsting was in Mei 2012 en dit het 'n rookwolk 3,5 km in die atmosfeer gestuur. Daar word verskeie tale op die eiland gepraat. |
202083 | Moenie verwar word met Boerejode nie. Bergjode of Kaukasiese Jode (Azerbeidjans: Dağ Yəhudiləri; Hebreeus: יהודי קווקז, Jehoedéj Kafkas of יהודי ההרים, Jehoedéj he-Harim, Russies: Горские евреи, Ghorskije Jewrej) is Jode van die oostelike en noordelike Kaukasus, veral Azerbeidjan, Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië. Hulle is die afstammelinge van Persiese Jode uit Iran. Bergjode verwys na hulself as Djoehoer ("Jode") en na hul taal as Djoehoeri ("Joods"). Die Bergjode-gemeenskap het hulle vanaf die 5de eeu in Antieke Persië gevestig; hul taal, Judeo-Tat genoem, is 'n antieke Suidwes-Irannese taal wat baie elemente van antieke Hebreeus bevat en nou verwant is aan Persies. Volgens bewerings het hulle Persië uit die Antieke Israel reeds in die 8ste eeu v.C. bereik. Hulle het voortgegaan om na die ooste te migreer en hulle uiteindelik in die bergagtige gebiede van die Kaukasus gevestig. Die Bergjode het talle historiese wisselvallighede oorleef omdat hulle hulle in uiters afgeleë en bergagtige gebiede gevestig het. Die Joodse godsdiens en gebruike is deur eeue heen onderhou en bewaar. |
202155 | Erylus is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). E. aleuticus (Lehnert, Stone & Heimler, 2006) E. alleni (De Laubenfels, 1934) E. almirante (Vieira, Cosme & Hajdu, 2010) E. amissus (Adams & Hooper, 2001) E. amorphus (Burton, 1926) E. amphiastera (Wintermann-Kilian & Kilian, 1984) E. aspidodiscus (Topsent, 1928) E. bahamensis (Pulitzer-Finali, 1986) E. burtoni (Lévi & Lévi, 1983) E. caliculatus (Lendenfeld, 1910) E. cantabricus (Ferrer-Hernández, 1912) E. carteri (Sollas, 1888) E. circus (Adams & Hooper, 2001) E. citrus (Adams & Hooper, 2001) E. corneus (Boury-Esnault, 1973) E. cornutus (Wilson, 1925) E. corsicus (Pulitzer-Finali, 1983) E. cylindriger (Ridley, 1884) E. decumbens (Lindgren, 1897) E. deficiens (Topsent, 1927) E. diminutus (Mothes, Lerner & Silva, 1999) E. discastera (Dickinson, 1945) |
202051 | Panyindangan is 'n bestuurslaag in die regentskap Garut van die provinsie Wes-Java, Indonesië. Panyindangan tel 5 636 inwoners (volkstelling 2010). Resultate van die volkstelling (2010), Badan Pusat Statistik, Population of Indonesia by Village |
203371 | Hyattella is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Hyattella cavernosa (Pallas, 1766) Hyattella concertina (De Laubenfels, 1954) Hyattella cribriformis (Hyatt, 1877) Hyattella globosa (Lendenfeld, 1889) Hyattella hancocki (Dickinson, 1945) Hyattella intestinalis (Lamarck, 1814) Hyattella meander (Lendenfeld, 1889) Hyattella obscura (Lendenfeld, 1889) Hyattella pertusa (Esper, 1794) Hyattella sinuosa (Pallas, 1766) Hyattella tenella (Lendenfeld, 1889) Hyattella tubaria (Lendenfeld, 1889) |
203355 | Homaxinella is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Homaxinella amphispicula (De Laubenfels, 1961) Homaxinella balfourensis (Ridley & Dendy, 1886) Homaxinella brevistyla (Hoshino, 1981) Homaxinella ensifera (Lamarck, 1815) Homaxinella erecta (Brøndsted, 1924) Homaxinella flagelliformis (Ridley & Dendy, 1886) Homaxinella infundibula (Tanita & Hoshino, 1989) Homaxinella ramosimassa (Tanita & Hoshino, 1989) Homaxinella subdola (Bowerbank, 1866) Homaxinella tanitai (Hoshino, 1981) |
203219 | Houtblaasinstrumente is 'n familie van musiekinstrumente binne die groter familie van blaasinstrumente. Daar is twee hooftipes van houtblaasinstrumente, naamlik fluite en rietinstrumente (ook genoem rietpype). Voorbeelde van houtblaasinstrumente is die saxofoon, fagot, en piccolo. 'n Persoon wat 'n houtblaasinstrument bespeel, word 'n houtblaser genoem. |
203995 | Latrunculiidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Cyclacanthia (Samaai, Govender & Kelly, 2004) Latrunculia (du Bocage, 1869) Sceptrella (Schmidt, 1870) Strongylodesma (Lévi, 1969) Tsitsikamma (Samaai & Kelly, 2002) |
203195 | Hamacanthidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Hamacantha (Gray, 1867) Pozziella (Topsent, 1896) |
76918 | Die sjieling is die geldeenheid van Uganda. Munte in sirkulasie is: 10, 50, 100, 200 en 500 sjielings. Die 10- en 50-shilling munte word egter nie algemeen gebruik nie. Die papiergeld is beskikbaar in 1000, 2000, 5000, 10000, 20000 en 50000 sjielings. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
67206 | Die Jakobsweg oftewel Sint Jakobus se weg (Kastiliaans: El Camino de Santiago, Baskies: Done Jakue bidea, Galicies: O Camiño de Santiago, Frans: Chemins de Saint-Jacques-de-Compostelle, Duits: Der Jakobsweg), soms bloot Die Weg, is 'n aantal pelgrimsroetes wat verskillende oorspronge oor Europa het en eindig by die katedraal in Santiago de Compostela, Galisië (Spanje), waar volgens oorlewering die stoflike oorskot van die apostel Sint Jakobus begrawe is nadat dit per boot vanaf Jerusalem vervoer is. Die Jakobsweg is meer as 'n duisend jaar oud, en is sedert oudsher een van die belangrikste Christelike pelgrimstogte, neffens die pelgrimstogte na Rome (die Via Francigena) en na Jerusalem, en een waarop in die Katolieke geloof 'n volle aflaat, dit is, 'n totale kwytskelding van aardse bestrawwing vir reeds vergewe sondes, verdien kan word. Die Jakobsweg is oorspronklik by 'n pelgrim se huis begin, en alhoewel sommiges dit steeds só onderneem, word dit vandag konvensioneel by enige van 'n aantal tradisionele beginpunte oor Europa geïnisieer. |
33407 | 'n Brandstofsel is 'n elektrochemiese toestel wat die chemiese energie van 'n reaksie omskakel na elektriese energie. Die brandstofsel skakel waterstof om na elektrisiteit deur die waterstof met suurstof te verbind, wat water as byproduk lewer. Die elektrisiteit word opgewek deur reaksies binne-in die sel wat 'n elektroliet bevat met 'n brandstof aan die anodekant en 'n oksideermiddel aan die katodekant. Die reagense vloei in die sel in en die reaksieprodukte vloei dan weer daaruit terwyl die elektroliet in die sel bly. Brandstofselle kan byna onafgebroke bly funksioneer solank die vloei instandgehou word. Brandstofselle is anders as konvensionele elektrochemiese batteryselle deurdat hulle reagense uit 'n eksterne bron verbruik wat weer aangevul moet word. Baie kombinasies van brandstowwe en oksideermiddels is moontlik. 'n Waterstofbrandstofsel gebruik waterstof as sy brandstof en suurstof (gewoonlik uit lug verkry) as die oksideermiddel. Ander brandstofselle sluit koolwaterstof- en alkoholselle in. Brandstofselle kan 'n verskeidenheid vorme aanneem maar hulle almal werk op dieselfde basiese manier. Hulle bestaan uit drie lae: die anode, die elektroliet en die katode. Die chemiese reaksies vind plaas op die raakvlakke van die drie segmente. |
79660 | Donatien Alphonse François de Sade (2 Junie 1740 – 2 Desember 1814), beter bekend as die markies de Sade, was ’n Franse aristokraat, rewolusionêre politikus, filosoof en skrywer. Hy was bekend vir sy libertynse seksualiteit. Sy werk sluit in romans, kortverhale, toneelstukke, dialoë en politieke pamflette; sommige daarvan is in sy leeftyd onder sy eie naam gepubliseer, terwyl ander anoniem verskyn het en Sade ontken het dat hy dit geskryf het. Hy is veral bekend vir sy erotiese werk, wat filosofiese gesprekke en pornografie gemeng het, en vol was van seksuele fantasieë met ’n klem op geweld, misdadigheid en godslastering teen die Katolieke Kerk. Hy was ’n voorstander van ekstreme vryheid, ongebonde deur moraliteit, godsdiens of die reg. Die woorde "sadis" en "sadisme" is van sy naam afgelei. Sade het vir omtrent 32 jaar van sy lewe tyd in verskeie gevangenisse en psigiatriese hospitale deurgebring. Tydens die Franse Rewolusie is hy verkies tot ’n afgevaardigde in die Nasionale Kongres. Baie van sy werk is in die tronk geskryf. Die markies de Sade is in die Condé-paleis in Parys gebore. |
80335 | Die 58ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Maart 1986 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1985. Die aanbieders was Alan Alda, Jane Fonda en Robin Williams. The Color Purple het The Turning Point se rekord van 1978 geëwenaar as die prent met die meeste benoemings wat nie een Oscar gewen het nie: altesaam 11. Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk): Paul Newman Alex North John H. Whitney sr. Charles Rogers "The 58th Academy Awards (1986) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2014. Besoek op 16 Oktober 2011. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars. Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia |
389052 | Die wit-blou-wit vlag (Russies: Бело-сине-белый флаг, БСБ) is 'n simbool van protes in Rusland teen die Russiese inval van 2022 in Oekraïne. Dit is op 28 Februarie 2022 die eerste keer op sosiale netwerke genoem en algemeen deur teenstanders van die oorlog aanvaar. Volgens aktiviste simboliseer dit die stryd om vrede en vryheid van denke. Die rooi kleur van die Russiese vlag, wat met bloed en die Sowjetverlede verbind word, is vervang met wit, vir vrede. Die kleurkombinasie is ook dieselfde as op die ou vlag van die stad Weliki Nowgorod in herinnering aan die tradisies van die Republiek Nowgorod. Die ontwerp van die vlag herinner ook aan die vlag van Belarussiese protes (wat ook die historiese vlag van Belarus is). Op 6 Maart 2022 is Anna Doebkowa, 'n Moskouse inwoner, deur 'n polisieman aangehou as deel van die Ingrypingsplan omdat sy die wit-blou-wit vlag op haar motor geplaas het. Volgens die polisieverslag is die vlag 'n simbool van "... protes teen oorlog, wat algemeen onder opposisiemagte is". Doebkowa is tot 15 dae gevangenisstraf gevonnis kragtens Artikel 19.3 van die Kode van Administratiewe Oortredings. |
3820 | 27 Maart is die 86ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (87ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 279 dae in hierdie jaar. 1000 – Pous Silvester II verleen die koningstitel aan Sint Stefanus van Hongarye. 1272 – Pous Gregorius X gekroon. 1329 – Pous Johannes XXII veroordeel die leerstellings van Meester Eckhart in die bul In Agro Dominico. 1513 – Die Spaanse veroweraar Juan Ponce de León sien Florida vir die eerste keer terwyl hy op soek is na die Fontein van Ewigdurende Jeug in die Nuwe Wêreld. 1851 – Eerste Europese berig van die bestaan van die Yosemite-vallei. 1871 – Engeland en Skotland speel in die eerste internasionale rugbywedstryd; |
2277 | Die jaar 1262 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 62ste jaar van die 13de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Straatsburg se posisie as 'n belangrike ekonomiese sentrum word bevestig. Díe stad word 'n Vrye Ryksstad. |
7113 | Die atoomgetal (Z) is 'n term wat in chemie en fisika gebruik word om die aantal protone wat in die kern van 'n atoom voorkom, aan te dui. In 'n atoom met 'n neutrale lading is die aantal elektrone tipies gelyk aan die atoomgetal. Die atoomgetal het aanvanklik verwys na die nommer wat die element se plek in die periodieke tabel aangedui het. Toe Mendelejef die bekende chemiese elemente gegroepeer het na aanleiding van ooreenkomste in hulle chemiese gedrag, is daar opgemerk dat die plasing van elemente in streng volgorde volgens hulle atoommassa's gelei het tot verkeerde plasings. Jodium en tellurium verskyn oënskynlik in die verkeerde volgorde as hulle in die tabel volgens hul atoommassas gelys word en pas beter in die tabel as hulle plekke omgeruil word. Wanneer hulle in die volgorde geplaas word waar hulle chemiese eienskappe beter ooreengestem het dit duidelik geword dat hulle nommers in die tabel ooreengestem het met hul atoomgetalle soos in die eerste paragraaf gedefinieer. Die getal is proporsioneel tot die massa van die atoom, maar het soos deur bostaande afwyking geïllustreer, 'n ander eienskap as die massa gereflekteer. |
530 | Die jaar 1920 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 20ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 28 Januarie – Die Afrikaanse Hogere Skool, voorganger van die Afrikaanse Hoër Seunskool, open. 14 Februarie – Stigting van Université de Montréal (Kanada). 20 April-12 September – Die sewende Olimpiese Somerspele word in Antwerpen, België, aangebied. 16 Mei – Pous Benedictus XV verklaar Johanna van Arkel (Jeanne d'Arc) heilig. 29 Mei – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word priester. 31 Augustus – Die eerste radio nuusuitsending word in Detroit, Michigan gemaak. 15 November – Die eerste algemene vergadering van die Volkebond word in Genève, Switserland, gehou. Onbekend – Warden in die Oos-Vrystaat word 'n munisipaliteit. 2 Januarie – Isaac Asimov, Amerikaanse wetenskapfiksie-skrywer († 6 April 1992). 19 Januarie – Javier Pérez de Cuéllar, 'n Peruaanse diplomaat en politikus († 2020). 19 Januarie – Johnny Haymer, Amerikaanse akteur († 1989). |
386240 | Strumaria hardyana is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Strumaria behoort. Die spesie is endemies aan Namibië. Plants of the World Online |
45931 | Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Turke. Turks (Türkçe [ˈtyɾct͡ʃɛ] luister (hulp·inligting)) word deur omtrent 71 miljoen mense wêreldwyd as eerste taal gepraat en is dus die Turkse taal wat die meeste gepraat word. Die meeste sprekers woon in Turkye en Siprus, met kleiner groepe in Irak, Griekeland, Bulgarye, Noord-Masedonië, Kosowo, Albanië en ander dele van Oos-Europa. Turks is die amptelike taal van Siprus, Turkye en die omstrede gebied Noord-Siprus. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Turkic" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 18 Oktober 2015. Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Turks Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Turks. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Turks. |
282476 | Equipe Ligier is 'n Franse motorsportspan, veral bekend vir sy Formule Een-span wat van 1976 tot 1996 aan die sport deelgeneem het. Die span is in 1968 deur die voormalige Franse rugbyspeler Guy Ligier gestig as 'n vervaardiger van sportmotors. Na sy uittrede uit wedrenne ná die dood van sy vriend Jo Schlesser, het Guy Ligier besluit om sy eie span te stig en het die ingenieur Michel Tétu 'n sportmotor met die naam JS1 (voorletters van Schlesser) laat ontwikkel. Die JS1 met 'n Cosworth-kragbron, het in 1970 by Albi en Monthlery gewen, maar by die Le Mans en Tour Automobile de France uitgeval. Vir 1971 het Ligier die JS1 tot die JS2 en JS3 ontwikkel. Die JS2 is gehomologiseer vir padgebruik en het 'n Maserati V6-enjin gebruik, terwyl die JS3 'n oopdaksportprototipe was wat aangedryf is deur 'n Cosworth DFV V8-enjin. Die JS3 het in 1971 by Monthlery gewen, maar kon nie die minimumafstand vir Le Mans voltooi nie. Daarom is dit gestaak, en Ligier het die Cosworth DFV in die JS2-padmotor geïnstalleer en in 1975 algeheel tweede by Le Mans geëindig. |
41126 | 'n Chemiese formule soos H2O of YBa2Cu3O7-x is 'n manier om inligting weer te gee oor die atome waaruit 'n spesifieke chemiese verbinding bestaan en oor hoe die verhouding tussen daardie atome verander tydens chemiese reaksies. In 'n molekulêre verbinding word elke element in die verbinding geïdentifiseer deur sy chemiese simbool asook die aantal atome wat in elke molekule van daardie verbinding aangetref word. As 'n molekule meer as een atoom van 'n spesifieke element bevat word hierdie hoeveelheid met 'n onderskrif na die chemiese simbool aangedui. Vir ioniese verbindings en ander nie-molekulêre stowwe dui die onderskrif die verhouding van elemente in die empiriese formule aan. Die 19de eeuse Sweedse chemikus Jöns Jakob Berzelius het hierdie stelsel vir die neerskryf van chemiese formules ontwikkel. Aanvanklik het navorsers met behulp van elementêre analise dikwels net kan bepaal watter elemente in 'n stof teenwoordig is. In proteïne is dit gewoonlik koolstof, waterstof, suurstof, stikstof en swawel. Hulle het dit geskryf as (C,H,O,N,S). In hierdie notasie is water: (H,O). |
44167 | Die Dag van Ivan Denisowitsj (Russies: Оди́н день Ива́на Дени́совича, Odin den' Ivana Denisovicha, [ɐˈdʲin ˈdʲenʲ ɪˈvanə dʲɪˈnʲisəvʲɪtɕə]; in Engels vertaal as One Day in the Life of Ivan Denisovich) is 'n roman geskryf deur Aleksandr Solzhenitsyn. Dit is in November 1962 vir die eerste keer gepubliseer in die Sowjet-letterkundetydskrif Nowi Mir (Nuwe Wêreld). Dit speel af in 'n Sowjet-arbeidskamp in die 1950's en beskryf 'n enkele dag in die lewe van 'n gewone gevangene, Iwan Denisowitsj Sjoechof. Solzhenitsyn (Denisowitsj in die verhaal) het eerstehandse ondervinding in die arbeidskampe, die Goelag, opgedoen nadat hy van 1945 tot 1953 'n gevangene was oor die skryf van 'n neerhalende opmerking in 'n brief aan 'n mede-offisier oor die verloop van die oorlog deur Josef Stalin. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
389531 | Rugby Kanada (Engels: Rugby Canada; Frans: Fédération canadienne de rugby à XV) is die nasionale beheerliggaam van rugby in Kanada. Rugby Kanada is in 1974 gestig en het in 1987, net voor die eerste rugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was Rugby Kanada in 2001 ’n stigtingslid van die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA; nou Rugby Amerikas Noord), nadat Kanada en die Verenigde State by die Wes-Indiese Rugbyvereniging (West Indies Rugby Association) aangesluit het. Rugby Kanada administreer die Kanadese nasionale rugbyspan en beheer die Rugby Kanada Nasionale Junior Kampioenskap, 'n nasionale kompetisie vir onder-20 mansspanne. Dit het voorheen die Superliga ondersteun as die hoogste vlak van manskompetisie in die land, maar die liga is gestaak nadat die Amerikas Rugbykampioenskap geskep is in 2009, met slegs Kanadese spanne verteenwoordig in die eerste fase. British Columbia Rugbyunie Fraser Valley Rugbyunie Vancouver Rugbyunie New Brunswick Rugbyunie Newfoundland Rugbyunie Ontario Rugbyunie PEI Rugbyunie Rugby Alberta Rugby Manitoba Rugby Nova Scotia Rugby Quebec Saskatchewan Rugbyunie (en) "Member Unions". |
53969 | Portland kan verwys na: Portland, Colorado Portland, Maine Portland, Nederland Portland, Oregon Portlandsement |
263434 | Patti Harrison (gebore 1991) is 'n Amerikaanse aktrise en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente A Simple Favor (2018) en Bagdad, Florida, en in die televisiereekse The Special Without Brett Davis (2015) en Search Party (2016). 2018: A Simple Favor Bagdad, Florida 2015: The Special Without Brett Davis 2016: Search Party 2016: Seriously.TV Patti Harrison in die Internet-rolprentdatabasis Patti Harrison op Instagram Patti Harrison op YouTube |
29841 | Die "dot-com voorspoedgolf" was 'n spekulatiewe finansiële voorspoedgolf wat rofweg tussen 1995-2001 (met sy hoogtepunt op 10 Maart 2000, toe die NASDAQ 5132.52 punte bereik het) voorgekom het, toe aandelemarkte in die Westerse lande ongekende groei beleef het in veral die internetsektor en verwante markte. Die tydperk is gekenmerk deur die stigting (en in baie gevalle fabelagtige mislukkings) van 'n groep nuwe internet-gebaseerde maatskappye wat allerweë as dot-com's beskryf is. 'n Kombinasie van vinnigstygende aandeelpryse, indiwiduele spekulasie in aandele en maklikbekombare waagkapitaal het 'n atmosfeer van onredelike verwagtinge geskep waar baie besigheidsmense die standaard besigheidsmodelle geïgnoreer het en eerder op hul markaandeel gefokus het in plaas daarvan om op gesonde winsgrense te konsentreer. Pas hierna het die mislukking en ineenstorting van die markte gelei tot 'n matige, dog langdurige resessie in die ontwikkelde lande van die wêreld. |
389387 | Babin Jar (Oekraïens: Бабин Яр) of Babi Jar (Russies: Бабий Яр) is 'n kloof of ravyn in die Oekraïense hoofstad, Kijif, en 'n terrein waar Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog in sy veldtog teen die Sowjetunie massaslagtings uitgevoer het. Die eerste en bes gedokumenteerde slagting het op 29-30 September 1941 plaasgevind toe omtrent 33 771 Jode vermoor is as deel van 'n veldtog om al die Jode van Kijif uit te wis. Dit was die grootste massamoord onder die Nazi's en hulle Oekraïense meelopers in die veldtog teen die Sowjetunie, en dit word "die grootste enkele slagting in die geskiedenis van die Holocaust" tot in daardie stadium genoem. Dit is net oortref deur die latere Odessa-slagting van meer as 50 000 Jode in Oktober 1941 (deur Duitse en Roemeense soldate) en deur Aktion Erntefest van November 1943 in die besette Pole met 42 000 tot 43 000 slagoffers. Slagoffers van ander slagtings op die terrein sluit in Sowjetse oorlogsgevangenes, kommuniste, Oekraïense nasionaliste en Roma. Tussen 100 000 en 150 000 mense is raming tydens die Duitse besetting by Babin Jar vermoor. |
4025 | 31 Maart is die 90ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (91ste in ’n skrikkeljaar). Dit is ook die laaste dag van die eerste kwartaal van die jaar. |
140436 | Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kikuyu (volk). Kikuyu of Gikuyu (Gĩkũyũ, [ɣēkōjó]) is 'n Bantoetaal in Oos-Afrika wat deur sowat 6,6 miljoen mense gepraat word. Dit word hoofsaaklik deur die Kikuyu in die drie lande Kenia, Tanzanië en Uganda gepraat. Kikuyu is ná Swahili en nog voor Engels die tweede mees gesproke taal in Kenia en word veral in die sentrale provinsie tussen die stede Nyeri en Nairobi gebesig. Die Kikuyu vorm ook die grootste etniese groep in Kenia, met sowat 4,4 miljoen mense. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Gikuyu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 7 Julie 2018. "Kikuyu" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 7 Julie 2018. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kikuyu. Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Kikuyu |
207349 | Peter Bergman (gebore 11 Junie 1953) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse All My Children (1970), The Young and the Restless (1973), The Bold and the Beautiful (1987), en The King of Queens (1998). 2009: A Way of Life 1970: All My Children 1973: The Young and the Restless 1977: The Starland Vocal Band Show 1987: The Bold and the Beautiful 1998: The King of Queens 2002: SoapTalk 1994: 50 Years of Soaps: An All-Star Celebration 1995: All My Children 25th Anniversary Special 1998: Soaps' Most Unforgettable Love Stories 2018: Live from the 45th Annual Daytime Emmys Nominees Reception Peter Bergman in die Internet-rolprentdatabasis |
58139 | Poligamie (πολυ (poly) = veel; γαμος (gamos) = huwelik)) is 'n huwelik van 'n man met meer as een vrou tegelyk of omgekeerd. In teenstelling met poligamie is monogamie 'n huwelik met een huweliksmaat. Bigamie verwys na poligamie met twee huweliksmaats. Verskeie vorme van poligamie kom voor: poliginie of veelwywery - een man met verskeie vroue; poliandrie - een vrou met meer as een man; groeptroues - is 'n kombinasie van poliginie en poliandrie waar al die lede van die familie vir al die kinders verantwoordelik is. Die oudste voorbeeld van poliginie is in die Ou Testament, waar daar in I Konings 11 : 1 – 4 na Salomo se baie vroue verwys word. Dit moet in die lig gesien word van Salomo se pa, Dawid, wat sy lewe lank oorlog gevoer het, en dat daar waarskynlik 'n tekort aan mans na die oorlog was. Hoewel poligamie in sommige Afrika- en Islamitiese lande wettig is, is dit in meeste westerse lande teen die wet. |
48004 | Die 5de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954; Frans: Championnat du Monde de Football 1954; Italiaans: Campionato mondiale di calcio 1954; Romansch: Campiunadis mundials da ballape 1954; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 16 Junie tot 4 Julie 1954 in Switserland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Switserland aangebied is en die derde in Europa. 16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Wes-Duitsland wen die trofee nadat hulle Hongarye met 3–2 in die eindstryd klop en sodoende hulle eerste wêreldbeker inpalm; hierdie gebeurtenis staan in Duitsland bekend as die Wunder von Bern ("Wonderwerk van Bern"). Die Hongaarse nasionale sokkerspan is as gunsteling vir die titel gehandel, terwyl die Wes-Duitse nasionale sokkerspan net as buitestaander beskou is; dit was die eerste nederlaag vir die destydse "Goue sokkerspan" na 'n vier jaar-reeks van net oorwinnings of onbesliste wedstryde. |
241717 | Linda Arvidson (12 Julie 1884 – 26 Julie 1949) was 'n Amerikaanse aktrise en skryfster. 1913: Everyman 1915: The Gambler of the West 1916: Charity 1985: Proposta in quattro parti Linda Arvidson in die Internet-rolprentdatabasis |
70962 | Vijayawada (Telugu: విజయవాడ), vroeër: Bezawada, is die derde grootste stad in die Indiese deelstaat Andhrapradesj ná die hoofstad Hyderabad en Visakhapatnam met 'n bevolking van 1 048 240 in 2011. Die stad is aan die Krisjna-rivier naby die Golf van Bengale geleë. Hierdie Indië-verwante artikel is 'n saadjie. U kan wikipedia help deur dit uit te brei. |
287752 | Die Koronaviruspandemie van 2019-2020 verwys na die uitbreek van die Koronavirussiekte-2019, wat veroorsaak word deur die EARS-KoV-2-virus. Die uitbreek van 'n nuwe stam van die koronavirus is aanvanklik in Desember 2019 in die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek China geïdentifiseer toe 'n groep mense met longontsteking gediagnoseer is sonder 'n duidelike oorsaak. Die covid-19-uitbraak kan as 'n pandemie gekenmerk word, het die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, op 11 Maart 2020 in Genève gesê. Op 13 Maart 2022 het die pandemie meer as 456 miljoen gevalle en 6.04 miljoen sterftes veroorsaak, wat dit een van die dodelikste in die geskiedenis maak. Die eerste bevestigde geval in Suid-Afrika van die covid-19-siekte is op 4 Maart 2020 aangemeld. Dr. Zweli Mkhize, destyds minister van gesondheid het verklaar dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) bevestig het dat 'n man van KwaZulu-Natal positief getoets is na 'n besoek aan Italië. Die departement van gesondheid het op 5 Julie 2021 aangekondig dat daar meer as 2 miljoen bevestigde gevalle in Suid-Afrika was en 62 171 sterftes. |
112960 | Die Europese kuskrap (Carcinus maenas) is 'n krap wat inheems is aan Europa. Dit is 'n indringerspesie wat Suid-Afrikaanse waters binnegedring het via die ballaswater van groot skepe. Die krap is nou gevestig in Tafelbaai en Houtbaai se hawens. Hierdie krap het wêreldwyd bekend geraak as 'n aggressiewe indringer en word tans ondersoek in Houtbaai met die moontlikheid om dit uit te wis. Dit staan in Engels bekend as die European shore crab of die European green crab. Die krap vreet onder andere tweekleppiges. Indringerspesies van Suider-Afrika Quest - Science for South Africa. Volume 11, number 2, 2015 ISSN 1729-830X Peter K. L. Ng; Danièle Guinot; Peter J. F. Davie (2008). "Systema Brachyurorum: Part I. An annotated checklist of extant Brachyuran crabs of the world" (PDF). Raffles Bulletin of Zoology. 17: 1–286. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 Junie 2011. Besoek op 7 Augustus 2016. http://www.sanbi.org/creature/european-shore-crab Geargiveer 15 April 2016 op Wayback Machine |
389537 | Lys van sure en basisse gerangskik in volgorde van sterkte. "Acid and Base Chart - Table of Acids & Bases". MilliporeSigma, USA (in Engels). Besoek op 1 April 2022. |
317505 | Die Latynse Kerk, ook bekend as die Westerse Kerk, is die grootste outonome kerk van die Rooms-Katolieke Kerk en gebruik die Latynse liturgiese rites. Dit is een van 24 soortgelyke kerke – die ander 23 maak die Oosters-Katolieke Kerke uit. Aan die hoof van die kerk is die biskop van Rome, die pous, wat tradisioneel "die patriarg van die Weste" genoem word. Die Latynse Kerk speur sy geskiedenis na tot by die vroegste dae van die Christendom deur sy direkte leierskap onder die Heilige Stoel, wat volgens die Katolieke tradisie deur Petrus en Paulus gestig is. Volgens die Katolieke Kerk is sy biskoppe die opvolgers van Jesus se apostels en die pous die opvolger van Petrus. Die Latynse Kerk was in volle gemeenskap met die Oosters-Ortodokse Kerk tot met die Oos-Wes-skisma tussen Rome en Konstantinopel in 1054. Met sowat 1,311 miljard lidmate (2018) is die Latynse Kerk verreweg die grootste outonome kerk – nie net in die Katolieke Kerk nie, maar ook in die Christendom. Rooms-Katolieke Kerk Larissa L. Lopez (26 Maart 2020). |
279276 | Lara Wendel (gebore 29 Maart 1965) is 'n Duitse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Maladolescenza (1977), Tenebre (1982), Identification of a Woman (1982), en Ghosthouse (1988). 1977: Maladolescenza 1978: Little Girl in Blue Velvet 1979: Mimi 1980: Desideria: La vita interiore 1981: The Hawk and the Dove 1982: Tenebre 1982: Identification of a Woman 1983: Vai alla grande 1985: A me mi piace 1985: Fatto su misura 1986: You'll Die at Midnight 1987: Zombie 5: Killing Birds 1988: Ghosthouse 1988: I frati rossi 1991: Husbands and Lovers 1990: College 1987: Un'australiana a Roma Lara Wendel in die Internet-rolprentdatabasis |
244363 | Karen McDougal (gebore 23 Maart 1971) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Arena (2001), Grind (2003), en Stiletto (2008), en in die televisiereeks Lovespring International (2006). 2001: The Arena 2003: Grind 2008: Stiletto American Zealot 2003: The Red Carpet 2006: Lovespring International 1997: Playboy: Girls Next Door, Naughty and Nice 1998: Playboy Video Centerfold: Playmate of the Year Karen McDougal 1998: Playboy: Playmate Profile Video Collection Featuring Miss December 1997, 1994, 1991, 1986 Karen McDougal in die Internet-rolprentdatabasis Karen McDougal op Twitter |
223688 | Toccara Jones (gebore 13 Maart 1981) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Cherry Pop (2017) en Just a Friend (2017), en in die televisiereekse Are We There Yet? (2010) en Married, for Real?! (2014). 2017: Cherry Pop 2017: Just a Friend 1999: BET's Top 25 Countdown 2005: Celebrity Fit Club 2005: The Tyra Banks Show 2006: The Black Carpet 2006: Celebrity Paranormal Project 2010: Are We There Yet? 2010: Donald J. Trump Presents: The Ultimate Merger 2013: Us vs. Them 2014: Married, for Real?! Toccara Jones in die Internet-rolprentdatabasis |
212636 | Gavin MacIntosh (gebore 22 Maart 1999) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent American Fable (2016) en in die televisiereekse Bones (2005), The Fosters (2013), en Bosch (2014). 2016: American Fable 2005: Bones 2013: The Fosters 2014: Bosch Gavin MacIntosh in die Internet-rolprentdatabasis Gavin MacIntosh op Twitter Gavin MacIntosh op Facebook Gavin MacIntosh op Instagram |
217361 | Henry Winkler (gebore 30 Oktober 1945) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger, en skrywer van Joodse afkoms. |
32749 | Odesa (Oekraïens: Оде́са) of Odessa (Russies: Оде́сса) is - met 'n bevolking van iets meer as een miljoen - die vierde grootste stad in Oekraïne geleë in die suide van die land aan die Swartsee. Die stad was ook die vierde grootste stedelike nedersetting in die Russiese Ryk en sy belangrikste Swartsee-hawe. In 1897 was 37% van die bevolking Jode, oorwegend afkomstig uit Pole en Galisië, maar ná die Tweede Wêreldoorlog het die meeste na Israel geëmigreer. Odesa is deur keiserin Katharina die Grote in 1794 nuut gestig as Russiese vloothawe en handelspilpunt naby 'n vroeëre Krim-Tataarse vesting, met 'n geometriese stadsuitleg wat oriëntasie vergemaklik - kort nadat die gebied, wat voorheen deel uitgemaak het van die Ottomaanse Ryk, deur Russiese magte verower is. Kort voor lank was dit een van die snelsgroeiende stede in die Tsareryk. Immigrasie was een van die sleutelfaktore wat bygedra het tot hierdie ontwikkeling; immigrante is onder meer benodig om die stad teen moontlike aanvallers te verdedig. Odesa is stelselmatig ontwikkel tot die administratiewe, ekonomiese en kulturele middelpunt van 'n kolonisasiegebied wat tot 1917 as "Nieu-Rusland" bekend gestaan het. |
64364 | Die klassieke Mongoolse skrif (in Mongoolse skrif: , Mongγol bičig; in Mongoolse Cyrillies: Монгол бичиг, Mongol bitsjig) was die eerste skryfstelsel wat spesifiek vir Mongools geskep is en dit was die suksesvolste, tot die Cyrilliese alfabet in 1946 begin gebruik is. Dit is afgelei van die Oud-Oeigoerse skrif en is ’n ware alfabet, met aparte simbole vir konsonante en klinkers. Die skrif is aangepas om tale soos Oirat en Mantsjoe te skryf en word vandag nog in Binne-Mongolië en ander dele van China gebruik. Dit is ook sedert 1994 weer ’n verpligte skoolvak en pogings word aangewend om die ou tradisies en kultuur te laat herleef deur die skrif in kalligrafie en skilderwerk te gebruik. Die tradisionele Mongoolse skrif word vertikaal geskryf. Dit het verskeie name. Omdat dit van die Oeigoerse alfabet afgelei is, het dit bekend geword as "Oeigoerzjin"-Mongoolse skrif (Cyrillies: Уйгуржин монгол бичиг). In die kommunistiese tydperk, toe Mongoolse Cyrillies die amptelike skrif van Mongolië geword het, het die tradisionele skrif bekend geword as Oud-Mongoolse skrif (Хуучин монгол бичиг), in teenstelling met die "Nuwe skrif" (Шинэ үсэг). |
223874 | Zohra Lampert (gebore 13 Mei 1937) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Let's Scare Jessica to Death (1971) en The Exorcist III (1990), en in die televisiereekse The Man from U.N.C.L.E. (1964) en Kojak (1973). 1960: Pay or Die! 1961: Posse from Hell 1969: Some Kind of a Nut 1971: Let's Scare Jessica to Death 1990: The Exorcist III 1992: Last Supper 1999: The Eden Myth 2014: Sexual Secrets 1964: The Man from U.N.C.L.E. 1973: Kojak 1973: The Girl with Something Extra 1975: Doctors' Hospital 1976: Hunter 1962: The Drama of Carmen 1973: The Connection 1978: Lady of the House 1979: The Suicide's Wife 1980: The Girl, the Gold Watch & Everything 1981: The Girl, the Gold Watch & Dynamite 1985: Izzy & Moe Zohra Lampert in die Internet-rolprentdatabasis |
70947 | Aurangabad (Marathi: औरंगाबाद Auraṅgābād) is 'n histories beduidende stad in die Indiese deelstaat Maharasjtra met 'n bevolking van 1 171 330 in 2011. Die stad is in 1610 deur Malik Ambar as Kharki gestig. In 1626 het sy seun Fateh Khan die stad na Fatehnagar hernoem. Tussen 1682 en 1707 het die stad as setel van die Mogoelkeiser Aurangzeb gedien en is ná hom vernoem. Aurangabad beteken "gebou deur die troon". Die Bibi-Ka-Maqbara, 'n replika van die Tadj Mahal, is deur sy seun Azam Shah vir sy moeder Dilras Banu Begum as mausoleum opgerig. Die Ajanta- en Ellora-grotte asook die Bibi-Ka-Maqbara is UNESCO-wêrelderfenisgebiede. Hierdie Indië-verwante artikel is 'n saadjie. U kan wikipedia help deur dit uit te brei. |
256636 | James Atherton is 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Macbeth (2018) en in die televisiereekse Hollyoaks (1995), Midsomer Murders (1997), en Casualty 1909 (2009). 2018: Macbeth 1995: Hollyoaks 1997: Midsomer Murders 2009: Casualty 1909 2017: Porters 2010: Joe Maddison's War James Atherton in die Internet-rolprentdatabasis James Atherton op Twitter |
128650 | Christiaan III (12 Augustus 1503 – 1 Januarie 1559) het tot met sy dood oor Denemarke en Noorweë regeer – onderskeidelik van 1534 en 1537 af. Tydens sy bewind het hy Lutheranisme as die staatsgodsdiens in sy ryke gevestig as deel van die Protestantse Hervorming. Christiaan was die oudste seun van Frederik I en Anna van Brandenburg. In 1523 is Frederik I tot koning van Denemarke verkies in die plek van sy broerskind Christiaan II. Twee van Christiaan III se onderwysers was vurige hervormers wat ’n invloed op die jong prins gehad het. Hy het geen geheim gemaak van sy Lutherse sentiment nie. In 1528 het hy die Lutherse Kerk die staatskerk van Sleeswyk-Holstein gemaak. Ná sy pa se dood in 1533 is Christiaan tot koning verkies. Die Deense staatsraad, wat deur Rooms-Katolieke biskoppe en adellikes oorheers is, het geweier om hom as koning te aanvaar en het hulle tot graaf Christopher van Oldenburg gewend in ’n poging om Christiaan II se bewind te herstel. Graaf Christopher is in die plek van Christiaan III tot regent verklaar en dit het tot ’n twee jaar lange burgeroorlog gelei bekend as die Grawevete (Grevens Fejde, 1534–'36) tussen Protestantse en Rooms-Katolieke magte. |
131653 | Henry Alfred Kissinger (Fürth, Duitsland, 27 Mei 1923) is 'n Amerikaanse politieke wetenskaplike, diplomaat en oud-politikus van die Republikeinse Party. Hy dien as nasionale veiligheidsadviseur van 1969 tot 1975 en vanaf 1973 in 'n dubbele funksie as Minister van Buitelandse Sake tot 1977 onder presidente Richard Nixon en Gerald Ford. Hy word in 1973 die Nobelprys vir Vrede toegeken. Hy is as Heinz Alfred Kissinger gebore. In 1938, op die vlug vanweë Adolf Hitler se vervolging van die Jode, verhuis sy familie van Duitsland na New York. Op 19 Junie 1943 word Kissinger 'n Amerikaanse burger. As soldaat in die Amerikaanse weermag het Kissinger aan die einde van die oorlog in Duitsland ontplooi. Hy word 'n militêre bestuurder, eers in Krefeld en daarna in die omgewing van Heidelberg en bied daar lesings aan oor die struktuur van Nazi-Duitsland aan lede van die Amerikaanse besettingsmag. Later was hy werksaam as hoogleraar van internasionale betrekkinge aan die universiteit van Harvard, waar hy ook enkele boeke gepubliseer het oor kernwapen afskrikking en daarop gewys dat die Verenigde State tussen kleinskaal geweld en die insette van kernwapens nie geloofwaardig militêr kon optree nie. |
284711 | Kim Dae-jung, of Kim Dae Jung (Koreaanse uitspraak: [kim.dɛ.dʑuŋ]; 6 Januarie 1924 - 18 Augustus 2009), was 'n Suid-Koreaanse politikus wat gedien het as president van Suid-Korea van 1998 tot 2003. Hy was 'n 2000 Nobelprys vir Vrede, die enigste Koreaanse Nobelprys-ontvanger in die geskiedenis. Daar word soms na hom verwys as die "Nelson Mandela van Suid-Korea". Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kim Dae-jung. |
286573 | Nikolai Fyodorovich Watoetin (Russies: Никола́й Фёдорович Вату́тин; 16 Desember 1901 - 15 April 1944) was 'n Sowjet-militêre bevelvoerder tydens die Tweede Wêreldoorlog. Watoetin was verantwoordelik vir baie operasies van die Rooi Leër in die Oekraïne as bevelvoerder van die Suidwestelike Front en die Voronezh Front tydens die Slag van Koersk. Gedurende die Sowjet-offensief het Watoetin die 1ste Oekraïense Front gelei om die regterbank van Oekraïne weer in te neem en hy verantwoordelik vir die offensiewe van die Rooi Weermag in die weste en suidweste van Kiëf en die uiteindelike bevryding van die stad. Hy het in Februarie 1944 in 'n hinderlaag gestap en dodelik gewond deur die Oekraïeniese Rebelle Leër. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nikolai Watoetin. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
217847 | Kerry Bishé (gebore 1 Mei 1984) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Sex and the City (2008), Red State (2011), Argo (2012), en How It Ends (2018). 2007: The Half Life of Mason Lake 2008: Sex and the City 2010: Nice Guy Johnny 2011: Red State 2011: Turkey Bowl 2011: Newlyweds 2012: Argo 2012: The Fitzgerald Family Christmas 2013: Max Rose 2013: Grand Piano 2013: Goodbye World 2013: Blue Highway 2016: The Ticket 2016: Rupture 2018: How It Ends 2014: Halt and Catch Fire 2018: The Romanoffs 2009: Virtuality 2011: Iceland 2016: Brooke 2012: Rescued from Tehran: We Were There 2013: Argo: Absolute Authenticity Kerry Bishé in die Internet-rolprentdatabasis Kerry Bishé op Instagram |
208701 | Paul Guilfoyle (gebore 28 April 1949) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente L.A. Confidential (1997), Air Force One (1997), en Primary Colors (1998), en in die televisiereeks The Good Fight (2017). 1990: The Local Stigmatic 1995: Gospa 1997: L.A. Confidential 1997: Air Force One 1998: Primary Colors 2000: Company Man 2000: A Question of Faith 2001: Hemingway, the Hunter of Death 2001: Session 9 2009: Rogers and Clarke: The History of the Pacific Crest Trail Turnover The Seville Communion/The Man from Rome 2000: Secret Agent Man 2000: CSI: Crime Scene Investigation 2017: The Good Fight 1989: Big Time 1990: Curiosity Kills 1992: Those Secrets 1994: Amelia Earhart: The Final Flight 1998: Primary Colors: B-Roll 2012: CSI: Crime Scene Investigation - Season 12: A Family Affair 2012: A Crime a Dozen: Season 12 of CSI 2012: A Farewell to Marg 2014: CSI: Crime Scene Investigation - Season 14: Back to Basics 2014: CSI: Crime Scene Investigation - Season 14: Throwback 300th 2014: CSI: Crime Scene Investigation - Season 14: Guest Who's Coming to Visit? |
209079 | Nicholas James is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Prom Night (2008) en in die televisiereekse The Haves and the Have Nots (2013) en NCIS: New Orleans (2014). Hy het in Januarie 2017 aangekondig dat hy verloof geraak het aan The Haves and the Have Nots medespeler, Tika Sumpter. 2008: Prom Night 2010: Napoleon Bon Appétit 2013: The Haves and the Have Nots 2014: NCIS: New Orleans Nicholas James in die Internet-rolprentdatabasis Nicholas James op Twitter |
53024 | Kerala (Malayalam: കേരളം, [ke:ɾɐɭɐm], luister (hulp·inligting); Engels: [ˈkɛrələ]) is 'n deelstaat in die suidooste van Indië. Die hoofstad en grootste stad is Thiruvananthapuram (voorheen Trivandrum). Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes-Ghats. (en) Pehal News Team (12 November 2020). "Explore Kerala, the jewel of South India, on this virtual tour". Pehal News. Besoek op 14 November 2020. (en) Annual Vital Statistics Report – 2018 (PDF). Thiruvananthapuram: Department of Economics and Statistics, Government of Kerala. 2020. p. 55. (en) "52nd report of the Commissioner for Linguistic Minorities in India (July 2014 to June 2015)" (PDF). Ministry of Minority Affairs (Government of India). 29 Maart 2016. p. 132. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. (en) "Malayalam to be official language". Special Correspondent. The Hindu. 27 April 2017. ISSN 0971-751X. Besoek op 26 September 2020.AS1-onderhoud: ander (link) (en) |
208304 | Rob Estes (gebore 22 Julie 1963) is 'n Amerikaanse akteur en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Silk Stalkings (1991), Melrose Place (1992), en 90210 (2008). 1989: Phantom of the Mall: Eric's Revenge 1989: Trapper County War 1991: Checkered Flag 2000: Nostradamus 2012: Hello Herman 2018: I'll Be Watching 1991: Silk Stalkings 1992: Melrose Place 1999: Outreach 2006: The Evidence 2007: Women's Murder Club 2008: 90210 1989: Thunderboat Row 1992: Lady Against the Odds 1994: Come Die with Me: A Mickey Spillane's Mike Hammer Mystery 1996: A Loss of Innocence 1996: Sweet Temptation 1996: Bullet Hearts 1997: Close to Danger 1998: Terror in the Mall 2000: The Man Who Used to Be Me 2001: Tikiville 2002: Counterstrike 2002: Home of the Brave 2005: I Do, They Donot 2011: The Edge of the Garden Silverman, Stephen M. (Januarie 26, 2006). "Former Melrose Place Duo Set for Divorce". |
223306 | Goldie Hawn (gebore 21 November 1945) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger van Joodse afkoms. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Overboard (1987), Death Becomes Her (1992), The First Wives Club (1996), en Everyone Says I Love You (1996). 1969: Cactus Flower 1970: There's a Girl in My Soup 1971: $ 1972: Butterflies Are Free 1974: The Girl from Petrovka 1974: The Sugarland Express 1975: Shampoo 1976: The Duchess and the Dirtwater Fox 1978: Foul Play 1979: Lovers and Liars 1980: Private Benjamin 1980: Seems Like Old Times 1982: Best Friends 1984: Protocol 1984: Swing Shift 1986: Wildcats 1987: Overboard 1990: Bird on a Wire 1991: Deceived 1992: Death Becomes Her 1992: CrissCross 1992: HouseSitter 1996: The First Wives Club 1996: Everyone Says I Love You 1999: The Out-of-Towners 2001: Town & Country 2002: The Banger Sisters 2009: Found Footage Festival Volume 4: Live in Tucson 2012: Hot Flash Havoc 2014: Annabel's: A String of Naked Lightbulbs 2017: Snatched Divanation 1967: Good Morning, World 1982: CBS Early Morning News 1992: In the Wild 1996: Ruby Wax Meets... 2006: Conversations with Michael Eisner 2014: The CNBC Conversation 1971: Pure Goldie 1982: Goldie and Kids: Listen to Us 1984: Gala Opening of the American Ballet Theater 1987: The Annual Tel Aviv Gala Presents a Salute to Goldie Hawn 1990: An Evening with... 1994: Moving Image Salutes Steven Spielberg 1997: Hope 1997: Moving Image Salutes Goldie Hawn 2002: Silver Spring: Story of an American Suburb 2006: Moving Image Salutes Ron Howard 2007: Celebrity A-List Bloopers 2008: Charity Poker Festival Goldie Hawn in die Internet-rolprentdatabasis Goldie Hawn op Twitter |
9859 | Die Franse Riviera of Côte d'Azur ("asuurblou kus") vorm die mees oostelike deel van die Mediterreense kus van Suid-Frankryk. Dit is ’n gesogte deel van die Mediterreense kus en sluit die stede Nice en Cannes in. Die Franse Riviera strek van die stad Toulon in die weste tot by die Italiaanse grens in die ooste. Dit is 'n deel van die gewes (région) Provence-Alpes-Côte d'Azur en sluit die kuslyn van die départements Var en Alpes-Maritimes en die Vorstedom Monaco in. Naas Monaco is Cannes, Saint-Tropez, Menton, Antibes en Nice die mees bekende stede langs die kus. Die kus het sy naam aan die asuurblou hemel te danke, en die gebied spog met meer as 300 sonskyndae per jaar. Die Franse Riviera se agterland is bergagtig; die Alpe strek in die ooste tot by die kuslyn. 'n Ander bekende gebergte is die Massif des Maures. Die westelike deel van die kusgebied word deur rooi rotse gekenmerk. Die Franse Riviera is een van die gewildste Franse vakansiebestemmings en lok ook baie buitelandse toeriste. |
389294 | Die Internasionale Legioen van die Territoriale Verdedigingsmag van Oekraïne (Oekraïens: Інтернаціональний легіон територіальної оборони України) of die Oekraïense Vreemdelegioen is 'n militêre eenheid van die Oekraïense territoriale magte, geskep deur die Oekraïense regering op versoek van president Wolodimir Zelenski om teen Rusland te veg tydens die Russiese inval in 2022. Die Oekraïense minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, het in 'n aankondiging gesê meer as 20 000 vrywilligers van 52 lande het ingewillig om vir die Oekraïne te veg; 'n paar duisende het na hierdie aankondiging aangesluit. Hy het nie die lande van herkoms van die vrywilligers genoem nie, en gesê dat sommige lande hul burgers verbied om vir ander lande te veg. Die stigting van die Internasionale Legioen is gebaseer op die Oekraïense vrywilligerbataljonne wat gebruik is na die begin van die Oorlog in die Donbas in 2014. Alhoewel hierdie eenhede amptelik by die Oekraïense Weermag geïntegreer is, oefen sommige eenhede soos die Georgiese Legioen steeds 'n mate van outonomie binne die gewapende magte uit. Voor die stigting van die Internasionale Legioen, is die Georgiese Legioen gebruik om Engelssprekende buitelandse vrywilligers op te lei, aangesien die eenheid Engels praat. |
38265 | James Monroe (28 April 1758 – 4 Julie 1831) was die 5de president van die Verenigde State van Amerika (1817–1825). Tydens sy ampstermyn het Mississippi (10 Desember 1817) die 20ste, Illinois (3 Desember 1818) die 21ste, Alabama (14 Desember 1819) die 22ste, Maine (15 Maart 1820) die 23ste en Missouri (10 Augustus 1821) die 24ste deelstaat van die Verenigde State geword. Die hoofstad van Liberië, Monrovia, is vernoem na James Monroe. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
303157 | 'n Eenhoring is 'n privaat beginonderneming (Engels: Startup) met 'n markwaarde van meer as VS$ 1 miljard. Die term is in 2013 geskep deur die waagkapitalis Aileen Lee, wat die mitiese dier gekies het om die statistiese skaarsheid van sulke suksesvolle ondernemings aan te dui,tienhoring is 'n woord wat gebruik word vir maatskappye waarvan die waarde meer as VS$ 10 miljard beloop, terwyl honderdhoring gebruik word vir so 'n maatskappy ter waarde van meer as VS$ 100 miljard. Volgens CB Insights was daar in Augustus 2021 meer as 803 eenhoringondernemings. Die grootstes sluit in ByteDance, Stripe en SpaceX. Toe Aileen Lee in 2013 oorspronklik die term "eenhoring" bedink het, was daar slegs 39 maatskappye wat as eenhorings beskou word. In 'n ander studie wat deur die Harvard Business Review gedoen is, is vasgestel dat beginondernemings wat tussen 2012 en 2015 gestig is, twee keer so vinnig in waardasie gegroei het as maatskappye wat tussen 2000 en 2013 gestig is. In 2018 het 16 Amerikaanse ondernemings eenhorings geword, wat gelei het tot 119 privaat ondernemings wêreldwyd wat op 1 miljard dollar of meer gewaardeer is. |
314358 | Die Kofun-tydperk (古墳時代, Kofun jidai?) is 'n tydperk in die geskiedenis van Japan van omtrent 250 tot 538. Dit word gekenmerk deur die bou van groot grafheuwels wat bekend staan as (古墳 kofun). Dit word gewoonlik in twee fases verdeel: vroeg (4de eeu) en laat 5de en 6de eeu). Die Kofun-tydperk het die ontwikkeling van die klasgenootskap ontwikkel, beginnende verstedeliking,die opkoms van die Yamato-staat,en was die era voor die bekendstelling van Boeddhisme in Japan. Die Kofun en die daaropvolgende Asuka-tydperk word soms gesamentlik die Yamato-tydperk genoem. Hierdie tydperk is die vroegste era van opgetekende geskiedenis in Japan, maar studies hang baie van argeologie af, aangesien die chronologie van historiese bronne geneig is om te verdraai. Dit was 'n tydperk van kulturele invoer. Soos die Yayoi-tydperk, is die Kofun-tydperk gekenmerk deur 'n sterk invloed van die Koreaanse skiereiland; argeoloë beskou dit as 'n gedeelde kultuur regoor die suidelike Koreaanse skiereiland, Kioesjoe en Honsjoe. Die word kofun is Japannees vir die tipe grafheuwel wat uit hierdie era dateer, en argeologie dui aan dat die grafheuwels en materiële kultuur van die elite in die hele streek soortgelyk was. |
214068 | Giovanni Ribisi (gebore 17 Desember 1974) is 'n Amerikaanse akteur en kinematograaf. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Saving Private Ryan (1998), Boiler Room (2000), Sky Captain and the World of Tomorrow (2004), en Avatar (2009). 1996: SubUrbia 1997: First Love, Last Rites 1998: Saving Private Ryan 1998: Scotch and Milk 1998: Some Girl 1999: The Mod Squad 1999: The Other Sister 2000: Boiler Room 2000: Gone in Sixty Seconds 2000: The Gift 2000: Pussykat 2002: Heaven 2003: Lost in Translation 2004: Sky Captain and the World of Tomorrow 2004: Love's Brother 2004: Flight of the Phoenix 2005: The Big White 2006: 10th & Wolf 2006: The Dog Problem 2007: Gardener of Eden 2007: Perfect Stranger 2008: Going to Whatstock? 2009: Avatar 2009: Middle Men 2011: The Rum Diary 2012: Contraband 2013: Gangster Squad 2015: Papa Hemingway in Cuba 2015: Meadowland 2015: Results 2021: Avatar 3 2024: Avatar 4 2025: Avatar 5 1986: Sidekicks 1987: My Two Dads 1991: Davis Rules 1995: Out of Order 2001: Black of Life 2013: Dads 2015: Sneaky Pete 1988: Promised a Miracle 1998: Alptraum im Airport 1998: Jon Spencer Blues Explosion: Talk About the Blues 2000: Gone in 60 Seconds: Stars on the Move 2000: Gone in 60 Seconds: Wild Rides 2001: The Gift: A Look Inside 2006: Lightfield's Home Videos 2014: Beck: Heart Is a Drum Giovanni Ribisi in die Internet-rolprentdatabasis Giovanni Ribisi op Twitter |
274825 | Saoed bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies:سعود بن عبد العزيز آل سعود, Su'ūd ibn 'Abd al-'Azīz Āl Su'ūd; 15 Januarie 1902 - 23 Februarie 1969) was van 1953 tot 1964 koning van Saoedi-Arabië. Ná ’n tydperk van binnelandse spanning in die land is hy van die troon gedwing en met sy broer Faisal vervang. Prins Saoed was die tweede oudste seun van Ibn Saoed (ook bekend as Abdoel Aziz). Hy is op 15 Januarie 1902 gebore in die huis van sy oupa in Koeweit, waar die familie gewoon het ná hulle verbanning uit Riaad. Toe sy pa Riaad in 1902 herower, het Saoed, sy ma en broers hom na dié stad gevolg. Sy ma was Ibn Saoed se tweede vrou, Wadhah bint Mohammed bin Hoesein al-Orair, Op 11 Mei 1933 het sy pa hom kroonprins gemaak. Saoed het sy pa met dié se dood op 9 November 1953 opgevolg. |
251675 | Miriam Margolyes (gebore 18 Mei 1941) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Age of Innocence (1993), Romeo + Juliet (1996), Cats & Dogs (2001), en Harry Potter and the Deathly Hallows: Part 2 (2011). 1975: Rime of the Ancient Mariner 1975: Naughty Girls 1987: Body Contact 1991: Echoes That Remain 1993: The Age of Innocence 1994: Liberation 1995: Babe 1996: Romeo + Juliet 1996: Different for Girls 1998: Candy 2001: Cats & Dogs 2001: Not Afraid, Not Afraid 2002: Alone 2009: Blind Revenge 2011: Harry Potter and the Deathly Hallows: Part 2 2017: The Man Who Invented Christmas 2017: Harry Potter: A History of Magic 2018: Postcards from the 48% Phantasmagoria: The Movie 1967: At the Eleventh Hour 1974: World of Laughter 1977: Chalk and Cheese 1978: Monkey 1981: A Kick Up the Eighties 1981: Take a Letter Mr. Jones 1984: The Living Body 1986: Muzzy in Gondoland 1989: Muzzy Comes Back 1992: Frannie's Turn 1993: Magic Grandad 1994: Moonacre 2002: Dickens 2003: From Hollywood to Borehamwood 2004: Art of the Garden 2005: Dickens in America 2006: Dawn French's Girls Who Do: Comedy 2012: Miss Fisher's Murder Mysteries 2016: Bottersnikes & Gumbles 2016: John Bishop: in Conversation With 2016: The Real Marigold on Tour 2017: Bucket 2017: Tate Britain's Great British Walks 2018: Flipping Profit 1976: Christmas Box 1977: Spasms 1987: The Finding 1997: The Place of Lions 2002: 40 Years of University Challenge 2007: What the Pythons Did Next... 2007: The 50 Greatest Television Dramas 2012: The Cow That Almost Missed Christmas 2016: Lady C and the Castle 2003: Interviews with Professors & More 2004: The Life and Death of Peter Sellers: Deleted Scenes 2004: The Making of the Life and Death of Peter Sellers Miriam Margolyes in die Internet-rolprentdatabasis |
99883 | Thomas Edward Lawrence (16 Augustus 1888 – 19 Mei 1935) was 'n Britse soldaat, skrywer en argeoloog en het bekend geraak as Lawrence of Arabia tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hy is gebore in Tremadog in die noorde van Wallis, as die tweede van vyf seuns, maar het grootgeword in Dinard, Frankryk. Sy vader was lord Chapman, 'n Ierse baron. Lawrence was 'n toegewyde leser en voltooi sy skoolloopbaan by die City of Oxford en daarna by Jesus College, Oxford. Hy presteer die beste in geskiedenis in sy klas en kry erkenning daarvoor. Gedurende sy vakansies van 1908 tot 1910 besoek en bestudeer hy die middeleeuse kastele in Frankryk en Sirië. Hy voltooi sy eerste boek, Crusader Castles, wat eers in 1936 ná sy dood gepubliseer word. Lawrence neem deel aan die uitgrawings by Carchemish (Jerablus) onder die toesig van D.G. Hograth, Campbell Thompson en C.L. Woolley van 1911 tot 1914. Hy het ook in 1912 aan uitgrawings in Egipte deelgeneem onder die toesig van Flinders Petrie. Hy sluit in 1914 aan by Lord Kitchener se Sinai Surney, in wese 'n millitêre intelligensienetwerk. |
318437 | Herbert Jeffrey Hancock (gebore op 12 April 1940) is 'n Amerikaanse pianis, komponis, en akteur. Hancock het sy loopbaan begin saam met Donald Byrd. Kort daarna het hy aangesluit by die Miles Davis Kwintet, waar hy 'n bydra gelewer het om die rol van die jazz ritme-afdeling te herdefinieer, en een van die hoof rolspelers van die post-bop klank was. In die 1970's het Hancock geëksperimenteer met jazz fusion, funk en electro-funk style. Hancock se bekendste komposisies, wat standaardwerke in die jazz repertorium is, sluit in "Cantaloupe Island", "Watermelon Man", "Maiden Voyage" en "Chameleon" sowel as die treffer-enkelsnitte "I Thought It Was You" en "Rockit". Sy 2007 album getiteld River: The Joni Letters het die 2008 Grammy-toekenning vir die album van die jaar gewen, wat dit slegs die tweede jazz album gemaak het om die prys te wen, na Getz/Gilberto in 1965. Hancock dien sedert 2012 as professor aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, waar hy klas gee aan die UCLA Herb Alpert musiekskool. |
67585 | Generaal Park Chung-hee (Koreaans: 박정희; 30 September 1917 - 26 Oktober 1979) was 'n Suid-Koreaanse politikus en soldaat. Hy was die 3de president van Suid-Korea vanaf 1963 tot sy dood in 1979. Park Chung-hee is in 1979 deur 'n lid van die Koreaanse geheime diens in die Blou Huis doodgeskiet. Hy word deur Choi Kyu-ha opgevolg, maar in 1980 gryp generaal Chun Doo-hwan die mag. Sy dogter, Park Geun-hye is in 2013 as die president van Suid-Korea verkies. (ko) Park Chung-hee Gedenkmuseum Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine (ko) Park Chung-hee Biblioteek (ko) Park Chung-hee Gedenkmuseum Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
118788 | Domnall mac Ailpín (Skots-Gaelies: Dòmhnall mac Ailpein, ook bekend as Donald MacAlpin en op die meeste koninglyste aangedui as Donald I; 812 – 13 April 862) was van 858 tot met sy dood in 862 koning van die Pikte. Hy het sy broer, Kenneth I, opgevolg. Volgens die Kronieke van die Konings van Alba het Domnall vier jaar lank regeer, wat ooreenstem met die Annale van Ulster, waarvolgens hy sy broer met dié se dood in Februarie 858 opgevolg het en self in April 862 dood is. Volgens die Kronieke van Melrose was Domnall "in oorlogstyd ’n sterk soldaat ... daar word gesê hy is by Scone in ’n sluipmoordaanval dood." Geen ander bron noem dat Domnall ’n gewelddadige dood gesterf het nie. Domnall het vermoedelik nie kinders gehad nie, hoewel al voorgestel is dat Giric sy seun was en dat dié se patroniem mac Domnaill was eerder as die algemeen aanvaarde mac Dúngail. Dit word egter nie algemeen geglo nie. Domnall is by die paleis van Cinnbelachoir of by Rathinveralmond dood. |
77721 | Die Oostelike sterretjie (Gelochelidon nilotica) ook bekend as die Oostelike seeswael, is 'n seldsame voël en somerswerwer na strandmere en kuswatermassas. Hulle soek soms kos in die aangrensende velde en rietplate. Die voël word 35 – 38 cm lank, 190 - 260 g groot met 'n vlerkspan van 1.0 - 1.1 m. In Engels staan die voël bekend as die Gull-billed tern. Dit is die enigste spesie in die genus Gelochelidon. 'n Oostelike sterretjie in Indië (nie-broeiend). 'n Onvolwasse oostelike sterretjie. 'n Paartjie. Museum specimen Wikispecies het meer inligting oor: Gelochelidon nilotica Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 BirdLife International (2004). Sterna nilotica. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
225729 | Ashdod (ook wel Asdod), Hebreeus: אשדוד , Arabies: أشدود , is 'n Israelse hawestad in die Suidelike distrik met 'n bevolking van sowat 223 000 in 2017. Ashdod is Israel se grootste hawestad en het in die Oudheid tot die Filistyne-gebied behoort. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ashdod. Amptelike webwerf Geargiveer 20 September 2017 op Wayback Machine Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
63449 | Die Atlantiese kleintuna (Euthynnus alletteratus) is 'n vis wat voorkom aan die kus van Angola. In Engels staan die vis bekend as die Atlantic little tuna. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7 Jordan D. S. & Gilbert C. H. 1883. Synopsis of the fishes of North America. Bull. U. S. Natl. Mus. Núm. 16. i-liv + 1-1018. BioLib http://www.fishbase.org/summary/Euthynnus-alletteratus.html Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
113462 | Die Afrikaanse knorhaan (Trigloporus lastoviza) is 'n vis wat voorkom aan die suidelike kus van KwaZulu-Natal en die kus van die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die African gurnard. Die vis word tot 60cm lank. Die lyf is gevlek met rooi, bruin en wit skakerings. Die pektorale vinne het skouspelagtige blou, helder vlekke op op 'n groen agtergrond. Die bokant van die kop is soms ligpers. Hulle leef in aflandige riwwe en sanderige areas in water wat 25 tot 150m diep is. Die visse is alleenlopers en lê op die bodem en wag om skaaldiere te vang. Dit is die enigste spesie in die genus. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3 http://www.fishbase.se/summary/Trigloporus-lastoviza.html |
388035 | Die Ramakien (Thai: รามเกียรติ์, letterlik "Glorie van Rama") is een van Thailand se nasionale epiese verhale. Dit is afgelei van die Boeddhistiese Dasaratha Jataka en is 'n belangrike deel van die Thaise letterkundekanon. Ramakien is geskoei op verskeie Sanskrit-tekste, onder meer oor die gode Hanuman en Rama, met die kern wat gebaseer is op die Boeddhistiese Jataka-verhale van Indië. 'n Paar weergawes van die epiese verhaal het verlore gegaan met die verwoesting van die ou hoofstad Ayutthaya in 1767. Op die oomblik bestaan drie weergawes, waarvan een in 1797 onder toesig van koning Rama I opgestel is. 'n Deel daarvan is ook deur hom geskryf. Sy seun, Rama II, het van die dele wat sy pa geskryf het, vir dansdramas herskryf. Die werk het 'n groot invloed op Thaise letterkunde, kuns en drama gehad. Hoewel die hoofstorie soortgelyk aan dié van die Jataka is, is daar verskille. Baie aspekte van die verhale is vir 'n Thaise konteks aangepas, soos die klere, wapens, topografie en natuurelemente. |
5397 | Mikrobiologie is die studie van intra- sowel as ekstra-sellulêre parasiete (bv. bilharzia) giste, fungi, bakterieë, virusse, en swamme. Die monsters (urien, stoel, speeksel, ens.) word uitgeplaat op agarplate. Na inkubasie vorm die bakterieë kolonies - d.m.v. weerstandigheid en sensitiwiteite word die organisme geïdentifiseer. Mikrobioloë werk bykans in elke moontlike bedryf met 'n verskeidenheid van verskillende werksgeleenthede, insluitend menslike gesondheidsorg en veeartsenykunde, die landbou sektor, vervaardiging van voedsel, drank, farmaseutiese en medisinale produkte, industriële mikrobiologie en biotegnologie, openbare gesondheid, forensiese wetenskappe, omgewingssektore soos soos water behandeling en suiwering, asook staats en private navorsing agentskappe en onderwysinstellings. Take van 'n mikrobioloog kan uiteenlopende van aard wees en sluit in basiese navorsing, proses ontwikkeling, produksie, tegniese dienste, gehaltebeheer, nakomingsbeheer of tegniese verkope. As jy as persoon van 'n verskeidenheid van verantwoordelikhede hou en geniet om oplossings vir probleme te vind en dinge maak werk, moet jy ernstig 'n loopbaan in hierdie gebied oorweeg. Met mikrobiologie of biotegnologie as loopbaankeuse, moet jy bereid wees om 'n multi-dissiplinêre wetenskapsaanslag aan te gryp. |
63215 | Scorpaeniformes is 'n vis-orde wat hoort tot die klas Actinopterygii. Die volgende families is deel van die orde Scorpaeniformes: Abyssocottidae Agonidae Anoplopomatidae Apistidae Aploactinidae Bathylutichthyidae Bembridae Caracanthidae Comephoridae Congiopodidae Cottidae Cottocomephoridae Cyclopteridae Dactylopteridae Ereuniidae Eschmeyeridae Gnathanacanthidae Hemitripteridae Hexagrammidae Hoplichthyidae Liparidae Neosebastidae Normanichthyidae Parabembridae Pataecidae Peristediidae Platycephalidae Plectrogeniidae Psychrolutidae Rhamphocottidae Scorpaenidae Sebastidae Setarchidae Synanceiidae Tetrarogidae Triglidae Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Visordes van Suider-Afrika http://fishbase.org Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
71109 | Aulopiformes is 'n vis-orde wat hoort tot die klas Actinopterygii. Die volgende families is deel van die orde Aulopiformes: Alepisauridae Anotopteridae Aulopidae Bathysauridae Bathysauroididae Bathysauropsidae Chlorophthalmidae Evermannellidae Giganturidae Ipnopidae Notosudidae Omosudidae Paralepididae Paraulopidae Pseudotrichonotidae Scopelarchidae Synodontidae Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Visordes van Suider-Afrika http://fishbase.org Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
77828 | Anous is 'n genus van voëls in die familie van meeue (Laridae). Die genus omvat drie spesies. Die wetenskaplike naam Anous is Grieks vir "nie-oplettend" (Harrison, 1990). Die voëls is dikwels onbehoedsaam en vind veiligheid in enorme getalle. Hulle is by matrose bekend vir hul oënskynlike onverskilligheid teenoor jagters en roofdiere. Anous minutus Anous stolidus - Grootbruinsterretjie Anous tenuirostris - Kleinbruinsterretjie Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (version 2.6). (en) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
287277 | Georg Tintner, (22 Mei 1917 - 2 Oktober 1999) was 'n Oostenryks-gebore dirigent wie hoofsaaklik in Nieu-Seeland, Australië en Kanada bedrywig was. Alhoewel hy hoofsaaklik bekend was as dirigent was hy ook 'n komponis (hy het homself beskou as 'n komponis wat dirigeer). As kind was hy 'n sanger in die Weense Seunskoor wat deur Franz Schalk gelei is. Hy het by die Weense Staatsakademie lesse in komposisie vanaf Joseph Marx ontvang asook dirigeerlesse vanaf Felix Weingartner. Nie lank daarna nie is hy aangestel as assistent-dirigent van die Weense Volksoper. As gevolg van die vervolging van Jode in Oostenryk het Tintner in 1938 uit Wene verhuis en in 1940 in Nieu-Seeland aangekom. Op pad daarna is hy valslik daarvan beskuldig dat hy 'n Duitse spioen sou wees en in Australië gearresteer. Hy het tot na die oorlog 'n kerkkoor gelei, toe hy die Auckland Korale-genootskap en Auckland Strykinstrument-ensemble in onderskeidelik 1947 en 1948 oorgeneem het. Hy het in 1946 'n Nieu-Seelandse burger geword. |
76126 | Die Krapvreter (Dromas ardeola) is 'n somertrekvoël met broeigebiede in noordoos-Afrika en Arabië. In Engels staan die voël bekend as Crab-plover. Die voël is 33 – 38 cm groot en weeg 250 - 350 gram. Die voël is grotendeels wit met 'n swart rug en slagvere. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 BirdLife International (2012). "Dromas ardeola". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) |
77133 | Die Swartvlerksprinkaanvoël (Glareola nordmanni) is 'n gelokaliseerde, algemene somertrekvoël en bly in groot swerms saam. Die voël is 23 – 25 cm groot en weeg 90 – 110 gram met 'n vlerkspan van 64 cm. Suid-Afrika onderhou die meeste van die wêreldbevolking tydens die suidelike somer. In Engels staan die voël bekend as Black-winged Pratincole. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 BirdLife International (2012). "Glareola nordmanni". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
82023 | Hisato Sato (gebore 12 Maart 1982) is 'n Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. "SATO Hisato" (in Japannees). Japan National Football Team Database. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 8 Januarie 2013. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hisato Sato. Japan National Football Team Database Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.